Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werklike Vredemaker
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80989 is 'n antwoord op boodskap #80945] Vr, 25 Julie 2003 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom dra moffies snorre?

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:csuvhvchamdpool5n5l5vdf15mihrvmgua@4ax.com...
> On Tue, 22 Jul 2003 07:50:56 +0100, "Suidwester"
> wrote:
>
> in SA
>> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
>> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
>> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
>> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
>> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
>> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
>> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
>> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
>> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
>> met die apartheidsbeleid nie.
>
> Inderdaad.
> Enige stuk samelewing is tot groot hoogte wat die meeste van sy lede
> bereid is om te wees.
>
> Dis hoekom politiek moeilik is.
> Politieke leiers kan nie net besluite neem en opdragte gee nie. HUlle
> moet die kiesers oorreed om te doen wat hulle voorstel. Die populiste
> se natuurlik net eenvoudig wat hulle kan sien baie mense wil he en
> gaan in geen gesprek daaroor nie.
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81010 is 'n antwoord op boodskap #80984] Vr, 25 Julie 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat nie van privaat hospitale nie - ek praat van openbare hospitale.
Ek moes nou die dag 6 ure sit en wag vir 'n dokter toe my bediende gelyk het
asof sy beroerte wou kry. Dit was vuil, daar was nie lakens oor die beddens
nie, die kussings was vol bloed, daar was nie genoeg personeel nie, hulle
het nie genoeg handskoene gehad nie, en in die badkamers was daar een VUIL
toilet wat gewerk het.
Ek werk hard vir my geld - ek verdien hom lekker te leef. Ek sal nie dat jy
of enigiemand my laat skuldig voel oor dit wat ek het nie. Dieselfde geld
Annette, Suidwester, DD, en enigiemand anders op die groep wat geld het om
te spandeer op die goed wat vir hulle lekker is en saak maak.
Kom kyk eers hoe leef die mense hier - dan praat ons weer. As jy my vra is
daar nou meer mense wat swaarkry as jare terug.
BTW - my bediende leef so lekker want ek betaal haar so goed. Sy kry ook
gratis verblyf, kos en mediese uitgawes word deur my gedek. Weereens, kry
eers jou feite agtermekaar voordat jy vuisslaan.

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> Sien, dis as mense soos jy so sit en praat dat mens net moeg
> word vir julle getjank. Ek het familielede in SA wat gesondheids-
> probleme het en in hospitale en klinieke behandel moet word,
> en sover ek kan sien, kry hulle uitstekende behandeling, net so
> goed of beter as wat ek hier in Ontario geniet. Ek weet dat daar
> hospitale in SA is waar dit nie so goed gaan nie, maar die private
> hospitale waarheen meeste witmense gaan, lyk dit vir my is nog
> sommer baie goed. En die mense wat so vrek van die honger -
> dis sekerlik nie die Annettes wat so by die wynproewerye en
> die kosfeeste kuier nie, of die Suidwesters wat vir my vertel hoe
> hulle morning noon and night net vleis eet nie. En as die mense
> nou so om jou doodgaan van die honger, hoekom het jou
> bediende en haar dogter dan selfone? Ek dink nie jy moet my
> tyd mors deur vir my 'n klomp snert te vertel nie. Die deursnee
> witmens lewe nog meestal in die land van melk en heuning (en
> dit nog met 'n bediende ingegooi) en baie swartes lewe ook nou
> beter as in die ou dae. As jy so bekommerd is oor die mense
> wat so krepeer van die honger, hoekom gee jy so baie geld
> uit om jou honde te voed. Skaam vir jou.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81018 is 'n antwoord op boodskap #81010] Vr, 25 Julie 2003 13:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote in message

> Ek praat nie van privaat hospitale nie - ek praat van openbare hospitale.

Nou, my liewe Elaine, dan moet jy asseblief 'n bietjie meer
spesifiek wees en nie sulke wilde aantygings maak nie. En
ek kan jou verseker dat die openbare hospitale vir die man
in die straat wat nie kan betaal nie, in die ou dae nog erger
was. Jy het dit maar net nie gesien nie, want jy het mos lekker
in die apartheidslaer gesit. Daar was, onder die ou regime,
aparte wit regeringshospitale. Nou bestaan dit nie meer nie,
en jy sien watter ellende jou nie-blanke broers nog altyd
onder gely het. Maar nou kan swart mense wat genoeg geld
het soos jy, en wat privaat hospitale kan bekostig, ten minste
ook die goeie private hospitale geniet. En ek glo dat hulle
in SA ernstig is om die openbare hospitale ook te verbeter,
maar die kos massas geld en die ANC se fiskale beleid
is so konserwatief dat hulle omtrent net dinge doen wat hulle
weet hulle kan bekostig. En dis daarom dat jou belasting nou
minder is as gedurende die ou regime. So, my liewe Elaine,
hoekom sit jy so en kla. Jy sit nog altyd in die land van melk
en heuning. Wees bly dat jy nie in die see in gejaag is nie,
waar jy tussen die duiwel en die diep blou see moes swem.

Tant Hessie van die Baai
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81019 is 'n antwoord op boodskap #80953] Vr, 25 Julie 2003 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante jou siel is blootgelê aan almal om te sien! Jy praat twak in die
ergste graad. Maar laat ons terugkom. Regverdig vir my die gevolge van
die vryheidstryd op die ANC se eie mense. Sê jy vir ons hier kategories
dat jy reken geweld op en misbruik van jou eie mense toelaatbaar is vir die
politieke doelwitte wat jy wil bereik. Dis die enigste manier waarop jy
geloofwaardigheid kan behou!
O, en ou dier, iets baie belangrik wat jy mis in jou argumente oor wie
nou eintlik 'die stryd' gewen het, mis jy een baie belangrike puntjie. Die
SA regering het vir baie jare gestoei met die probleem van hoe om sinvol mag
te DEEL met 'n groeiende meerderheid swart mense.

"@rogers.com" wrote in message news:a8UTa.66695$zwL.10456@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Sekerlik ja, politieke en sosiale druk is uitgeoefen op die publiek van
>> SA om hulle meer toeganklik te maak vir 'n volle demokratiese verkiesing.
>> Dit kon jy sien aan die stemme wat begin opgaan het van mense wat kla oor
>> 'kinders van SA' wat dan nou weer sou sterf op die grens, ens. Feit bly
>> egter staan, dat die ou regering en sy weermag, ten volle in beheer van die
>> land was. Die geweld wat daar was, het hulle vasgepen hoofsaaklik in die
>> opstanders se eie gebiede en as hulle enigsins bereid was om 'sake so 'n
>> bietjie aan te help', het jy en die ANC vandag vele minder kiesers gehad!
>
> Hoekom vind jy dit nodig om hierdie soort gepraat oor en
> oor te herhaal. Wat bewys dit wat " jou" standpunt regverdig en
> " my" standpunt veroordeel. Feit bly: die regime wat apartheid
> voorgestaan het, moes swig voor die nuwe bestel. Die pogings
> om 'n bestel te skep wat nog politieke mag in die hande van wit
> groepe sou laat, het gefaal. Morele denke het gewen. SA is vandag
> baie beter af as tien jaar gelede. Dit het 'n verantwoordelike
> fiskale beleid, anders as die sosiaal-ekonomiese konkelwerk van
> die apartheidsregime. Daar is geen gevegte in die strate nie.
> Die soldate van SA word oral gestuur in Afrika om " peace-
> keeping" te doen. (Net jammer dat sommige van die soldate
> met Afrikaanse name so skande maak in die Kongo.)
>
> Tant Hessie van Windhoek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81020 is 'n antwoord op boodskap #80972] Vr, 25 Julie 2003 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hie-hie-haaa-haa! So van onder uit die bed uit kan die antie darem vir jou
lekker blaf en probeer byt, maar haar ou tanne is stomp. Sy pruim nog net
en wens sy't mense gehad by sie sy kon aanklank vind......maar nou het sy
hulle verraai!
"@rogers.com" wrote in message
news:qaYTa.35083$Ii1.12082@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Elaine" wrote in message
> .
>> En jy praat natuurlik uit persoonlike ondervinding nê?
>
> En van wanneer af is " persoonlike ondervinding" nou die
> enigste maatstaf van wat aan die gang is. Die feit dat jy in
> SA gesit het en nou nog sit, maak nie van jou 'n outoriteit
> oor dinge nie. Ek, byvoorbeeld, versorg my Afrikaans
> baie beter as jy, en ek sit in Kanada. Ek, anders as jy,
> het ondervinding van watter gruwelikhede die ou regime
> aangevang het, en hoeveel meer suksesvol die nuwe
> regime is in hulle fiskale balansering van die ekonomie.
> Want ek is baie seker dat ek meer oor SA daagliks lees,
> beide van die nuusblaaie wat dink dat die SA regering
> goeie werk doen, en daardie koerante wat hulle kritiseer.
> Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
> die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
> opvoedkundige instansies. Ek het dus, op die keper
> beskou, 'n groter aandeel aan wat in SA aangaan, as
> jy wat lyk my jou jollies voor die TV se fluff programme
> sit en vind. So hou op om vir my te preek oor die feit
> dat ek nie in SA is nie, en dus nie " kan praat" nie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81021 is 'n antwoord op boodskap #80984] Vr, 25 Julie 2003 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou antie, as ek heel dag vleis eet, wat het dit met jou of enigiemand anders
te doen? Sekerlik is dit so, maar ek werk vir my geld 'n klomp ure elke
dag en ek sien geen enkele rede hoekom ek vir jou 'politieke kinders' moet
geld gee sodat hulle minder honger moet wees nie. Hóéveel jy uit voeling
is met Afrika is in dié poging van jou om mense te byt, vervat. Na
onafhanklikheid is beide Namibië en SA se publieke dienste besig om
skokkende verwaarlosing te ervaar. Wat sal 'n eenogige soos jy ooit kan
oortuig? Feite soos dat jy jou eie beddegoed an die staatshospitale toe
moet vat? Dat die polisiemag erken dat hulle nie meer kan plan maak met
die misdaad nie en dat groter plekke soos Windhoek begin met 'n eie
Munisipale polisiemag? In kleiner dorpe doen die dorp se sekuriteitsfirmas
meestal van die polisie se werk want die het nie voertuie nie. Wat van
die algemene vuil toestand van publieke geboue? So kan ons aangaan en
aangaan.......
Oor een ding is jy egter reg. Die blanke besigheidsmense leef in 'n
land van melk en heuning [as jy nou by die misdaad verby kan kyk!]. En
hoekom nie? Dit is mos vir enige mens om te besluit of hy vir 'n baas wil
werk of nie? En met al daai geld wat ek maak, as ek eerder vir my honde
kos wil gee, sal ek dit doen en niemand gaan vir my vertel ek moet dit vir
een van 'jou' honger kinders gee nie. Hoekom moet ek? Julle eie nuwe
regering doen dit dan nie? Ons volg mos net julle voorbeeld?
"@rogers.com" wrote in message
news:lc%Ta.37192$Ii1.5632@news02.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Elaine" wrote in message
>
> ons hospitale
>> het nie eers basiese behoeftighede soos ontsmetmiddels nie
> ons mense vrek van die honger
>
> Sien, dis as mense soos jy so sit en praat dat mens net moeg
> word vir julle getjank. Ek het familielede in SA wat gesondheids-
> probleme het en in hospitale en klinieke behandel moet word,
> en sover ek kan sien, kry hulle uitstekende behandeling, net so
> goed of beter as wat ek hier in Ontario geniet. Ek weet dat daar
> hospitale in SA is waar dit nie so goed gaan nie, maar die private
> hospitale waarheen meeste witmense gaan, lyk dit vir my is nog
> sommer baie goed. En die mense wat so vrek van die honger -
> dis sekerlik nie die Annettes wat so by die wynproewerye en
> die kosfeeste kuier nie, of die Suidwesters wat vir my vertel hoe
> hulle morning noon and night net vleis eet nie. En as die mense
> nou so om jou doodgaan van die honger, hoekom het jou
> bediende en haar dogter dan selfone? Ek dink nie jy moet my
> tyd mors deur vir my 'n klomp snert te vertel nie. Die deursnee
> witmens lewe nog meestal in die land van melk en heuning (en
> dit nog met 'n bediende ingegooi) en baie swartes lewe ook nou
> beter as in die ou dae. As jy so bekommerd is oor die mense
> wat so krepeer van die honger, hoekom gee jy so baie geld
> uit om jou honde te voed. Skaam vir jou.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81024 is 'n antwoord op boodskap #81018] Vr, 25 Julie 2003 14:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja antie....

"@rogers.com" wrote:
>
> Nou, my liewe Elaine, dan moet jy asseblief 'n bietjie meer
> spesifiek wees en nie sulke wilde aantygings maak nie. En
> ek kan jou verseker dat die openbare hospitale vir die man
> in die straat wat nie kan betaal nie, in die ou dae nog erger
> was. Jy het dit maar net nie gesien nie, want jy het mos lekker
> in die apartheidslaer gesit. Daar was, onder die ou regime,
> aparte wit regeringshospitale. Nou bestaan dit nie meer nie,
> en jy sien watter ellende jou nie-blanke broers nog altyd
> onder gely het. Maar nou kan swart mense wat genoeg geld
> het soos jy, en wat privaat hospitale kan bekostig, ten minste
> ook die goeie private hospitale geniet. En ek glo dat hulle
> in SA ernstig is om die openbare hospitale ook te verbeter,
> maar die kos massas geld en die ANC se fiskale beleid
> is so konserwatief dat hulle omtrent net dinge doen wat hulle
> weet hulle kan bekostig. En dis daarom dat jou belasting nou
> minder is as gedurende die ou regime. So, my liewe Elaine,
> hoekom sit jy so en kla. Jy sit nog altyd in die land van melk
> en heuning. Wees bly dat jy nie in die see in gejaag is nie,
> waar jy tussen die duiwel en die diep blou see moes swem.
>
> Tant Hessie van die Baai
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81026 is 'n antwoord op boodskap #81021] Vr, 25 Julie 2003 15:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nou net gesit en wonder of die Antie vir haar kinders minder of
"slegter" kos sou gee sodat sy liewer vir iemand anders se honger "kind" kan
kos gee. Die antwoord is natuurlik nee. My honde is my kinders en daarom
kry hulle die beste wat ek kan bekostig. In ruil vergun hulle my hul
"blinde" liefde, eindelose plesier, 'n lekker "cuddle" op die bed, 'n
asempie om vas te hou wanneer ek 'n "scary movie" kyk, "geselskap" wanneer
ek alleen is en 'n skouertjie om op te huil as ek af voel. Ek wil nog sien
of ek dieselfde tipe dankbaarheid sal kry van 'n bedelaar op straat. Wat in
elk geval die kos wat ek gee weggooi, want hulle soek gewoonlik geld vir
"spirits" of 'n papsak. Ek sien mos hoe gooi hulle die brood of die vrugte
wat ek vir hulle gee weg wanneer hulle dink ek kyk nie. Nee, as jy iets vir
hulle doen kry jy net stank vir dank. En more kom pla hulle jou net weer
vir nog, en nog, en nog totdat jy lus kry om te skree van frustrasie.

E

"Suidwester" wrote:

En met al daai geld wat ek maak, as ek eerder vir my honde
> kos wil gee, sal ek dit doen en niemand gaan vir my vertel ek moet dit vir
> een van 'jou' honger kinders gee nie. Hoekom moet ek? Julle eie nuwe
> regering doen dit dan nie? Ons volg mos net julle voorbeeld?
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81027 is 'n antwoord op boodskap #81024] Vr, 25 Julie 2003 15:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote:

> Ja antie....

ROTFL!!

Elaine, hierdie reasksie van jou het my nou regtig kliphard laat lag.
:-)))
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81030 is 'n antwoord op boodskap #81027] Vr, 25 Julie 2003 15:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Soms, as jy sien jy gaan nie wen nie, dan hou jy maar jou bek. :-)))

E

"Katryn" skryf in boodskap news:muh2ivoi3r0eo4rvmqjpu3i360a5lrcmgq@4ax.com...
> "Elaine" wrote:
>
>> Ja antie....
>
> ROTFL!!
>
> Elaine, hierdie reasksie van jou het my nou regtig kliphard laat lag.
> :-)))
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81033 is 'n antwoord op boodskap #81026] Vr, 25 Julie 2003 15:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit laat my 'n klompie jare terugdink so middelin die woeste stryd van
onafhanklikheid en groepe mense wat mekaar se strooi probeer verstaan. Ek
het toe 'n bruin ou geken by 'n plek en hy waag toe om vir my te vra wat ek
sal doen as ek nog een stuk vleis oorhet en hy is daar en my hond is daar.
Vir wie sal ek die vleis gee? Hy was baie geskok toe ek vir hom vertel dat
die hond dit gaan kry......hy kon om die dooie dood nie verstaan dat die
hond MY hond is en hy nie my vernatwoordelikheid is nie. Maar ons leer
soos die jare verbygaan......terwyl die lafaards in die sneeu en die VSA
wegkruip!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f214724$0$231@hades.is.co.za...
> Ek het nou net gesit en wonder of die Antie vir haar kinders minder of
> "slegter" kos sou gee sodat sy liewer vir iemand anders se honger "kind" kan
> kos gee. Die antwoord is natuurlik nee. My honde is my kinders en daarom
> kry hulle die beste wat ek kan bekostig. In ruil vergun hulle my hul
> "blinde" liefde, eindelose plesier, 'n lekker "cuddle" op die bed, 'n
> asempie om vas te hou wanneer ek 'n "scary movie" kyk, "geselskap" wanneer
> ek alleen is en 'n skouertjie om op te huil as ek af voel. Ek wil nog sien
> of ek dieselfde tipe dankbaarheid sal kry van 'n bedelaar op straat. Wat in
> elk geval die kos wat ek gee weggooi, want hulle soek gewoonlik geld vir
> "spirits" of 'n papsak. Ek sien mos hoe gooi hulle die brood of die vrugte
> wat ek vir hulle gee weg wanneer hulle dink ek kyk nie. Nee, as jy iets vir
> hulle doen kry jy net stank vir dank. En more kom pla hulle jou net weer
> vir nog, en nog, en nog totdat jy lus kry om te skree van frustrasie.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote:
>
> En met al daai geld wat ek maak, as ek eerder vir my honde
>> kos wil gee, sal ek dit doen en niemand gaan vir my vertel ek moet dit vir
>> een van 'jou' honger kinders gee nie. Hoekom moet ek? Julle eie nuwe
>> regering doen dit dan nie? Ons volg mos net julle voorbeeld?
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81036 is 'n antwoord op boodskap #81033] Vr, 25 Julie 2003 16:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sal dit ook vir my hond gee. 'n Mens kan verstaan hoekom hy honger is -
'n hond nie. Soos ek gesê het, my honde toon my 10x meer dankbaarheid vir
hulle kos elke dag, as wat 'n bedelaar of 'n ander mens sal toon. Ek sal
natuurlik altyd sorg dat my vriende en familie kos en klere het, maar my
honde is, vir my, belangriker as enige bedelaar. Seker sonder, maar dis hoe
dit is vir my.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f214eda.0@news1.mweb.co.za...
> Dit laat my 'n klompie jare terugdink so middelin die woeste stryd van
> onafhanklikheid en groepe mense wat mekaar se strooi probeer verstaan. Ek
> het toe 'n bruin ou geken by 'n plek en hy waag toe om vir my te vra wat ek
> sal doen as ek nog een stuk vleis oorhet en hy is daar en my hond is daar.
> Vir wie sal ek die vleis gee? Hy was baie geskok toe ek vir hom vertel dat
> die hond dit gaan kry......hy kon om die dooie dood nie verstaan dat die
> hond MY hond is en hy nie my vernatwoordelikheid is nie. Maar ons leer
> soos die jare verbygaan......terwyl die lafaards in die sneeu en die VSA
> wegkruip!
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81044 is 'n antwoord op boodskap #81026] Vr, 25 Julie 2003 17:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote in message

> My honde In ruil vergun hulle my hul
> "blinde" liefde, eindelose plesier, 'n lekker "cuddle" op die bed, 'n
> asempie om vas te hou wanneer ek 'n "scary movie" kyk, "geselskap" wanneer
> ek alleen is en 'n skouertjie om op te huil as ek af voel.

Dierbaarheid. My man vervul hierdie funksies
in my lewe.

Tant Hessie
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81045 is 'n antwoord op boodskap #81033] Vr, 25 Julie 2003 17:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

Hy was baie geskok toe ek vir hom vertel dat
> die hond dit gaan kry......hy kon om die dooie dood nie verstaan dat die
> hond MY hond is en hy nie my vernatwoordelikheid is nie. Maar ons leer
> soos die jare verbygaan......terwyl die lafaards in die sneeu en die VSA
> wegkruip!

Sien, daar het jy dit. Sulke grondelose immoraliteit! So jy
is nie jou broeder se hoeder nie? Ons weet ten minste hier
in Kanada dat ons ons broeders se hoeders is. Geen wonder
dat die ANC gereeld by ons in Kanada kom probeer uitvind
wat die beste sosiale en ekonomiese beleide is nie. Ek is veral
trots op een van my seuns wat in 'n projek is wat geld bymekaar-
maak en 'n huis gebou het vir die vestiging van Aids-wesies in
SA, en wat voortgaan om geld in te samel vir salarisse en dies
meer.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81046 is 'n antwoord op boodskap #81019] Vr, 25 Julie 2003 17:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message .

Die
> SA regering het vir baie jare gestoei met die probleem van hoe om sinvol mag
> te DEEL met 'n groeiende meerderheid swart mense.

Ag, sjeim. Wat het toe gebeur dat hulle sommer so
sito-sito moes kapituleer en een-man een-stem inbring,
ten spyte van hulle wolhaardrome om " die mag te deel."

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81068 is 'n antwoord op boodskap #81045] Sa, 26 Julie 2003 07:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Luister antie, het jy geen struktuur aan jou lewe nie? Elke mens se lewe
en bestaan begin by homself en daarvandaan kring dit uit na buite toe. Dit
wat naaste aan jou is, is jou eerste verantwoordelikheid. My honde is 'n
dier, net soos enige mens, behalwe dat sy sorg in my hande is. Daai
bedelaar of 'jou naaste' is nie net my verantwoordelikheid nie. Daarvoor
is die breë gemeenskap en uiteindelik die regering daar en word hulle via
belasting betaal om dit te doen. Sorry! My honde eet in styl!
"@rogers.com" wrote in message
news:BMdUa.44988$vz%.8740@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
> Hy was baie geskok toe ek vir hom vertel dat
>> die hond dit gaan kry......hy kon om die dooie dood nie verstaan dat die
>> hond MY hond is en hy nie my vernatwoordelikheid is nie. Maar ons leer
>> soos die jare verbygaan......terwyl die lafaards in die sneeu en die VSA
>> wegkruip!
>
> Sien, daar het jy dit. Sulke grondelose immoraliteit! So jy
> is nie jou broeder se hoeder nie? Ons weet ten minste hier
> in Kanada dat ons ons broeders se hoeders is. Geen wonder
> dat die ANC gereeld by ons in Kanada kom probeer uitvind
> wat die beste sosiale en ekonomiese beleide is nie. Ek is veral
> trots op een van my seuns wat in 'n projek is wat geld bymekaar-
> maak en 'n huis gebou het vir die vestiging van Aids-wesies in
> SA, en wat voortgaan om geld in te samel vir salarisse en dies
> meer.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81069 is 'n antwoord op boodskap #81044] Sa, 26 Julie 2003 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Uh, lek hy jou hand en hardloop hy ook om vir jou 'n bal te gaan haal? Kan
hy blaf ook? Lig hy sy been ook? Hoe vra hy vir toenadering? Teen jou
been?
"@rogers.com" wrote in message
news:ZFdUa.44899$vz%.3787@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Elaine" wrote in message
>
>> My honde
> In ruil vergun hulle my hul
>> "blinde" liefde, eindelose plesier, 'n lekker "cuddle" op die bed, 'n
>> asempie om vas te hou wanneer ek 'n "scary movie" kyk, "geselskap" wanneer
>> ek alleen is en 'n skouertjie om op te huil as ek af voel.
>
> Dierbaarheid. My man vervul hierdie funksies
> in my lewe.
>
> Tant Hessie
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81070 is 'n antwoord op boodskap #81046] Sa, 26 Julie 2003 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ou bok, ek sien jy's te veel van 'n lafaard om daai vraag te beantwoord want
jy kan nie.....jy gaan jou hele geloofwaardigheid verloor. Maar kom ons
hoop jy's stupid genoeg. Jy en jou ANC propageer demokrasie as die als en
alles waarop die toekoms van Afrika gebou gaan word. Maar [en nou moet jy
mooi stadig lees] die swart Afrikane het net geduld met die demokrasie
solank as wat dit hom in politieke mag gaan hou. Want jy sien, jy verstaan
nie hoe werk Afrika nie. Alles is 'n magspel. Die oomblik wat die
demokrasie gaan veroorsaak dat politieke mag verloor kan word, dan sit hulle
gat om.....a la Bob Mugabe. Dan maak dit nie saak hoeveel van sy eie mense
hy uitmoor nie, die mag moet behou word ten alle koste.
Jy praat so graag oor die 'apartheidsvarke' wat dan swart mens sou
uitgemoor het. Aangesien die ANC en sy politieke tydgenote veel meer van
hul eie mense uitgeroei het 'ter wille van die vryheidstryd' en die waarvan
die gevolge die strate vandag volloop en moet steel om aan die lewe te bly,
wat kan ons hulle [dis nou jy ook want met jou stilswye erken jy basies dat
jy daarmee instem] die 'Slagtersvarke' noem? Honde wat hul eie mense
opvreet ter wille van politieke mag. Wat het geword van die demokratiese
beginsel dat elke mens sy eie sê en stem mag hê? Hordes en hordes swart
mense is deur swart mense vermoor 'omdat hulle saam met die wit man gepraat
het'. Jy is soos 'n sleg predikant, Antie! Jy preek een ding maar glo 'n
ander!
"@rogers.com" wrote in message
news:WQdUa.45054$vz%.18398@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message .
>
> Die
>> SA regering het vir baie jare gestoei met die probleem van hoe om sinvol
> mag
>> te DEEL met 'n groeiende meerderheid swart mense.
>
> Ag, sjeim. Wat het toe gebeur dat hulle sommer so
> sito-sito moes kapituleer en een-man een-stem inbring,
> ten spyte van hulle wolhaardrome om " die mag te deel."
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81071 is 'n antwoord op boodskap #81045] Sa, 26 Julie 2003 08:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
G'n bleddie wonder die ANC is so deur die k.k nie! Of is dit agter die
skenkings aan......'wie se brood man eek, sy gat lek jy blink'?
"@rogers.com" wrote in message
news:BMdUa.44988$vz%.8740@news01.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
> Hy was baie geskok toe ek vir hom vertel dat
>> die hond dit gaan kry......hy kon om die dooie dood nie verstaan dat die
>> hond MY hond is en hy nie my vernatwoordelikheid is nie. Maar ons leer
>> soos die jare verbygaan......terwyl die lafaards in die sneeu en die VSA
>> wegkruip!
>
> Sien, daar het jy dit. Sulke grondelose immoraliteit! So jy
> is nie jou broeder se hoeder nie? Ons weet ten minste hier
> in Kanada dat ons ons broeders se hoeders is. Geen wonder
> dat die ANC gereeld by ons in Kanada kom probeer uitvind
> wat die beste sosiale en ekonomiese beleide is nie. Ek is veral
> trots op een van my seuns wat in 'n projek is wat geld bymekaar-
> maak en 'n huis gebou het vir die vestiging van Aids-wesies in
> SA, en wat voortgaan om geld in te samel vir salarisse en dies
> meer.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81095 is 'n antwoord op boodskap #81069] Sa, 26 Julie 2003 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote in message

> Uh, lek hy jou hand en hardloop hy ook om vir jou 'n bal te gaan haal? Kan
> hy blaf ook? Lig hy sy been ook? Hoe vra hy vir toenadering? Teen jou
> been?

Wel, Suidwester, my liewe eggenoot sal seker al die
bogenoemde doen as ek hom daarom vra. Maar ons
is twee volwassenes en is baie meer subtiel in die manier
waarop ons ons lyflike en emosionele liefde aan mekaar
getuig. Ek kan maar net jammer vir mense wees wat
sulke emosionele en lyflike plesier van hulle diere af
moet kry.

Tant Hessie van Lekkersing
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81096 is 'n antwoord op boodskap #81070] Sa, 26 Julie 2003 13:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message
.
Hordes en hordes swart
> mense is deur swart mense vermoor 'omdat hulle saam met die wit man gepraat
> het'.

Nog 'n produk van die geskiedenis-herskryf-industrie is om te praat
van die " hordes" mense wat deur die ANC vermoor is "omdat hulle
met die witman saamgewerk" het. Daar was natuurlik wel sulke
gevalle, waar dit duidelik was dat swart mense hulleself vir 'n pot
lensiesop verkoop het. Maar daar was nooit hordes en hordes nie.
In 'n burgeroorlog sneuwel mense. In die Boere-oorlog was daar
ook baie mense wat met die Engelse saamgewerk het, en van
hulle is met die dood gestraf. Nee wat, ou Suidwester, jy kan maar
ophou om die ANC te probeer demoniseer. Al julle ouens wat so
gesit en stik het tien jaar gelede en al die voorspellings gemaak het
van hoe die " kommuniste" die land in die afgrond sou laat duiwel,
julle moet nou julle woorde sluk.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81210 is 'n antwoord op boodskap #81096] Ma, 28 Julie 2003 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Maar my antie, jy's die een wat nie lekker lees nie......of verstaan nie!
Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
organisasie. En hulle het dinge gedoen wat terroriste doen! Bomme
geplant en sy eie werkers op die grond geterroriseer sodat hulle druk op die
bestaande stelsel sal plaas. Ek kan onmoontlik nie die syfers onthou nie,
maar in daardie jare het ons weekliks gekyk na die syfers van wat in SA aan
die gang was en een ding kan ek jou verseker, daar het veel minder swart
mense aan die hand van die SA weermag en die polieise gesterf as aan eie
swart hand. Soos ek jou gesê het, die ANC het nie oorlog verklaar nie en
daarom kon die weermag nie uitgaan en hulle in hulle moer in blaas nie.
Hulle moes wag vir 'n aanval en net in reaksie optree.
Dit sal jou duidelik verstom, maar die gemiddelde swart mense en blanke
mense het net een ding ten doele, en dit is om vreedsaam en sinvol te lewe.
Vir baie van die swart mense wat in daardie tyd verkies het om eerder
passief te wees en werk toe te gaan om geld te verdien om so vir sy kinders
'n opvoeding te gee [sekerlik die primôre verantwoordelikheid van enige
ouer?] moes hulle eerder maak soos wat julle spul voorskryf. Ter wille van
die politiek moes hulle hul kinders se lewe en opvoeding opoffer vir 'n
groep mense wat op die ou end net hard sit en lag dat mense so stupid kan
wees. Vandag skep hulle diep en die miljoene jong swart mense vir wie
misdaad die enigste uitweg is, hou julle by verby! Hoekom? HULLE IS
DIE DIREKTE GEVOLGE VAN JULLE DADE!! Nou sê jy met jou gediggie-brein
vir my dat julle het hulle nie doodgemaak nie, maar wat anders doen jy met
'n mens wat jy heeltemal toekomsloos gelaat het? Nee, julle bliksems vlug
mos die land uit en ons sit met die gevolge............
"@rogers.com" wrote in message
news:X3vUa.49780$vz%.28501@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> .
> Hordes en hordes swart
>> mense is deur swart mense vermoor 'omdat hulle saam met die wit man
> gepraat
>> het'.
>
>
> Nog 'n produk van die geskiedenis-herskryf-industrie is om te praat
> van die " hordes" mense wat deur die ANC vermoor is "omdat hulle
> met die witman saamgewerk" het. Daar was natuurlik wel sulke
> gevalle, waar dit duidelik was dat swart mense hulleself vir 'n pot
> lensiesop verkoop het. Maar daar was nooit hordes en hordes nie.
> In 'n burgeroorlog sneuwel mense. In die Boere-oorlog was daar
> ook baie mense wat met die Engelse saamgewerk het, en van
> hulle is met die dood gestraf. Nee wat, ou Suidwester, jy kan maar
> ophou om die ANC te probeer demoniseer. Al julle ouens wat so
> gesit en stik het tien jaar gelede en al die voorspellings gemaak het
> van hoe die " kommuniste" die land in die afgrond sou laat duiwel,
> julle moet nou julle woorde sluk.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81223 is 'n antwoord op boodskap #81044] Ma, 28 Julie 2003 10:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Weens besigheid is my man gereeld van die huis af weg - dis hoekom hy vir my
die honde gekry het. My man geniet ook nie rillers nie, maar my Chow gee
nie om, om langs my op die bank te lê as ek dit kyk nie (ek's mal oor
horrors). My man is ook nie baie lief daarvoor om "bal" te speel nie, hy sê
dis onhigiënies om met 'n bal in jou mond rond te hardloop. Ons het al baie
daaroor baklei. En geen mens se liefde is blind nie. Hulle vind altyd
fout, al is dit net met jou nuwe haarstyl. My honde vind nooit fout met my
nie, hulle gee nie om hoe my hare lyk of watse klere ek aanhet en of ek
stink nie...

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Dierbaarheid. My man vervul hierdie funksies
> in my lewe.
>
> Tant Hessie
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81233 is 'n antwoord op boodskap #81223] Ma, 28 Julie 2003 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine, in vandag se Huisgenoot se brieweblad het 'n dame die volgende te
vertel.
Sy was glo na jare se getroude lewe siek en sat vir die ou huwelikstakies en
so twee maal per maand was vir haar meer as genoeg.
Toe, op 'n dag besluit sy om stil te bly, oë toe te knyp, en elke dag ten
minste eenmaal vir manlief toe te laat om sy luste te bevredig.
Nou beweer sy hy is skielik 'n ander mens - hy het nou goed reggemaak
waaroor sy al 'n jaar tevore oor gekla het, hy help nou die eerste keer met
skottelgoed, bed opmaak, en neem haar selfs uit vir romantiese etes. Hy het
glo ook die eerste maal in 30 jaar vir haar 'n blomplant present gegee. Sy
beweer sy kry nou net wat haar hart begeer deur net elke dag vir so 5 minute
op die meeste stil te lê met haar oë toe.
Nou - mens kan hieruit 'n hele boel afleidings maak:
Van hulle kan wees:
1) Jy vry nie met jou oë toe nie:))
2) Manlief sal nie die foute raaksien as hy sonder steen des aanstoots sy
dingetjie kan doen nie:)
3) Mens kan redeneer dat daar nie 'n verskil is wat die dame doen en wat 'n
prostituut doen nie.
4) Mans is inderdaad eenvoudige wesens met baie basiese behoeftes.

Annette

"Elaine" wrote in message
news:3f24ffcf$0$230@hades.is.co.za...
> Weens besigheid is my man gereeld van die huis af weg - dis hoekom hy vir my
> die honde gekry het. My man geniet ook nie rillers nie, maar my Chow gee
> nie om, om langs my op die bank te lê as ek dit kyk nie (ek's mal oor
> horrors). My man is ook nie baie lief daarvoor om "bal" te speel nie, hy sê
> dis onhigiënies om met 'n bal in jou mond rond te hardloop. Ons het al baie
> daaroor baklei. En geen mens se liefde is blind nie. Hulle vind altyd
> fout, al is dit net met jou nuwe haarstyl. My honde vind nooit fout met my
> nie, hulle gee nie om hoe my hare lyk of watse klere ek aanhet en of ek
> stink nie...
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Dierbaarheid. My man vervul hierdie funksies
>> in my lewe.
>>
>> Tant Hessie
>>
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81241 is 'n antwoord op boodskap #81233] Ma, 28 Julie 2003 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit werk nie vir my man nie :-)) Maar hy't nog altyd gehelp met die
huistakies, en hy dra gereeld tjoklits aan. Nou sit ek met die probleem dat
ek vinnig besig is om gewig aan te sit. Hoe sê ek nou vir die ou dier hy
kan nie meer vir my sweets koop nie?

E

"Annette" skryf in boodskap news:bg33gq$k0ja1$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Elaine, in vandag se Huisgenoot se brieweblad het 'n dame die volgende te
> vertel.
> Sy was glo na jare se getroude lewe siek en sat vir die ou huwelikstakies en
> so twee maal per maand was vir haar meer as genoeg.
> Toe, op 'n dag besluit sy om stil te bly, oë toe te knyp, en elke dag ten
> minste eenmaal vir manlief toe te laat om sy luste te bevredig.
> Nou beweer sy hy is skielik 'n ander mens - hy het nou goed reggemaak
> waaroor sy al 'n jaar tevore oor gekla het, hy help nou die eerste keer met
> skottelgoed, bed opmaak, en neem haar selfs uit vir romantiese etes. Hy het
> glo ook die eerste maal in 30 jaar vir haar 'n blomplant present gegee. Sy
> beweer sy kry nou net wat haar hart begeer deur net elke dag vir so 5 minute
> op die meeste stil te lê met haar oë toe.
> Nou - mens kan hieruit 'n hele boel afleidings maak:
> Van hulle kan wees:
> 1) Jy vry nie met jou oë toe nie:))
> 2) Manlief sal nie die foute raaksien as hy sonder steen des aanstoots sy
> dingetjie kan doen nie:)
> 3) Mens kan redeneer dat daar nie 'n verskil is wat die dame doen en wat 'n
> prostituut doen nie.
> 4) Mans is inderdaad eenvoudige wesens met baie basiese behoeftes.
>
> Annette
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81245 is 'n antwoord op boodskap #81241] Ma, 28 Julie 2003 12:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Beloon hom elke keer as hy nie vir jou iets koop nie;))
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f251619$0$225@hades.is.co.za...
> Dit werk nie vir my man nie :-)) Maar hy't nog altyd gehelp met die
> huistakies, en hy dra gereeld tjoklits aan. Nou sit ek met die probleem dat
> ek vinnig besig is om gewig aan te sit. Hoe sê ek nou vir die ou dier hy
> kan nie meer vir my sweets koop nie?
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bg33gq$k0ja1$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Elaine, in vandag se Huisgenoot se brieweblad het 'n dame die volgende te
>> vertel.
>> Sy was glo na jare se getroude lewe siek en sat vir die ou huwelikstakies en
>> so twee maal per maand was vir haar meer as genoeg.
>> Toe, op 'n dag besluit sy om stil te bly, oë toe te knyp, en elke dag ten
>> minste eenmaal vir manlief toe te laat om sy luste te bevredig.
>> Nou beweer sy hy is skielik 'n ander mens - hy het nou goed reggemaak
>> waaroor sy al 'n jaar tevore oor gekla het, hy help nou die eerste keer met
>> skottelgoed, bed opmaak, en neem haar selfs uit vir romantiese etes. Hy het
>> glo ook die eerste maal in 30 jaar vir haar 'n blomplant present gegee. Sy
>> beweer sy kry nou net wat haar hart begeer deur net elke dag vir so 5 minute
>> op die meeste stil te lê met haar oë toe.
>> Nou - mens kan hieruit 'n hele boel afleidings maak:
>> Van hulle kan wees:
>> 1) Jy vry nie met jou oë toe nie:))
>> 2) Manlief sal nie die foute raaksien as hy sonder steen des aanstoots sy
>> dingetjie kan doen nie:)
>> 3) Mens kan redeneer dat daar nie 'n verskil is wat die dame doen en wat 'n
>> prostituut doen nie.
>> 4) Mans is inderdaad eenvoudige wesens met baie basiese behoeftes.
>>
>> Annette
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81248 is 'n antwoord op boodskap #81210] Ma, 28 Julie 2003 13:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
> organisasie.

O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
nooit formeel oorlog verklaar nie.

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81249 is 'n antwoord op boodskap #81248] Ma, 28 Julie 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sed bat troe antie.
Hulle was terroriste in Suidwes en Angola.
Hier in SA het hulle probeer beskerm wat hulle dog beskerm behoort te word.

Annette

"@rogers.com" wrote in message
news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>> organisasie.
>
> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81255 is 'n antwoord op boodskap #81210] Ma, 28 Julie 2003 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

> maar in daardie jare het ons weekliks gekyk na die syfers van wat in SA aan
> die gang was en een ding kan ek jou verseker, daar het veel minder swart
> mense aan die hand van die SA weermag en die polieise gesterf as aan eie
> swart hand.

Moenie my verveel met jou opgekookte argumente nie. Jy kon nie
weet hoeveel swartmense daar gesterf het aan die hand van swart
mense nie, want dis nie in die koerante genoem nie. Net soos jy ook
nie kon weet hoeveel swartmense aan die hand van die wit apartheids-
masjinerie gesterf het nie. Omdat jy dit ook nie in die koerante gelees
het nie. Het jy geweet van die mense wie se lyke op Vlakplaas opgesny
en verbrand is. Het jy geweet van Biko wat papgeslaan is in PE en
toe opgery is na Pretoria om daar in 'n tronk te sterf. Het jy geweet van
al die swartmense wat in nagtelike aanvalle vermoor is deur die
sogenaamde veiligheidsmagte, nie net in SA nie, maar ook in Swaziland
en Botswana en wie weet waar ook. Ek ken 'n vrou hier in Ottawa wat
vir jou kan vertel hoe sy in Swaziland in die middel van die nag wakker-
gemaak was deur mense wat die voordeur van die huis waarin sy gebly
het, inskop. 'n Klomp mans met duidelike Afrikaner-aksente is met
gewere deur die huis en het een of twee van die bewoners doodgeskiet.
Tot vandag toe weet sy nie hoekom daardie mense dood is nie.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81256 is 'n antwoord op boodskap #81245] Ma, 28 Julie 2003 13:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmm - ek glo nie dit sal werk nie!

E

"Annette" skryf in boodskap news:bg3618$k3ath$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Beloon hom elke keer as hy nie vir jou iets koop nie;))
> Annette
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81304 is 'n antwoord op boodskap #81095] Di, 29 Julie 2003 07:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Op julle ouderdom sit die ou bok seker ook soos 'n jakkals en huil by die
gat?

"@rogers.com" wrote in message news:bXuUa.49739$vz%.32426@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" < wrote in message
>
>> Uh, lek hy jou hand en hardloop hy ook om vir jou 'n bal te gaan haal? Kan
>> hy blaf ook? Lig hy sy been ook? Hoe vra hy vir toenadering? Teen jou
>> been?
>
> Wel, Suidwester, my liewe eggenoot sal seker al die
> bogenoemde doen as ek hom daarom vra. Maar ons
> is twee volwassenes en is baie meer subtiel in die manier
> waarop ons ons lyflike en emosionele liefde aan mekaar
> getuig. Ek kan maar net jammer vir mense wees wat
> sulke emosionele en lyflike plesier van hulle diere af
> moet kry.
>
> Tant Hessie van Lekkersing
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81307 is 'n antwoord op boodskap #81248] Di, 29 Julie 2003 07:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, duidelik verstaan jy juis nie, antie! Die SA regering was 'n wettige
regering met 'n verkeerde beleid, maar tot 'n wêrelderkende regering.
Anders as wat Annette hieronder probeer sê, was hulle net so wettig in SWA
gewees want hulle was die houers van die mandaat oor die gebied. Dit kom
weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
vrouens en kinders op te blaas.
"@rogers.com" wrote in message
news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>> organisasie.
>
> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81309 is 'n antwoord op boodskap #81255] Di, 29 Julie 2003 07:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Haai ou vrou, ek verveel jou so dat jy amper 'n boek gorrel en enkele
gevalle uittrek. Wat jy beskryf is kleingeld teenoor dit wat in die
townships aan die gang was.....swart man op swart man! Jy baseer jou
syfers op die koerante, maaar glo my vry, die koerante kon net skryf wat
militêre en nasionale intelligensie aan hulle verskaf het. Die syfers
waarvan ek praat, kom uit die perd se bek uit. Hieronder in jou tierade
tjank jy oor Biko wat papgeslaan is, maar hoe vergelyk jy dit met 'n
straatbom wat tientalle onskuldige mense doodmaak? Jy sit met jou
protespamflette uit die verlede en droom nog duidelik in die hede, want een
ding verstaan jy nie so lekker nie: Die SA regering het nie net teenoor
die blankes van die land 'n beskermingstaak gehad nie. As 'n bom geplant
word, of iemand word verkool met 'n motorband, word die skuldiges
gesoek.....snaaks dat dit altyd lede van die ANC was en Biko ook! Jy sit
mos op die kantlyn en kekkel, maar jy't geen idee hoe voel dit om na die
stukkende lywe van onskuldige mense te staan en kyk nie en dan sien jy die
ou wat dit gedoen het.....selfbeheersing op sy uiterste graad! En ja, die
weermag het in biede Botswana en Swziland opgetree....maar vra vir jou pêl
bietjie van hulle ANC aliansie en wat hulle gedoen het om die ANC se
deurgang na SA te ondersteun. Dalk sou sy lekkerder kon geslaap het?
"@rogers.com" wrote in message
news:Gk9Va.74075$vz%.28794@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> maar in daardie jare het ons weekliks gekyk na die syfers van wat in SA aan
>> die gang was en een ding kan ek jou verseker, daar het veel minder swart
>> mense aan die hand van die SA weermag en die polieise gesterf as aan eie
>> swart hand.
>
> Moenie my verveel met jou opgekookte argumente nie. Jy kon nie
> weet hoeveel swartmense daar gesterf het aan die hand van swart
> mense nie, want dis nie in die koerante genoem nie. Net soos jy ook
> nie kon weet hoeveel swartmense aan die hand van die wit apartheids-
> masjinerie gesterf het nie. Omdat jy dit ook nie in die koerante gelees
> het nie. Het jy geweet van die mense wie se lyke op Vlakplaas opgesny
> en verbrand is. Het jy geweet van Biko wat papgeslaan is in PE en
> toe opgery is na Pretoria om daar in 'n tronk te sterf. Het jy geweet van
> al die swartmense wat in nagtelike aanvalle vermoor is deur die
> sogenaamde veiligheidsmagte, nie net in SA nie, maar ook in Swaziland
> en Botswana en wie weet waar ook. Ek ken 'n vrou hier in Ottawa wat
> vir jou kan vertel hoe sy in Swaziland in die middel van die nag wakker-
> gemaak was deur mense wat die voordeur van die huis waarin sy gebly
> het, inskop. 'n Klomp mans met duidelike Afrikaner-aksente is met
> gewere deur die huis en het een of twee van die bewoners doodgeskiet.
> Tot vandag toe weet sy nie hoekom daardie mense dood is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81313 is 'n antwoord op boodskap #81307] Di, 29 Julie 2003 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hei!! Stadig met die oumens - moet nie haar drome vernietig nie. Dis elke
mens se voorreg om gelukkig te kan sterf.
Annette

"Suidwester" wrote in message
news:3f262373.0@news1.mweb.co.za...
> Nee, duidelik verstaan jy juis nie, antie! Die SA regering was 'n wettige
> regering met 'n verkeerde beleid, maar tot 'n wêrelderkende regering.
> Anders as wat Annette hieronder probeer sê, was hulle net so wettig in SWA
> gewees want hulle was die houers van die mandaat oor die gebied. Dit kom
> weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
> dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
> en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
> beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
> vrouens en kinders op te blaas.
> "@rogers.com" wrote in message
> news:nb9Va.74028$vz%.56878@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>>
>>> Om in 'n oorlog betrokke te wees, moet jy formeel oorlog verklaar. Dit het
>>> die ANC nooit gedoen nie en was daarom as sulks 'n terrroristiese
>>> organisasie.
>>
>> O, nou verstaan ek. Ek ANC het nooit formeel oorlog
>> verklaar nie, en was dus daarom 'n terroriste-organisasie.
>> Dus, met dieselfde soort argument, was die apartheids-
>> regering oor 'n terroriste-organisasie, want hulle het ook
>> nooit formeel oorlog verklaar nie.
>>
>> Tant Hessie van die Spergebied.
>>
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81349 is 'n antwoord op boodskap #81307] Di, 29 Julie 2003 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

as jy 'n wettige regering aanval sonder om
> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris.

Sover ek weet het George Bush nie oorlog op
Saddam Hussein verklaar nie. Ek neem aan dat
volgens jou argument hy dus 'n terroris is. En
al die duisende der duisende Amerikaanse soldate
nou in Irak ook terroriste is.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81352 is 'n antwoord op boodskap #81309] Di, 29 Julie 2003 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

Wat jy beskryf is kleingeld teenoor dit wat in die
> townships aan die gang was.....swart man op swart man! Jy baseer jou
> syfers op die koerante, maaar glo my vry, die koerante kon net skryf wat
> militêre en nasionale intelligensie aan hulle verskaf het.

As mens aan die verloorkant van 'n saak is, dan is dit seker
natuurlik om te probeer verskonings soek en die anderkant
te beswadder soveel jy kan. Dis wat die Engelse in die
Boere-oorlog gedoen het om hulle slegte beleid teen die
Boere te probeer regverdig. Jy ken egter duidelik nie
teveel van die gedokumenteerde feite uit die laat tagtiger-
jare nie. Selfs die Goldstone kommissie (wat aangestel
is deur die De Klerk-regering en waar een van die lede
van die Kommissie 'n familielid van my was) het bevind dat
daar elemente in die regime self was wat swart oorlopers
gewerf en gefinansieer het om moord en verwoesting te
saai, soos die geskietery op die treine, wat ooglopend deur
swart manne gedoen was, maar mense was wat betaal was
deur wit geld.

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81361 is 'n antwoord op boodskap #81349] Di, 29 Julie 2003 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, as jy darem nou net nie so stupid wil wees nie, dan kon mens jou
verskoon het! Natuurlik het die VSA op Irak oorlog verklaar. Enigiemand
wat onregmatig militêre aanvalle op sy eie land loots sonder 'n
oorlogsverklaring, is 'n terroris. En kry tog jou termonologie reg.
Spergebied is 'n verwronging van die Duitse Sperrgebiet.
"@rogers.com" wrote in message
news:7vuVa.1051$rsJ.163@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
> as jy 'n wettige regering aanval sonder om
>> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris.
>
> Sover ek weet het George Bush nie oorlog op
> Saddam Hussein verklaar nie. Ek neem aan dat
> volgens jou argument hy dus 'n terroris is. En
> al die duisende der duisende Amerikaanse soldate
> nou in Irak ook terroriste is.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81362 is 'n antwoord op boodskap #81352] Di, 29 Julie 2003 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
En jy my ou antie, moet leer om dinge dieper te onderskei. Sekerlik was
die politieke beleid van die SA regering aan die verloorkant want die een of
ander tyd sou daar moes oorgegaan geword na 'n een-man-een-stemsituasie.
Maar dis ook waar die weermag aan die wenkant was. Daar was geen manier
waarop die ANC 'n direkte gewapende stryd kon wen met die SA weermag nie en
'n burgeroorlog was nie die oogpunt van die ou regering nie, maar dit het
genoeg tyd gekoop vir die politici om 'n sinvolle en amper geweldlose
oorgang van mag te bewerkstellig. Daardeur is twee dinge bereik, naamlik
'n bloedlose magsdeling en die ANC is die geleentheid ontsê om in die
eforiese waas van ''n militêre oorwinning' die land in te wals en te dink
hulle kan dalk nou die witmense gas gee. Dit sou natuurlik dieslefde
gevolge as 'n burgeroorlog gehad het want omtrent elke blanke man in SA had
weermagopleiding en was paraat. Bloed sou strome dik geloop
het..........nou nie dat jy sou omgee nie, ou vrou, want jy sit en Kanada en
jy keur geweld as dit jou pas mos goed!
O. Onthou van die Sperrgebiet. Hou op steel by ander.
"@rogers.com" wrote in message
news:zFuVa.1118$rsJ.993@news04.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
> Wat jy beskryf is kleingeld teenoor dit wat in die
>> townships aan die gang was.....swart man op swart man! Jy baseer jou
>> syfers op die koerante, maaar glo my vry, die koerante kon net skryf wat
>> militêre en nasionale intelligensie aan hulle verskaf het.
>
> As mens aan die verloorkant van 'n saak is, dan is dit seker
> natuurlik om te probeer verskonings soek en die anderkant
> te beswadder soveel jy kan. Dis wat die Engelse in die
> Boere-oorlog gedoen het om hulle slegte beleid teen die
> Boere te probeer regverdig. Jy ken egter duidelik nie
> teveel van die gedokumenteerde feite uit die laat tagtiger-
> jare nie. Selfs die Goldstone kommissie (wat aangestel
> is deur die De Klerk-regering en waar een van die lede
> van die Kommissie 'n familielid van my was) het bevind dat
> daar elemente in die regime self was wat swart oorlopers
> gewerf en gefinansieer het om moord en verwoesting te
> saai, soos die geskietery op die treine, wat ooglopend deur
> swart manne gedoen was, maar mense was wat betaal was
> deur wit geld.
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81366 is 'n antwoord op boodskap #81307] Di, 29 Julie 2003 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f262373.0@news1.mweb.co.za...
> Dit kom
> weer terug na ons storie toe.....as jy 'n wettige regering aanval sonder om
> oorlog te verklaar, dan is jy 'n terroris. Aan jou kant van die tafel mag
> dit slim lyk, want dan kan die regering wat geterroriseer word nie voortgaan
> en die sakie vinnig klaarmaak nie.....maar van die anderkant af word dit
> beskou as lafhartigheid om te bang te wees om die manne aan te vat en eerder
> vrouens en kinders op te blaas.

As almal hierdie redenasie gevolg het het die koloniale magte nog die hele
wereld besit.'n Groep mense in 'n gevoelige posisie kan nie oorlog verklaar
teen 'n gesofistikeerde weermag nie, hulle sal uitgewis word (soos jy weet).
Die eerste en tweede fases van die Boere oorlog bewys dit: die Engelse het
die eerste fase, die konvensionele oorlog, blitsvinnig gewen. Die tweede
guerilla fase het hulle met groot moeite gewen. Nou stel jou nou voor,
gedurende hierdie tweede fase, as dit moontlik was vir die Boere om hulle in
Engeland by te kom.... Dis nie 'n kwessie van bang wees om die manne aan te
vat nie.

Hier naby Camden Mark staan daar altyd 'n klomp mense van Tibet wat
pamflette uitdeel oor hoe die Sjinese hulle land gevat het, watter onreg dit
is, ens. Mense het nie baie tyd vir hulle nie, hulle word gewoonlik aangese
om te "gaan baklei" vir hulle land. Ek glo nie die mense wat dit se bedoel
hulle moet oorlog verklaar teen Sjina nie...

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f24ce60.0@news1.mweb.co.za...
> Ter wille van
> die politiek moes hulle hul kinders se lewe en opvoeding opoffer

Daar is altyd ten minste een verlore generasie in 'n vryheids stryd; dit
word gewoonlik aanvaar dat een (of meer) geslagte geoffer moet word, en dit
was nog altyd so. As jy van 'n ander manier weet, is daar 'n hele paar mense
in die wereld wat baie graag van jou sal wil hoor:-)

Lorinda
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #81372 is 'n antwoord op boodskap #81366] Di, 29 Julie 2003 20:06 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote in message
>> As almal hierdie redenasie gevolg het het die koloniale magte nog die hele
> wêreld besit.

Ja, en watter regverdiging vir die Britte se inval op die twee
boere-republieke. So mag is reg. Verklaar maar net offisieel
oorlog en dan het jy reg aan jou kant. Ek dink nie Suidwester
weet aldag wat die implikasies van sy argumente is nie.

Tant Hessie van die Spergebied
Vorige onderwerp: Die hele boel - was Re: Wat gaan aan hier
Volgende onderwerp: Kruger-standbeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 05:49:29 MGT 2024