Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werklike Vredemaker
Werklike Vredemaker [boodskap #80784] Ma, 21 Julie 2003 20:48 na volgende boodskap
Cham  is tans af-lyn  Cham
Boodskappe: 4
Geregistreer: Augustus 2002
Karma: 0
Junior Lid
Tydens die jongste Mandela sirkus is daar weer ad nauseam gewag gemaak dat
hy en FW de Klerk die "wonder" van die geweldlose politieke oorgang
bewerkstellig het. Dit is natuurlik absurd - die persoon wat hierdie land al
die bloedvergieting en verdriet gespaar het was Generaal Viljoen. Hy het
teen militêre opstand/onderdrukking besluit en die weermag en polisiehoofde
oortuig om nie die wapen op te neem nie. Hy het die gevolge besef van
sodanige optrede en sy persoonlike optrede het hierdie land a katastrofe
gespaar. Sy lof as 'vredemaker' word nie erken nie. Die de Klerk, Meyer en
Wessels en meelopers was slegs die broers wat ons volk aan die Midianitiese
handelaars verkoop het vir 20 stukke silwer...........
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80789 is 'n antwoord op boodskap #80784] Di, 22 Julie 2003 02:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Cham
Ek gee jou gelyk. Daar was bepaald baie meer rolspelers om 'n vreedsame
oorgang te bewerkstellig. Maar ek stem nie met jou saam dat FW en Meyer ons
verkoop het nie. Hierdie is 'n siening wat algemeen in omloop is - en wat 'n
groot klomp snert is. Byvoorbeeld - Meyer was 'n junior minister ten tye wat
voorgedruk was deur 'n klompie hardebaarde wat geweet het van die onguns wat
op die deelnemers gewag het.
Vergelyk FW maar met die kaptein van 'n skip wat sink - ongeag wat - hy sou
nie gewild gewees het na die tyd nie. Verloorders word nooit hoog geag nie -
ongeag hoe hard hulle probeer het.

Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?

"Cham" skryf in boodskap news:bfhjjn$qp3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Tydens die jongste Mandela sirkus is daar weer ad nauseam gewag gemaak dat
> hy en FW de Klerk die "wonder" van die geweldlose politieke oorgang
> bewerkstellig het. Dit is natuurlik absurd - die persoon wat hierdie land al
> die bloedvergieting en verdriet gespaar het was Generaal Viljoen. Hy het
> teen militêre opstand/onderdrukking besluit en die weermag en polisiehoofde
> oortuig om nie die wapen op te neem nie. Hy het die gevolge besef van
> sodanige optrede en sy persoonlike optrede het hierdie land a katastrofe
> gespaar. Sy lof as 'vredemaker' word nie erken nie. Die de Klerk, Meyer en
> Wessels en meelopers was slegs die broers wat ons volk aan die Midianitiese
> handelaars verkoop het vir 20 stukke silwer...........
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80796 is 'n antwoord op boodskap #80784] Di, 22 Julie 2003 06:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
met die apartheidsbeleid nie.
Verstaan my reg, ek neem niks weg van genl Viljoen nie. Wat ek
eintlik sê is dat hy 'n wonderlike offisier was met genoeg breins in sy kop
het om te besef dat SA nie teen die donderweer kon poep nie.

"Cham" skryf in boodskap news:bfhjjn$qp3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Tydens die jongste Mandela sirkus is daar weer ad nauseam gewag gemaak dat
> hy en FW de Klerk die "wonder" van die geweldlose politieke oorgang
> bewerkstellig het. Dit is natuurlik absurd - die persoon wat hierdie land al
> die bloedvergieting en verdriet gespaar het was Generaal Viljoen. Hy het
> teen militêre opstand/onderdrukking besluit en die weermag en polisiehoofde
> oortuig om nie die wapen op te neem nie. Hy het die gevolge besef van
> sodanige optrede en sy persoonlike optrede het hierdie land a katastrofe
> gespaar. Sy lof as 'vredemaker' word nie erken nie. Die de Klerk, Meyer en
> Wessels en meelopers was slegs die broers wat ons volk aan die Midianitiese
> handelaars verkoop het vir 20 stukke silwer...........
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80801 is 'n antwoord op boodskap #80796] Di, 22 Julie 2003 08:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
M.i. was van die onnodige probleme wat by die WVK gedien het te wyte was aan
generaals in uniform wat nie die besluite van die politici gehoorsaam het
nie.

"Suidwester" wrote in message
news:3f1cdeda.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
> met die apartheidsbeleid nie.
> Verstaan my reg, ek neem niks weg van genl Viljoen nie. Wat ek
> eintlik sê is dat hy 'n wonderlike offisier was met genoeg breins in sy kop
> het om te besef dat SA nie teen die donderweer kon poep nie.
> "Cham" wrote in message
> news:bfhjjn$qp3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Tydens die jongste Mandela sirkus is daar weer ad nauseam gewag gemaak dat
>> hy en FW de Klerk die "wonder" van die geweldlose politieke oorgang
>> bewerkstellig het. Dit is natuurlik absurd - die persoon wat hierdie land al
>> die bloedvergieting en verdriet gespaar het was Generaal Viljoen. Hy het
>> teen militêre opstand/onderdrukking besluit en die weermag en polisiehoofde
>> oortuig om nie die wapen op te neem nie. Hy het die gevolge besef van
>> sodanige optrede en sy persoonlike optrede het hierdie land a katastrofe
>> gespaar. Sy lof as 'vredemaker' word nie erken nie. Die de Klerk, Meyer en
>> Wessels en meelopers was slegs die broers wat ons volk aan die Midianitiese
>> handelaars verkoop het vir 20 stukke silwer...........
>>
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80808 is 'n antwoord op boodskap #80796] Di, 22 Julie 2003 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek weet nie hoekom die mense hier van Viljoen 'n Idol wil maak nie - hy kan
nie sing nie;))
Annette

"Suidwester" wrote in message
news:3f1cdeda.0@news1.mweb.co.za...
> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
> met die apartheidsbeleid nie.
> Verstaan my reg, ek neem niks weg van genl Viljoen nie. Wat ek
> eintlik sê is dat hy 'n wonderlike offisier was met genoeg breins in sy kop
> het om te besef dat SA nie teen die donderweer kon poep nie.
> "Cham" wrote in message
> news:bfhjjn$qp3$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Tydens die jongste Mandela sirkus is daar weer ad nauseam gewag gemaak dat
>> hy en FW de Klerk die "wonder" van die geweldlose politieke oorgang
>> bewerkstellig het. Dit is natuurlik absurd - die persoon wat hierdie land al
>> die bloedvergieting en verdriet gespaar het was Generaal Viljoen. Hy het
>> teen militêre opstand/onderdrukking besluit en die weermag en polisiehoofde
>> oortuig om nie die wapen op te neem nie. Hy het die gevolge besef van
>> sodanige optrede en sy persoonlike optrede het hierdie land a katastrofe
>> gespaar. Sy lof as 'vredemaker' word nie erken nie. Die de Klerk, Meyer en
>> Wessels en meelopers was slegs die broers wat ons volk aan die Midianitiese
>> handelaars verkoop het vir 20 stukke silwer...........
>>
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80827 is 'n antwoord op boodskap #80796] Di, 22 Julie 2003 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
> met die apartheidsbeleid nie.

Mense neem nie genoeg in ag wat agter die skerms gebeur het
in hierdie tyd nie. Braam Viljoen, die tweelingbroer van Constand
Viljoen, is deur sy broer gevra om kontak te maak met " die
ander kant." Hulle kon nie in die openbaar gesien word as in kontak
met die ANC nie, so Braam ('n vorige teologie-professor) het
Mandela en Joe Modise in die geheim ontmoet en begin " praat."
(Hierdie informasie uit Allister Sparks se " Tomorrow is another
Country." ) Sparks wys uit dat na die samesprekings beide Braam
Viljoen en Douw Steyn (leier van die Boerekrisis-Aksie) saamgestem
het dat die ANC baie meer vriendelik teenoor hulle was as die
verteenwoordigers van die Nasionale Party wat hulle op daardie
tydstip moes spreek.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80830 is 'n antwoord op boodskap #80827] Di, 22 Julie 2003 13:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sparks het bepaald nie die beste insae in die saak nie.

"@rogers.com" wrote in message
news:u1bTa.3408$vz%.1244@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
>> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
>> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
>> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
>> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
>> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
>> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
>> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
>> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
>> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
>> met die apartheidsbeleid nie.
>
>
> Mense neem nie genoeg in ag wat agter die skerms gebeur het
> in hierdie tyd nie. Braam Viljoen, die tweelingbroer van Constand
> Viljoen, is deur sy broer gevra om kontak te maak met " die
> ander kant." Hulle kon nie in die openbaar gesien word as in kontak
> met die ANC nie, so Braam ('n vorige teologie-professor) het
> Mandela en Joe Modise in die geheim ontmoet en begin " praat."
> (Hierdie informasie uit Allister Sparks se " Tomorrow is another
> Country." ) Sparks wys uit dat na die samesprekings beide Braam
> Viljoen en Douw Steyn (leier van die Boerekrisis-Aksie) saamgestem
> het dat die ANC baie meer vriendelik teenoor hulle was as die
> verteenwoordigers van die Nasionale Party wat hulle op daardie
> tydstip moes spreek.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80831 is 'n antwoord op boodskap #80827] Di, 22 Julie 2003 14:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, dis wat ons nog altyd gesê het.....as jy wou luister! Glo dit of jy
nou wil of nie, maar die gemiddelde wit mens het met een moerse politieke
probleem gesit in Suider-Afrika wat niemand eintlik voor 'n ordentlike
oplossing gehad het nie. Verskeie dinge is probeer, maar 'n oplossing was
niet. Uiteindelik het die mense aanvaar daar is net een oplossing en dit
is om die mag te deel met die meerderheid van die land en dit het toe
gebeur. As jy vandag eerlik is met jouself, sal jy erken dat alhoewel
almal nou stemreg het en vry is, het dinge anders dan politiek, eintlik niks
verbeter vir die gewone man op straat nie. Werkloosheid het
verhoog....hongersnood is erger, ens. Ek wil nie vir 'n oomblik voorgee
dat die huidige ANC regering dit nie gaan regkry nie, maar dit gaan nog
geslagte vat voordat daar 'n liggie gaan begin brand voor in die
tonnel........
..................dit bring my by my eintlike storie. Direk na Mandela se
vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
"@rogers.com" wrote in message
news:u1bTa.3408$vz%.1244@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
>> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
>> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
>> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
>> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
>> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
>> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
>> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
>> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
>> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
>> met die apartheidsbeleid nie.
>
>
> Mense neem nie genoeg in ag wat agter die skerms gebeur het
> in hierdie tyd nie. Braam Viljoen, die tweelingbroer van Constand
> Viljoen, is deur sy broer gevra om kontak te maak met " die
> ander kant." Hulle kon nie in die openbaar gesien word as in kontak
> met die ANC nie, so Braam ('n vorige teologie-professor) het
> Mandela en Joe Modise in die geheim ontmoet en begin " praat."
> (Hierdie informasie uit Allister Sparks se " Tomorrow is another
> Country." ) Sparks wys uit dat na die samesprekings beide Braam
> Viljoen en Douw Steyn (leier van die Boerekrisis-Aksie) saamgestem
> het dat die ANC baie meer vriendelik teenoor hulle was as die
> verteenwoordigers van die Nasionale Party wat hulle op daardie
> tydstip moes spreek.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80848 is 'n antwoord op boodskap #80830] Di, 22 Julie 2003 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message
..
> Sparks het bepaald nie die beste insae in die saak nie.

Sparks het ten minste onderhoude met al hierdie mense
gehou, soms dae na 'n gebeurtenis, en het nie staat gemaak
op sy vooroordele, soos jy altyd knaend besig is om te
doen nie. Ek wonder of jy besef hoe in die laaste jaar of
so voor die oorgang in 1994, daar alreeds spanne bestaan
het wat deels ANC en deels NP was, en wat die land
onoffisieel regeer het. Omdat die NP duidelik besig was
om die mag te verloor, en die ANC in die sterker posisie
was, het die ANC alle belangrike besluite van die NP
in die laaste dae goedgekeur of geveto. Kyk maar
in Sparks se boek hoe die ANC die BOP insident se
uitkoms beplan het.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80849 is 'n antwoord op boodskap #80831] Di, 22 Julie 2003 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

> Tante, dis wat ons nog altyd gesê het.....as jy wou luister! Glo dit of jy
> nou wil of nie, maar die gemiddelde wit mens het met een moerse politieke
> probleem gesit in Suider-Afrika wat niemand eintlik voor 'n ordentlike
> oplossing gehad het nie. Verskeie dinge is probeer, maar 'n oplossing was
> niet. Uiteindelik het die mense aanvaar daar is net een oplossing en dit
> is om die mag te deel met die meerderheid van die land en dit het toe
> gebeur.

En wat probeer jy nou anders verduidelik, behalwe dat die
witmense uiteindelik opgehou het om teen hulle oogvelle vas
te kyk en die ooglopende oplossing in die gesig begin staar
het.? Hoekom het dit vir hulle veertig jaar geneem om die
obvious te besef? Hou op om vir my te preek. Dis jy wat moet
begin besef dat jy so 'n tolletjie in die rondte argumenteer.

Tant Hessie van die Spergebied
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80850 is 'n antwoord op boodskap #80831] Di, 22 Julie 2003 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message>

Direk na Mandela se
> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.

En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
te beveilig.

Tant Hessie Marx
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80854 is 'n antwoord op boodskap #80848] Wo, 23 Julie 2003 04:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - ek was in 1994 hier in die land. Ek het nie met my kroos
weggehardloop nie en om dan Sparks se boek 10 jaar na die tyd te lees nie,
en om so 'n kener te wees nie.

Ek was hier. Waar was jy? Miskien dra ek 'n bietjie meer kennis van die saak
as jy - wie weet?

"@rogers.com" wrote in message
news:r5iTa.7125$vz%.2790@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Jonas" wrote in message
> ..
>> Sparks het bepaald nie die beste insae in die saak nie.
>
>
> Sparks het ten minste onderhoude met al hierdie mense
> gehou, soms dae na 'n gebeurtenis, en het nie staat gemaak
> op sy vooroordele, soos jy altyd knaend besig is om te
> doen nie. Ek wonder of jy besef hoe in die laaste jaar of
> so voor die oorgang in 1994, daar alreeds spanne bestaan
> het wat deels ANC en deels NP was, en wat die land
> onoffisieel regeer het. Omdat die NP duidelik besig was
> om die mag te verloor, en die ANC in die sterker posisie
> was, het die ANC alle belangrike besluite van die NP
> in die laaste dae goedgekeur of geveto. Kyk maar
> in Sparks se boek hoe die ANC die BOP insident se
> uitkoms beplan het.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80860 is 'n antwoord op boodskap #80850] Wo, 23 Julie 2003 06:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - die koelte daar onder die Grotboom tas die breinselle aan.
Vertel my bietjie wanneer het die ANC hom teen kommunisme uitgespreek? En
wanneer is daar besluit dat hulle gematigde kommuniste sou wees?
Mandela het gesê - "ek sal die land onregeerbaar maak. Nie sleg vir 'n
gematigde nie.
Almal is nie ongelleterd soos die ou klompie by Adams Mission nie...

"@rogers.com" wrote in message
news:uhiTa.7133$vz%.5505@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message>
>
> Direk na Mandela se
>> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
>> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
>> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
>> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
>> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
>> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
>> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
>> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
>> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
>
> En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
> al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
> wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
> het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
> varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
> die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
> en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
> en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
> geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
> alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
> in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
> te beveilig.
>
> Tant Hessie Marx
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80869 is 'n antwoord op boodskap #80849] Wo, 23 Julie 2003 08:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja en jy sit en slaan dieselfde ou tamboer nog al die jare! Dis seker net
omdat jou agtergeblewe skuldige gewete jou dryf om verskonings te soek oor
hoekom jy en jou familie gebrandmerk as verraaiers is? Wat jy ook al sê,
'n verraaier is 'n verraaier. 'n Verantwoordelike land en sy mense het
vele dinge om oor te kom voordat daar so pynloos moontlik 'n vrandering in
regering aangebring kan word. Jy? In jou teorietiese gemors is dit
tjoef-tjaf, dan fok julle die hele spul omver........ Voor jy inkonk, ou
dier. Kom tog by. In die werklikheid werk dinge nie so nie!
"@rogers.com" wrote in message
news:O9iTa.7127$vz%.5243@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Tante, dis wat ons nog altyd gesê het.....as jy wou luister! Glo dit of jy
>> nou wil of nie, maar die gemiddelde wit mens het met een moerse politieke
>> probleem gesit in Suider-Afrika wat niemand eintlik voor 'n ordentlike
>> oplossing gehad het nie. Verskeie dinge is probeer, maar 'n oplossing was
>> niet. Uiteindelik het die mense aanvaar daar is net een oplossing en dit
>> is om die mag te deel met die meerderheid van die land en dit het toe
>> gebeur.
>
>
> En wat probeer jy nou anders verduidelik, behalwe dat die
> witmense uiteindelik opgehou het om teen hulle oogvelle vas
> te kyk en die ooglopende oplossing in die gesig begin staar
> het.? Hoekom het dit vir hulle veertig jaar geneem om die
> obvious te besef? Hou op om vir my te preek. Dis jy wat moet
> begin besef dat jy so 'n tolletjie in die rondte argumenteer.
>
> Tant Hessie van die Spergebied
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80870 is 'n antwoord op boodskap #80850] Wo, 23 Julie 2003 08:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy is so eensydig mens kan 'n stuk taai biltong op jou kant sny! Jy
hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.
Kan jy enige begrip hê vir die miljoene, swart en wit, wat die lewe sou moes
laat as daar burgeroorlog was? Jy praat met 'n ou wat nogal naby was toe
Mandela die spulletjie aanskou het. Glo my, die ou ballie het effe geskrik
toe hy die omvang van alles gesien het!

"@rogers.com" wrote in message news:uhiTa.7133$vz%.5505@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message>
>
> Direk na Mandela se
>> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
>> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
>> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
>> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
>> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
>> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
>> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
>> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
>> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
>
> En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
> al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
> wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
> het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
> varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
> die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
> en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
> en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
> geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
> alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
> in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
> te beveilig.
>
> Tant Hessie Marx
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80878 is 'n antwoord op boodskap #80870] Wo, 23 Julie 2003 11:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - vertel my van Operasie Vula - en wat Sparks daarvan te sê het...

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1e4b09.0@news1.mweb.co.za...
> Jy is so eensydig mens kan 'n stuk taai biltong op jou kant sny! Jy
> hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
> enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
> nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.
> Kan jy enige begrip hê vir die miljoene, swart en wit, wat die lewe sou moes
> laat as daar burgeroorlog was? Jy praat met 'n ou wat nogal naby was toe
> Mandela die spulletjie aanskou het. Glo my, die ou ballie het effe geskrik
> toe hy die omvang van alles gesien het!
> "@rogers.com" wrote in message
> news:uhiTa.7133$vz%.5505@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>>
>> "Suidwester" wrote in message>
>>
>> Direk na Mandela se
>>> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
>>> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
>>> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
>>> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
>>> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
>>> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
>>> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
>>> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
>>> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
>>
>> En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
>> al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
>> wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
>> het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
>> varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
>> die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
>> en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
>> en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
>> geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
>> alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
>> in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
>> te beveilig.
>>
>> Tant Hessie Marx
>>
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80880 is 'n antwoord op boodskap #80854] Wo, 23 Julie 2003 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message news
.
> Anti - ek was in 1994 hier in die land. Ek het nie met my kroos
> weggehardloop nie en om dan Sparks se boek 10 jaar na die tyd te lees nie,
> en om so 'n kener te wees nie.
> Ek was hier. Waar was jy? Miskien dra ek 'n bietjie meer kennis van die saak
> as jy - wie weet?

Die kanse is goed dat jy omtrent nie geweet het
" wat aangaan" nie, want dit was hoogs geheime
ontmoetings in baie gevalle. Jy, soos baie van jou
trawante, pleit nou dat hulle nie " geweet het wat
aangaan" gedurende die gruwelikhede van die
sewentig- en tagtigerjare nie. Hoekom sou jy nou
in die negentigerjare so skielik van alles kon " weet."
Ek was in 1993 in SA is en ons is spesiaal na die
samesprekings geneem om vir Roelf Meyer te
ontmoet, so ek is nie so onkundig oor die sake as
wat jy dink nie. Die kanse is goed dat ek meer
" weet" van dinge, omdat ek meer kenners se werke
lees en hulle kan aanhaal. Ek dink dat jy gereeld op jou
vooroordele reageer. Soos in die geval van UNISA,
waar jy so die pot misgesit het dat mense jou moes
kortvat.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80881 is 'n antwoord op boodskap #80860] Wo, 23 Julie 2003 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message

> Vertel my bietjie wanneer het die ANC hom teen kommunisme uitgespreek? En
> wanneer is daar besluit dat hulle gematigde kommuniste sou wees?
> Mandela het gesê - "ek sal die land onregeerbaar maak. Nie sleg vir 'n
> gematigde nie.

Natuurlik was Mandela 'n suksesvolle vryheidsvegter, 'n suksesvolle
terroris. Net soos hy daarna 'n suksesvolle president was en nou 'n
suksesvolle internasionale ikoon. Nie slegte rekord nie, ou Jonas?

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80891 is 'n antwoord op boodskap #80870] Wo, 23 Julie 2003 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote in message

Jy
> hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
> enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
> nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.

Dis jy wat sit en hanna-hanna. Die NP moes " begin praat." Dis
'n voldonge feit dat hulle uit 'n posisie van swakheid moes " begin
praat." Al die troefkaarte was in die hande van die vryheidsvegters.
So hou op om te praat asof die bekeerde apartheidsvarke die
helde in die verhaal is. Daar was 'n lae vlak burgeroorlog. Raai
wie het gewen. Die NP het as lakeie van die CIA op die grense
geveg teen die " kommuniste." Raai wie het gewen.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80892 is 'n antwoord op boodskap #80880] Wo, 23 Julie 2003 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - nee wat. Jy beindruk my glad nie. Roelf was in elk geval op daardie
'n junior minister - en ek kan nie dink wat hy met jou sal wou deel nie.
Die besluit om met die ANC te onderhandel was bloot geneem nadat die
skeidsmuur geval het - luister maar na FW in die verband. Dit was sy besluit
op aanbeveling van sy funksionarisse.
Hou maar aan lees.

"@rogers.com" wrote in message
news:TKuTa.17497$Ii1.6821@news02.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Jonas" wrote in message news
> .
>> Anti - ek was in 1994 hier in die land. Ek het nie met my kroos
>> weggehardloop nie en om dan Sparks se boek 10 jaar na die tyd te lees nie,
>> en om so 'n kener te wees nie.
>> Ek was hier. Waar was jy? Miskien dra ek 'n bietjie meer kennis van die saak
>> as jy - wie weet?
>
> Die kanse is goed dat jy omtrent nie geweet het
> " wat aangaan" nie, want dit was hoogs geheime
> ontmoetings in baie gevalle. Jy, soos baie van jou
> trawante, pleit nou dat hulle nie " geweet het wat
> aangaan" gedurende die gruwelikhede van die
> sewentig- en tagtigerjare nie. Hoekom sou jy nou
> in die negentigerjare so skielik van alles kon " weet."
> Ek was in 1993 in SA is en ons is spesiaal na die
> samesprekings geneem om vir Roelf Meyer te
> ontmoet, so ek is nie so onkundig oor die sake as
> wat jy dink nie. Die kanse is goed dat ek meer
> " weet" van dinge, omdat ek meer kenners se werke
> lees en hulle kan aanhaal. Ek dink dat jy gereeld op jou
> vooroordele reageer. Soos in die geval van UNISA,
> waar jy so die pot misgesit het dat mense jou moes
> kortvat.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80894 is 'n antwoord op boodskap #80892] Wo, 23 Julie 2003 17:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" wrote in message

> Die besluit om met die ANC te onderhandel was bloot geneem nadat die
> skeidsmuur geval het - luister maar na FW in die verband. Dit was sy besluit
> op aanbeveling van sy funksionarisse.
> Hou maar aan lees.

Jy dink op 'n vereenvoudigde vlak. Jy probeer voorgee dat FW besluit
het wat gaan gebeur. FW het gedink dat hy allerhande dinge kon
manipuleer. Hy het gedink hy kan 'n stelsel deurloods wat wit mag
sou verskans. Maar hy is keer op keer getroef en uiteindelik het die
verteenwoordigers van die ANC omtrent alles gekry wat hulle
aangevra het.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80902 is 'n antwoord op boodskap #80830] Wo, 23 Julie 2003 19:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bfjftp$pmt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sparks het bepaald nie die beste insae in die saak nie.

Jonas, sê jy dat Sparks beperkte kennis het, of dat hy lieg?

Lorinda
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80911 is 'n antwoord op boodskap #80789] Wo, 23 Julie 2003 22:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Fransie  is tans af-lyn  Fransie
Boodskappe: 38
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
ja asseblief:

Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?

Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?

Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80912 is 'n antwoord op boodskap #80911] Wo, 23 Julie 2003 22:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jul 2003 00:18:21 +0200, "Fransie" wrote:

> ja asseblief:
>
> Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?
>
> Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?
>
> Hoe moes die verandering volgens jou geskied het?
>
>

Jy hakkel...!
Jy hakkel...!
Jy hakkel...!

Ssss Ss SSSpeedy Go.Go..Go...Gonzales
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80915 is 'n antwoord op boodskap #80894] Do, 24 Julie 2003 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. Jy praat kaf.

"@rogers.com" wrote in message news:abzTa.49428$zwL.30697@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Jonas" wrote in message
>
>> Die besluit om met die ANC te onderhandel was bloot geneem nadat die
>> skeidsmuur geval het - luister maar na FW in die verband. Dit was sy besluit
>> op aanbeveling van sy funksionarisse.
>> Hou maar aan lees.
>
> Jy dink op 'n vereenvoudigde vlak. Jy probeer voorgee dat FW besluit
> het wat gaan gebeur. FW het gedink dat hy allerhande dinge kon
> manipuleer. Hy het gedink hy kan 'n stelsel deurloods wat wit mag
> sou verskans. Maar hy is keer op keer getroef en uiteindelik het die
> verteenwoordigers van die ANC omtrent alles gekry wat hulle
> aangevra het.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80917 is 'n antwoord op boodskap #80891] Do, 24 Julie 2003 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Foei tog antie, speel jy nou tolletjie of albaster? Hulle sê mos dan juis
oud-onderwysers keer terug tot die verstand van 'n kind? Die regering wou
begin praat en hulle het al vir jare gepraat hoe om hierdie ding vreedsaam
te doen want anders as jy en jou politieke trawante was die regering se
missie om hierdie ding so bloedloos moontlik probeer doen. Dit was geen
groot geheim dat die apartheidstelsel nie werk nie en dat met 'n plan
vorendag gekom moet word waarvolgens beide kante van die spektrum tevrede
sou wees. Maar hoe verduidelik mens vir iemand met jou houding en insig,
dat die SA weermag op daardie stadium die sterkste in Afrika was, met
vermoëns wat selfs die Yankees op kolle nie te rustig laap slaap het nie?
Goddank was dit onder beheer van 'n groep mense wat die realiteit kon
raaksien en nie toegelaat het dat 'n burgeroorlog uitbreek nie want dan sou
die Jode se lot in WW2 na speletjies gelyk het want die gewone swartman sou
homself nie kon help nie.
MAAR, gelukkig is daar die gematigdes wat die insig gehad het om 'n 'up
and sprightley' Mandela wat voel dat hy die hef in die hand het, na
weermaginstellings toe gevat het en hom voorgestel het aan die ystervuis van
die weermag. Is dit nodig om te sê dat hy so 'n paar grade kleur verloor
het en gelukkig ook besef het onderhandeling gaan die beste pad wees? Dit
was een van die mees briljante skuiwe aan die kant van die regering om vir
Mandela te laat besef wat kón gebeur as mense soos jy ou antie, nie ophu
uhuru! skree nie.
O, en net so tussen ons, behalwe vir lafhartige bomme gestel in die
publiek, hoekom noem jy nie vir ons 'n enkele geval waar die ANC of sommer
Swapo ook, 'n direkte aanslag op die SA weermag gemaak en gewen het nie?
Is dit nie tyd dat jy eerder sneeuballe moet gaan maak nie.....

"@rogers.com" wrote in message news:7ZyTa.49307$zwL.36415@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" < wrote in message
>
> Jy
>> hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
>> enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
>> nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.
>
>
> Dis jy wat sit en hanna-hanna. Die NP moes " begin praat." Dis
> 'n voldonge feit dat hulle uit 'n posisie van swakheid moes " begin
> praat." Al die troefkaarte was in die hande van die vryheidsvegters.
> So hou op om te praat asof die bekeerde apartheidsvarke die
> helde in die verhaal is. Daar was 'n lae vlak burgeroorlog. Raai
> wie het gewen. Die NP het as lakeie van die CIA op die grense
> geveg teen die " kommuniste." Raai wie het gewen.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80929 is 'n antwoord op boodskap #80902] Do, 24 Julie 2003 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat ek sê is dat FW jou beste bron is in die verband.

"Lorinda" skryf in boodskap news:bfmmij$ke6$2@news6.svr.pol.co.uk...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bfjftp$pmt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sparks het bepaald nie die beste insae in die saak nie.
>
> Jonas, sê jy dat Sparks beperkte kennis het, of dat hy lieg?
>
> Lorinda
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80932 is 'n antwoord op boodskap #80917] Do, 24 Julie 2003 13:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message .

MAAR, gelukkig is daar die gematigdes wat die insig gehad het

en hom voorgestel het aan die ystervuis van
> die weermag. Is dit nodig om te sê dat hy so 'n paar grade kleur verloor
> het en gelukkig ook besef het onderhandeling gaan die beste pad wees?

Dis nou maar nog 'n deuntjie wat die geskiedenis-herskryf-industrie deesdae
op tokkel : dat Mandela en Kie " geskrik " het vir die mag van die weermag
en toe besluit het om te onderhandel. Dink jy nie hulle het alles in hulle
berekenings ingefaktor nie? Maar die punt is dit : De Klerk en Kie het begin
onderhandel, deels onder buitelandse druk, en deels onder morele druk van
daardie lede van die NP elite wat ongemaklik was met die immoraliteit van
die dade van die apartheidsvarke in die dae van P.W. Botha. Daarom dat
die NP lede self 'n soort van 'n staatsgreep op P.W. Botha moes toepas.
Oor die algemeen is 'n weermag in 'n moderne beskaafde samelewing baie
a-polities, en ek waag dit om te verklaar dat die SA weermag, al was dit
nog omtrent heeltemal wit aan die begin van 1990, volkome bereid was om
onder enige demokratiese regering te dien. Veral omdat koel koppe, beide
wit soos Viljoen en swart soos Modise, die moed en die intellek gehad het
om vir die toekoms te beplan.
Dit was dan juis daarom dat die simboliese waarde van daardie
vlug van die vliegtuie met die kleure van die nuwe vlag van SA wat oor
Mandela se presidentsinswering gevlieg het, so skokkend wonderlik was.
Dit het, sonder om 'n woord te praat, aan die bevolking van SA en aan
die wereld verklaar dat die weermag en die lugmag hulle president sal
verteenwoordig en beskerm. Dis op daardie dag dat ek opnuut trots geword
het om te verklaar dat ek 'n Afrikaner was, 'n feit wat ek in die skandalige
sewentigerjare en tagtigerjare liewers probeer wegsteek het.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80936 is 'n antwoord op boodskap #80932] Do, 24 Julie 2003 13:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Amper huil ek saam met jou snot en trane! Met al jou boeke wat jy lees en
verbeeldingsvlugte wat jy vlieg, verstaan jy steeds nie, ou antie. Of lees
jy dalk net wat jy wil of kan opneem? Onafgesien wat jou politieke helde
sê of dink en wat die stand van die SA weermag vandag is, in die vorige
bestel was die land geregeer altyd met die streng oog van die weermag om 'n
oog oor sake te hou. In die strokiesland van jou fantasieë sal die magtige
politikus sy towerstaf kan swaai en woeps! Alles is presies net soos julle
vlugvoetiges dit wil hê. Sodra jy by landveiligheid en strategie kom, dan
het jou policic 'n paadjie om te loop verby die generalestaf voor hulle
enigsins toegelaat sal word om dinge aan te vang wat die land kan
destabiliseer.
Sekerlik ja, politieke en sosiale druk is uitgeoefen op die publiek van
SA om hulle meer toeganklik te maak vir 'n volle demokratiese verkiesing.
Dit kon jy sien aan die stemme wat begin opgaan het van mense wat kla oor
'kinders van SA' wat dan nou weer sou sterf op die grens, ens. Feit bly
egter staan, dat die ou regering en sy weermag, ten volle in beheer van die
land was. Die geweld wat daar was, het hulle vasgepen hoofsaaklik in die
opstanders se eie gebiede en as hulle enigsins bereid was om 'sake so 'n
bietjie aan te help', het jy en die ANC vandag vele minder kiesers gehad!
Nee! Onafgesien van wat die populistiese sienings soos joune
propageer, die SA regering het onderhandel hoofsaaklik omdat hulle gevoel
het die tyd is ryp om te praat en dinge van die verlede te probeer
regmaak....met die mond. Hulle was in die posisie van mag om in staat te
wees om te kan praat!
O en antie, ek vra jou so baie keer maar jy hol elke keer gat toe. Wat
van die gevolge van wat die ANC en Swapo aan hulle eie mense gedoen het in
die proses om 'vryheid' te bereik? WAt van die verlore geslag swartmense
wat vandag ronddrentel sonder werk en blyplek en moet steel en moor om aan
die lewe te bly. Jou regering sorg nie vir hulle nie, maar dis juis hulle
wat die druk vir julle groter gemaak het! Wat van die publiek wat
opgeblaas is met bomme. Onskuldige mense. Keur jy dit goed? Dan moet
jy sekerlik dit ook sou goedgekeur het as sou die SA weermag besluit het om
tot geweld oor te gaan en die opstandige populasie van SA in 'n groot mate
uit te wis? Watter een is dit?
"@rogers.com" wrote in message
news:oRQTa.28603$Ii1.27611@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message .
>
> MAAR, gelukkig is daar die gematigdes wat die insig gehad het
>
> en hom voorgestel het aan die ystervuis van
>> die weermag. Is dit nodig om te sê dat hy so 'n paar grade kleur verloor
>> het en gelukkig ook besef het onderhandeling gaan die beste pad wees?
>
>
> Dis nou maar nog 'n deuntjie wat die geskiedenis-herskryf-industrie deesdae
> op tokkel : dat Mandela en Kie " geskrik " het vir die mag van die weermag
> en toe besluit het om te onderhandel. Dink jy nie hulle het alles in hulle
> berekenings ingefaktor nie? Maar die punt is dit : De Klerk en Kie het begin
> onderhandel, deels onder buitelandse druk, en deels onder morele druk van
> daardie lede van die NP elite wat ongemaklik was met die immoraliteit van
> die dade van die apartheidsvarke in die dae van P.W. Botha. Daarom dat
> die NP lede self 'n soort van 'n staatsgreep op P.W. Botha moes toepas.
> Oor die algemeen is 'n weermag in 'n moderne beskaafde samelewing baie
> a-polities, en ek waag dit om te verklaar dat die SA weermag, al was dit
> nog omtrent heeltemal wit aan die begin van 1990, volkome bereid was om
> onder enige demokratiese regering te dien. Veral omdat koel koppe, beide
> wit soos Viljoen en swart soos Modise, die moed en die intellek gehad het
> om vir die toekoms te beplan.
> Dit was dan juis daarom dat die simboliese waarde van daardie
> vlug van die vliegtuie met die kleure van die nuwe vlag van SA wat oor
> Mandela se presidentsinswering gevlieg het, so skokkend wonderlik was.
> Dit het, sonder om 'n woord te praat, aan die bevolking van SA en aan
> die wereld verklaar dat die weermag en die lugmag hulle president sal
> verteenwoordig en beskerm. Dis op daardie dag dat ek opnuut trots geword
> het om te verklaar dat ek 'n Afrikaner was, 'n feit wat ek in die skandalige
> sewentigerjare en tagtigerjare liewers probeer wegsteek het.
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80945 is 'n antwoord op boodskap #80796] Do, 24 Julie 2003 15:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jul 2003 07:50:56 +0100, "Suidwester" wrote:

> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
> met die apartheidsbeleid nie.

Inderdaad.
Enige stuk samelewing is tot groot hoogte wat die meeste van sy lede
bereid is om te wees.

Dis hoekom politiek moeilik is.
Politieke leiers kan nie net besluite neem en opdragte gee nie. HUlle
moet die kiesers oorreed om te doen wat hulle voorstel. Die populiste
se natuurlik net eenvoudig wat hulle kan sien baie mense wil he en
gaan in geen gesprek daaroor nie.
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80953 is 'n antwoord op boodskap #80936] Do, 24 Julie 2003 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" wrote in message

> Sekerlik ja, politieke en sosiale druk is uitgeoefen op die publiek van
> SA om hulle meer toeganklik te maak vir 'n volle demokratiese verkiesing.
> Dit kon jy sien aan die stemme wat begin opgaan het van mense wat kla oor
> 'kinders van SA' wat dan nou weer sou sterf op die grens, ens. Feit bly
> egter staan, dat die ou regering en sy weermag, ten volle in beheer van die
> land was. Die geweld wat daar was, het hulle vasgepen hoofsaaklik in die
> opstanders se eie gebiede en as hulle enigsins bereid was om 'sake so 'n
> bietjie aan te help', het jy en die ANC vandag vele minder kiesers gehad!

Hoekom vind jy dit nodig om hierdie soort gepraat oor en
oor te herhaal. Wat bewys dit wat " jou" standpunt regverdig en
" my" standpunt veroordeel. Feit bly: die regime wat apartheid
voorgestaan het, moes swig voor die nuwe bestel. Die pogings
om 'n bestel te skep wat nog politieke mag in die hande van wit
groepe sou laat, het gefaal. Morele denke het gewen. SA is vandag
baie beter af as tien jaar gelede. Dit het 'n verantwoordelike
fiskale beleid, anders as die sosiaal-ekonomiese konkelwerk van
die apartheidsregime. Daar is geen gevegte in die strate nie.
Die soldate van SA word oral gestuur in Afrika om " peace-
keeping" te doen. (Net jammer dat sommige van die soldate
met Afrikaanse name so skande maak in die Kongo.)

Tant Hessie van Windhoek
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80959 is 'n antwoord op boodskap #80953] Do, 24 Julie 2003 18:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jul 2003 16:51:18 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Hoekom vind jy dit nodig om hierdie soort gepraat oor en
> oor te herhaal.
>
> Tant Hessie van Windhoek
>

As iemand anders gesê het dat jy so dom sou wees
om diè woorde te sê, sou ek dit nie glo nie. Maar dit
het van jouself gekom.

Speedy Gonzales - uitlaggend
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80966 is 'n antwoord op boodskap #80953] Do, 24 Julie 2003 19:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
En jy praat natuurlik uit persoonlike ondervinding nê?

E

"@rogers.com" wrote:

Feit bly: die regime wat apartheid
> voorgestaan het, moes swig voor die nuwe bestel. Die pogings
> om 'n bestel te skep wat nog politieke mag in die hande van wit
> groepe sou laat, het gefaal. Morele denke het gewen. SA is vandag
> baie beter af as tien jaar gelede. Dit het 'n verantwoordelike
> fiskale beleid, anders as die sosiaal-ekonomiese konkelwerk van
> die apartheidsregime. Daar is geen gevegte in die strate nie.
> Die soldate van SA word oral gestuur in Afrika om " peace-
> keeping" te doen. (Net jammer dat sommige van die soldate
> met Afrikaanse name so skande maak in die Kongo.)
>
> Tant Hessie van Windhoek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80972 is 'n antwoord op boodskap #80966] Do, 24 Julie 2003 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote in message
.
> En jy praat natuurlik uit persoonlike ondervinding nê?

En van wanneer af is " persoonlike ondervinding" nou die
enigste maatstaf van wat aan die gang is. Die feit dat jy in
SA gesit het en nou nog sit, maak nie van jou 'n outoriteit
oor dinge nie. Ek, byvoorbeeld, versorg my Afrikaans
baie beter as jy, en ek sit in Kanada. Ek, anders as jy,
het ondervinding van watter gruwelikhede die ou regime
aangevang het, en hoeveel meer suksesvol die nuwe
regime is in hulle fiskale balansering van die ekonomie.
Want ek is baie seker dat ek meer oor SA daagliks lees,
beide van die nuusblaaie wat dink dat die SA regering
goeie werk doen, en daardie koerante wat hulle kritiseer.
Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
opvoedkundige instansies. Ek het dus, op die keper
beskou, 'n groter aandeel aan wat in SA aangaan, as
jy wat lyk my jou jollies voor die TV se fluff programme
sit en vind. So hou op om vir my te preek oor die feit
dat ek nie in SA is nie, en dus nie " kan praat" nie.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80973 is 'n antwoord op boodskap #80972] Do, 24 Julie 2003 21:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jul 2003 21:26:46 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
> die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
> opvoedkundige instansies.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>

En ons neem natuurlik nog al die jare die
beuelblasery van jou met 'n knypie knoffelsout.

Speedy Gonzales - soutpot in die hand
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80981 is 'n antwoord op boodskap #80973] Do, 24 Julie 2003 23:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Gonzales" wrote in message

> En ons neem natuurlik nog al die jare die
> beuelblasery van jou met 'n knypie knoffelsout.

Nee wat, du plessis, jy kan my maar glo. Pius
Langa lyk dit my blink selfs as regter uit. Stella
Sigcau het nou wel bietjie kaapse draaie deur
die SA politiek gegooi. Sameul Zondi was, laas
toe ek van hom gehoor het, hoof van een of
ander kollege in Pietermaritzburg.

Gloudina
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80983 is 'n antwoord op boodskap #80972] Do, 24 Julie 2003 23:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Om 'n koerant artikel te lees, is heel anders as om midde-in die stronthoop
te staan. Ja, die nuwe regering het iets reg gedoen, ons betaal nou minder
belasting. Maar die prys van die bietjie minder betaal is baie hoog.
Misdaad skiet die hoogte in, ons skole se standaard is pateties, ons paaie
val uit mekaar, die rand is nou minder werd as wat dit 10 jaar terug was,
verkragting is die orde van die dag, ons mense dooi aan VIGS, ons hospitale
het nie eers basiese behoeftighede soos ontsmetmiddels nie, ons polisiemag
is verrot en korrup tot op die been, ons mense vrek van die honger, leef
soos diere, stakings, moord, taxi-ongelukke, werkloosheid, die lys gaan aan
en aan.
Maar jy weet natuurlik waarvan ek praat - want jy kan koerant lees en
Afrikaans praat. Dis baie maklik om houe te slaan wanneer jy van buite kant
af deur die venster kyk.
O, en 'n laaste ding, ek sien jy gooi elke keer voor my kop dat ek minder
t.v. moet kyk. Ai antie - ek werk, ek het nie tyd vir t.v. nie. Ek werk
maklik 12 - 16 ure 'n dag, en tussen-in moet ek nog tyd kry vir 'n bietjie
huiswerkies. Gelukkig nie baie nie, want ek het 'n voltydse bediende, maar
ek kook darem elke aand my eie bord kos, en was twee keer 'n week wasgoed.
So tussen 3 en 5 in die oggend lees ek 'n bietjie, en naweke sal ek so nou
en dan 'n fliek gaan uitneem. So elke nou en dan moet ek na Ousus se
kleinding omsien, want ek werk mos vir myself en sy's nie lastig nie. Jy
sien, ek moet werk - want die gravy train het nie 'n krismis box met my naam
op nie.
Ek kry beslis nie my Jollies voor 'n t.v.-skerm nie my Antie - daarvoor het
ek ander oplossings. Ek het immers 'n jong, jukkerige, broeise man.

Elaine

"@rogers.com" wrote:
>
> En van wanneer af is " persoonlike ondervinding" nou die
> enigste maatstaf van wat aan die gang is. Die feit dat jy in
> SA gesit het en nou nog sit, maak nie van jou 'n outoriteit
> oor dinge nie. Ek, byvoorbeeld, versorg my Afrikaans
> baie beter as jy, en ek sit in Kanada. Ek, anders as jy,
> het ondervinding van watter gruwelikhede die ou regime
> aangevang het, en hoeveel meer suksesvol die nuwe
> regime is in hulle fiskale balansering van die ekonomie.
> Want ek is baie seker dat ek meer oor SA daagliks lees,
> beide van die nuusblaaie wat dink dat die SA regering
> goeie werk doen, en daardie koerante wat hulle kritiseer.
> Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
> die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
> opvoedkundige instansies. Ek het dus, op die keper
> beskou, 'n groter aandeel aan wat in SA aangaan, as
> jy wat lyk my jou jollies voor die TV se fluff programme
> sit en vind. So hou op om vir my te preek oor die feit
> dat ek nie in SA is nie, en dus nie " kan praat" nie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80984 is 'n antwoord op boodskap #80983] Vr, 25 Julie 2003 00:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote in message

ons hospitale
> het nie eers basiese behoeftighede soos ontsmetmiddels nie
ons mense vrek van die honger

Sien, dis as mense soos jy so sit en praat dat mens net moeg
word vir julle getjank. Ek het familielede in SA wat gesondheids-
probleme het en in hospitale en klinieke behandel moet word,
en sover ek kan sien, kry hulle uitstekende behandeling, net so
goed of beter as wat ek hier in Ontario geniet. Ek weet dat daar
hospitale in SA is waar dit nie so goed gaan nie, maar die private
hospitale waarheen meeste witmense gaan, lyk dit vir my is nog
sommer baie goed. En die mense wat so vrek van die honger -
dis sekerlik nie die Annettes wat so by die wynproewerye en
die kosfeeste kuier nie, of die Suidwesters wat vir my vertel hoe
hulle morning noon and night net vleis eet nie. En as die mense
nou so om jou doodgaan van die honger, hoekom het jou
bediende en haar dogter dan selfone? Ek dink nie jy moet my
tyd mors deur vir my 'n klomp snert te vertel nie. Die deursnee
witmens lewe nog meestal in die land van melk en heuning (en
dit nog met 'n bediende ingegooi) en baie swartes lewe ook nou
beter as in die ou dae. As jy so bekommerd is oor die mense
wat so krepeer van die honger, hoekom gee jy so baie geld
uit om jou honde te voed. Skaam vir jou.

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80987 is 'n antwoord op boodskap #80881] Vr, 25 Julie 2003 03:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. Die woord terroris is jou eie. Maak 'n nota.

Hy het ten minste nie weggehardloop soos 'n ou meid nie, nê?

"@rogers.com" wrote in message
news:ZOuTa.17549$Ii1.5353@news02.bloor.is.net.cable.rogers.c om...
>
> "Jonas" wrote in message
>
>> Vertel my bietjie wanneer het die ANC hom teen kommunisme uitgespreek? En
>> wanneer is daar besluit dat hulle gematigde kommuniste sou wees?
>> Mandela het gesê - "ek sal die land onregeerbaar maak. Nie sleg vir 'n
>> gematigde nie.
>
>
> Natuurlik was Mandela 'n suksesvolle vryheidsvegter, 'n suksesvolle
> terroris. Net soos hy daarna 'n suksesvolle president was en nou 'n
> suksesvolle internasionale ikoon. Nie slegte rekord nie, ou Jonas?
>
> Gloudina
>
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80988 is 'n antwoord op boodskap #80981] Vr, 25 Julie 2003 03:35 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sover ek weet is Sigcau bepaald nie 'n voorbeeld vir jou kinders nie.
"@rogers.com" wrote in message
news:hBZTa.33097$vz%.19414@news01.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Speedy Gonzales" wrote in message
>
>> En ons neem natuurlik nog al die jare die
>> beuelblasery van jou met 'n knypie knoffelsout.
>
> Nee wat, du plessis, jy kan my maar glo. Pius
> Langa lyk dit my blink selfs as regter uit. Stella
> Sigcau het nou wel bietjie kaapse draaie deur
> die SA politiek gegooi. Sameul Zondi was, laas
> toe ek van hom gehoor het, hoof van een of
> ander kollege in Pietermaritzburg.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Die hele boel - was Re: Wat gaan aan hier
Volgende onderwerp: Kruger-standbeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 04:49:12 MGT 2024