Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werklike Vredemaker
Werklike Vredemaker [boodskap #80784] |
Mon, 21 July 2003 20:48  |
Cham
Boodskappe: 4 Geregistreer: August 2002
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Tydens die jongste Mandela sirkus is daar weer ad nauseam gewag gemaak dat
hy en FW de Klerk die "wonder" van die geweldlose politieke oorgang
bewerkstellig het. Dit is natuurlik absurd - die persoon wat hierdie land al
die bloedvergieting en verdriet gespaar het was Generaal Viljoen. Hy het
teen militêre opstand/onderdrukking besluit en die weermag en polisiehoofde
oortuig om nie die wapen op te neem nie. Hy het die gevolge besef van
sodanige optrede en sy persoonlike optrede het hierdie land a katastrofe
gespaar. Sy lof as 'vredemaker' word nie erken nie. Die de Klerk, Meyer en
Wessels en meelopers was slegs die broers wat ons volk aan die Midianitiese
handelaars verkoop het vir 20 stukke silwer...........
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80831 is 'n antwoord op boodskap #80827] |
Tue, 22 July 2003 14:56   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Tante, dis wat ons nog altyd gesê het.....as jy wou luister! Glo dit of jy
nou wil of nie, maar die gemiddelde wit mens het met een moerse politieke
probleem gesit in Suider-Afrika wat niemand eintlik voor 'n ordentlike
oplossing gehad het nie. Verskeie dinge is probeer, maar 'n oplossing was
niet. Uiteindelik het die mense aanvaar daar is net een oplossing en dit
is om die mag te deel met die meerderheid van die land en dit het toe
gebeur. As jy vandag eerlik is met jouself, sal jy erken dat alhoewel
almal nou stemreg het en vry is, het dinge anders dan politiek, eintlik niks
verbeter vir die gewone man op straat nie. Werkloosheid het
verhoog....hongersnood is erger, ens. Ek wil nie vir 'n oomblik voorgee
dat die huidige ANC regering dit nie gaan regkry nie, maar dit gaan nog
geslagte vat voordat daar 'n liggie gaan begin brand voor in die
tonnel........
..................dit bring my by my eintlike storie. Direk na Mandela se
vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
"@rogers.com" wrote in message
news:u1bTa.3408$vz%.1244@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message
>
>> Ek stem volmondig met jou saam dat die relatiewe vredestoestand wat in SA
>> bestaan het by oorgang van regering, grotensdeels te danke aan die
>> veiligheidsmagte se teenwoordigheid was. Jy sê egter dat dit Genl. Viljoen
>> se keuse was om te besluit of daar geweld gaan wees of nie, en net daarin
>> wys jy dat jy nie eintlik 'weet van' nie. Presies net soos die politici
>> laer trek in 'n kabinet wat grootendeels die President se optrede vasstel,
>> net so is daar 'n generalestaf wat die beleid en optrede van die weermag
>> bepaal. Vergeet van die cowboy-flieks en Osama Bin Laden. As genl
>> Viljoen sou besluit om oorlog te maak, dan sou hy met 'n moerse probleem
>> gesit het in die dat 'n substantiewe deel van sy weermag nie meer lekker was
>> met die apartheidsbeleid nie.
>
>
> Mense neem nie genoeg in ag wat agter die skerms gebeur het
> in hierdie tyd nie. Braam Viljoen, die tweelingbroer van Constand
> Viljoen, is deur sy broer gevra om kontak te maak met " die
> ander kant." Hulle kon nie in die openbaar gesien word as in kontak
> met die ANC nie, so Braam ('n vorige teologie-professor) het
> Mandela en Joe Modise in die geheim ontmoet en begin " praat."
> (Hierdie informasie uit Allister Sparks se " Tomorrow is another
> Country." ) Sparks wys uit dat na die samesprekings beide Braam
> Viljoen en Douw Steyn (leier van die Boerekrisis-Aksie) saamgestem
> het dat die ANC baie meer vriendelik teenoor hulle was as die
> verteenwoordigers van die Nasionale Party wat hulle op daardie
> tydstip moes spreek.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80850 is 'n antwoord op boodskap #80831] |
Tue, 22 July 2003 21:47   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" wrote in message>
Direk na Mandela se
> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
te beveilig.
Tant Hessie Marx
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80860 is 'n antwoord op boodskap #80850] |
Wed, 23 July 2003 06:42   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anti - die koelte daar onder die Grotboom tas die breinselle aan.
Vertel my bietjie wanneer het die ANC hom teen kommunisme uitgespreek? En
wanneer is daar besluit dat hulle gematigde kommuniste sou wees?
Mandela het gesê - "ek sal die land onregeerbaar maak. Nie sleg vir 'n
gematigde nie.
Almal is nie ongelleterd soos die ou klompie by Adams Mission nie...
"@rogers.com" wrote in message
news:uhiTa.7133$vz%.5505@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message>
>
> Direk na Mandela se
>> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
>> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
>> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
>> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
>> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
>> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
>> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
>> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
>> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
>
> En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
> al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
> wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
> het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
> varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
> die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
> en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
> en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
> geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
> alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
> in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
> te beveilig.
>
> Tant Hessie Marx
>
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80870 is 'n antwoord op boodskap #80850] |
Wed, 23 July 2003 08:44   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jy is so eensydig mens kan 'n stuk taai biltong op jou kant sny! Jy
hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.
Kan jy enige begrip hê vir die miljoene, swart en wit, wat die lewe sou moes
laat as daar burgeroorlog was? Jy praat met 'n ou wat nogal naby was toe
Mandela die spulletjie aanskou het. Glo my, die ou ballie het effe geskrik
toe hy die omvang van alles gesien het!
"@rogers.com" wrote in message news:uhiTa.7133$vz%.5505@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>
> "Suidwester" wrote in message>
>
> Direk na Mandela se
>> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
>> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
>> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
>> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
>> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
>> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
>> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
>> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
>> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
>
> En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
> al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
> wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
> het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
> varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
> die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
> en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
> en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
> geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
> alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
> in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
> te beveilig.
>
> Tant Hessie Marx
>
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80878 is 'n antwoord op boodskap #80870] |
Wed, 23 July 2003 11:23   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anti - vertel my van Operasie Vula - en wat Sparks daarvan te sê het...
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1e4b09.0@news1.mweb.co.za...
> Jy is so eensydig mens kan 'n stuk taai biltong op jou kant sny! Jy
> hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
> enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
> nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.
> Kan jy enige begrip hê vir die miljoene, swart en wit, wat die lewe sou moes
> laat as daar burgeroorlog was? Jy praat met 'n ou wat nogal naby was toe
> Mandela die spulletjie aanskou het. Glo my, die ou ballie het effe geskrik
> toe hy die omvang van alles gesien het!
> "@rogers.com" wrote in message
> news:uhiTa.7133$vz%.5505@news01.bloor.is.net.cable.rogers.co m...
>>
>> "Suidwester" wrote in message>
>>
>> Direk na Mandela se
>>> vrylating en nog lank voordat eers [vir die publiek en die pers se wete] nog
>>> ooit gepraat is van 'n vrye verkiesing, het Mandela reeds na meeste van die
>>> hoogs geheime aanlegte gebring en dit mag jou dalk verbaas, maar sy
>>> aanbevelings was dat hierdie eenhede tot voordeel van SA is en definitief
>>> nie buite aksie gestel moet word net omdat daar 'n bewindsoorname kom nie.
>>> Dit demonstreer maar net weer dat die mense wat werklik insae het en werk
>>> vir die toekoms van 'n land, definitief nie sit en uhuru! skree met die val
>>> van elke pennie! Enige patriot, of hy nou wit of swart is, werk ten goede
>>> van sy land, ongeag wat die populêre politiek voorskryf.
>>
>> En hoekom sal dit my nou verbaas? Mandela, en oor die algemeen
>> al die leiers in die ANC was gematigde en konserwatiewe denkers
>> wat alleen die welsyn van die hele SA op hulle harte gedra het. Hulle
>> het nie sit en Uhuru skree nie, anders as wat die klomp apartheids-
>> varke in die strate loop en oink het. Veral Joe Slovo, die leier van
>> die gevreesde kommunistiese party, het van die mees konserwatiewe
>> en tegemoetkomende raad gegee oor hoe probleme tussen wit
>> en swart opgelos kon word. Alhoewel hy wit was, was sy stand in die
>> geledere van die ANC so onbevraagteken, dat hulle sy advies in byna
>> alle gevalle aangeneem het. Dus is die ironie dat dit juis die " kommunis"
>> in die ANC was wat gehelp het om die welsyn van die witmense in SA
>> te beveilig.
>>
>> Tant Hessie Marx
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80917 is 'n antwoord op boodskap #80891] |
Thu, 24 July 2003 07:06   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Foei tog antie, speel jy nou tolletjie of albaster? Hulle sê mos dan juis
oud-onderwysers keer terug tot die verstand van 'n kind? Die regering wou
begin praat en hulle het al vir jare gepraat hoe om hierdie ding vreedsaam
te doen want anders as jy en jou politieke trawante was die regering se
missie om hierdie ding so bloedloos moontlik probeer doen. Dit was geen
groot geheim dat die apartheidstelsel nie werk nie en dat met 'n plan
vorendag gekom moet word waarvolgens beide kante van die spektrum tevrede
sou wees. Maar hoe verduidelik mens vir iemand met jou houding en insig,
dat die SA weermag op daardie stadium die sterkste in Afrika was, met
vermoëns wat selfs die Yankees op kolle nie te rustig laap slaap het nie?
Goddank was dit onder beheer van 'n groep mense wat die realiteit kon
raaksien en nie toegelaat het dat 'n burgeroorlog uitbreek nie want dan sou
die Jode se lot in WW2 na speletjies gelyk het want die gewone swartman sou
homself nie kon help nie.
MAAR, gelukkig is daar die gematigdes wat die insig gehad het om 'n 'up
and sprightley' Mandela wat voel dat hy die hef in die hand het, na
weermaginstellings toe gevat het en hom voorgestel het aan die ystervuis van
die weermag. Is dit nodig om te sê dat hy so 'n paar grade kleur verloor
het en gelukkig ook besef het onderhandeling gaan die beste pad wees? Dit
was een van die mees briljante skuiwe aan die kant van die regering om vir
Mandela te laat besef wat kón gebeur as mense soos jy ou antie, nie ophu
uhuru! skree nie.
O, en net so tussen ons, behalwe vir lafhartige bomme gestel in die
publiek, hoekom noem jy nie vir ons 'n enkele geval waar die ANC of sommer
Swapo ook, 'n direkte aanslag op die SA weermag gemaak en gewen het nie?
Is dit nie tyd dat jy eerder sneeuballe moet gaan maak nie.....
"@rogers.com" wrote in message news:7ZyTa.49307$zwL.36415@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" < wrote in message
>
> Jy
>> hanna-hanna oor die vredesinisiatiewe van Mandela en die ANC, maar het jy
>> enige idee wat sou gebeur het indien die spulletjie nie tot prate gekom het
>> nie? Toevallig is daai prate ook van die regering se kant af geïnisieer.
>
>
> Dis jy wat sit en hanna-hanna. Die NP moes " begin praat." Dis
> 'n voldonge feit dat hulle uit 'n posisie van swakheid moes " begin
> praat." Al die troefkaarte was in die hande van die vryheidsvegters.
> So hou op om te praat asof die bekeerde apartheidsvarke die
> helde in die verhaal is. Daar was 'n lae vlak burgeroorlog. Raai
> wie het gewen. Die NP het as lakeie van die CIA op die grense
> geveg teen die " kommuniste." Raai wie het gewen.
>
> Tant Hessie van die Nossob
>
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80932 is 'n antwoord op boodskap #80917] |
Thu, 24 July 2003 13:06   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" wrote in message .
MAAR, gelukkig is daar die gematigdes wat die insig gehad het
en hom voorgestel het aan die ystervuis van
> die weermag. Is dit nodig om te sê dat hy so 'n paar grade kleur verloor
> het en gelukkig ook besef het onderhandeling gaan die beste pad wees?
Dis nou maar nog 'n deuntjie wat die geskiedenis-herskryf-industrie deesdae
op tokkel : dat Mandela en Kie " geskrik " het vir die mag van die weermag
en toe besluit het om te onderhandel. Dink jy nie hulle het alles in hulle
berekenings ingefaktor nie? Maar die punt is dit : De Klerk en Kie het begin
onderhandel, deels onder buitelandse druk, en deels onder morele druk van
daardie lede van die NP elite wat ongemaklik was met die immoraliteit van
die dade van die apartheidsvarke in die dae van P.W. Botha. Daarom dat
die NP lede self 'n soort van 'n staatsgreep op P.W. Botha moes toepas.
Oor die algemeen is 'n weermag in 'n moderne beskaafde samelewing baie
a-polities, en ek waag dit om te verklaar dat die SA weermag, al was dit
nog omtrent heeltemal wit aan die begin van 1990, volkome bereid was om
onder enige demokratiese regering te dien. Veral omdat koel koppe, beide
wit soos Viljoen en swart soos Modise, die moed en die intellek gehad het
om vir die toekoms te beplan.
Dit was dan juis daarom dat die simboliese waarde van daardie
vlug van die vliegtuie met die kleure van die nuwe vlag van SA wat oor
Mandela se presidentsinswering gevlieg het, so skokkend wonderlik was.
Dit het, sonder om 'n woord te praat, aan die bevolking van SA en aan
die wereld verklaar dat die weermag en die lugmag hulle president sal
verteenwoordig en beskerm. Dis op daardie dag dat ek opnuut trots geword
het om te verklaar dat ek 'n Afrikaner was, 'n feit wat ek in die skandalige
sewentigerjare en tagtigerjare liewers probeer wegsteek het.
Gloudina
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80936 is 'n antwoord op boodskap #80932] |
Thu, 24 July 2003 13:33   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Amper huil ek saam met jou snot en trane! Met al jou boeke wat jy lees en
verbeeldingsvlugte wat jy vlieg, verstaan jy steeds nie, ou antie. Of lees
jy dalk net wat jy wil of kan opneem? Onafgesien wat jou politieke helde
sê of dink en wat die stand van die SA weermag vandag is, in die vorige
bestel was die land geregeer altyd met die streng oog van die weermag om 'n
oog oor sake te hou. In die strokiesland van jou fantasieë sal die magtige
politikus sy towerstaf kan swaai en woeps! Alles is presies net soos julle
vlugvoetiges dit wil hê. Sodra jy by landveiligheid en strategie kom, dan
het jou policic 'n paadjie om te loop verby die generalestaf voor hulle
enigsins toegelaat sal word om dinge aan te vang wat die land kan
destabiliseer.
Sekerlik ja, politieke en sosiale druk is uitgeoefen op die publiek van
SA om hulle meer toeganklik te maak vir 'n volle demokratiese verkiesing.
Dit kon jy sien aan die stemme wat begin opgaan het van mense wat kla oor
'kinders van SA' wat dan nou weer sou sterf op die grens, ens. Feit bly
egter staan, dat die ou regering en sy weermag, ten volle in beheer van die
land was. Die geweld wat daar was, het hulle vasgepen hoofsaaklik in die
opstanders se eie gebiede en as hulle enigsins bereid was om 'sake so 'n
bietjie aan te help', het jy en die ANC vandag vele minder kiesers gehad!
Nee! Onafgesien van wat die populistiese sienings soos joune
propageer, die SA regering het onderhandel hoofsaaklik omdat hulle gevoel
het die tyd is ryp om te praat en dinge van die verlede te probeer
regmaak....met die mond. Hulle was in die posisie van mag om in staat te
wees om te kan praat!
O en antie, ek vra jou so baie keer maar jy hol elke keer gat toe. Wat
van die gevolge van wat die ANC en Swapo aan hulle eie mense gedoen het in
die proses om 'vryheid' te bereik? WAt van die verlore geslag swartmense
wat vandag ronddrentel sonder werk en blyplek en moet steel en moor om aan
die lewe te bly. Jou regering sorg nie vir hulle nie, maar dis juis hulle
wat die druk vir julle groter gemaak het! Wat van die publiek wat
opgeblaas is met bomme. Onskuldige mense. Keur jy dit goed? Dan moet
jy sekerlik dit ook sou goedgekeur het as sou die SA weermag besluit het om
tot geweld oor te gaan en die opstandige populasie van SA in 'n groot mate
uit te wis? Watter een is dit?
"@rogers.com" wrote in message
news:oRQTa.28603$Ii1.27611@news02.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Suidwester" wrote in message .
>
> MAAR, gelukkig is daar die gematigdes wat die insig gehad het
>
> en hom voorgestel het aan die ystervuis van
>> die weermag. Is dit nodig om te sê dat hy so 'n paar grade kleur verloor
>> het en gelukkig ook besef het onderhandeling gaan die beste pad wees?
>
>
> Dis nou maar nog 'n deuntjie wat die geskiedenis-herskryf-industrie deesdae
> op tokkel : dat Mandela en Kie " geskrik " het vir die mag van die weermag
> en toe besluit het om te onderhandel. Dink jy nie hulle het alles in hulle
> berekenings ingefaktor nie? Maar die punt is dit : De Klerk en Kie het begin
> onderhandel, deels onder buitelandse druk, en deels onder morele druk van
> daardie lede van die NP elite wat ongemaklik was met die immoraliteit van
> die dade van die apartheidsvarke in die dae van P.W. Botha. Daarom dat
> die NP lede self 'n soort van 'n staatsgreep op P.W. Botha moes toepas.
> Oor die algemeen is 'n weermag in 'n moderne beskaafde samelewing baie
> a-polities, en ek waag dit om te verklaar dat die SA weermag, al was dit
> nog omtrent heeltemal wit aan die begin van 1990, volkome bereid was om
> onder enige demokratiese regering te dien. Veral omdat koel koppe, beide
> wit soos Viljoen en swart soos Modise, die moed en die intellek gehad het
> om vir die toekoms te beplan.
> Dit was dan juis daarom dat die simboliese waarde van daardie
> vlug van die vliegtuie met die kleure van die nuwe vlag van SA wat oor
> Mandela se presidentsinswering gevlieg het, so skokkend wonderlik was.
> Dit het, sonder om 'n woord te praat, aan die bevolking van SA en aan
> die wereld verklaar dat die weermag en die lugmag hulle president sal
> verteenwoordig en beskerm. Dis op daardie dag dat ek opnuut trots geword
> het om te verklaar dat ek 'n Afrikaner was, 'n feit wat ek in die skandalige
> sewentigerjare en tagtigerjare liewers probeer wegsteek het.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80953 is 'n antwoord op boodskap #80936] |
Thu, 24 July 2003 16:51   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Suidwester" wrote in message
> Sekerlik ja, politieke en sosiale druk is uitgeoefen op die publiek van
> SA om hulle meer toeganklik te maak vir 'n volle demokratiese verkiesing.
> Dit kon jy sien aan die stemme wat begin opgaan het van mense wat kla oor
> 'kinders van SA' wat dan nou weer sou sterf op die grens, ens. Feit bly
> egter staan, dat die ou regering en sy weermag, ten volle in beheer van die
> land was. Die geweld wat daar was, het hulle vasgepen hoofsaaklik in die
> opstanders se eie gebiede en as hulle enigsins bereid was om 'sake so 'n
> bietjie aan te help', het jy en die ANC vandag vele minder kiesers gehad!
Hoekom vind jy dit nodig om hierdie soort gepraat oor en
oor te herhaal. Wat bewys dit wat " jou" standpunt regverdig en
" my" standpunt veroordeel. Feit bly: die regime wat apartheid
voorgestaan het, moes swig voor die nuwe bestel. Die pogings
om 'n bestel te skep wat nog politieke mag in die hande van wit
groepe sou laat, het gefaal. Morele denke het gewen. SA is vandag
baie beter af as tien jaar gelede. Dit het 'n verantwoordelike
fiskale beleid, anders as die sosiaal-ekonomiese konkelwerk van
die apartheidsregime. Daar is geen gevegte in die strate nie.
Die soldate van SA word oral gestuur in Afrika om " peace-
keeping" te doen. (Net jammer dat sommige van die soldate
met Afrikaanse name so skande maak in die Kongo.)
Tant Hessie van Windhoek
|
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80972 is 'n antwoord op boodskap #80966] |
Thu, 24 July 2003 21:26   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" wrote in message
.
> En jy praat natuurlik uit persoonlike ondervinding nê?
En van wanneer af is " persoonlike ondervinding" nou die
enigste maatstaf van wat aan die gang is. Die feit dat jy in
SA gesit het en nou nog sit, maak nie van jou 'n outoriteit
oor dinge nie. Ek, byvoorbeeld, versorg my Afrikaans
baie beter as jy, en ek sit in Kanada. Ek, anders as jy,
het ondervinding van watter gruwelikhede die ou regime
aangevang het, en hoeveel meer suksesvol die nuwe
regime is in hulle fiskale balansering van die ekonomie.
Want ek is baie seker dat ek meer oor SA daagliks lees,
beide van die nuusblaaie wat dink dat die SA regering
goeie werk doen, en daardie koerante wat hulle kritiseer.
Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
opvoedkundige instansies. Ek het dus, op die keper
beskou, 'n groter aandeel aan wat in SA aangaan, as
jy wat lyk my jou jollies voor die TV se fluff programme
sit en vind. So hou op om vir my te preek oor die feit
dat ek nie in SA is nie, en dus nie " kan praat" nie.
Tant Hessie van die Derde Republiek
|
|
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80983 is 'n antwoord op boodskap #80972] |
Thu, 24 July 2003 23:35   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Om 'n koerant artikel te lees, is heel anders as om midde-in die stronthoop
te staan. Ja, die nuwe regering het iets reg gedoen, ons betaal nou minder
belasting. Maar die prys van die bietjie minder betaal is baie hoog.
Misdaad skiet die hoogte in, ons skole se standaard is pateties, ons paaie
val uit mekaar, die rand is nou minder werd as wat dit 10 jaar terug was,
verkragting is die orde van die dag, ons mense dooi aan VIGS, ons hospitale
het nie eers basiese behoeftighede soos ontsmetmiddels nie, ons polisiemag
is verrot en korrup tot op die been, ons mense vrek van die honger, leef
soos diere, stakings, moord, taxi-ongelukke, werkloosheid, die lys gaan aan
en aan.
Maar jy weet natuurlik waarvan ek praat - want jy kan koerant lees en
Afrikaans praat. Dis baie maklik om houe te slaan wanneer jy van buite kant
af deur die venster kyk.
O, en 'n laaste ding, ek sien jy gooi elke keer voor my kop dat ek minder
t.v. moet kyk. Ai antie - ek werk, ek het nie tyd vir t.v. nie. Ek werk
maklik 12 - 16 ure 'n dag, en tussen-in moet ek nog tyd kry vir 'n bietjie
huiswerkies. Gelukkig nie baie nie, want ek het 'n voltydse bediende, maar
ek kook darem elke aand my eie bord kos, en was twee keer 'n week wasgoed.
So tussen 3 en 5 in die oggend lees ek 'n bietjie, en naweke sal ek so nou
en dan 'n fliek gaan uitneem. So elke nou en dan moet ek na Ousus se
kleinding omsien, want ek werk mos vir myself en sy's nie lastig nie. Jy
sien, ek moet werk - want die gravy train het nie 'n krismis box met my naam
op nie.
Ek kry beslis nie my Jollies voor 'n t.v.-skerm nie my Antie - daarvoor het
ek ander oplossings. Ek het immers 'n jong, jukkerige, broeise man.
Elaine
"@rogers.com" wrote:
>
> En van wanneer af is " persoonlike ondervinding" nou die
> enigste maatstaf van wat aan die gang is. Die feit dat jy in
> SA gesit het en nou nog sit, maak nie van jou 'n outoriteit
> oor dinge nie. Ek, byvoorbeeld, versorg my Afrikaans
> baie beter as jy, en ek sit in Kanada. Ek, anders as jy,
> het ondervinding van watter gruwelikhede die ou regime
> aangevang het, en hoeveel meer suksesvol die nuwe
> regime is in hulle fiskale balansering van die ekonomie.
> Want ek is baie seker dat ek meer oor SA daagliks lees,
> beide van die nuusblaaie wat dink dat die SA regering
> goeie werk doen, en daardie koerante wat hulle kritiseer.
> Al sit ek in Kanada, is daar oud-studente van my op
> die regbank en in die kabinet en aan die hoof van
> opvoedkundige instansies. Ek het dus, op die keper
> beskou, 'n groter aandeel aan wat in SA aangaan, as
> jy wat lyk my jou jollies voor die TV se fluff programme
> sit en vind. So hou op om vir my te preek oor die feit
> dat ek nie in SA is nie, en dus nie " kan praat" nie.
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
|
|
|
Re: Werklike Vredemaker [boodskap #80984 is 'n antwoord op boodskap #80983] |
Fri, 25 July 2003 00:53   |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Elaine" wrote in message
ons hospitale
> het nie eers basiese behoeftighede soos ontsmetmiddels nie
ons mense vrek van die honger
Sien, dis as mense soos jy so sit en praat dat mens net moeg
word vir julle getjank. Ek het familielede in SA wat gesondheids-
probleme het en in hospitale en klinieke behandel moet word,
en sover ek kan sien, kry hulle uitstekende behandeling, net so
goed of beter as wat ek hier in Ontario geniet. Ek weet dat daar
hospitale in SA is waar dit nie so goed gaan nie, maar die private
hospitale waarheen meeste witmense gaan, lyk dit vir my is nog
sommer baie goed. En die mense wat so vrek van die honger -
dis sekerlik nie die Annettes wat so by die wynproewerye en
die kosfeeste kuier nie, of die Suidwesters wat vir my vertel hoe
hulle morning noon and night net vleis eet nie. En as die mense
nou so om jou doodgaan van die honger, hoekom het jou
bediende en haar dogter dan selfone? Ek dink nie jy moet my
tyd mors deur vir my 'n klomp snert te vertel nie. Die deursnee
witmens lewe nog meestal in die land van melk en heuning (en
dit nog met 'n bediende ingegooi) en baie swartes lewe ook nou
beter as in die ou dae. As jy so bekommerd is oor die mense
wat so krepeer van die honger, hoekom gee jy so baie geld
uit om jou honde te voed. Skaam vir jou.
Tant Hessie van die Derde Republiek
|
|
|
|
|
Bladsye (3): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:51:14 UTC 2025
|