Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Doodstraf - praat weer
Doodstraf - praat weer [boodskap #80620] Vr, 18 Julie 2003 10:14 na volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Seker een van die mees bespreekte onderwerpe op hierdie ng? Dis mos 'n
baie emosionele onderwerp. Die meer liberales onder ons reken dat daar
geen regverdiging is om 'n mens se lewe te neem as straf vir sy misdade nie.
Dat dit geen afskrikmiddel is nie. Nou wonder ek net of mens die hele
wêreld onder dieselfde kam kan skeer? As jy 'n misdadiger in die VSA
lewenslange tronkstraf gee, dan verloor hy iets substansieel en sal dit
sekerlik vir meeste misdadigers 'n afskrikmiddel wees, maar hier by ons in
Afrika, sit jy die gemiddelde misdadiger in 'n tronk, plaas jy hom eintlik
in 'n beter posisie as wat hy nog ooit was! Die realiteite van
Afrika-politiek is mos die 'verlore geslag' waaroor die politici en
aktiviste mos stom raak. Vir die wat dalk nie weet nie, dis die groep
jongmense wat deur hulle ouers gedurende die politieke stryd verbied is om
skool toe te gaan en nou, na onafhanklikheid, geen opleiding of ondervinding
het en eintlik niks anders kan doen as om misdadiger te wees nie. Hoe
anders oorleef hulle? Sit jy hom in die tronk, is dit dalk vir die eerste
keer in sy lewe dat hy drie etes op 'n dag kry! Hoe maak jy hom skrik
genoeg dat hy twee keer sal dink voor hy iemand vermoor? Al wat hy van
waarde het is sy lewe....
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80623 is 'n antwoord op boodskap #80620] Vr, 18 Julie 2003 10:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henri  is tans af-lyn  Henri
Boodskappe: 69
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Volle Lid
Absoluut, dit sal 'n blye dag wees as die galgvloere weer val in Pretoria.
Ongelukkig sal dit nie gebeur nie.
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80627 is 'n antwoord op boodskap #80620] Vr, 18 Julie 2003 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
> jongmense wat deur hulle ouers gedurende die politieke stryd verbied is om
> skool toe te gaan en nou, na onafhanklikheid, geen opleiding of ondervinding
> het en eintlik niks anders kan doen as om misdadiger te wees nie.

Onafhanklik van wie of wat? ;-)
Dis 'n term wat mens telkemale teëkom wanneer mense van die '94 verkiesing
praat.... ek wonder hoekom....
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80630 is 'n antwoord op boodskap #80623] Vr, 18 Julie 2003 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Net om seker te maak - so jy wil he die Boeremag-lede (as hulle
skuldig bevind word aan hoogverraad) en Derby-Lewis moet so gou as
moontlik swaai?

On Fri, 18 Jul 2003 22:57:41 +1200, "Henri" wrote:

> Absoluut, dit sal 'n blye dag wees as die galgvloere weer val in Pretoria.
> Ongelukkig sal dit nie gebeur nie.
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80633 is 'n antwoord op boodskap #80627] Vr, 18 Julie 2003 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Luister vriend, ek probeer 'n sinvolle redenasie voer en wil nie hare kloof
nie. Wat ek bedoel met onafhanklikheid is eintlik maar net die dag van
oorname deur die nuwe regering. Moet nie daarin duistere motiewe lees nie.
Ek reken natuurlik dat wat vir die een goed is, is ook vir die ander goed.
Ras of rassevoorkeure behoort nie te bepaal of jy die doodstraf mag kry of
nie. Al bepalende faktor is of jou misdaad die doodstraf regverdig, al dan
nie. Ek sien dit ook nie as 'n slaanding om my politieke opponente mee te
probeer vermaak nie......bv. 'as my mense doodgemaak moet word, dan gaan
joune tog ook af-'chop". My doel is om halsmisdaad te stop en weer waarde
op menselewens te kry.

"Jottie" skryf in boodskap news:3f17ddd3$0$259$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
>> jongmense wat deur hulle ouers gedurende die politieke stryd verbied is om
>> skool toe te gaan en nou, na onafhanklikheid, geen opleiding of ondervinding
>> het en eintlik niks anders kan doen as om misdadiger te wees nie.
>
> Onafhanklik van wie of wat? ;-)
> Dis 'n term wat mens telkemale teëkom wanneer mense van die '94 verkiesing
> praat.... ek wonder hoekom....
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80670 is 'n antwoord op boodskap #80633] Sa, 19 Julie 2003 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Saam met die gedagte van doodstraf vir halsmisdaad, loop natuurlik ook die
straf vir gewone misdaad sover dit Afrika aangaan. Een van die basiese
redes vir die enorme steelprobleem van die nuwe demokrasieë, is die feit dat
die nuwe politici self so besig is om hulle eie sakke vol te maak, dat hulle
nie tyd het om aan die gewone man op straat te dink nie. Die is meer en
meer werkloos en die werke wat uiteindelik gekry kan word, betaal nie veel
nie. Om een selfoon te steel en te verkoop betaal veel beter as twee weke
se werk! Net gewoon tronk gaan sit net om later deur die president
begenadig te word op sy verjaardag, is nie 'n oplossing nie want die ou is
veel beter af binne die tronk as daar buite! Die oplossing, myns insiens,
is om die tyd in die tronk so moeilik te maak dat die ou bang is om te gaan.
Iets soos die klippe kap van die ou dae. Of 'n fasiliteit in die
Namibwoestyn....jy laat vrek die ou elke dag amper van die dors en dan gee
jy hom net genoeg om aan die lewe te kom vir nog 'n harde dag [dis tong in
die kies, maar die mense moet vir die tronk so bang raak soos die duiwel vir
'n slypsteen]. Goed, goed julle gaan vir my vertel afskrikmiddels is nie
die antwoord nie. Opvoeding is. Hoe lank gaan dit vat voor Afrika
'opgevoed' gaan raak....terwyl die senior politici net so lekker
'privatiseer' as wat die man op straat doen?

"Sandvlooi" skryf in boodskap news:bf9252$2b1f$1@newsreader02.ops.uunet.co.za...
> Luister vriend, ek probeer 'n sinvolle redenasie voer en wil nie hare kloof
> nie. Wat ek bedoel met onafhanklikheid is eintlik maar net die dag van
> oorname deur die nuwe regering. Moet nie daarin duistere motiewe lees nie.
> Ek reken natuurlik dat wat vir die een goed is, is ook vir die ander goed.
> Ras of rassevoorkeure behoort nie te bepaal of jy die doodstraf mag kry of
> nie. Al bepalende faktor is of jou misdaad die doodstraf regverdig, al dan
> nie. Ek sien dit ook nie as 'n slaanding om my politieke opponente mee te
> probeer vermaak nie......bv. 'as my mense doodgemaak moet word, dan gaan
> joune tog ook af-'chop". My doel is om halsmisdaad te stop en weer waarde
> op menselewens te kry.
> "Jottie" wrote in message
> news:3f17ddd3$0$259$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
>>> jongmense wat deur hulle ouers gedurende die politieke stryd verbied is om
>>> skool toe te gaan en nou, na onafhanklikheid, geen opleiding of ondervinding
>>> het en eintlik niks anders kan doen as om misdadiger te wees nie.
>>
>> Onafhanklik van wie of wat? ;-)
>> Dis 'n term wat mens telkemale teëkom wanneer mense van die '94 verkiesing
>> praat.... ek wonder hoekom....
>>
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80675 is 'n antwoord op boodskap #80630] Sa, 19 Julie 2003 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Net om seker te maak - so jy wil he die Boeremag-lede (as hulle
> skuldig bevind word aan hoogverraad) en Derby-Lewis moet so gou as
> moontlik swaai?

Niks fout daarmee nie as hulle rerig skuldig is aan moord kom dit hulle toe.

Hoogveraad? wat is dit? Dit klink soos 'n opgemaakte klag sodat hulle erger
straf kan kry as wat hulle oortredings regverdig.

Dan moes al jou ANC vrinne ook mos gehang het?
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80677 is 'n antwoord op boodskap #80675] Sa, 19 Julie 2003 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:gmaSa.1748$wv6.804@fe03.atl2.webusenet.com...
>> Net om seker te maak - so jy wil he die Boeremag-lede (as hulle
>> skuldig bevind word aan hoogverraad) en Derby-Lewis moet so gou as
>> moontlik swaai?
>
> Niks fout daarmee nie as hulle rerig skuldig is aan moord kom dit hulle toe.
>
> Hoogveraad? wat is dit? Dit klink soos 'n opgemaakte klag sodat hulle erger
> straf kan kry as wat hulle oortredings regverdig.
>
> Dan moes al jou ANC vrinne ook mos gehang het?
>

Maar dit laat jou nog steeds nie daaroor dink nie? Dat as die doodstraf
bestaan, dit vir allerhande dinge uitgedeel kan word?

Oor die doodstraf vir moord, hier in Engeland was daar nou onlangs 'n saak
waar 'n ou na 16 jaar in die tronk vir moord onskuldig bewys is deur DNA
toetse. As die doodstraf hier 'n opsie was was hy gehang. Daarvan gepraat,
nie lank terug nie is dit bewys dat iemand wat wel gehang is toe die
doostraf nog hier gegeld het ook onskuldig was. Die doodstraf gaan oor die
vraag of jy beskaafd is of nie. Die misdadiger mag dalk nie wees nie, maar
as jy die doodstraf toedien wat maak dit dan van jou?

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80699 is 'n antwoord op boodskap #80677] So, 20 Julie 2003 06:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda. Daar was niks met die straf verkeerd nie - maar met die regsproses.

Wat doen jy in daardie geval(le) waar daar onomwonde bewyse bestaan?

Daar is wel enkele onskuldige veroordeeldes - maar al die slagoffers was
onskuldig.

"Lorinda" skryf in boodskap news:bfbdej$3br$1@newsg1.svr.pol.co.uk...
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:gmaSa.1748$wv6.804@fe03.atl2.webusenet.com...
>>> Net om seker te maak - so jy wil he die Boeremag-lede (as hulle
>>> skuldig bevind word aan hoogverraad) en Derby-Lewis moet so gou as
>>> moontlik swaai?
>>
>> Niks fout daarmee nie as hulle rerig skuldig is aan moord kom dit hulle toe.
>>
>> Hoogveraad? wat is dit? Dit klink soos 'n opgemaakte klag sodat hulle erger
>> straf kan kry as wat hulle oortredings regverdig.
>>
>> Dan moes al jou ANC vrinne ook mos gehang het?
>>
>
> Maar dit laat jou nog steeds nie daaroor dink nie? Dat as die doodstraf
> bestaan, dit vir allerhande dinge uitgedeel kan word?
>
> Oor die doodstraf vir moord, hier in Engeland was daar nou onlangs 'n saak
> waar 'n ou na 16 jaar in die tronk vir moord onskuldig bewys is deur DNA
> toetse. As die doodstraf hier 'n opsie was was hy gehang. Daarvan gepraat,
> nie lank terug nie is dit bewys dat iemand wat wel gehang is toe die
> doostraf nog hier gegeld het ook onskuldig was. Die doodstraf gaan oor die
> vraag of jy beskaafd is of nie. Die misdadiger mag dalk nie wees nie, maar
> as jy die doodstraf toedien wat maak dit dan van jou?
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80702 is 'n antwoord op boodskap #80677] So, 20 Julie 2003 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sekerlik sal daar gevalle wees waar onskuldige mense tereggestel word en
mens wonder net in vergelyking hoeveel skuldige mense kom vry van erge
misdade agv goeie regsverteenwoordiging? As jy die mense wat die doodstraf
uitspreek, moordenaars wil maak, wat van die ou wat 'n kar bou wat vinniger
as 80km per uur kan ry en hy ry homself te pletter teen 'n muur en is dood.
Is die motorvervaardiger nou skuldig vir die ou se EIE besluit om te vinnig
te ry? Net so het 'n misdadiger ook sy eie besluit. Die ding is met die
doodstraf dat GEEN mens groter waarde heg aan enigiets dan sy lewe nie.
Wat ander gaan hom keer om 'n lewe te neem? Jy wat teen die doodstraf
staan, is jy bereid om ook verantwoordelikheid te aanvaar vir die moordenaar
se slagoffers? Hy gaan sit lekker in die tronk en sy slagoffer? Die is
dood......gee jy nie jou simpatie 'n bietjie na die verkeerde kant toe nie?

"Lorinda" skryf in boodskap news:bfbdej$3br$1@newsg1.svr.pol.co.uk...
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:gmaSa.1748$wv6.804@fe03.atl2.webusenet.com...
>>> Net om seker te maak - so jy wil he die Boeremag-lede (as hulle
>>> skuldig bevind word aan hoogverraad) en Derby-Lewis moet so gou as
>>> moontlik swaai?
>>
>> Niks fout daarmee nie as hulle rerig skuldig is aan moord kom dit hulle toe.
>>
>> Hoogveraad? wat is dit? Dit klink soos 'n opgemaakte klag sodat hulle erger
>> straf kan kry as wat hulle oortredings regverdig.
>>
>> Dan moes al jou ANC vrinne ook mos gehang het?
>>
>
> Maar dit laat jou nog steeds nie daaroor dink nie? Dat as die doodstraf
> bestaan, dit vir allerhande dinge uitgedeel kan word?
>
> Oor die doodstraf vir moord, hier in Engeland was daar nou onlangs 'n saak
> waar 'n ou na 16 jaar in die tronk vir moord onskuldig bewys is deur DNA
> toetse. As die doodstraf hier 'n opsie was was hy gehang. Daarvan gepraat,
> nie lank terug nie is dit bewys dat iemand wat wel gehang is toe die
> doostraf nog hier gegeld het ook onskuldig was. Die doodstraf gaan oor die
> vraag of jy beskaafd is of nie. Die misdadiger mag dalk nie wees nie, maar
> as jy die doodstraf toedien wat maak dit dan van jou?
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80706 is 'n antwoord op boodskap #80699] So, 20 Julie 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bfdbqj$eil$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Lorinda. Daar was niks met die straf verkeerd nie - maar met die regsproses.
>
> Wat doen jy in daardie geval(le) waar daar onomwonde bewyse bestaan?
>
> Daar is wel enkele onskuldige veroordeeldes - maar al die slagoffers was
> onskuldig.

Die regter en die jurie was seker dat daar onomwonde bewyse bestaan het.
Inderdaad was al die slagoffers onskuldig, maar dit gaan oor 'n beskaafde
standaard. As jy dink dat onskuldige mense wat gehang word nie saak maak nie
in die groot prentjie nie, is dit omdat jy dink dat dit nooit met jou kan
gebeur nie. Ek vertrou geen regering met die doodstraf nie. Die regsbank is
veronderstel om onafhanklik te wees, maar as die doodstraf ingestel is kan
dit gebruik word vir politieke doeleindes. As die doodstraf hier bestaan het
in die tyd van Margaret Thatcher sou die klagte van "verraad" en
"terrorisme" gou-gou ook die doodstraf gedra het. Dis 'n blik wurms.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80707 is 'n antwoord op boodskap #80702] So, 20 Julie 2003 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1a4e53.0@news1.mweb.co.za...
> Sekerlik sal daar gevalle wees waar onskuldige mense tereggestel word en
> mens wonder net in vergelyking hoeveel skuldige mense kom vry van erge
> misdade agv goeie regsverteenwoordiging? As jy die mense wat die doodstraf
> uitspreek, moordenaars wil maak, wat van die ou wat 'n kar bou wat vinniger
> as 80km per uur kan ry en hy ry homself te pletter teen 'n muur en is dood.
> Is die motorvervaardiger nou skuldig vir die ou se EIE besluit om te vinnig
> te ry? Net so het 'n misdadiger ook sy eie besluit. Die ding is met die
> doodstraf dat GEEN mens groter waarde heg aan enigiets dan sy lewe nie.
> Wat ander gaan hom keer om 'n lewe te neem? Jy wat teen die doodstraf
> staan, is jy bereid om ook verantwoordelikheid te aanvaar vir die moordenaar
> se slagoffers? Hy gaan sit lekker in die tronk en sy slagoffer? Die is
> dood......gee jy nie jou simpatie 'n bietjie na die verkeerde kant toe
nie?

Ek het nêrens simpatie met die moordenaars uitgespreek nie.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80729 is 'n antwoord op boodskap #80633] Ma, 21 Julie 2003 00:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jottie  is tans af-lyn  Jottie
Boodskappe: 223
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Luister vriend, ek probeer 'n sinvolle redenasie voer en wil nie hare kloof
> nie. Wat ek bedoel met onafhanklikheid is eintlik maar net die dag van
> oorname deur die nuwe regering. Moet nie daarin duistere motiewe lees
nie.

Sorry vir die "off-topic content" vriend. Ons (en daarmee bedoel ek ons
Namibiërs) kan anderdag 'n bespreking oor daai een hou...

Om terug te kom by jou oorspronklike vraag - Dit lyk vir my of die oorgrote
meerderheid van die mense op die huidige thread vir die instelling van die
doodstraf is. Ek is genyg om om saam met hulle te stem as my hart die
dinkwerk doen. Dis mos niks minder as reg om 'n ou te laat boet met sy eie
sonde nie. Oog vir 'n oog... maar dan neem my brein oor en herinner my dat
wat ons vandag as die "beskaafde" deel van die wêreld sien, is absoluut
daarteen. En daar is baie goeie rede daarvoor soos Lorinda alreeds genoem
het. Ja ja ja ek weet daar is nog so paar yankies (Bush en sy cowboys
inklusief) wat nie kan wag om die volgende ou te toast nie maar is dit
genuine die laaste uitweg? Mens kan seker ook redeneer dat ons dit nodig het
tot tyd en wyl die mense beskaafd genoeg is om meer waarde aan die lewe van
'n ander te heg maar waar en wanneer trek mens die streep?

Terloops, wat is die gevoel op hierdie groep t.o.v. Sharia? Met 'n
ordentlike regsbank natuurlik. Is dit vir die pro-doodstraf ouens 'n stap in
die regte rigting? As ons 'n mens die doodstraf kan gee, hoekom dan nie
sommer 'n dief se hande afkap ook nie? Of in die geval van verkragter sommer
sy family jewels? Doodstraf is in daai geval nog ok as jy 16 jaar later
onskuldig bewys word maar wat maak daai arme dief of verkragter as hy later
onskuldig bewys word.... ;-)
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80731 is 'n antwoord op boodskap #80729] Ma, 21 Julie 2003 03:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Met soveel mense wat onskuldig veroordeel word, kan ons nie meer van 'n
regsbank praat nie
Annette

"Jottie" skryf in boodskap news:3f1b3904$0$253$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
>
>> Luister vriend, ek probeer 'n sinvolle redenasie voer en wil nie hare kloof
>> nie. Wat ek bedoel met onafhanklikheid is eintlik maar net die dag van
>> oorname deur die nuwe regering. Moet nie daarin duistere motiewe lees nie.
>
> Sorry vir die "off-topic content" vriend. Ons (en daarmee bedoel ek ons
> Namibiërs) kan anderdag 'n bespreking oor daai een hou...
>
> Om terug te kom by jou oorspronklike vraag - Dit lyk vir my of die oorgrote
> meerderheid van die mense op die huidige thread vir die instelling van die
> doodstraf is. Ek is genyg om om saam met hulle te stem as my hart die
> dinkwerk doen. Dis mos niks minder as reg om 'n ou te laat boet met sy eie
> sonde nie. Oog vir 'n oog... maar dan neem my brein oor en herinner my dat
> wat ons vandag as die "beskaafde" deel van die wêreld sien, is absoluut
> daarteen. En daar is baie goeie rede daarvoor soos Lorinda alreeds genoem
> het. Ja ja ja ek weet daar is nog so paar yankies (Bush en sy cowboys
> inklusief) wat nie kan wag om die volgende ou te toast nie maar is dit
> genuine die laaste uitweg? Mens kan seker ook redeneer dat ons dit nodig het
> tot tyd en wyl die mense beskaafd genoeg is om meer waarde aan die lewe van
> 'n ander te heg maar waar en wanneer trek mens die streep?
>
> Terloops, wat is die gevoel op hierdie groep t.o.v. Sharia? Met 'n
> ordentlike regsbank natuurlik. Is dit vir die pro-doodstraf ouens 'n stap in
> die regte rigting? As ons 'n mens die doodstraf kan gee, hoekom dan nie
> sommer 'n dief se hande afkap ook nie? Of in die geval van verkragter sommer
> sy family jewels? Doodstraf is in daai geval nog ok as jy 16 jaar later
> onskuldig bewys word maar wat maak daai arme dief of verkragter as hy later
> onskuldig bewys word.... ;-)
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80740 is 'n antwoord op boodskap #80729] Ma, 21 Julie 2003 07:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek luister vir jou en ek het simpatie vir die feit dat opgevoede mense die
doodstraf nie aanvaarbaar kan vind nie omdat hulle hul nie meer kan insien
om tot op die vlak van die barbaar te daal nie. Tog wil ek steeds met jou
stry en vir jou sê dat mooi praat en regverdig handel, nie werk met 'n
geweldenaar nie. Met die tegnologie van vandag is ons in staat om onsself
toe te sluit en af te skans van 99% van die werklikheid en as 'n ding nie
aan jou eie gatvelle raak nie, why worry? Probeer jouself indink in 'n
situasie waar jy gedwing word om die werklikheid te beleef.....ons verwyder
jou 8voet mure rondom jou huis, jou alarm is ghoebaai, jy moet voete insit
werk toe op 'n stampvol trein, ens, ens. Skielik kom jy met die algemene
misdadiger in kontak. Jy en jou familie en vriende word beroof en dalk
gemoor onder julle. Gaan jy steeds hou by 'n gematigde aanslag tov van die
strawwe wat vir misdaad uitgedeel word? Sekerlik bestaan 'n gemeenskap uit
meer as net 'n beskermde yuppie gemeenskap wat amper los staan van die
misdaad. Wat van daai ouens op die grond wat die seerste kry?
Wat ek voorheen gesê het op hierdie ng, staan ek by: Daar kom 'n tyd
in elke persoon se lewe dat jy moet sê: 'Tot hiertoe en nie verder nie'.

"Jottie" skryf in boodskap news:3f1b3904$0$253$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
>
>> Luister vriend, ek probeer 'n sinvolle redenasie voer en wil nie hare kloof
>> nie. Wat ek bedoel met onafhanklikheid is eintlik maar net die dag van
>> oorname deur die nuwe regering. Moet nie daarin duistere motiewe lees nie.
>
> Sorry vir die "off-topic content" vriend. Ons (en daarmee bedoel ek ons
> Namibiërs) kan anderdag 'n bespreking oor daai een hou...
>
> Om terug te kom by jou oorspronklike vraag - Dit lyk vir my of die oorgrote
> meerderheid van die mense op die huidige thread vir die instelling van die
> doodstraf is. Ek is genyg om om saam met hulle te stem as my hart die
> dinkwerk doen. Dis mos niks minder as reg om 'n ou te laat boet met sy eie
> sonde nie. Oog vir 'n oog... maar dan neem my brein oor en herinner my dat
> wat ons vandag as die "beskaafde" deel van die wêreld sien, is absoluut
> daarteen. En daar is baie goeie rede daarvoor soos Lorinda alreeds genoem
> het. Ja ja ja ek weet daar is nog so paar yankies (Bush en sy cowboys
> inklusief) wat nie kan wag om die volgende ou te toast nie maar is dit
> genuine die laaste uitweg? Mens kan seker ook redeneer dat ons dit nodig het
> tot tyd en wyl die mense beskaafd genoeg is om meer waarde aan die lewe van
> 'n ander te heg maar waar en wanneer trek mens die streep?
>
> Terloops, wat is die gevoel op hierdie groep t.o.v. Sharia? Met 'n
> ordentlike regsbank natuurlik. Is dit vir die pro-doodstraf ouens 'n stap in
> die regte rigting? As ons 'n mens die doodstraf kan gee, hoekom dan nie
> sommer 'n dief se hande afkap ook nie? Of in die geval van verkragter sommer
> sy family jewels? Doodstraf is in daai geval nog ok as jy 16 jaar later
> onskuldig bewys word maar wat maak daai arme dief of verkragter as hy later
> onskuldig bewys word.... ;-)
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80741 is 'n antwoord op boodskap #80740] Ma, 21 Julie 2003 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis maar moeilik om te verwerk dat al kan ons mense op die maan laat loop,
en karretjies laat rondry op Mars, ons nog steeds nie aan werkbare maniere
kan dink hoe om moordenaars en geweldenaars effektief te straf en/of te
reabiliteer nie.
As die doodstraf en lang tronkstraf sou gewerk het of as afskrikmiddel
gedien het - hoekom word daar nog steeds moord en geweldadige misdade
gepleeg?
Persoonlik dink ek dat sulke misdadigers se families gestraf word, en nie
die misdadiger self as hy/sy in die tronk geplaas word nie.

Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1b9386.0@news1.mweb.co.za...
> Ek luister vir jou en ek het simpatie vir die feit dat opgevoede mense die
> doodstraf nie aanvaarbaar kan vind nie omdat hulle hul nie meer kan insien
> om tot op die vlak van die barbaar te daal nie. Tog wil ek steeds met jou
> stry en vir jou sê dat mooi praat en regverdig handel, nie werk met 'n
> geweldenaar nie. Met die tegnologie van vandag is ons in staat om onsself
> toe te sluit en af te skans van 99% van die werklikheid en as 'n ding nie
> aan jou eie gatvelle raak nie, why worry? Probeer jouself indink in 'n
> situasie waar jy gedwing word om die werklikheid te beleef.....ons verwyder
> jou 8voet mure rondom jou huis, jou alarm is ghoebaai, jy moet voete insit
> werk toe op 'n stampvol trein, ens, ens. Skielik kom jy met die algemene
> misdadiger in kontak. Jy en jou familie en vriende word beroof en dalk
> gemoor onder julle. Gaan jy steeds hou by 'n gematigde aanslag tov van die
> strawwe wat vir misdaad uitgedeel word? Sekerlik bestaan 'n gemeenskap uit
> meer as net 'n beskermde yuppie gemeenskap wat amper los staan van die
> misdaad. Wat van daai ouens op die grond wat die seerste kry?
> Wat ek voorheen gesê het op hierdie ng, staan ek by: Daar kom 'n tyd
> in elke persoon se lewe dat jy moet sê: 'Tot hiertoe en nie verder nie'.
> "Jottie" wrote in message
> news:3f1b3904$0$253$4d4ebb8e@read.news.de.uu.net...
>>
>>> Luister vriend, ek probeer 'n sinvolle redenasie voer en wil nie hare kloof
>>> nie. Wat ek bedoel met onafhanklikheid is eintlik maar net die dag van
>>> oorname deur die nuwe regering. Moet nie daarin duistere motiewe lees nie.
>>
>> Sorry vir die "off-topic content" vriend. Ons (en daarmee bedoel ek ons
>> Namibiërs) kan anderdag 'n bespreking oor daai een hou...
>>
>> Om terug te kom by jou oorspronklike vraag - Dit lyk vir my of die oorgrote
>> meerderheid van die mense op die huidige thread vir die instelling van die
>> doodstraf is. Ek is genyg om om saam met hulle te stem as my hart die
>> dinkwerk doen. Dis mos niks minder as reg om 'n ou te laat boet met sy eie
>> sonde nie. Oog vir 'n oog... maar dan neem my brein oor en herinner my dat
>> wat ons vandag as die "beskaafde" deel van die wêreld sien, is absoluut
>> daarteen. En daar is baie goeie rede daarvoor soos Lorinda alreeds genoem
>> het. Ja ja ja ek weet daar is nog so paar yankies (Bush en sy cowboys
>> inklusief) wat nie kan wag om die volgende ou te toast nie maar is dit
>> genuine die laaste uitweg? Mens kan seker ook redeneer dat ons dit nodig het
>> tot tyd en wyl die mense beskaafd genoeg is om meer waarde aan die lewe van
>> 'n ander te heg maar waar en wanneer trek mens die streep?
>>
>> Terloops, wat is die gevoel op hierdie groep t.o.v. Sharia? Met 'n
>> ordentlike regsbank natuurlik. Is dit vir die pro-doodstraf ouens 'n stap in
>> die regte rigting? As ons 'n mens die doodstraf kan gee, hoekom dan nie
>> sommer 'n dief se hande afkap ook nie? Of in die geval van verkragter sommer
>> sy family jewels? Doodstraf is in daai geval nog ok as jy 16 jaar later
>> onskuldig bewys word maar wat maak daai arme dief of verkragter as hy later
>> onskuldig bewys word.... ;-)
>>
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80742 is 'n antwoord op boodskap #80740] Ma, 21 Julie 2003 08:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1b9386.0@news1.mweb.co.za...
> Ek luister vir jou en ek het simpatie vir die feit dat opgevoede mense die
> doodstraf nie aanvaarbaar kan vind nie omdat hulle hul nie meer kan insien
> om tot op die vlak van die barbaar te daal nie. Tog wil ek steeds met jou
> stry en vir jou sê dat mooi praat en regverdig handel, nie werk met 'n
> geweldenaar nie.

Die tronk is nie mooipraat nie. Selfs al dink jy sekere mense sal dit
verwelkom, is dit nog steeds nie grappies nie.
Afgesien van die geselskap waarin jy sal verkeer as jy die doodstraf
terugbring, is daar die geskiedenis van die doodstraf.. Tydens die tydperk
van verstedeliking in Engeland het die galg oortyd gewerk. Daar was duisende
honger en desperate mense op die strate van Londen en Bristol wat ook niks
anders as hulle lewens gehad het om te verloor nie, en goed geweet het wat
gaan gebeur want misdadigers is in die openbaar gehang. Interessant genoeg
was daar daardie tyd persentasie gewys meer moorde as nou. In vergelyking
met daardie dae is Londen deesdae, misdaad en al, 'n baie veilige plek.

In plekke wat mense so bewonder, soos Saudi, is daar allerhande faktore wat
'n rol speel om die plek "veilig" te maak, soos bv. 'n streng geloof wat
afgedwing word om 'n manier wat westerlinge moeilik sal vind om te aanvaar.
Dit alles nieteenstaande, het die "executioner" daar steeds baie werk.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80745 is 'n antwoord op boodskap #80742] Ma, 21 Julie 2003 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek lees wat jy sê, maar dan vra ek vir jou watter reg het 'n mens wat 'n
ander doodgemaak het, op enige genade wat hy nie aan sy eie slagoffer gegun
het nie? Hoekom is dit aanvaarbaar en verskoonbaar dat 'n mens 'n ander
kan vermink en martel, 'n vrou verkrag, ens. en hy kan anderkant uitstap en
vir jare in 'n tronk gaan sit op die gemeenskap se koste? Sekerlik is 'n
tronk nie speletjies nie, maar wat van die slagoffer se naasbestaandes? As
'n broodwinner doodgemaak is, wie sorg vir sy familie? Die moordenaar en
sy familie? Nooit!
Verder propageer ek nie wetteloosheid nie. Dis waarvoor die gereg daar
is om te bepaal of jy skuldig is of nie. As jy gemoor het, dan is dit
ghoebaai. Liggies uit. Rape jy, moet jou ballas waai.........eh, maar
dan gaan jy een moerse lot ouens sonder balle kry!

"Lorinda" skryf in boodskap news:bfg6bq$o3o$1@news7.svr.pol.co.uk...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f1b9386.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek luister vir jou en ek het simpatie vir die feit dat opgevoede mense die
>> doodstraf nie aanvaarbaar kan vind nie omdat hulle hul nie meer kan insien
>> om tot op die vlak van die barbaar te daal nie. Tog wil ek steeds met
> jou
>> stry en vir jou sê dat mooi praat en regverdig handel, nie werk met 'n
>> geweldenaar nie.
>
> Die tronk is nie mooipraat nie. Selfs al dink jy sekere mense sal dit
> verwelkom, is dit nog steeds nie grappies nie.
> Afgesien van die geselskap waarin jy sal verkeer as jy die doodstraf
> terugbring, is daar die geskiedenis van die doodstraf.. Tydens die tydperk
> van verstedeliking in Engeland het die galg oortyd gewerk. Daar was duisende
> honger en desperate mense op die strate van Londen en Bristol wat ook niks
> anders as hulle lewens gehad het om te verloor nie, en goed geweet het wat
> gaan gebeur want misdadigers is in die openbaar gehang. Interessant genoeg
> was daar daardie tyd persentasie gewys meer moorde as nou. In vergelyking
> met daardie dae is Londen deesdae, misdaad en al, 'n baie veilige plek.
>
> In plekke wat mense so bewonder, soos Saudi, is daar allerhande faktore wat
> 'n rol speel om die plek "veilig" te maak, soos bv. 'n streng geloof wat
> afgedwing word om 'n manier wat westerlinge moeilik sal vind om te aanvaar.
> Dit alles nieteenstaande, het die "executioner" daar steeds baie werk.
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80797 is 'n antwoord op boodskap #80745] Di, 22 Julie 2003 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1bbfaf.0@news1.mweb.co.za...
> Ek lees wat jy sê, maar dan vra ek vir jou watter reg het 'n mens wat 'n
> ander doodgemaak het, op enige genade wat hy nie aan sy eie slagoffer gegun
> het nie? Hoekom is dit aanvaarbaar en verskoonbaar dat 'n mens 'n ander
> kan vermink en martel, 'n vrou verkrag, ens. en hy kan anderkant uitstap en
> vir jare in 'n tronk gaan sit op die gemeenskap se koste? Sekerlik is 'n
> tronk nie speletjies nie, maar wat van die slagoffer se naasbestaandes? As
> 'n broodwinner doodgemaak is, wie sorg vir sy familie? Die moordenaar en
> sy familie? Nooit!
> Verder propageer ek nie wetteloosheid nie. Dis waarvoor die gereg daar
> is om te bepaal of jy skuldig is of nie. As jy gemoor het, dan is dit
> ghoebaai. Liggies uit. Rape jy, moet jou ballas waai.........eh, maar
> dan gaan jy een moerse lot ouens sonder balle kry!

Ek het niemand nog ooit hoor se dat hulle dink moord ens. is aanvaarbaar en
verskoonbaar nie. Ek weet nie waar jy dit vandaan kry nie. Miskien sal dit
help as jy noem teen wie dit is wat jy stry?

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80813 is 'n antwoord op boodskap #80797] Di, 22 Julie 2003 11:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sorry Lorinda, ek het verstaan jy sê jy dink die doodstraf is onaanvaarbaar?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f1cdf5f$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f1bbfaf.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek lees wat jy sê, maar dan vra ek vir jou watter reg het 'n mens wat 'n
>> ander doodgemaak het, op enige genade wat hy nie aan sy eie slagoffer
> gegun
>> het nie? Hoekom is dit aanvaarbaar en verskoonbaar dat 'n mens 'n ander
>> kan vermink en martel, 'n vrou verkrag, ens. en hy kan anderkant uitstap
> en
>> vir jare in 'n tronk gaan sit op die gemeenskap se koste? Sekerlik is 'n
>> tronk nie speletjies nie, maar wat van die slagoffer se naasbestaandes?
> As
>> 'n broodwinner doodgemaak is, wie sorg vir sy familie? Die moordenaar en
>> sy familie? Nooit!
>> Verder propageer ek nie wetteloosheid nie. Dis waarvoor die gereg
> daar
>> is om te bepaal of jy skuldig is of nie. As jy gemoor het, dan is dit
>> ghoebaai. Liggies uit. Rape jy, moet jou ballas waai.........eh, maar
>> dan gaan jy een moerse lot ouens sonder balle kry!
>
> Ek het niemand nog ooit hoor se dat hulle dink moord ens. is aanvaarbaar en
> verskoonbaar nie. Ek weet nie waar jy dit vandaan kry nie. Miskien sal dit
> help as jy noem teen wie dit is wat jy stry?
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80814 is 'n antwoord op boodskap #80813] Di, 22 Julie 2003 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Piet, duidelik is daar 'n begrypsprobleem by jou wat Lorinda aanbetref?
Sy het tog duidelik gesê dat moord is nie verskoonbaar en aanvaarbaar nie -
maar dat sy nie die doodstraf voorstaan nie.
Daar is mos tog duidelik 'n verskil?
Annette

"PietR" skryf in boodskap news:3f1d1f1a.0@news1.mweb.co.za...
> Sorry Lorinda, ek het verstaan jy sê jy dink die doodstraf is onaanvaarbaar?
> "Lorinda" wrote in message
> news:3f1cdf5f$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>>
>> "Suidwester" wrote in message
>> news:3f1bbfaf.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek lees wat jy sê, maar dan vra ek vir jou watter reg het 'n mens wat 'n
>>> ander doodgemaak het, op enige genade wat hy nie aan sy eie slagoffer
>> gegun
>>> het nie? Hoekom is dit aanvaarbaar en verskoonbaar dat 'n mens 'n
> ander
>>> kan vermink en martel, 'n vrou verkrag, ens. en hy kan anderkant
uitstap
>> en
>>> vir jare in 'n tronk gaan sit op die gemeenskap se koste? Sekerlik
is
> 'n
>>> tronk nie speletjies nie, maar wat van die slagoffer se
naasbestaandes?
>> As
>>> 'n broodwinner doodgemaak is, wie sorg vir sy familie? Die
moordenaar
> en
>>> sy familie? Nooit!
>>> Verder propageer ek nie wetteloosheid nie. Dis waarvoor die
gereg
>> daar
>>> is om te bepaal of jy skuldig is of nie. As jy gemoor het, dan is dit
>>> ghoebaai. Liggies uit. Rape jy, moet jou ballas waai.........eh,
> maar
>>> dan gaan jy een moerse lot ouens sonder balle kry!
>>
>> Ek het niemand nog ooit hoor se dat hulle dink moord ens. is aanvaarbaar
> en
>> verskoonbaar nie. Ek weet nie waar jy dit vandaan kry nie. Miskien sal dit
>> help as jy noem teen wie dit is wat jy stry?
>>
>> Lorinda
>>
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80833 is 'n antwoord op boodskap #80814] Di, 22 Julie 2003 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK moer my maar, maar ek het aanvaar die redenasie gaan oor die
regverdigheid van die doodstraf al dan nie? As sy nie die doodstraf
voorstaan nie, dan moet sy mos die alternatief voorstaan? Lewenslank....is
dit reg? Nou vra ek weer, as jy bereid is om die moordenaar sy lewe te
behou, wat sê jy aan die slagoffer en sy naasbestaandes? Dat jy bereid is
om die publiek se lewens te verruil vir 'n mens wat die gemeenskap vir die
res van sy lewe in 'n tronk moet versorg want gerabilliteer kan hy nie word
nie? Ek sou reken 'n gevangene sal vir die staat maklik hier om en by die
R15 thou per maand kos x12 x25 =R4,5m. Kan die slagoffer se familie kom
toustaan ook vir hulle 'genade'?
My vraag is weer, hoekom is daar vir die moordenaar alleen genade?

"Annette" skryf in boodskap news:bfj7k4$fmu96$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Piet, duidelik is daar 'n begrypsprobleem by jou wat Lorinda aanbetref?
> Sy het tog duidelik gesê dat moord is nie verskoonbaar en aanvaarbaar nie -
> maar dat sy nie die doodstraf voorstaan nie.
> Daar is mos tog duidelik 'n verskil?
> Annette
>
>
>
> "PietR" wrote in message
> news:3f1d1f1a.0@news1.mweb.co.za...
>> Sorry Lorinda, ek het verstaan jy sê jy dink die doodstraf is
> onaanvaarbaar?
>> "Lorinda" wrote in message
>> news:3f1cdf5f$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>>>
>>> "Suidwester" wrote in message
>>> news:3f1bbfaf.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek lees wat jy sê, maar dan vra ek vir jou watter reg het 'n mens
wat
> 'n
>>>> ander doodgemaak het, op enige genade wat hy nie aan sy eie
slagoffer
>>> gegun
>>>> het nie? Hoekom is dit aanvaarbaar en verskoonbaar dat 'n mens 'n
>> ander
>>>> kan vermink en martel, 'n vrou verkrag, ens. en hy kan anderkant
> uitstap
>>> en
>>>> vir jare in 'n tronk gaan sit op die gemeenskap se koste? Sekerlik
> is
>> 'n
>>>> tronk nie speletjies nie, maar wat van die slagoffer se
> naasbestaandes?
>>> As
>>>> 'n broodwinner doodgemaak is, wie sorg vir sy familie? Die
> moordenaar
>> en
>>>> sy familie? Nooit!
>>>> Verder propageer ek nie wetteloosheid nie. Dis waarvoor die
> gereg
>>> daar
>>>> is om te bepaal of jy skuldig is of nie. As jy gemoor het, dan is
> dit
>>>> ghoebaai. Liggies uit. Rape jy, moet jou ballas waai.........eh,
>> maar
>>>> dan gaan jy een moerse lot ouens sonder balle kry!
>>>
>>> Ek het niemand nog ooit hoor se dat hulle dink moord ens. is
aanvaarbaar
>> en
>>> verskoonbaar nie. Ek weet nie waar jy dit vandaan kry nie. Miskien sal
> dit
>>> help as jy noem teen wie dit is wat jy stry?
>>>
>>> Lorinda
>>>
>>
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80836 is 'n antwoord op boodskap #80833] Di, 22 Julie 2003 15:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"PietR" skryf in boodskap news:3f1d532b.0@news1.mweb.co.za...
> OK moer my maar, maar ek het aanvaar die redenasie gaan oor die
> regverdigheid van die doodstraf al dan nie? As sy nie die doodstraf
> voorstaan nie, dan moet sy mos die alternatief voorstaan? Lewenslank....is
> dit reg? Nou vra ek weer, as jy bereid is om die moordenaar sy lewe te
> behou, wat sê jy aan die slagoffer en sy naasbestaandes? Dat jy bereid is
> om die publiek se lewens te verruil vir 'n mens wat die gemeenskap vir die
> res van sy lewe in 'n tronk moet versorg want gerabilliteer kan hy nie word
> nie? Ek sou reken 'n gevangene sal vir die staat maklik hier om en by die
> R15 thou per maand kos x12 x25 =R4,5m. Kan die slagoffer se familie kom
> toustaan ook vir hulle 'genade'?
> My vraag is weer, hoekom is daar vir die moordenaar alleen genade?

Jy se vir die naasbestaandes dat jy, en hulle, beskaafd is. Anders as die
barbaar wat die slagoffer se lewe geneem het. Daar is nie "genade" vir die
moordenaar nie. Hoe gaan die dood van die moordenaar genade aan die
naasbestaandes verskaf? Presies hoe gaan dit hulle (of inderdaad die
slagoffer) help?

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80843 is 'n antwoord op boodskap #80836] Di, 22 Julie 2003 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Jy se vir die naasbestaandes dat jy, en hulle, beskaafd is. Anders as die
> barbaar wat die slagoffer se lewe geneem het. Daar is nie "genade" vir die
> moordenaar nie. Hoe gaan die dood van die moordenaar genade aan die
> naasbestaandes verskaf? Presies hoe gaan dit hulle (of inderdaad die
> slagoffer) help?
>
> Lorinda
>
Die oomblik as jy aan my familie wat gooi ek alle beskaafheid by die venster
uit. Dis presies waarop daardie barbare staatmaak, jou "beskaafdheid". As
hulle nie op jou "Beskaafdheid" kon staatmaak nie sou hulle dalk ook twee
keer daaroor gedink het.

Ek gee toe dat daar 'n paar onskuldige mense die doodstraf opgelê is in die
verlede en dis baie jammer maar ons leef nie meer in die donker eeue nie. As
iemand sonder enige twyfel skuldig is aan moord moet hy met sy eie lewe
daarvoor betaal. Dieselfde tegnologie wat die veroordeelde moordenaars
onskuldig bewys het verseker ook dat ons in die toekoms meer seker sal wees
oor 'n moordenaar se skuld of nie. Daar is baie gevalle ,wat natuurlik nie
so wyd gepubliseer word nie, waar DNA toetse in elk geval net bevestig dat
veroordeeldes wel skuldig is. Daar is absoluut geen ander afskrik middel wat
dieselfde effek sal hê nie. En moenie vir my sê dat moord net so algemeen in
in streke waar die doodstaf is of nie is nie. Die groot bohaai wat mense oor
die doodstraf maak gee hierdie moordenaars hoop en as dit nie daarvoor was
nie sou die doodstarf dalk meer effektief gewees het. "Beskaafde" mense wat
moordemaars hoop gee is miskien in 'n mate ook verantwoordelik vir die feit
dat moorde steeds gepleeg word te midde van die doodstraf.

'n Paar jaar terug het ek die teregstellings drama van een of ander
gewapende rower/moordenaar op "Court TV" gevolg, natuurlik het hy Jesse
Jackson, Al Sharpton en 'n hele groep narre gehad om hom te ondersteun en
probeer loskry. Hulle argument was dat hy onskuldig was aan die moord
waarvoor hy tereggestaan het, hulle het egter erken dat hy drie ander mense
vermoor het maar het geglo hy moet gespaar word omdat hy nie die spesifieke
persoon vermoor het nie. Hy was op 'n "Crime spree" saam met iemand anders
en die ander ou het klaarblyklik die persoon vermoor. Ek dink sy pel was
deur die polisie doodgeskiet. Hoe verduidelik jy dit, die man het geen
respek vir ander mense se lewe nie maar wil sy eie gat gered hê. George W
Bush was nog die goewenieur van Texas en het hom nie aan hulle gekerm
gesteur nie. Die moordenaar is volgens skedule tereggestel en die wereld is
vandag 'n beter plek.

My oom is vermoor op sy plaas. Daar was 5 mense betrokke by sy moord. Die
persoon wat die "getaway car" bestuur het, het daarmee weggekom. Hy het aan
die hof gesê hy het net afgetrek om langs die pad te slaap want hy was moeg.
Getuienis is deur plaaswerkers gelewer dat hulle hom sien die ander aflaai
het. Seker was hierdie plaaswerkers nie "beskaafd" genoeg om geglo te word
nie. Een van die moordenaars is deur my neef doodgeskied toe hy na die moord
op die moordenaars afgekom het. Die ander drie het redelikke ligte tronk
strawwe gekry en sal seker binne die volgende jaar of twee weer losloop op
Suid Afrikaanse strate. Hierdie groepie moordenaars het ook 2 ander mense
vermoor die week voor hulle my oom vermoor het.

EK voel ons as die familie wat eers deur die moordenaar te na gekom en toe
besluit die hof om familie se lewens "cheap" te maak

Nee wat as dit beskawing is kan jy dit maar vir jouself hou.
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80851 is 'n antwoord op boodskap #80843] Di, 22 Julie 2003 23:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:47gTa.1950$H73.88@fe02.atl2.webusenet.com...


> "Beskaafde" mense wat
> moordemaars hoop gee is miskien in 'n mate ook verantwoordelik vir die feit
> dat moorde steeds gepleeg word te midde van die doodstraf.



> Nee wat as dit beskawing is kan jy dit maar vir jouself hou.

Ek weet nie waarom julle so histeries raak waneer daar 'n bespreking oor die
doodstraf is nie. Die wereld is overdue vir 'n periode van die donker eeue
en tyd en die geselskap waarin julle verkeer is aan julle kant.

Oor jou oom, niemand behalwe jy maak sy lewe "cheap" nie. Tog snaaks hoe
julle altyd aaneem dat iemand wat teen die doodstraf is nooit 'n
naasbestaande kon gewees het van iemand wat vermoor is nie.... Miskien omdat
die persoon nie na genoeg aan jou was nie, en jy nie weet dat wat mens
regtig, regtig wil he in daardie geval is dat dit nie moes gebeur het nie.
En dis iets wat jy nie kan kry nie, selfs al hang jy die moordenaar, of
selfs al slag jy sy maag oop en laat hom sy eie derms eet terwyl jy sy lewer
uitslag (net om hom 'n les te leer natuurlik), of al neem jy vyf minute om
hom in 'n elektriese stoel te braai. Wat jy ookal doen, sal jy die moord
nie ongedaan maak nie. En weet jy, wat met my familie gebeur het gebeur
tydens die vorige regering, toe daar nog 'n doodstraf was.

Hierdie bespreking was tog interessant, al was dit net in die sin dat dit
ons gewys het dat daar nie werklik 'n bespreking moontlik is nie. Net iets
oor tronke, wat julle dink glad nie 'n afskrikmiddel is nie, al wil ek
aanbeveel dat enigiemand wat werklik geinteresseerd is gaan oplees oor die
doodstraf, en statistieke en plekke waar dit eens op 'n tyd uitgevoer is, en
wat die gevolge (indien enige) daarvan was, eerder as om eenvoudig te dink
mense is bang om hulle lewens te verloor en sal dus nie moor nie om die
straf te vermy. Dis 'n belaglike oorvereenvoudiging. En anders as in
Glucklich se interessante logika, dis nie die fout van mense wat moordenaars
hoop gee dat die doodstraf nie werk nie. Om terug te kom by tronke, dis so
erg 'n straf as wat dit moontlik is om vir iemand te gee, soos oor en oor
bewys deur selfmoord in tronke (Ian Brady word nou al jare met 'n pyp wat in
sy keel afgedruk word om hom teen sy wil te voed geforseer om aan die lewe
te bly terwyl hy smeek om dood te gaan) en kondisies in tronke oor die
algemeen.

As die meerderheid van julle in SA en Namibia dan die doodstraf wil terug
he, en dus 'n regsbeginsel wat op wraak en die doodstraf gebasseer is, dan
hoop ek julle kry dit, en wil dit nog steeds he waneer julle dit kry. Dis
dalk 'n goeie idee om aanhoudend ondergetekende briewe aan die politici te
stuur waarin julle daarop aandring. Onthou ook om dit aan die beskaafde
wereld uit te basuin dat julle die doodstraf heelhartig ondersteun.

En ja, Glucklich, ek wil baie baie graag die beskawing (vir myself) hou.
Dankie vir die bespreking.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80866 is 'n antwoord op boodskap #80851] Wo, 23 Julie 2003 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda, moet nie nou al waai nie! Net om jou te antwoord op die vragie
oor Suider-Afrika en die houding oor doodstraf: Jy sal dit op die straat
en in Namibië nogal moeilik vind om onder die gematigdes iemand te kry wat
NIE saamstem met die doodstraf 'n verergerde strawwe vir gewone misdaad soos
diefstal nie! As jy na al die plaasmoorde kyk en die gewone diefstal wat
daagliks plaasvind en ons almal maar beleef, is dit nie onverstaanbaar dat
die mense voel dat die strawwe te lig is nie. Gewoonlik gaan van die
politici dan ook nog op verjaarsdae, onafhanklikheidsdae, ens en stel
misdadigers die res van hulle vonnisse kwyt as 'n
welwillendheidsgebaar....en die ou stap maar net daar uit en steel verder
tot hy weer terug is in die tronk!
Wat die doodstraf aanbetref, staan ek by my punt dat 'n veroordeelde
moordenaar geen nut meer vir enigiemand het nie en het hy ook sy reg op lewe
prysgegee toe hy gemoor het. Dit gaan nie vir my om wraak om hom dood te
maak nie want dan kon ek hom stadig in die Namib laat vrek het deur hom aan
sy ballas aan 'n stuk geroesde doringdraad opgehang het! Dit is net dat 'n
man moet instaan vir jou dade en hoekom moet die belastingbetaler die
finansiële las verder dra van 'n nuttelose geval?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f1dc0d5_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:47gTa.1950$H73.88@fe02.atl2.webusenet.com...
>
>
>> "Beskaafde" mense wat
>> moordemaars hoop gee is miskien in 'n mate ook verantwoordelik vir die
> feit
>> dat moorde steeds gepleeg word te midde van die doodstraf.
>
>
>
>> Nee wat as dit beskawing is kan jy dit maar vir jouself hou.
>
> Ek weet nie waarom julle so histeries raak waneer daar 'n bespreking oor die
> doodstraf is nie. Die wereld is overdue vir 'n periode van die donker eeue
> en tyd en die geselskap waarin julle verkeer is aan julle kant.
>
> Oor jou oom, niemand behalwe jy maak sy lewe "cheap" nie. Tog snaaks hoe
> julle altyd aaneem dat iemand wat teen die doodstraf is nooit 'n
> naasbestaande kon gewees het van iemand wat vermoor is nie.... Miskien omdat
> die persoon nie na genoeg aan jou was nie, en jy nie weet dat wat mens
> regtig, regtig wil he in daardie geval is dat dit nie moes gebeur het nie.
> En dis iets wat jy nie kan kry nie, selfs al hang jy die moordenaar, of
> selfs al slag jy sy maag oop en laat hom sy eie derms eet terwyl jy sy lewer
> uitslag (net om hom 'n les te leer natuurlik), of al neem jy vyf minute om
> hom in 'n elektriese stoel te braai. Wat jy ookal doen, sal jy die moord
> nie ongedaan maak nie. En weet jy, wat met my familie gebeur het gebeur
> tydens die vorige regering, toe daar nog 'n doodstraf was.
>
> Hierdie bespreking was tog interessant, al was dit net in die sin dat dit
> ons gewys het dat daar nie werklik 'n bespreking moontlik is nie. Net iets
> oor tronke, wat julle dink glad nie 'n afskrikmiddel is nie, al wil ek
> aanbeveel dat enigiemand wat werklik geinteresseerd is gaan oplees oor die
> doodstraf, en statistieke en plekke waar dit eens op 'n tyd uitgevoer is, en
> wat die gevolge (indien enige) daarvan was, eerder as om eenvoudig te dink
> mense is bang om hulle lewens te verloor en sal dus nie moor nie om die
> straf te vermy. Dis 'n belaglike oorvereenvoudiging. En anders as in
> Glucklich se interessante logika, dis nie die fout van mense wat moordenaars
> hoop gee dat die doodstraf nie werk nie. Om terug te kom by tronke, dis so
> erg 'n straf as wat dit moontlik is om vir iemand te gee, soos oor en oor
> bewys deur selfmoord in tronke (Ian Brady word nou al jare met 'n pyp wat in
> sy keel afgedruk word om hom teen sy wil te voed geforseer om aan die lewe
> te bly terwyl hy smeek om dood te gaan) en kondisies in tronke oor die
> algemeen.
>
> As die meerderheid van julle in SA en Namibia dan die doodstraf wil terug
> he, en dus 'n regsbeginsel wat op wraak en die doodstraf gebasseer is, dan
> hoop ek julle kry dit, en wil dit nog steeds he waneer julle dit kry. Dis
> dalk 'n goeie idee om aanhoudend ondergetekende briewe aan die politici te
> stuur waarin julle daarop aandring. Onthou ook om dit aan die beskaafde
> wereld uit te basuin dat julle die doodstraf heelhartig ondersteun.
>
> En ja, Glucklich, ek wil baie baie graag die beskawing (vir myself) hou.
> Dankie vir die bespreking.
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80867 is 'n antwoord op boodskap #80851] Wo, 23 Julie 2003 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Lorinda, moet nie nou al waai nie! Net om jou te antwoord op die vragie
oor Suider-Afrika en die houding oor doodstraf: Jy sal dit op die straat
en in Namibië nogal moeilik vind om onder die gematigdes iemand te kry wat
NIE saamstem met die doodstraf 'n verergerde strawwe vir gewone misdaad soos
diefstal nie! As jy na al die plaasmoorde kyk en die gewone diefstal wat
daagliks plaasvind en ons almal maar beleef, is dit nie onverstaanbaar dat
die mense voel dat die strawwe te lig is nie. Gewoonlik gaan van die
politici dan ook nog op verjaarsdae, onafhanklikheidsdae, ens en stel
misdadigers die res van hulle vonnisse kwyt as 'n
welwillendheidsgebaar....en die ou stap maar net daar uit en steel verder
tot hy weer terug is in die tronk!
Wat die doodstraf aanbetref, staan ek by my punt dat 'n veroordeelde
moordenaar geen nut meer vir enigiemand het nie en het hy ook sy reg op lewe
prysgegee toe hy gemoor het. Dit gaan nie vir my om wraak om hom dood te
maak nie want dan kon ek hom stadig in die Namib laat vrek het deur hom aan
sy ballas aan 'n stuk geroesde doringdraad opgehang het! Dit is net dat 'n
man moet instaan vir jou dade en hoekom moet die belastingbetaler die
finansiële las verder dra van 'n nuttelose geval?

"Lorinda" skryf in boodskap news:3f1dc0d5_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:47gTa.1950$H73.88@fe02.atl2.webusenet.com...
>
>
>> "Beskaafde" mense wat
>> moordemaars hoop gee is miskien in 'n mate ook verantwoordelik vir die
> feit
>> dat moorde steeds gepleeg word te midde van die doodstraf.
>
>
>
>> Nee wat as dit beskawing is kan jy dit maar vir jouself hou.
>
> Ek weet nie waarom julle so histeries raak waneer daar 'n bespreking oor die
> doodstraf is nie. Die wereld is overdue vir 'n periode van die donker eeue
> en tyd en die geselskap waarin julle verkeer is aan julle kant.
>
> Oor jou oom, niemand behalwe jy maak sy lewe "cheap" nie. Tog snaaks hoe
> julle altyd aaneem dat iemand wat teen die doodstraf is nooit 'n
> naasbestaande kon gewees het van iemand wat vermoor is nie.... Miskien omdat
> die persoon nie na genoeg aan jou was nie, en jy nie weet dat wat mens
> regtig, regtig wil he in daardie geval is dat dit nie moes gebeur het nie.
> En dis iets wat jy nie kan kry nie, selfs al hang jy die moordenaar, of
> selfs al slag jy sy maag oop en laat hom sy eie derms eet terwyl jy sy lewer
> uitslag (net om hom 'n les te leer natuurlik), of al neem jy vyf minute om
> hom in 'n elektriese stoel te braai. Wat jy ookal doen, sal jy die moord
> nie ongedaan maak nie. En weet jy, wat met my familie gebeur het gebeur
> tydens die vorige regering, toe daar nog 'n doodstraf was.
>
> Hierdie bespreking was tog interessant, al was dit net in die sin dat dit
> ons gewys het dat daar nie werklik 'n bespreking moontlik is nie. Net iets
> oor tronke, wat julle dink glad nie 'n afskrikmiddel is nie, al wil ek
> aanbeveel dat enigiemand wat werklik geinteresseerd is gaan oplees oor die
> doodstraf, en statistieke en plekke waar dit eens op 'n tyd uitgevoer is, en
> wat die gevolge (indien enige) daarvan was, eerder as om eenvoudig te dink
> mense is bang om hulle lewens te verloor en sal dus nie moor nie om die
> straf te vermy. Dis 'n belaglike oorvereenvoudiging. En anders as in
> Glucklich se interessante logika, dis nie die fout van mense wat moordenaars
> hoop gee dat die doodstraf nie werk nie. Om terug te kom by tronke, dis so
> erg 'n straf as wat dit moontlik is om vir iemand te gee, soos oor en oor
> bewys deur selfmoord in tronke (Ian Brady word nou al jare met 'n pyp wat in
> sy keel afgedruk word om hom teen sy wil te voed geforseer om aan die lewe
> te bly terwyl hy smeek om dood te gaan) en kondisies in tronke oor die
> algemeen.
>
> As die meerderheid van julle in SA en Namibia dan die doodstraf wil terug
> he, en dus 'n regsbeginsel wat op wraak en die doodstraf gebasseer is, dan
> hoop ek julle kry dit, en wil dit nog steeds he waneer julle dit kry. Dis
> dalk 'n goeie idee om aanhoudend ondergetekende briewe aan die politici te
> stuur waarin julle daarop aandring. Onthou ook om dit aan die beskaafde
> wereld uit te basuin dat julle die doodstraf heelhartig ondersteun.
>
> En ja, Glucklich, ek wil baie baie graag die beskawing (vir myself) hou.
> Dankie vir die bespreking.
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80906 is 'n antwoord op boodskap #80866] Wo, 23 Julie 2003 20:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f1e3d7a.0@news1.mweb.co.za...
> Lorinda, moet nie nou al waai nie! Net om jou te antwoord op die vragie
> oor Suider-Afrika en die houding oor doodstraf: Jy sal dit op die straat
> en in Namibië nogal moeilik vind om onder die gematigdes iemand te kry wat
> NIE saamstem met die doodstraf 'n verergerde strawwe vir gewone misdaad soos
> diefstal nie! As jy na al die plaasmoorde kyk en die gewone diefstal wat
> daagliks plaasvind en ons almal maar beleef, is dit nie onverstaanbaar dat
> die mense voel dat die strawwe te lig is nie.

Daar is nie eintlik 'n punt in om die bespreking (met my) voort te sit nie,
ons is nou besig om in sirkels te redeneer. Soos ek gesê het mense dink maar
wat hulle dink oor hierdie saak. Dit is nie dat ek nie simpatie het met die
feit dat Suider-Afrika deur 'n moeilike periode gaan nie (tans gaan almal
daardeur, vantevore was dit net die lot van die townships), en dis waarom ek
dit vergelyk het met die periode van verstedeliking in Engeland. Ek dink net
dat verdere brutaliteit nie die saak sal help nie, dit maak dit net erger
want jy ondermyn jou eie posisie (dat om 'n lewe te neem barbaars is). Ek
dink ook dat om die doodstraf voor te staan kortsigtig is.

Terloops, het jy opgelet dat niemand in hierdie bespreking ingespring het
met Bybelse aanhalings nie? Ek wonder wat dit sê?

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80908 is 'n antwoord op boodskap #80906] Wo, 23 Julie 2003 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons is 'n klomp heidene hier?:))
Annette

> Terloops, het jy opgelet dat niemand in hierdie bespreking ingespring het
> met Bybelse aanhalings nie? Ek wonder wat dit sê?
>
> Lorinda
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80909 is 'n antwoord op boodskap #80908] Wo, 23 Julie 2003 21:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:bfmsut$gamom$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Ons is 'n klomp heidene hier?:))
> Annette

Mens sou nie so sê as jy na baie van die ander temas wat al hier bespreek is
kyk nie:-)) . Hulle was net baie stil gedurende hierdie spesifieke gesprek,
wat ek nogal interessant vind. Of as hulle wel deelgeneem het het hulle nie
die Bybel aangehaal nie.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80930 is 'n antwoord op boodskap #80851] Do, 24 Julie 2003 12:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> En ja, Glucklich, ek wil baie baie graag die beskawing (vir myself) hou.
> Dankie vir die bespreking.
>
> Lorinda
>
My oom se dood spook jare later nog steeds by my. My verhouding met hom is
privaat, maar as jy ons geken het sou jy my nie beskuldig soos jy nou doen
nie.

Daardie moordenaars wat my oom vermoor het is binnekort weer op straat in
Suid Afrika.

Glo jy dat die paar jaar in die tronk hulle gerehabiliteer het?

Was al die balastinggeld 'n goeie belegging of nie?

Indien die tronkstarf nie gewerk het nie, dink jy hulle volgende slagoffers
is maar net bloot slagoffers van die beskawing?

Is dit die risiko werd om hierdie soort mense weer op straat los te laat?

Hoe kan jy sê die doodstarf is nie effektief nie. Het jy bewyse van
tereggestelde moordenaars wat weer gemoor het?

Was die "Roman Empire" 'n groep barbare of 'n beskawing?

Wat presies is jou definisie van beskawing?

Ek gee nie voor ek weet alles nie, ek is ook maar op soek vir antwoorde oor
goeters soos die.

En "Interessante Logika" is dalk 'n taktiek om reaksie uit te lok, so wees
versigtig.
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80954 is 'n antwoord op boodskap #80909] Do, 24 Julie 2003 17:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Jy het gevra vir aanhalings en hier is dit.
---
Mat 5:21 Julle het gehoor dat aan die mense van
die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar
elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen
voor die gereg
Lev 24:17 En as iemand enige mens doodslaan, moet
hy
sekerlik gedood word.
Exo 21:12 Hy wat 'n mens slaan, dat hy sterwe,
moet sekerlik gedood word.
---
As 'n Christen glo jy dat die Swaard aan die
regering van die dag gegee word, want geen
regering word gevorm sonder dat God dit toelaat
nie. As die regering dan besluit dat mense nie
meer gehang word nie, laat dit dan so wees. As die
regering van die dag sy hande in onskuld was en
die aborsie wet goed keur, is dit die gewete van
die moeder wat sal praat tot haar en sal sy eendag
verantwoording moet doen voor God, maar nog
steeds mag jy en ek nie oordeel nie.
---
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80958 is 'n antwoord op boodskap #80954] Do, 24 Julie 2003 17:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Tobie - re Matt 5:21 - gaan kyk bietjie by:
http://www.gospelcom.net/eword/comments/matthew/mh/matthew5. htm
--
Soos ek die storietjie lees is elkeen wat doodslaan ( doodmaak) skuldig -
selfs die wat oorlog en in opdrag van 'n meerdere doodmaak ( soldate).
En dit is nie die mens se reg om die skuldige ter dood te veroordeel en dood
te maak nie, maar die regbank van God.
So wie het wanneer besluit dat 'n aardse regbank die oordeel kan vel en
uitvoer en dat politici en generaals wat die opdragte gee en soldate wat die
doodmaakopdragte uitvoer vrygestel kan word van hierdie bybelse opdrag?

Annette

"Tobie" skryf in boodskap news:bfp3s6$86e$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Jy het gevra vir aanhalings en hier is dit.
> ---
> Mat 5:21 Julle het gehoor dat aan die mense van
> die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar
> elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen
> voor die gereg
> Lev 24:17 En as iemand enige mens doodslaan, moet
> hy
> sekerlik gedood word.
> Exo 21:12 Hy wat 'n mens slaan, dat hy sterwe,
> moet sekerlik gedood word.
> ---
> As 'n Christen glo jy dat die Swaard aan die
> regering van die dag gegee word, want geen
> regering word gevorm sonder dat God dit toelaat
> nie. As die regering dan besluit dat mense nie
> meer gehang word nie, laat dit dan so wees. As die
> regering van die dag sy hande in onskuld was en
> die aborsie wet goed keur, is dit die gewete van
> die moeder wat sal praat tot haar en sal sy eendag
> verantwoording moet doen voor God, maar nog
> steeds mag jy en ek nie oordeel nie.
> ---
>
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80964 is 'n antwoord op boodskap #80930] Do, 24 Julie 2003 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:wuQTa.13017
>
> Ek gee nie voor ek weet alles nie, ek is ook maar op soek vir antwoorde oor
> goeters soos die.
>
> En "Interessante Logika" is dalk 'n taktiek om reaksie uit te lok, so wees
> versigtig.

Glucklich, ek probeer gewoonlik om nie aanstoot te gee nie. Ek kry dit nie
altyd reg nie. So ek sal maar net sê ek hoop jy kry die antwoorde op die
"vrae" wat jy vra. Ek raai dat jy nie na antwoorde soek nie, net
regverdigmaking vir wat jy glo.
Oor die "interessante logika", ek glo nie dat dit 'n taktiek is om reaksie
uit te lok nie, dis die rugraat van jou argumente waaroor jy nou ookal pos.

Ek het alreeds gesê ek hoop julle kry wat julle wil hê. Oor 'n "definisie"
van beskawing is dit 'n heel ander bespreking, en het ek my opinie daaroor
gegee. Jy het joune ook gegee. Moor voort.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #80999 is 'n antwoord op boodskap #80964] Vr, 25 Julie 2003 11:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Ek het alreeds gesê ek hoop julle kry wat julle wil hê. Oor 'n "definisie"
> van beskawing is dit 'n heel ander bespreking, en het ek my opinie daaroor
> gegee. Jy het joune ook gegee. Moor voort.
>
> Lorinda
>

Hoe is dit dan nou skielik 'n ander bespreking? Moenie vergeet nie dit was
jy wat die kwesie van beskawing by hierdie bespreking opgebring het.
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #81039 is 'n antwoord op boodskap #80999] Vr, 25 Julie 2003 16:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:9i8Ua.14582$3I1.13768@fe03.atl2.webusenet.com...

> Hoe is dit dan nou skielik 'n ander bespreking? Moenie vergeet nie dit was
> jy wat die kwesie van beskawing by hierdie bespreking opgebring het.
>

Dis reg. Dit was ek. Oor hoe beskawing uitgedruk word in 'n samelewing in
die 21ste eeu wat sê dat die neem van 'n lewe verkeerd is. 'n Ander
bespreking is oor 'n "definisie" van beskawing want dit moet noodwendig oor
baie meer as 'n woordeboek aanhaling gaan. Beskawing is iets soos 'n
gemeenskap wat deur 'n hoë vlak van intelektuele, sosiale en kulturele
ontwikkeling gekarakteriseer word. Dit beteken niks sonder konteks nie.

Kom ons kyk na jou "vraag" oor die Romeinse beskawing. Praat jy van die
Republiek of die Ryk? Praat jy van Cicero se siening as mens hom nou sou
vergelyk met die siening van iemand soos Herodotus of 'n filosoof soos
Plato, wat sy voorgangers was en die basis waarop die Romeine gebou het, of
soos vergelyk met iemand soos sê Hobshawn of Baudrillard in die twintigste
eeu (om na die geskiedkundige sowel as die filosofie te kyk)? Praat jy van
die beskawing soos uitgedruk in die boukuns, die ingeneurs talent, die
regsbeginsel? Daar is nie 'n ja of nee antwoord op jou "vraag" nie. Ek het
my opinie, en die opinie van die beskaafde wereld oor die doodstraf gegee.
Dit maak ten volle sin dat jy dink wat nou bevraagteken moet word is
beskawing. As jy voel dat dit juis die beskaafde lande/state is wat wel die
doodstraf het, dan kan ek maar net sê geniet die geselskap.

Ook jou beskuldiging dat dit ek was "wat beskawing by hierdie bespreking
opgebring het". Jy is reg, en dit is duidelik dat jy dink dit hoort nie hier
nie. Ek praat graag met mense wat ander wereld beskouings as ek het, ek voel
nie dat ons mekaar noodwendig moet ooreed nie, mens kan nog altyd iets leer,
of jou eie denke verskerp. Jy is nie een van hulle nie. Daar is twee redes
voor, die een is dat jy nie redeneer nie, jy kerm. Jy kerm selfs voort in
enige ander tema op die ng of dit nou iets met hierdie bespreking te doen
het of nie, soos jy nou doen oor "tronke" Die tweede sluit daarby aan, jy
sien sentiment en emosie vir 'n argument aan.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #81049 is 'n antwoord op boodskap #81039] Vr, 25 Julie 2003 19:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Lorinda:
> Ook jou beskuldiging dat dit ek was "wat beskawing by hierdie bespreking
> opgebring het". Jy is reg, en dit is duidelik dat jy dink dit hoort nie hier
> nie. Ek praat graag met mense wat ander wereld beskouings as ek het, ek voel
> nie dat ons mekaar noodwendig moet ooreed nie, mens kan nog altyd iets leer,
> of jou eie denke verskerp.

"Good for you" Maar ook nie as ander mense te veel van jou verskil nie nê,
dan verkleineer jy hulle eerder.

> Lorinda:
> Jy is nie een van hulle nie. Daar is twee redes
> voor, die een is dat jy nie redeneer nie, jy kerm. Jy kerm selfs voort in
> enige ander tema op die ng

Stadig met die beledigings!! dit getuig nie goed vir jou redenasie vermoë
nie.

> Lorinda:
> of dit nou iets met hierdie bespreking te doen
> het of nie, soos jy nou doen oor "tronke"

Die tronke storie sluit aan by hierdie bespreking. Tronke is daai duur
hotelle wat jy voorstel as straf vir moordenaars. Dis egter beter as 'n
hotel want as mens by 'n hotel uitboek moet jy betaal vir jou verblyf. Die
slagoffers se beskaafde familie betaal vir jou verblyf in tronke.

> Lorinda
> Die tweede sluit daarby aan, jy sien sentiment en emosie vir 'n argument
aan.

Wraggies daar spaar jy my sowaar 'n klomp geld, ek gaan onmiddelik my
afspraak by die sielkundige kanseleer.
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #81053 is 'n antwoord op boodskap #81049] Vr, 25 Julie 2003 20:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:NnfUa.22$2m.7@fe04.atl2.webusenet.com...
>
> "Good for you" Maar ook nie as ander mense te veel van jou verskil nie nê,
> dan verkleineer jy hulle eerder.
>

Nee, Glucklich. Net vir jou. En jy het lank gesoek.

Lorinda
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #81092 is 'n antwoord op boodskap #81053] Sa, 26 Julie 2003 12:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
>> "Good for you" Maar ook nie as ander mense te veel van jou verskil nie nè,
>> dan verkleineer jy hulle eerder.
>>
>
> Nee, Glucklich. Net vir jou. En jy het lank gesoek.
>
> Lorinda

Nee ek soek niks nie antie, ek het maar net vrae gevra wat jy nie kan/of wil
antwoord nie.
Re: Doodstraf - praat weer [boodskap #81132 is 'n antwoord op boodskap #81092] Sa, 26 Julie 2003 19:09 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:cyuUa.2628$oq.555@fe04.atl2.webusenet.com...
>>> "Good for you" Maar ook nie as ander mense te veel van jou verskil nie
> nê,
>>> dan verkleineer jy hulle eerder.
>>>
>>
>> Nee, Glucklich. Net vir jou. En jy het lank gesoek.
>>
>> Lorinda
>
> Nee ek soek niks nie antie, ek het maar net vrae gevra wat jy nie kan/of wil
> antwoord nie.
>
Vorige onderwerp: Julle moet lekker slaap
Volgende onderwerp: Bob
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 07:19:33 MGT 2024