| Feeste: Wie ken van? [boodskap #80387] |
Do., 10 Julie 2003 13:42  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
So pas het die Visfees hier aan ons kus [op Hentiesbaai] afgeloop en volgens
alle aanduidings was dit 'n groot sukses, tog is daar 'n praktiese probleem
daarmee wat die organiseerders baie graag sou wou oplos. Hulle sit met 'n
'catch-22': Om die mense te trek kry hulle 'n kunstenaar van naam. Dié
vra natuurlik 'n hele paar pond om te kom optree en moet betaal word. Nou
kan jy:
1. Die hekgeld laag hou om die maksimum voetgangers deur die dag te
verseker om so aan die mense wat uitstal en te verkoop die maksimum
besoekers te verseker en aparte kaartjies verkoop vir aand van optrede wat
heelwat duurder is. Die probleem is egter dat mense wat nie betaal het om
die 'show' te sien nie, ook kan inglip want op feeste word groot tente
gebruik.
2. Jy kan die toegangsgeld duurder maak en dan kan die besoekers maak wat
hulle wil, die 'show' is by die prys ingesluit, maar wat van die ou wat nie
in die kunstenaar belangstel nie? So 'n duur toegang beteken dat die ou
wat net wil gaan kos koop, dit nie meer kan doen nie. Ook die armer deel
van die gemeenskap word totentaal uitgesluit.
Het iemand dalk raad?
|
|
|
|
| Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80388 is 'n antwoord op boodskap #80387] |
Do., 10 Julie 2003 13:53   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja.
Kry 'n goedkoper sanger en gaan vir opsie 1:))
Annette
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f0d6d69.0@news1.mweb.co.za...
> So pas het die Visfees hier aan ons kus [op Hentiesbaai] afgeloop en volgens
> alle aanduidings was dit 'n groot sukses, tog is daar 'n praktiese probleem
> daarmee wat die organiseerders baie graag sou wou oplos. Hulle sit met 'n
> 'catch-22': Om die mense te trek kry hulle 'n kunstenaar van naam. Dié
> vra natuurlik 'n hele paar pond om te kom optree en moet betaal word. Nou
> kan jy:
> 1. Die hekgeld laag hou om die maksimum voetgangers deur die dag te
> verseker om so aan die mense wat uitstal en te verkoop die maksimum
> besoekers te verseker en aparte kaartjies verkoop vir aand van optrede wat
> heelwat duurder is. Die probleem is egter dat mense wat nie betaal het om
> die 'show' te sien nie, ook kan inglip want op feeste word groot tente
> gebruik.
> 2. Jy kan die toegangsgeld duurder maak en dan kan die besoekers maak wat
> hulle wil, die 'show' is by die prys ingesluit, maar wat van die ou wat nie
> in die kunstenaar belangstel nie? So 'n duur toegang beteken dat die ou
> wat net wil gaan kos koop, dit nie meer kan doen nie. Ook die armer deel
> van die gemeenskap word totentaal uitgesluit.
> Het iemand dalk raad?
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80507 is 'n antwoord op boodskap #80501] |
Di., 15 Julie 2003 11:47   |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het in dieselfde dorp as hy gebly, en ons het nogal gereeld in hom
vasgeloop. Meeste van die tyd het ons mekaar maar geignoreer, maar soos dit
gaan as jy mense aanhoudend raakloop en ons later maar so kopknik by mekaar
verbygeloop. Hy's goed met die mense na sy show, en sy fans, maar met mense
wat nie aandag aan hom gee nie, kan hy mislik wees. Hy was bv. baie
vriendelik met my suster toe sy hom eendag na sy show ontmoet het, maar so
op straat as hy dink niemand kyk nie kan hy nogal ongeskik wees, ek praat
uit persoonlike ondervinding nadat ek 'n stel met hom afgetrap het. Sy
vroutjie, Natasha, is baie nice, net 'n bietjie klouerig aan hom, maar
verder altyd vriendelik.
E
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f13a41c.0@news1.mweb.co.za...
> Kan ek aanneem dat jy uit eie ondervinding praat? Daar was groot probleme
> om hom in Namibië te kry agv 'n besprekingsboggerop van vliegtuie en
> spesiale planne moes gemaak word. Die een vrou het hier by ons gesê dat sy
> nie kon glo hoe normaal en sonder strooi so 'n bekende ou kan wees nie!
> Miskien PMS of so iets dat hy die dag toe julle ontmoet het nie so lekker
> was nie?
|
|
|
|
| Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80510 is 'n antwoord op boodskap #80507] |
Di., 15 Julie 2003 13:27   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
OK, ek gee bes, jy ken hom. Dalk die bekendheid en nooit privaat wees wat
dalk die man vang?
"Elaine" skryf in boodskap news:3f13e9d4$0$236@hades.is.co.za...
> Ek het in dieselfde dorp as hy gebly, en ons het nogal gereeld in hom
> vasgeloop. Meeste van die tyd het ons mekaar maar geignoreer, maar soos dit
> gaan as jy mense aanhoudend raakloop en ons later maar so kopknik by mekaar
> verbygeloop. Hy's goed met die mense na sy show, en sy fans, maar met mense
> wat nie aandag aan hom gee nie, kan hy mislik wees. Hy was bv. baie
> vriendelik met my suster toe sy hom eendag na sy show ontmoet het, maar so
> op straat as hy dink niemand kyk nie kan hy nogal ongeskik wees, ek praat
> uit persoonlike ondervinding nadat ek 'n stel met hom afgetrap het. Sy
> vroutjie, Natasha, is baie nice, net 'n bietjie klouerig aan hom, maar
> verder altyd vriendelik.
>
> E
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3f13a41c.0@news1.mweb.co.za...
>> Kan ek aanneem dat jy uit eie ondervinding praat? Daar was groot probleme
>> om hom in Namibië te kry agv 'n besprekingsboggerop van vliegtuie en
>> spesiale planne moes gemaak word. Die een vrou het hier by ons gesê dat sy
>> nie kon glo hoe normaal en sonder strooi so 'n bekende ou kan wees nie!
>> Miskien PMS of so iets dat hy die dag toe julle ontmoet het nie so lekker
>> was nie?
>
|
|
|
|
| Re: Feeste: Wie ken van? [boodskap #80529 is 'n antwoord op boodskap #80510] |
Di., 15 Julie 2003 19:34  |
Elaine
Boodskappe: 2947 Geregistreer: Desember 2003
|
Senior Lid |
|
|
Ek het juis daaraan gedink vandag. Dit kan seker nie maklik wees om heeldag
met 'n smile op jou gesig rond te loop nie.
E
"Suidwester" skryf in boodskap news:3f140142.0@news1.mweb.co.za...
> OK, ek gee bes, jy ken hom. Dalk die bekendheid en nooit privaat wees wat
> dalk die man vang?
|
|
|
|