Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » leesstof: iets om oor te wonder...
leesstof: iets om oor te wonder... [boodskap #80150] So, 06 Julie 2003 15:34
cybit friendly  is tans af-lyn  cybit friendly
Boodskappe: 20
Geregistreer: Februarie 2002
Karma: 0
Junior Lid
Uit my dagboek:

Die VSA het 'n (50-jaar?) plan om die wêreld oor te neem. Ondenkbaar! Is dit
moontlik, na soveel kere, dat geskiedenis homself ALWEER herhaal?!

Hoe ver ons nou al in herdie periode in is, weet ek nie, ek is inderdaad nie
eens seker dat ons alreeds hierdie tydperk betree het nie, en of wat ons nou
sien aan die gebeur is bloot maar die voorbereiding daarvoor is nie...feit
bly staan.

Sleutelbegrippe wat tans gereeld saam met sulke aanduidende sentimente
ge-uiter word is "projection of force", "military presence", "war on
terrorism", "freedom and democracy", ens, ens, ad nausea - waarvan "military
presence" seker die mees openbarend is. Die "strong will" van die Amerikaner
is selde meer tasbaar as wanneer dit uitgedruk word in militaristiese terme,
en wanneer dit die verkose manier van geskil-oplossing is (waneer die wenner
'reg' is), dan stry jy nie met hom nie. 'n Sterk "military presence" in
Afrika, veral ver-noord en -suid, plaas hom in die posisie om 'n wye reeks
taktieke op sy nabye opponente uit te voer, asook onder ekstreme
omstandighede, die hele Afrika lam te lê. Stel dit so: Afrika is tans 'n
"legitimate military target zone".

Indien dit sou gebeur dat die VSA nou sy tong slyp ten einde die s.g.
Military Presence hier te vestig, mag hy homself weereens vasloop teen
"unexpected high levels of resistance" omdat, dank God, Afrika nou gatvol
blyk te wees vir westerse besetting. Die ou ryperd van omkoopmiddels,
$Geld$, sal beslis van sy impak ontneem word wanneer Afrika uiteindelik
besef dat hierdie rykdomme alreeds in die eerste plek onder hulle eie voete,
en neuse, van hulle geroof was! Dis 'n ou en ingewikkelde taktiek wat geduld
en deursetting verg, maar om jou opponent in elende te dompel en dan om
jouself voor te doen as 'n toevallige samaritaan het al deur die eeue heen
homself bewys as uiters doeltreffend. Ondermyning, onderskepping en
indringing van die opponent, op elke doenbare vlak, is die middel.
Oorrompeling van sy mandaat en bestaan die doelwit. Algehele beheer is die
uitkoms.

Watter persentasie van wat 'n Suid Afrikaner op TV kyk is Amerikaans, of
selfs Brits? Watter persentasie van hom en sy gesin se dieët? Sy vermaak?
Met hoeveel Amerkiaanse produkte het hy by die werk mee te doen? Amerikaanse
produkte, kultuur, politiek en ekonomie speel 'n enorme, onmiskenbare rol in
ons lewens as Suid Afrikaners. Kinders praat engels met Amerikaanse aksente,
gebruik Amerikaanse terme, en dit wil vir my voorkom as of hulle ook
Amerikaanse waardes en konsepte van 'reg' en 'verkeerd' by die huis
nastreef. My vrou is 'n kleuterskool onderwyseres en ouers kla dat hulle
beheer oor hul kinders begin verloor omdat hulle, die tjokkerkies, 'ander
idees' oor hul eie identiteite het. Leiwe hemel.

Wie is te sê wie is "reg" en wie is "verkeerd"? Kyk na geloof en jy vind
baie (eenderse) antwoorde, maar kyk elders en dis 'n warboel van filosofieë
en persoonlike oortuigins. Soms is dit bloot die wenner wat reg is...want
wie is om te stry? Dit blyk nou al openbare kennis te wees dat die
oorspronklike stories wat aangevoer is as rede vir Amerika se oorlog in Irak
blote leuens was en dat die werklike rede baie sinister is. Tog, wat doens
ons - die wêreld - daaromtrent? Amerika is tans op 'n "world tour" om
homself globale vryskelding van aanspreeklikheid teenoor wêreld-wet te
bekom. Wat doen ons - die wêreld - daaroor? Bush is in Suid Afrika om te kom
hello sê en te kyk hoe dit met ons gaan?

Hoekom voel ek 'n knop in my binneste hieroor? Ek kan, as ek lank en hard
dink, 'n wêreld indink waar daar een regerende liggaam na die belange van
die planeet se bevolking omsien, waar elkeen se uniekheid en/of deel van
unieke groep bevestig en beskerm word, waar elkeen na bekombare gemak en
gerustheid streef, waar die infrastruktuur bestaan om globale kommunikase en
handel te bewerk en toeganklikheid daartoe is in enigeen se bereik, waar
wetsgehoorsaamheid en sosiale orde heers. Een wetstelsel, een monetêre
stelsel, een strafstelsel, een opvoedingstelsel, en nogal "fully
customizable"...dit klink hemels. Waarom IS dit nie die groot doelwit waarna
elkeen van ons streef nie? En niemand anders is meer toegerus om dit te
behartig as die VSA - wie se kultuur in elk geval alreeds gevestig is as
'wêreld-kultuur'. Dis 'n aardige ongemak wat ek voel hieroor, iets wat baie
diep binne-in my beweeg. Amper op sielsvlak.

Dwelms, pornografie, godslastering, goëlary, dobbel, prostitusie,
homoseksualiteit, losbandigheid, haat, geweld en moordlustigheid, minagting,
leuens, selfsug, 'greed', jaloesie...die wenresepte in amper elke Hollywood
fliek. Tog het hierdie konsepte polities inkorrek begin raak, omdat dit nie
meer 'reg' is om te sê dis 'verkeerd' nie - want wat IS nou eintlik 'reg'?
Wanneer kinders in Irak aan flarde geskeur is deur bomme, dan troos ons
onself daaraan dat alles mooi gaan eindig - want dit is die persoonlike
ervaring wat meeste gewone westerse mense met oorlog het. Hollywood oorloë.
Diegene wat wel persoonlike ondervinding met werklike oorog gehad het
(gelukkig in die minderheid), voel ietwat anders, en weet dalk selfs ook wat
regte bomme aan regte mensekinders doen. Maar in 'n demokrasie tel die
minderheidsstem maar min. Gelukkig so, want anders sou die wêreld 'n moeilik
beheerbare plek gewees het. En sedert 'n demokrasie die mag van die
meerderheid agter hom het, is dit uiters noodsaaklik om stemme te werf sodat
die minderheid se impotensie verder uitgebuit kan word, en daardeur
oorwinning te kan verseker. Maak soms nie saak hoe nie, want almal is mal
oor 'n wenner, en almal hou van wen. Dit is juis deur vir 'n mens te wys dat
jy beskik oor die vermoë om aan sy behoeftes, en ook aan sy begeertes, te
kan voldoen, dat jy hom aan jou kant kry. Sy onafhanklikheid van jou
voorsiening kan deur jou eie toedoen en met sy meedoening versterk word - en
dis die verhoudign wat miljoene westerse mense regoor die wêreld met Amerika
het. Dink net aan hoeveel mense se werk, waarvan hulle leef, afhanklik is
van die een of ander Microsoft produk. Dink aan hoeveel Amirkaanse "brand"
sigarette, wat bykans so verslawend as Heroïne is, daagliks gerook word.

Daar bly relatief min stappe oor vir Amerika om te neem, omdat soveel
alreeds geneem is. Geeneen kan ontken dat op een of ander wyse het die VSA
sy vinger in elk een van ons se pastye het nie. Hoe nou gemaak? As 'n
Afrikaner voel ek ons (Afrikaners) is reeds so besig om ons eie
volks-identiteit te hervestig dat ons nie die tyd het om 'n worry oor sulke
kwessies nie. Tog glo ek dat ons dit iewers dalk moet inwerk, al is dit net
om voorsiening te maak vir so iets. Dit sal juis die oorwegende faktor in
die vergelyking wees, want identitieit is tog konteksverbonde, onafskeidbaar
van relatiwiteit, en wie ek is, wie ons is, is slegs ten erkenning daarvan
deur ander. Onafhanklikheid die na-streef van eie waardes, vra maar enige
tiener! Maar wanneer die waardes wat nagestreef word voorgesit word deur
magte wat voordeel daaruit sal put wanneer jy juis HUL waardes nastreef,
verloor jy die voorreg om jou identiteit self te vorm. As 'n volk het die
Afrikaner dus die plig aan homself om daartoe toe te sien dat ons nastreef
van waardes nie verwar word met ons nastreef na herkenning en aanvaarding
nie, en dat die waardes wat ons nastreef altyd onderworpe is aan eie
ondersoeking en bevraging. Moralitiet het gelukkig in meeste van ons se
opbrengs 'n sterk rol gespeel, en gelukkig is die meerderheid van Afrikaners
gelowige mense.

Die grootste verset teen Amerikaanse invloed kom juis uit die gelowiges se
hoek. Ekstremiste pleeg dade teen Amerika uit geloofsoortuiging, en
gelowiges gebruik die internasionale media om, op baie meer subtiele
maniere, hul protes aan te voer. Dit sê iets.
Vorige onderwerp: Lorinda
Volgende onderwerp: Gevaarlike sending
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 23:45:10 MGT 2024