Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SA Prez in Jamaica
SA Prez in Jamaica [boodskap #80099] Sa, 05 Julie 2003 00:41 na volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek was die laaste paar weke in Jamaica en het soos gewoonlik in die Jamaica
Pegasus hotel in Kingston, tuis gegaan.

Terwyl ek so ewe rustig in die ingangs portaal sit en wag vir my amerikaanse
kolega, hoor ek net polisie sirenes en 'n groot lawaai aankom. Die volgende
oomblik toe stap ou Thabo homself reg voor my verby na die hysers toe.
Natuurlik was daar 'n paar ander outjies wat saam met hom stap en hulle dra
almal sulke swart "suits" en gehoor stukkies. (hulle kyk sekerlik te veel
movies of hulle is almal doof)

Assof dit toe nou nie genoeg is nie loop ek toe die volgende dag weer die
groepie raak toe hulle oppad is on te gaan ontbyt eet. Thabo en sy trawante
het natuurlik nie soos ons lekker langs die swembad ontbyt ge-eet nie hulle
het in een van die konferense sale gaan eet waar daar spesiaal vir hulle
reggemaak was vir ontbyt.

Terwyl Thabo daar was is die Wes Indiese krieket span een aand op na die
17de vloer(wat na bewering totaal deur Thabo en sy trawante opgeneem was) om
hom te gaan ontmoet. Wat my natuurlik verbaas was die ontmoetting wat Thabo
met die "Rastafarian" groep gehad het. Een oggend het daar so 'n vuil man
langs my in die ontvangs portaal kom sit (weer aan de wag die die ^%$#
kolega), die mater het wraggies gevrot. Hy het so 'n lang wit rok aangehad
en snaakse goeters hang rondom sy nek, 'n "multi-colored" stok in sy hande
en 'n lap om sy kop(turban). Terwyl ons daar sit kom daar 'n man aan en sê
vir "stinkie" hy moet net wag want "hulle eet nog". Ek wonder nog wie sal
nou 'n afspraak met so 'n snaakse vuil man wil hê toe sien ek daai aand op
lokale televisie dat dit Thabo se besoeker was. Ek wonder nou maar net wat
is die doel van die Suid Afrikaase president om met hierdie groep te
ontmoet. Miskien verstaan ek die ding heeltemaal verkeerd maar die
rastafarians is mos iets soos die hippies van ouds. Dalk het Thabo hierdie
rastafarians ontmoet om handels bande te versterk. Ek kan maar net wonder
watse soort produkte hulle in belang sou stel ;)

Ek was lank laas in 'n plek waar daar so baie dagga gerook word soos in
Kingston. Die taxi's het mos daai ou soort lugreling, die soort was jy met
'n slingertjie op die deur moet aanskakel. So as mens nou so ry deur die
stad ruik jy maar die reukies wat in die stad rondhang. Dis Dagga op elke
2de hoek. Ons het die een dag 'n posstuk gaan oplaai en terwyl ek buite
gestaan en wag het vir my vriend het ek 'n man somer openlik in die straat
sien afstap ek dagga rook("needless to say " 'n rastafarian).

Terwyl ek in die Pegasus Hotel was het ek die geleentheid gekry om 'n paar
woorde met Brian Lara te wissel. Hy was maar senuagtig voor die krieket
toets wedstryd teen Sri-Lanka, maar dis was 'n ander storie Sondag aand toe
hulle terugkeer vannaf die wedstryd. Natuurlik was hy toe vol vreugde na
hulle groot oorwinning. Later die aand het ek 'n drankie geniet langs die
swembad saam met 6 van die West-Indies spelers maar Brian Lara was nie
tussen hulle nie.

Volgende week is ek weer in Port of Spain, Trinidad. hopelik is dit meer
rustig daar. Die snaakse ding is dat ek 'n visa moes kry vir Trinidad,
miskien moet Suid Afrika vir Thabo soontoe stuur. Dis nogal snaaks want
Trinidad is 'n lid van die "Commonwealth", en die meeste carribiese eilande
het nie streng visa vereistes nie. Dis nie altyd so goed vir die toerisme
nie!!
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80103 is 'n antwoord op boodskap #80099] Sa, 05 Julie 2003 06:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie vir die verslag - ons het darem geweet die Prez is na Jamaica - die
vliegtuig moet myle op kry.:)))
Al wat ek kan aflei is dat daar nou 'n uitvoermark gesoek word vir ons goeie
dagga.
Annette

skryf in boodskap news:D2pNa.46$VU3.12@fe02.atl2.webusenet.com...
> Ek was die laaste paar weke in Jamaica en het soos gewoonlik in die Jamaica
> Pegasus hotel in Kingston, tuis gegaan.
>
> Terwyl ek so ewe rustig in die ingangs portaal sit en wag vir my amerikaanse
> kolega, hoor ek net polisie sirenes en 'n groot lawaai aankom. Die volgende
> oomblik toe stap ou Thabo homself reg voor my verby na die hysers toe.
> Natuurlik was daar 'n paar ander outjies wat saam met hom stap en hulle dra
> almal sulke swart "suits" en gehoor stukkies. (hulle kyk sekerlik te veel
> movies of hulle is almal doof)
>
> Assof dit toe nou nie genoeg is nie loop ek toe die volgende dag weer die
> groepie raak toe hulle oppad is on te gaan ontbyt eet. Thabo en sy trawante
> het natuurlik nie soos ons lekker langs die swembad ontbyt ge-eet nie hulle
> het in een van die konferense sale gaan eet waar daar spesiaal vir hulle
> reggemaak was vir ontbyt.
>
> Terwyl Thabo daar was is die Wes Indiese krieket span een aand op na die
> 17de vloer(wat na bewering totaal deur Thabo en sy trawante opgeneem was) om
> hom te gaan ontmoet. Wat my natuurlik verbaas was die ontmoetting wat Thabo
> met die "Rastafarian" groep gehad het. Een oggend het daar so 'n vuil man
> langs my in die ontvangs portaal kom sit (weer aan de wag die die ^%$#
> kolega), die mater het wraggies gevrot. Hy het so 'n lang wit rok aangehad
> en snaakse goeters hang rondom sy nek, 'n "multi-colored" stok in sy hande
> en 'n lap om sy kop(turban). Terwyl ons daar sit kom daar 'n man aan en s�
> vir "stinkie" hy moet net wag want "hulle eet nog". Ek wonder nog wie sal
> nou 'n afspraak met so 'n snaakse vuil man wil hê toe sien ek daai aand op
> lokale televisie dat dit Thabo se besoeker was. Ek wonder nou maar net wat
> is die doel van die Suid Afrikaase president om met hierdie groep te
> ontmoet. Miskien verstaan ek die ding heeltemaal verkeerd maar die
> rastafarians is mos iets soos die hippies van ouds. Dalk het Thabo hierdie
> rastafarians ontmoet om handels bande te versterk. Ek kan maar net wonder
> watse soort produkte hulle in belang sou stel ;)
>
> Ek was lank laas in 'n plek waar daar so baie dagga gerook word soos in
> Kingston. Die taxi's het mos daai ou soort lugreling, die soort was jy met
> 'n slingertjie op die deur moet aanskakel. So as mens nou so ry deur die
> stad ruik jy maar die reukies wat in die stad rondhang. Dis Dagga op elke
> 2de hoek. Ons het die een dag 'n posstuk gaan oplaai en terwyl ek buite
> gestaan en wag het vir my vriend het ek 'n man somer openlik in die straat
> sien afstap ek dagga rook("needless to say " 'n rastafarian).
>
> Terwyl ek in die Pegasus Hotel was het ek die geleentheid gekry om 'n paar
> woorde met Brian Lara te wissel. Hy was maar senuagtig voor die krieket
> toets wedstryd teen Sri-Lanka, maar dis was 'n ander storie Sondag aand toe
> hulle terugkeer vannaf die wedstryd. Natuurlik was hy toe vol vreugde na
> hulle groot oorwinning. Later die aand het ek 'n drankie geniet langs die
> swembad saam met 6 van die West-Indies spelers maar Brian Lara was nie
> tussen hulle nie.
>
> Volgende week is ek weer in Port of Spain, Trinidad. hopelik is dit meer
> rustig daar. Die snaakse ding is dat ek 'n visa moes kry vir Trinidad,
> miskien moet Suid Afrika vir Thabo soontoe stuur. Dis nogal snaaks want
> Trinidad is 'n lid van die "Commonwealth", en die meeste carribiese eilande
> het nie streng visa vereistes nie. Dis nie altyd so goed vir die toerisme
> nie!!
>
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80106 is 'n antwoord op boodskap #80103] Sa, 05 Julie 2003 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Julle moet nou nie 'n oomblik dink julle Thabo kan vir ons Sam Nujoma klop
as dit by konvooie en vliegtuie aanbetref nie! Sam jaag met 'n geklingel
en 'n massa konvooi werk toe elke oggend en terug later in die dag.
Spietkops op bikes, troepe met lugafweerkanonne[!] en AK47's, et al. As
die publiek nie ut die pad kom nie, dan skiet hulle op hulle! Sam het
natuurlik sy vliegtuig en as jy na die BNP van Nam en SA kyk, dan kan Thabo
vir hom 'n 747 koop!

"Annette" skryf in boodskap news:be5q6u$1jicm$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dankie vir die verslag - ons het darem geweet die Prez is na Jamaica - die
> vliegtuig moet myle op kry.:)))
> Al wat ek kan aflei is dat daar nou 'n uitvoermark gesoek word vir ons goeie
> dagga.
> Annette
>
>
> wrote in message
> news:D2pNa.46$VU3.12@fe02.atl2.webusenet.com...
>> Ek was die laaste paar weke in Jamaica en het soos gewoonlik in die
> Jamaica
>> Pegasus hotel in Kingston, tuis gegaan.
>>
>> Terwyl ek so ewe rustig in die ingangs portaal sit en wag vir my
> amerikaanse
>> kolega, hoor ek net polisie sirenes en 'n groot lawaai aankom. Die
> volgende
>> oomblik toe stap ou Thabo homself reg voor my verby na die hysers toe.
>> Natuurlik was daar 'n paar ander outjies wat saam met hom stap en hulle
> dra
>> almal sulke swart "suits" en gehoor stukkies. (hulle kyk sekerlik te veel
>> movies of hulle is almal doof)
>>
>> Assof dit toe nou nie genoeg is nie loop ek toe die volgende dag weer die
>> groepie raak toe hulle oppad is on te gaan ontbyt eet. Thabo en sy
> trawante
>> het natuurlik nie soos ons lekker langs die swembad ontbyt ge-eet nie
> hulle
>> het in een van die konferense sale gaan eet waar daar spesiaal vir hulle
>> reggemaak was vir ontbyt.
>>
>> Terwyl Thabo daar was is die Wes Indiese krieket span een aand op na die
>> 17de vloer(wat na bewering totaal deur Thabo en sy trawante opgeneem
was)
> om
>> hom te gaan ontmoet. Wat my natuurlik verbaas was die ontmoetting wat
> Thabo
>> met die "Rastafarian" groep gehad het. Een oggend het daar so 'n vuil man
>> langs my in die ontvangs portaal kom sit (weer aan de wag die die ^%$#
>> kolega), die mater het wraggies gevrot. Hy het so 'n lang wit rok aangehad
>> en snaakse goeters hang rondom sy nek, 'n "multi-colored" stok in sy hande
>> en 'n lap om sy kop(turban). Terwyl ons daar sit kom daar 'n man aan en
> sê
>> vir "stinkie" hy moet net wag want "hulle eet nog". Ek wonder nog wie sal
>> nou 'n afspraak met so 'n snaakse vuil man wil hê toe sien ek daai aand op
>> lokale televisie dat dit Thabo se besoeker was. Ek wonder nou maar net wat
>> is die doel van die Suid Afrikaase president om met hierdie groep te
>> ontmoet. Miskien verstaan ek die ding heeltemaal verkeerd maar die
>> rastafarians is mos iets soos die hippies van ouds. Dalk het Thabo
> hierdie
>> rastafarians ontmoet om handels bande te versterk. Ek kan maar net wonder
>> watse soort produkte hulle in belang sou stel ;)
>>
>> Ek was lank laas in 'n plek waar daar so baie dagga gerook word soos in
>> Kingston. Die taxi's het mos daai ou soort lugreling, die soort was jy met
>> 'n slingertjie op die deur moet aanskakel. So as mens nou so ry deur die
>> stad ruik jy maar die reukies wat in die stad rondhang. Dis Dagga op elke
>> 2de hoek. Ons het die een dag 'n posstuk gaan oplaai en terwyl ek buite
>> gestaan en wag het vir my vriend het ek 'n man somer openlik in die straat
>> sien afstap ek dagga rook("needless to say " 'n rastafarian).
>>
>> Terwyl ek in die Pegasus Hotel was het ek die geleentheid gekry om 'n paar
>> woorde met Brian Lara te wissel. Hy was maar senuagtig voor die krieket
>> toets wedstryd teen Sri-Lanka, maar dis was 'n ander storie Sondag aand
> toe
>> hulle terugkeer vannaf die wedstryd. Natuurlik was hy toe vol vreugde na
>> hulle groot oorwinning. Later die aand het ek 'n drankie geniet langs die
>> swembad saam met 6 van die West-Indies spelers maar Brian Lara was nie
>> tussen hulle nie.
>>
>> Volgende week is ek weer in Port of Spain, Trinidad. hopelik is dit meer
>> rustig daar. Die snaakse ding is dat ek 'n visa moes kry vir Trinidad,
>> miskien moet Suid Afrika vir Thabo soontoe stuur. Dis nogal snaaks want
>> Trinidad is 'n lid van die "Commonwealth", en die meeste carribiese
> eilande
>> het nie streng visa vereistes nie. Dis nie altyd so goed vir die toerisme
>> nie!!
>>
>
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80114 is 'n antwoord op boodskap #80106] Sa, 05 Julie 2003 11:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, Thabo het sy eie vliegtuig (ek weet nie of dit 'n 747 is nie) - al twee
(?) jaar lank. Hy't miljoene vir die aerie betaal en toe hulle nie kyk nie,
breek sy dure vliegtuig, en kos dit nog 'n paar miljoen om die ding te fix
en die lug in te stuur :o))

E

"PietR" wrote:
Sam het
> natuurlik sy vliegtuig en as jy na die BNP van Nam en SA kyk, dan kan Thabo
> vir hom 'n 747 koop!
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80117 is 'n antwoord op boodskap #80114] Sa, 05 Julie 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Oh ja daar is nog 'n dingetjie wat my opgeval het van die Thabo konvooi in
Jamaica. Waar hy ookal gagaan het was daar 'n ambulaans wat die konvooi
agtervolg het. Maar toe vertel een van die taxi bestuurder my dat die
Jamaican president se konvooi ook altyd 'n ambulaans insluit, so dit lyk my
soos 'n Jamaican ding. Blykbaar(ek het dit nie self gedien nie) was die twee
leiers saam iewers heen, en toe het altwee ambulaanse agterna gejaag.

"Elaine" skryf in boodskap news:3f06b993$0$229@hades.is.co.za...
> Ja, Thabo het sy eie vliegtuig (ek weet nie of dit 'n 747 is nie) - al twee
> (?) jaar lank. Hy't miljoene vir die aerie betaal en toe hulle nie kyk nie,
> breek sy dure vliegtuig, en kos dit nog 'n paar miljoen om die ding te fix
> en die lug in te stuur :o))
>
> E
>
> "PietR" wrote:
> Sam het
>> natuurlik sy vliegtuig en as jy na die BNP van Nam en SA kyk, dan kan
> Thabo
>> vir hom 'n 747 koop!
>
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80118 is 'n antwoord op boodskap #80117] Sa, 05 Julie 2003 13:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens kan nie alkoholvergiftiging ligtelik opneem nie;))
Annette

"Glücklich" skryf in boodskap news:vYzNa.7910$z34.3451@fe04.atl2.webusenet.com...
> Oh ja daar is nog 'n dingetjie wat my opgeval het van die Thabo konvooi in
> Jamaica. Waar hy ookal gagaan het was daar 'n ambulaans wat die konvooi
> agtervolg het. Maar toe vertel een van die taxi bestuurder my dat die
> Jamaican president se konvooi ook altyd 'n ambulaans insluit, so dit lyk my
> soos 'n Jamaican ding. Blykbaar(ek het dit nie self gedien nie) was die twee
> leiers saam iewers heen, en toe het altwee ambulaanse agterna gejaag.
>
>
>
> "Elaine" wrote in message
> news:3f06b993$0$229@hades.is.co.za...
>> Ja, Thabo het sy eie vliegtuig (ek weet nie of dit 'n 747 is nie) - al
> twee
>> (?) jaar lank. Hy't miljoene vir die aerie betaal en toe hulle nie kyk
> nie,
>> breek sy dure vliegtuig, en kos dit nog 'n paar miljoen om die ding te fix
>> en die lug in te stuur :o))
>>
>> E
>>
>> "PietR" wrote:
>> Sam het
>>> natuurlik sy vliegtuig en as jy na die BNP van Nam en SA kyk, dan kan
>> Thabo
>>> vir hom 'n 747 koop!
>>
>
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80121 is 'n antwoord op boodskap #80118] Sa, 05 Julie 2003 15:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ; -))))

"Annette" skryf in boodskap news:be6l64$1nkln$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Mens kan nie alkoholvergiftiging ligtelik opneem nie;))
> Annette
>
>
> "Glücklich" wrote in message
> news:vYzNa.7910$z34.3451@fe04.atl2.webusenet.com...
>> Oh ja daar is nog 'n dingetjie wat my opgeval het van die Thabo konvooi in
>> Jamaica. Waar hy ookal gagaan het was daar 'n ambulaans wat die konvooi
>> agtervolg het. Maar toe vertel een van die taxi bestuurder my dat die
>> Jamaican president se konvooi ook altyd 'n ambulaans insluit, so dit lyk
> my
>> soos 'n Jamaican ding. Blykbaar(ek het dit nie self gedien nie) was die
> twee
>> leiers saam iewers heen, en toe het altwee ambulaanse agterna gejaag.
>>
>>
>>
>> "Elaine" wrote in message
>> news:3f06b993$0$229@hades.is.co.za...
>>> Ja, Thabo het sy eie vliegtuig (ek weet nie of dit 'n 747 is nie) - al
>> twee
>>> (?) jaar lank. Hy't miljoene vir die aerie betaal en toe hulle nie
kyk
>> nie,
>>> breek sy dure vliegtuig, en kos dit nog 'n paar miljoen om die ding te
> fix
>>> en die lug in te stuur :o))
>>>
>>> E
>>>
>>> "PietR" wrote:
>>> Sam het
>>>> natuurlik sy vliegtuig en as jy na die BNP van Nam en SA kyk, dan
kan
>>> Thabo
>>>> vir hom 'n 747 koop!
>>>
>>
>
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80128 is 'n antwoord op boodskap #80099] Sa, 05 Julie 2003 21:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" skryf in boodskap news:D2pNa.46$VU3.12@fe02.atl2.webusenet.com...
> Miskien verstaan ek die ding heeltemaal verkeerd maar die
> rastafarians is mos iets soos die hippies van ouds.

Dis 'n godsdiens. Dit word amper oral as 'n godsdiens erken.

Lorinda
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80130 is 'n antwoord op boodskap #80128] Sa, 05 Julie 2003 22:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Dis 'n godsdiens. Dit word amper oral as 'n godsdiens erken.

Skuus oorlat ek so dom is.

Dis ook snaaks vir my as sukle gelowige mense dan so snaaks optree. Dalk
het party van hulle die verkeerde idee, want dis normaalweg die manne met
die "dread-locks" wat die groen twakkies op straat verkoop.
Rastafarianisme [boodskap #80131 is 'n antwoord op boodskap #80130] So, 06 Julie 2003 01:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Glücklich" wrote:

> Dis ook snaaks vir my as sukle gelowige mense dan so snaaks optree. Dalk
> het party van hulle die verkeerde idee, want dis normaalweg die manne met
> die "dread-locks" wat die groen twakkies op straat verkoop.

"I be talkin' to da Great Jah
With me dreadlocks and me ganja
I be a Rastaman, ya!
And it's good enough for me!"

:-)

Ek het gehoor dat dagga (gebruik as 'n sakrament) en die dreadlocks is
o.a 'n onlosmaakbare deel van hulle geloofsfilosofie. Daar is baie
"sektes" in die Rastafarian beweging, so die gebruik en interpretasie
sal seker ook verskil van groep tot groep.
Hier iewers in my boekrak is 'n boek wat oor hierdie geloof en
agtergrond en die konsep van o.a Haile Selassi wat blykbaar die
inkarnasie van God op aarde is - staan ook bekend as "Jah". Baie soos
Jesus vir Christene. Nogal 'n baie interessante beweging hierdie, wat
deesdae nie net meer uniek 'n swart beweging/geloof is nie. Deesdae
vind mens blykbaar ook meer en meer vrouens wat by hierdie hoofsaaklik
paternalistiese geloof aanklank vind. En wierd maar waar - blankes
begin ook aanklank vind dwarsoor die wereld.
Re: SA Prez in Jamaica [boodskap #80134 is 'n antwoord op boodskap #80118] So, 06 Julie 2003 01:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Glücklich" wrote in message

> Oh ja daar is nog 'n dingetjie wat my opgeval het van die Thabo konvooi in
> Jamaica. Waar hy ookal gagaan het was daar 'n ambulaans wat die konvooi
> agtervolg het.

Dit was dalk Dick Cheney op 'n " secret mission" vir Bush?
Re: Rastafarianisme [boodskap #80140 is 'n antwoord op boodskap #80131] So, 06 Julie 2003 09:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:72tegvg16epujgeb29fb6c7t8v0kj6c774@4ax.com...
> paternalistiese geloof aanklank vind. En wierd maar waar - blankes
> begin ook aanklank vind dwarsoor die wereld.

Daar is heelparty blankes in Engeland wat aan die geloof behoort (dis nou
die wat net die haarstyl aangeneem het uitgesluit:-))

Lorinda
Re: Rastafarianisme [boodskap #80142 is 'n antwoord op boodskap #80140] So, 06 Julie 2003 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis die eerste "geloof" wat ek van weet wat persoonlike higiëne uitskakel.
Annette

"Lorinda" skryf in boodskap news:be8oqb$7t1$1@news6.svr.pol.co.uk...
> "Katryn" wrote in message
> news:72tegvg16epujgeb29fb6c7t8v0kj6c774@4ax.com...
>> paternalistiese geloof aanklank vind. En wierd maar waar - blankes
>> begin ook aanklank vind dwarsoor die wereld.
>
> Daar is heelparty blankes in Engeland wat aan die geloof behoort (dis nou
> die wat net die haarstyl aangeneem het uitgesluit:-))
>
> Lorinda
>
Re: Rastafarianisme [boodskap #80144 is 'n antwoord op boodskap #80142] So, 06 Julie 2003 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda  is tans af-lyn  Lorinda
Boodskappe: 557
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:be8tcf$2d79d$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dis die eerste "geloof" wat ek van weet wat persoonlike higiëne uitskakel.
> Annette
>

Die vroee Christene het dit ook gedoen. Was dit St Jerome wat gespog het dat
sy voete nooit water geraak het tensy hy 'n rivier oorgesteek het? Die
Romeinse bad het daardie tyd ook uit gebruik geraak omdat die Christene
geglo het dat dit ydelheid was.

Daar is Oosterse "heilige manne" van sekere gelowe wat nog so dink.

Lorinda
Re: Rastafarianisme [boodskap #80145 is 'n antwoord op boodskap #80142] So, 06 Julie 2003 11:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja wragies, ek sal maar moet oplees oor die ding want ek verstaan ook maar
moeilik hoe dit werk dat hierdie "gelowiges" so kan stink. Blykbaar gaan dit
ook verder as net die "ganja". Sodra jy se nee vir die dagga offer hulle
jou "Powder" sê jy nee vir dit probeer julle jou opset met 'n prostitiet.
Dis amper assof hulle nie end het nie. Die mater besef jy loop met US$ in
jou sak rond en sal alles doen in sy mag om jou daarvan te verlos.

In alle regverdigheid moet ek ook sê dis nie altyd die ratsafarians wat die
doen nie in die meeste gevalle is dit mense wat maar normaal lyk. Hulle maak
'n lewe daarvan om om voor die hotelle uit te hang en almal te irreteer wat
dit waag om met 'n wit vel daar uit te stap. Kingston het 'n baie slegte
naam as gevolg van hierdie groepie mense wat die besoekers so terroriseer.
Dit is tot die furstrasie van die duisende eerlike mense wat daaronder ly,
maar snaaks genoeg doen hulle niks daaromtrent nie.

In Barbados het ek een aand 'n man in die straat raakgeloop wat agresief
geraak het toe ek nie onmiddelik my hand in my sak wil druk en my geld aan
hom oorhandig nie. Voor die situasie nog kon verder gaan het twee ander
"Barbadians" ingetree en hom vinnig op sy pad gehelp, terwyl hulle aan hom
hard en duidelik verduidelik het hy is besig om met hulle brood en botter te
foeter. In Barbados het ek al baie gesien hoe toeriste ongesteurd op straat
rondloop in die aande.

Daar is rastafarians in al die karribiese eilande. In St Lucia het baie
mense ook aan my probeer twakkies verkoop maar hulle los jou gewoonlik uit
as jy se nee. Die Jamaicans is net soveel meer aggresief. So "IN YOUR FACE"
aggresief.
Re: Rastafarianisme [boodskap #80151 is 'n antwoord op boodskap #80144] So, 06 Julie 2003 15:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote in message:
Dis die eerste "geloof" wat ek van weet wat persoonlike higiëne
uitskakel.

"Lorinda" antwoord:
Die vroee Christene het dit ook gedoen. Was dit St Jerome wat gespog
het dat sy voete nooit water geraak het tensy hy 'n rivier oorgesteek
het? Die Romeinse bad het daardie tyd ook uit gebruik geraak omdat
die Christene geglo het dat dit ydelheid was.

Daar is Oosterse "heilige manne" van sekere gelowe wat nog so dink.

Katryn:
Ek stem saam met wat jy sê, Lorinda. Maar ek wonder tog oor die rede
wat jy aanvoer vir waarom die Christene die Romeinse baddens nie
gebruik het nie. Ek reken dat ydelheid dalk wel een van die redes
was, maar ek wonder of daar nie dalk ook ander redes was nie?
Dinge soos dat hulle dalk ook die rituele gebruike wat saam met
hierdie Romeinse baddens en goeters gegaan het, afgekeur het. Die
orgies en seksuele rituele en natuurlik die gode van die Romeine wat
ook 'n groot rol gespeel het - die vensters was blykbaar groot sodat
die gode makliker by die baddens kon uitkom, en die gargoyles en
goeters was mos die beskermhere van die baddens sodat die gode en
mense veilig sal wees?
Ek weet nie, daarom wonder ek maar net...:-)
Re: Rastafarianisme [boodskap #80152 is 'n antwoord op boodskap #80140] So, 06 Julie 2003 15:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> "Katryn" wrote in message
> news:72tegvg16epujgeb29fb6c7t8v0kj6c774@4ax.com...
>> paternalistiese geloof aanklank vind. En wierd maar waar - blankes
>> begin ook aanklank vind dwarsoor die wereld.
>
> Daar is heelparty blankes in Engeland wat aan die geloof behoort (dis nou
> die wat net die haarstyl aangeneem het uitgesluit:-))

Ja, dis baie weird vir my. Maar wat my erg interesseer nou al
vir baie jare is juis al die verskillende gelowe op ons ou aarde, en
wat dryf watter tipe mense na die verskillende gelowe.
Re: Rastafarianisme [boodskap #80153 is 'n antwoord op boodskap #80151] So, 06 Julie 2003 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:tbgggvo53u5gnjaomm2j6kb2b7t0ure7ck@4ax.com...
>
> Katryn:
> Ek stem saam met wat jy sê, Lorinda. Maar ek wonder tog oor die rede
> wat jy aanvoer vir waarom die Christene die Romeinse baddens nie
> gebruik het nie. Ek reken dat ydelheid dalk wel een van die redes
> was, maar ek wonder of daar nie dalk ook ander redes was nie?
> Dinge soos dat hulle dalk ook die rituele gebruike wat saam met
> hierdie Romeinse baddens en goeters gegaan het, afgekeur het. Die
> orgies en seksuele rituele en natuurlik die gode van die Romeine wat
> ook 'n groot rol gespeel het - die vensters was blykbaar groot sodat
> die gode makliker by die baddens kon uitkom, en die gargoyles en
> goeters was mos die beskermhere van die baddens sodat die gode en
> mense veilig sal wees?
> Ek weet nie, daarom wonder ek maar net...:-)
>

Romeinse rituele kon ook 'n rol gespeel het. Ek het die baddens maar net as
een voorbeeld gebruik. Die kerkvaders het baie sterk gevoel oor die
"ydelheid" van die Romeine soos uitgedruk in was, bad en mooimaakgoed. Daar
is ook natuurlik die vraag oor hoeveel die Romeine teen daardie tyd in hulle
eie gode en rituele geglo het (allerhande oosterse gode het hulle plek begin
oorneem). Wat ook al die rede, om gereeld te bad het verdwyn en nie weer
behoorlik terug gekom tot in die twintigste eeu nie.

Lorinda
Re: Rastafarianisme [boodskap #80155 is 'n antwoord op boodskap #80152] So, 06 Julie 2003 16:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:3bhggv8f7k4kan0gljok2ai8pi72p4tk6b@4ax.com...
>
> Ja, dis baie weird vir my. Maar wat my erg interesseer nou al
> vir baie jare is juis al die verskillende gelowe op ons ou aarde, en
> wat dryf watter tipe mense na die verskillende gelowe.

Ek het begin dink dat daar een ding is wat die aantrekkingskrag onderskryf,
en dit is reels. Byvoorbeeld hoe meer liberaal die Anglikaanse kerk word,
hoe meer van hulle gemeentelede loop oor na die Katolieke of die Baptiste.
Die "streng" gelowe kry altyd bekeerlinge. Mense hou nou maar eenmaal van
reels:-) Dan is daar ook natuurlike die "mistieke" dimensie van party
oosterse gelowe wat party mense aantrek oor 'n hele hoop redes.

Lorinda
Re: Vir Katryn [boodskap #80157 is 'n antwoord op boodskap #80151] So, 06 Julie 2003 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Katryn, ek wou jou nog vra, het dit toe opgehou reen?

Lorinda
Re: Rastafarianisme [boodskap #80158 is 'n antwoord op boodskap #80144] So, 06 Julie 2003 16:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou kan ek uiteindelik die rede insien hoekom die Romeine die vuiles vir die
leeus gevoer het :))))
Annette

"Lorinda" skryf in boodskap news:be9150$977$1@newsg4.svr.pol.co.uk...
>
> "Annette" wrote in message
> news:be8tcf$2d79d$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Dis die eerste "geloof" wat ek van weet wat persoonlike higiëne uitskakel.
>> Annette
>>
>
> Die vroee Christene het dit ook gedoen. Was dit St Jerome wat gespog het dat
> sy voete nooit water geraak het tensy hy 'n rivier oorgesteek het? Die
> Romeinse bad het daardie tyd ook uit gebruik geraak omdat die Christene
> geglo het dat dit ydelheid was.
>
> Daar is Oosterse "heilige manne" van sekere gelowe wat nog so dink.
>
> Lorinda
>
Re: Rastafarianisme [boodskap #80161 is 'n antwoord op boodskap #80158] So, 06 Julie 2003 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:be9jfh$2egr7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Nou kan ek uiteindelik die rede insien hoekom die Romeine die vuiles vir die
> leeus gevoer het :))))
> Annette
>

LOL. En jy se dit op hierdie nuusgroep, Annette! HARDLOOP!!

Lorinda
Re: Rastafarianisme [boodskap #80162 is 'n antwoord op boodskap #80153] So, 06 Julie 2003 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:
Wat ook al die rede, om gereeld te bad het verdwyn en nie weer
behoorlik terug gekom tot in die twintigste eeu nie.

Katryn:
Aaargh - jy maak my lus om meer te kom babbel en gedagtes te ruil,
maar ek MOET nou eers ander boring goeters gaan doen. :-(
Kan jy onthou waar die mantra van "cleanliness next to godliness" of
iets in dier voege ontstaan het? Was dit gedurende die Victoriaanse
era?
Re: Rastafarianisme [boodskap #80163 is 'n antwoord op boodskap #80151] So, 06 Julie 2003 16:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 06 Jul 2003 11:50:10 -0400, Katryn wrote:

> "Lorinda" antwoord:
> Die vroee Christene het dit ook gedoen. Was dit St Jerome wat gespog
> het dat sy voete nooit water geraak het tensy hy 'n rivier oorgesteek
> het? Die Romeinse bad het daardie tyd ook uit gebruik geraak omdat
> die Christene geglo het dat dit ydelheid was.
>
> Daar is Oosterse "heilige manne" van sekere gelowe wat nog so dink.
>

Ek is geneig om met julle te verskil. Ek is lid van 'n groep
wat glo dat ons ten minste een maal 'n maand mòet bad,
of ons nou vuil is of nie.

DD
Re: Rastafarianisme [boodskap #80166 is 'n antwoord op boodskap #80162] So, 06 Julie 2003 17:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:kpkggv41vn0hf2u564esrn0p33uemjks0r@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
> Wat ook al die rede, om gereeld te bad het verdwyn en nie weer
> behoorlik terug gekom tot in die twintigste eeu nie.
>
> Katryn:
> Aaargh - jy maak my lus om meer te kom babbel en gedagtes te ruil,
> maar ek MOET nou eers ander boring goeters gaan doen. :-(
> Kan jy onthou waar die mantra van "cleanliness next to godliness" of
> iets in dier voege ontstaan het? Was dit gedurende die Victoriaanse
> era?

Dit was John Wesley in een van sy preke. Wat die Victoriane onder
cleanliness verstaan het is nie wat ons daaronder verstaan nie:-)). Hulle
het al daai "ouvroustories" gepropageer oor waneer daar gebad en nie gebad
mag word nie, en so aan:-).

Lorinda
Re: Rastafarianisme [boodskap #80168 is 'n antwoord op boodskap #80163] So, 06 Julie 2003 17:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
>
>
>> "Lorinda" antwoord:
>> Die vroee Christene het dit ook gedoen. Was dit St Jerome wat gespog
>> het dat sy voete nooit water geraak het tensy hy 'n rivier oorgesteek
>> het? Die Romeinse bad het daardie tyd ook uit gebruik geraak omdat
>> die Christene geglo het dat dit ydelheid was.
>>
>> Daar is Oosterse "heilige manne" van sekere gelowe wat nog so dink.
>>
>
>
> Ek is geneig om met julle te verskil. Ek is lid van 'n groep
> wat glo dat ons ten minste een maal 'n maand m�et bad,
> of ons nou vuil is of nie.
>
> DD
>
O, wee jou, o ydele!!:))
Hier bad ons een maal in die somer, en nie so baie in die winter nie;))
Annette
Re: Vir Katryn [boodskap #80174 is 'n antwoord op boodskap #80166] So, 06 Julie 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
> "Lorinda" wrote:
> Katryn, ek wou jou nog vra, het dit toe opgehou reen?

Nee. Dit reen nogsteeds! Maar deesdae darem net laat-middag soos dit
hoort hier in die Suide. Maar hier is nog gereeld vloede en goeters.
En dan is dit ook nog die hurricane seisoen, so...:-)

Hopelik sal hierdie Athens waar ek woon nie dieselfde "fate" hê as die
Athenian stad van Plato's se storie (volgens Critias) wat vernietig
was deur vloede en aardbewings nie? Alhoewel ons so maand gelede ook
2 aardbewings hier naby ervaar het, wat BAIE vreemd was vir die locals
wat al jaaaare hier woon.

:-)
Re: Vir Katryn [boodskap #80176 is 'n antwoord op boodskap #80174] So, 06 Julie 2003 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:aesggvk5gnd3valeutu09097688h1vom1k@4ax.com...

> Nee. Dit reen nogsteeds! Maar deesdae darem net laat-middag soos dit
> hoort hier in die Suide. Maar hier is nog gereeld vloede en goeters.
> En dan is dit ook nog die hurricane seisoen, so...:-)
>
> Hopelik sal hierdie Athens waar ek woon nie dieselfde "fate" hê as die
> Athenian stad van Plato's se storie (volgens Critias) wat vernietig
> was deur vloede en aardbewings nie? Alhoewel ons so maand gelede ook
> 2 aardbewings hier naby ervaar het, wat BAIE vreemd was vir die locals
> wat al jaaaare hier woon.
>
> :-)

Ek het nie besef jy bly in 'n plek met die naam Athens nie! Hoe groot is
dit? Ek het 'n hele klompie jare in Griekeland gebly (maar nie in Athens
nie, in Thessaloniki in die noorde) waar daar nogal gereeld aardbewings was.
Dit is baie skrikkerig, en ek het altyd die gevoel gekry dat dit die natuur
se manier was om te se "So, julle dink julle is so slim en kan iets aan
alles doen, probeer iets hieraan doen julle onbenullige miere":-))

Lorinda
Re: Vir Katryn [boodskap #80249 is 'n antwoord op boodskap #80176] Ma, 07 Julie 2003 22:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek het nie besef jy bly in 'n plek met die naam Athens nie! Hoe groot is
> dit?

Jy moes eerder vra hoe klein dit is. :-))
Dis 'n tipiese Amerikaanse studentedorpie - sowat 150,000 inwoners
(studente uitgesluit).

> Ek het 'n hele klompie jare in Griekeland gebly (maar nie in Athens
> nie, in Thessaloniki in die noorde) waar daar nogal gereeld aardbewings was.
> Dit is baie skrikkerig, en ek het altyd die gevoel gekry dat dit die natuur
> se manier was om te se "So, julle dink julle is so slim en kan iets aan
> alles doen, probeer iets hieraan doen julle onbenullige miere":-))

Ja, ek het ook al baie tyd in CA (Kalifornië) moes deurbring, en kon
nooit eintlik aan die aardbewings gewoond raak nie. Alhoewel die weer
daar ongelooflik is.
Jou tydperk in Griekeland klink WONDERLIK!! Het jy die taal kon
aanleer? Of dalk meer belangrik - kan jy dit nog praat? Ek tel tale
redelik maklik op, maar verleer dit ook net so maklik!
Maar Grieks en Hebreeus en daardie tale sal altyd grieks vir my wees.
:-)

Vertel bietjie van jou ervaring van die tipiese Griekse leefwyse(s).
Ek is mal oor verskillende kulture en dinge. Dink jy "My Big fat
greek wedding" was 'n goeie indikasie van hoe dinge daar gaan? :-)
Zorba the Greek is nogsteeds een van my favorite ol' movies! :-)
Re: Vir Katryn [boodskap #80273 is 'n antwoord op boodskap #80249] Di, 08 Julie 2003 07:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:2hqjgvg1jnavhfuqo8obhkenpn6kb9gjrt@4ax.com...

> Ja, ek het ook al baie tyd in CA (Kalifornië) moes deurbring, en kon
> nooit eintlik aan die aardbewings gewoond raak nie. Alhoewel die weer
> daar ongelooflik is.
> Jou tydperk in Griekeland klink WONDERLIK!! Het jy die taal kon
> aanleer? Of dalk meer belangrik - kan jy dit nog praat? Ek tel tale
> redelik maklik op, maar verleer dit ook net so maklik!
> Maar Grieks en Hebreeus en daardie tale sal altyd grieks vir my wees.
> :-)
>
> Vertel bietjie van jou ervaring van die tipiese Griekse leefwyse(s).
> Ek is mal oor verskillende kulture en dinge. Dink jy "My Big fat
> greek wedding" was 'n goeie indikasie van hoe dinge daar gaan? :-)
> Zorba the Greek is nogsteeds een van my favorite ol' movies! :-)

Ek kan nog Grieks praat, ek kom redelik gereeld daar - daar is 'n oor en
weer kuiery met die vriende wat ek daar gemaak het. Ek probeer om ten minste
een keer per week 'n Griekse koerant te lees en ek koop boeke as ek daar is.

Thessaloniki is 'n stad, en stede het maar ooreenkomste oral :-) maar ek het
baie lief geraak vir haar. Dit verskil van ander Griekse stede in dat dit
in baie opsigte 'n baie Balkaanse stad is (dis baie naby aan die grense met
beide Bulgarye en FYROM) maar die leefwyse is oorwegend meditereens.

Ek het nie "My big fat greek wedding" gesien nie, maar Zorba is ook van my
gunsteling flieks (en Kazanzakis is een van my gunsteling skrywers).

Lorinda
Re: Vir Katryn [boodskap #80321 is 'n antwoord op boodskap #80273] Di, 08 Julie 2003 23:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" wrote:

> Ek kan nog Grieks praat, ek kom redelik gereeld daar - daar is 'n oor en
> weer kuiery met die vriende wat ek daar gemaak het. Ek probeer om ten minste
> een keer per week 'n Griekse koerant te lees en ek koop boeke as ek daar is.

Ek is beindruk!! :-)

> Thessaloniki is 'n stad, en stede het maar ooreenkomste oral :-) maar ek het
> baie lief geraak vir haar. Dit verskil van ander Griekse stede in dat dit
> in baie opsigte 'n baie Balkaanse stad is (dis baie naby aan die grense met
> beide Bulgarye en FYROM) maar die leefwyse is oorwegend meditereens.

Ja, ek het al gelees van die "Mother of all Macedonia", waar Paulus
mos die 2de Christelike kerk gestig het. :-)
Interessant wat jy noem van hoe Thessaloniki verskil van die ander
Griekse stede.
- Dit het my altyd fassineer om die sterk invloed van die Egiptiese
kultuur te sien/erken in die Griekse (base culture). Elkgeval...ek
dwaal af...
:-)
Re: Vir Katryn [boodskap #80361 is 'n antwoord op boodskap #80321] Wo, 09 Julie 2003 14:19 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:g3lmgvg0ndtg6fuuajksvonkhrhjhg96ln@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>
>> Ek kan nog Grieks praat, ek kom redelik gereeld daar - daar is 'n oor en
>> weer kuiery met die vriende wat ek daar gemaak het. Ek probeer om ten minste
>> een keer per week 'n Griekse koerant te lees en ek koop boeke as ek daar
is.
>
> Ek is beindruk!! :-)

Nee, dis nie indrukwekkend nie, dis nie meer of minder moeilik as enige
ander taal nie :-)

> Ja, ek het al gelees van die "Mother of all Macedonia", waar Paulus
> mos die 2de Christelike kerk gestig het. :-)

En hulle hom onder die klippe gesteek het....:-)

> Interessant wat jy noem van hoe Thessaloniki verskil van die ander
> Griekse stede.
> - Dit het my altyd fassineer om die sterk invloed van die Egiptiese
> kultuur te sien/erken in die Griekse (base culture). Elkgeval...ek
> dwaal af...

Daar is juis 'n ou mark in die stad wat se naam oorspronklik "mark van die
Egiptenare" was.
Ja die invloed van die Egiptiese kultuur is duidelik, bv in dinge soos
boustyl (die ontwikkeling van die verskillende pilare gebaseer op die
Egiptiese voorbeeld ens.) Van boustyl gepraat, dit is ook 'n stad waar jy
die hele ontwikkeling van die Bisantynse boustyl van begin tot einde kan
volg (in die kerke, ou mure ens).

Jy kan afdwaal so veel as wat jy wil, dis mos hoe Usenet werk:-))

Lorinda
Vorige onderwerp: Russe Skaats
Volgende onderwerp: Vir Annette se kater
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 15:06:24 MGT 2024