Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Carte Blanche se Plaasmoordstorie
Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79886] Ma, 30 Junie 2003 06:21 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet ek 'n videoband van die program kry en vir Gloudina pos.
Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
deur kookwater in sy keel af te gooi?
Net ter inligting - die moordenaars is gevang, en hulle was albei swartes.
Op gisteraand se program is daar definitief gemeld deur 'n senior polisielid
dat geen swart boer vermoor is nie. Hulle word net besteel.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79888 is 'n antwoord op boodskap #79886] Ma, 30 Junie 2003 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - jy mors jou tyd met Anti Fossiel.

Maar waarom dink jy het die Bouwer-gesinnetjie hier weggehardloop?
(Ook maar goed - want met so 'n verstarde uitgangspunt sou hulle nou baie
moeilik aangepas het.)

Op 'n nugtere noot - dink sy floreer met al die negatiewe aandag wat sy kry.
So, gooi haar 'n dofie ...)

"Annette" skryf in boodskap news:bdol28$v61i0$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Miskien moet ek 'n videoband van die program kry en vir Gloudina pos.
> Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
> deur kookwater in sy keel af te gooi?
> Net ter inligting - die moordenaars is gevang, en hulle was albei swartes.
> Op gisteraand se program is daar definitief gemeld deur 'n senior polisielid
> dat geen swart boer vermoor is nie. Hulle word net besteel.
>
> Annette
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a State of Mind
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79892 is 'n antwoord op boodskap #79888] Ma, 30 Junie 2003 12:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Maar waarom dink jy het die Bouwer-gesinnetjie hier weggehardloop?
> (Ook maar goed - want met so 'n verstarde uitgangspunt sou hulle nou baie
> moeilik aangepas het.)

> "Annette"
>> Miskien moet ek 'n videoband van die program kry en vir Gloudina pos.
>> Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
>> deur kookwater in sy keel af te gooi?
>> Net ter inligting - die moordenaars is gevang, en hulle was albei swartes.

En hoe, my liewe Annette, is hierdie
gruwel anders as die baie gruwelikhede
wat deur wittes gepleeg is teen swartes
in die afgelope dekades in SA? Gruwels
soos hierdie word oor die hele wêreld
gepleeg, deur die Britte en Orangemen
in Noord-Ierland, deur die Israelis in
die geokkupeerde lande, deur ekstreme
Moslems die wêreld oor. Hoekom is dit
nou skielik voedsel in jou opinie,
Annette, vir 'n nuwe aanslag op "hoe
sleg swartes is."
En sê my, liewe Annette, hoe is
hierdie gruwels verskillend van die
gruwels wat nou onlangs deur 'n paar
Bouwers ( gelukkig tog geen aangetroude
familie nie) gepleeg is teen hulle
vrouens - die een in NZ, die ander in
SA. Hoe is hierdie gruwelikhede anders
net omdat die mense wat dit gedoen het
wit is? Is daar 'n ander standaard vir
wittes wat hulle vroue stadigaan dood-
maak op 'n meer wetenskaplike metode,
en hierdie barbaar wat kookwater in
iemand se keel afgooi. Hoekom is die
swart ou nou skielik meer skuldig? En
hoekom betrek jy my daarby. Onthou, ek
is die een wat teen rassisme veg. Jy,
my liewe Annette, is die een wat voorgee
om nie rassisties te wees nie, maar om
elke draai swartes in die algemeen probeer
swartsmeer.

Penkop van Swellendam
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79893 is 'n antwoord op boodskap #79892] Ma, 30 Junie 2003 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
omdat swartes die moordenaars is.
Anti - jy ontneem jouself hierdeur die reg om voortaan oor enige
ongeregtighede te kla - en ek sal jou na jou eie argumentasie verwys.
(Hoog geskoold maar baie onnosel.)

skryf in boodskap news:3F002B96.9000807@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Maar waarom dink jy het die Bouwer-gesinnetjie hier weggehardloop?
>> (Ook maar goed - want met so 'n verstarde uitgangspunt sou hulle nou baie
>> moeilik aangepas het.)
>
>> "Annette"
>>> Miskien moet ek 'n videoband van die program kry en vir Gloudina pos.
>>> Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
>>> deur kookwater in sy keel af te gooi?
>>> Net ter inligting - die moordenaars is gevang, en hulle was albei swartes.
>
> En hoe, my liewe Annette, is hierdie
> gruwel anders as die baie gruwelikhede
> wat deur wittes gepleeg is teen swartes
> in die afgelope dekades in SA? Gruwels
> soos hierdie word oor die hele wêreld
> gepleeg, deur die Britte en Orangemen
> in Noord-Ierland, deur die Israelis in
> die geokkupeerde lande, deur ekstreme
> Moslems die wêreld oor. Hoekom is dit
> nou skielik voedsel in jou opinie,
> Annette, vir 'n nuwe aanslag op "hoe
> sleg swartes is."
> En sê my, liewe Annette, hoe is
> hierdie gruwels verskillend van die
> gruwels wat nou onlangs deur 'n paar
> Bouwers ( gelukkig tog geen aangetroude
> familie nie) gepleeg is teen hulle
> vrouens - die een in NZ, die ander in
> SA. Hoe is hierdie gruwelikhede anders
> net omdat die mense wat dit gedoen het
> wit is? Is daar 'n ander standaard vir
> wittes wat hulle vroue stadigaan dood-
> maak op 'n meer wetenskaplike metode,
> en hierdie barbaar wat kookwater in
> iemand se keel afgooi. Hoekom is die
> swart ou nou skielik meer skuldig? En
> hoekom betrek jy my daarby. Onthou, ek
> is die een wat teen rassisme veg. Jy,
> my liewe Annette, is die een wat voorgee
> om nie rassisties te wees nie, maar om
> elke draai swartes in die algemeen probeer
> swartsmeer.
>
> Penkop van Swellendam
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79895 is 'n antwoord op boodskap #79893] Ma, 30 Junie 2003 17:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
> omdat swartes die moordenaars is.

Sien, Jonas, hoe die industrie-meultjie
werk. Nou "praat ek die plaasmoorde
goed." As ek die plaasmoorde goedpraat,
praat jy al die moorde op swartes goed
wat deur jou nasielede op swartes gedoen
is. Kom nou, dissosieer nou hier in die
openbaar vir jou van spesifieke gevalle
waar jou nasie-lede swartes gruwelik
doodgemaak het. Ek het alreeds alle
plaasmoorde in die openbaar veroordeel.

Gloudina
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79899 is 'n antwoord op boodskap #79886] Ma, 30 Junie 2003 18:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:bdol28$v61i0$1@ID-92016.news.dfncis.de...

> Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
> deur kookwater in sy keel af te gooi?

Dis iemand wat die "ander" van al sy menslike eienskappe gestroop het, en
geen empatie met hom voel nie. Ek wou 'n soortgelyke vraag vra toe ek die
getuienisse gelewer by die TRC gelees het (van die ouens van Vlakplaas en
APLA). Ek het 'n hele klompie jare gelede in die vorige Joego -Slawie gewerk
tydens die gemors in Bosnie en ek wou hulle partykeer skud totdat hulle
tande klap en hulle dieselfde vraag antwoord. Daar is baie geskryf oor die
laasgenoemde konflik, en wat die analiste mee vorendag gekom het is dat dit
een of ander oorlewingsinstink is wat verkeerd loop (by moderne standaarde).

Lorinda
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79900 is 'n antwoord op boodskap #79892] Ma, 30 Junie 2003 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
wrote in message

> ...maar om
> elke draai swartes in die algemeen probeer
> swartsmeer.
>
> Penkop van Swellendam
>

Hoekom sou mens dít wil doen?

Die groete
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79904 is 'n antwoord op boodskap #79895] Di, 01 Julie 2003 03:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - waarom moet ek my daarvan distansieer as ek niks daarmee te doen
gehad het nie. Ek het nog nooit die moord van onskuldige mense, hetsy wit of
swart, goedgekeur nie.
En, as dit nie vir jou voldoende is nie, sal ek dit vir jou, en almal wat
kan lees sê - ek veroordeel die moord van onskuldige mense - wit of swart.

Wat interessant is is dat jy nie eens die gruwele moorde op die betrokke
program gesien het nie, maar jy kekkel voort asof die gruwel-moorde
geregverdig kan word.

Jy is pateties in jou poging om verskoning te maak vir jou herkoms en jou
ras. Ek verag jou soort soveel as wat die swartes julle verag.

(Wie weet waar die moordenaars op skool was?)

skryf in boodskap news:3F0073EB.1070108@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
>> omdat swartes die moordenaars is.
>
> Sien, Jonas, hoe die industrie-meultjie
> werk. Nou "praat ek die plaasmoorde
> goed." As ek die plaasmoorde goedpraat,
> praat jy al die moorde op swartes goed
> wat deur jou nasielede op swartes gedoen
> is. Kom nou, dissosieer nou hier in die
> openbaar vir jou van spesifieke gevalle
> waar jou nasie-lede swartes gruwelik
> doodgemaak het. Ek het alreeds alle
> plaasmoorde in die openbaar veroordeel.
>
> Gloudina
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79917 is 'n antwoord op boodskap #79893] Di, 01 Julie 2003 09:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdpldv$aum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
> omdat swartes die moordenaars is.

Jonas kan jy vir my se, waar sy dit goed praat???

GrRico
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79918 is 'n antwoord op boodskap #79904] Di, 01 Julie 2003 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:bdr0v5$5s1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
Ek verag jou soort soveel as wat die swartes julle verag.
>

Oor watter soort spreek jy, dit klink vir my nie lekker nie, is dit haat????

Gr.Rico
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79921 is 'n antwoord op boodskap #79917] Di, 01 Julie 2003 10:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink wat Jonas bedoel is, dat sy die plaasmoorde probeer regverdig en nie
goedpraat nie. Elke keer as ons iets sê van 'n plaasmoord, spring sy terug
na "en wat van..." en probeer ons daarop wys dat die vorige regering net so
sleg met swartes was. Dis miskien so, maar ons kan nie aanhou om in die
verlede te leef nie, en Gloudina kan aanhou waffel oor hoe ons vorige
regering dit en dat gedoen het, maar dit verskoon, en regverdig nie die
moorde van vandag nie.
Persoonlik dink ek Gloudina kan nou maar ophou te kere gaan oor wat die
apartheidsregime gedoen het. Dis al amper 13 jaar sedert die val van
apartheid, en tot mense soos sy nie oor die kan kom nie, kan ons land nie 'n
nuwe toekoms betree nie. Gloudina, ek wonder of jy weet, dat mense soos jy,
met julle alewige gehammer op die ou regering en apartheid en
apartheidsmoorde, net rassehaat aanwakker? Hoe meer ons daarop hammer, hoe
meer haat kweek ons in ons mense, en hoe meer moorde gaan ons sien. As
mense dit begin besef, sal ons land 'n beter plek word.

E

"Rico" skryf in boodskap news:3f0155b9$0$49110$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bdpldv$aum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
>> omdat swartes die moordenaars is.
>
>
> Jonas kan jy vir my se, waar sy dit goed praat???
>
> GrRico
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79929 is 'n antwoord op boodskap #79917] Di, 01 Julie 2003 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Rico - ek sal jou beantwoord as jy vir my kan sê waar sy dit veroordeel.
(Ek dink nie sy het jou hulp nodig nie maat.)

"Rico" skryf in boodskap news:3f0155b9$0$49110$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>
> "Jonas" wrote in message
> news:bdpldv$aum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
>> omdat swartes die moordenaars is.
>
>
> Jonas kan jy vir my se, waar sy dit goed praat???
>
> GrRico
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79933 is 'n antwoord op boodskap #79904] Di, 01 Julie 2003 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Wat interessant is is dat jy nie eens die gruwele moorde op die betrokke
> program gesien het nie, maar jy kekkel voort asof die gruwel-moorde
> geregverdig kan word.

Jy fabriseer die "feit" dat ek "plaasmoorde
goedpraat." Dis jou manier om vir my te
probeer swartsmeer omdat ek dinge sê waarvan
jou soort nie hou nie. Jy wil voortgaan om
die voorreg te hê om alle swartes te teer en
veer, en baie min te praat oor al die moorde
en doodslag wat deur wittes in SA gepleeg
word, beide in die afgelope dekades en nou
ook. Ek kan jou verseker, die gewone swart
man in die straat is net so geskok en jammer
vir elke misdaad wat gepleeg word. En totdat
jy dit besef, dra jy toe tot die gifpot wat
sekere wit mense in SA skep (hulle is nie
almal Afrikaners nie.)

Gloudina
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79934 is 'n antwoord op boodskap #79904] Di, 01 Julie 2003 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

Ek verag jou soort soveel as wat die swartes julle verag.

Sien Jonas, mens kan maar jou pos stuk
vir stuk analiseer. Hierdie is weer 'n
ding wat jou soort elke keer ophaal
asof dit die waarheid is. Dat "swartes"
"jou soort" ( watter soort is dit nou?)
"verag." Mens hoor hierdie ding nie net
by jou nie. Dis iets wat in die post-
apartheidperiode onder sekere mense
uitgebroei het, vader weet om wat te
regverdig. En wie is jy, Jonas, om vir
"swartes" te praat? Jou arrogante stupid
persoon, wat dink dat jy enigiemand
met jou stupid argumente kan oortuig.
Jy is deel van 'n etterende sweer op die
Afrikanerdom, en ek hoop julle soort sterf
uit.

Gloudina
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79935 is 'n antwoord op boodskap #79921] Di, 01 Julie 2003 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

Gloudina, ek wonder of jy weet, dat mense soos jy,
> met julle alewige gehammer op die ou regering en apartheid en
> apartheidsmoorde, net rassehaat aanwakker?

En vertel my nou asseblief, my liewe Elaine,
hoekom Jonas en sy soort maar kan voortgaan
om te praat oor elke moord op 'n plaas
asof dit nog 'n bewys is dat alle swartes
barbare is en dat hulle beplan om alle wit-
mense uit te moor, en jy vat hom nie kort
en vertel vir hom dat sy eie wit groep minder
as twee dekades gelede nog meer gruwelike
dinge gedoen het, en dat hy nou ook maar kan
ophou kekkel oor "die plaasmoorde" nie.
Tot tyd en wyl mense soos jy nie vir mense
soos Jonas begin kortvat nie, dan bly daar
'n etterende sweer op die liggaam van die
Afrikaner sit. Jy, my liewe Elaine, is deel
van die oplossing van die probleem, of anders
is jy deel van die probleem. Watter een gaan
dit wees?

Gloudina
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79938 is 'n antwoord op boodskap #79929] Di, 01 Julie 2003 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie soos dit werk nie, ek het jou gevra, kan jy vir my se, waar sy dit
goedpraat, nou moet ek nie gaan bewys dat sy nie saamstem daarmee nie.

Ek het jou gevra, omdat jy die stelling hier het geskryf en ek kan dit nie
terug vind in har postings nie.

Ek lees in haar stukke, sy veroodeel alle geweld, maar se ook en dit is
waarheid, daar is 'n klomp swarte wat op 'n gruwelike manier moord, maar nie
alle swarte is so nie!!!

Ek glo ook nie dis 'n gevolg van die apartheid, maar aan die ander kant, ek
is 'n kaaskop, ken nie die situasie in SA nie. Gaan daar ook nie oor oordeel
nie.

Wat ek kan se, ek woon in Nederland, daar was nie apartheid nie, nie
officieel nie, maar hier is apartheid.
Daar is 'n klomp Marrokkaanse boetjies wat baie probleme gee hier, rerig
baie, die haat naar Marokkane groei al maar meer.
Hulle kan se, dat hulle kansarm is, en ga maar door, ek stem nie saam nie,
die meisies van Marokkaanse afkoms presteer baie goed, hulle word advocate
en dokter, maar hulle werk ook op andere plekke, die meisies het dit nie
maklik nie, want hulle moet veg teen hulle ouers, maar ook nie almal nie.

Dis maklik om te se, omdat swarte in SA nie 'n kans het nie, hulle moor,
nee, ieder mens moet kanse vat en dis nie 'n ander kill nie!!!!!!!!!!

In Nederland is die moorde nog nie so as in SA nie, in Europa is die moorde
nog nie as in SA nie, maar haat en rassisme is ook hier, en vergeet nie, hoe
Turke weer Marokkane haat!!!!!!!!!!!!!!
Hulle het almal hulle eie moskee, dis nie die voorreg vir witmens om te
diskrimineer.

En jy kan nie se al die swart mense is sleg nie.

Boondien, jy is wit, ek is wit, die meeste posters hier is wit, ek voel nie
altyd vriendskap nie, net omdat ek 'n kaaskop is, wat baie van jullie
voorouers of vriende se voorouers ook is!!!!!!!!!!!!!!

Ek vra nie vir 'n vriendskap nie, ek vra nie jy moet geinteresseer wees in
Hollan of Europa nie, ek is hier, net omdat ek baie van die Afrikaanse taal
geniet en baie van julle kultuur, dis hoekom ek vra so nou en dan iets.

En nog 1 ding, ek is nie hier om Gloudina te help nie, ek ken haar goed
genoieg om te weet, sy sal eendag ook teen my se, f*k of :-))))))))))))))

Gr.Rico

"Jonas" skryf in boodskap news:bdrrhv$jn4$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Rico - ek sal jou beantwoord as jy vir my kan sê waar sy dit veroordeel.
> (Ek dink nie sy het jou hulp nodig nie maat.)
> "Rico" wrote in message
> news:3f0155b9$0$49110$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:bdpldv$aum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
>>> omdat swartes die moordenaars is.
>>
>>
>> Jonas kan jy vir my se, waar sy dit goed praat???
>>
>> GrRico
>>
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79945 is 'n antwoord op boodskap #79921] Di, 01 Julie 2003 15:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gloudina is in goeie gesleskap. Mbeki huldig dieselfde siening as sy as mens
sy antwoord lees op Leon se vraag in die parlement.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f015c07$0$225@hades.is.co.za...
> Ek dink wat Jonas bedoel is, dat sy die plaasmoorde probeer regverdig en nie
> goedpraat nie. Elke keer as ons iets sê van 'n plaasmoord, spring sy terug
> na "en wat van..." en probeer ons daarop wys dat die vorige regering net so
> sleg met swartes was. Dis miskien so, maar ons kan nie aanhou om in die
> verlede te leef nie, en Gloudina kan aanhou waffel oor hoe ons vorige
> regering dit en dat gedoen het, maar dit verskoon, en regverdig nie die
> moorde van vandag nie.
> Persoonlik dink ek Gloudina kan nou maar ophou te kere gaan oor wat die
> apartheidsregime gedoen het. Dis al amper 13 jaar sedert die val van
> apartheid, en tot mense soos sy nie oor die kan kom nie, kan ons land nie 'n
> nuwe toekoms betree nie. Gloudina, ek wonder of jy weet, dat mense soos jy,
> met julle alewige gehammer op die ou regering en apartheid en
> apartheidsmoorde, net rassehaat aanwakker? Hoe meer ons daarop hammer, hoe
> meer haat kweek ons in ons mense, en hoe meer moorde gaan ons sien. As
> mense dit begin besef, sal ons land 'n beter plek word.
>
> E
>
> "Rico" wrote in message
> news:3f0155b9$0$49110$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>
>> "Jonas" wrote in message
>> news:bdpldv$aum$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Sien Annette - ek het jou mos gesê. Sy praat die plaasmoorde goed bloot
>>> omdat swartes die moordenaars is.
>>
>>
>> Jonas kan jy vir my se, waar sy dit goed praat???
>>
>> GrRico
>>
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79958 is 'n antwoord op boodskap #79945] Di, 01 Julie 2003 20:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Gloudina is in goeie gesleskap. Mbeki huldig dieselfde siening as sy

En watter siening huldig Mbeki en ek,
my liewe Annette. Spel dit uit. Sê
presies wat jy bedoel. Moenie so sit
en die gifpyltjies afskiet en hoop
dat niemand sal opmerk dat jy iemand
beskuldig sonder om te sê waarvoor
hy beskuldig word. Kom nou. Sê vir my
presies waar ek en Mbeki "saamstem oor
die plaasmoorde".
En, vir hoekom praat jy nie verder
oor die jagse Afrikaneroffisier in
Kinshasa nie.

Gloudina
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79960 is 'n antwoord op boodskap #79935] Di, 01 Julie 2003 22:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Want, Jonas het nooit gesê alle swartes is barbare nie, en die plaasmoorde
gebeur NOU dit het nie 20 jaar terug gebeur nie. Groot verskil tussen HEDE
en VERLEDE.

wrote:
>
> En vertel my nou asseblief, my liewe Elaine,
> hoekom Jonas en sy soort maar kan voortgaan
> om te praat oor elke moord op 'n plaas
> asof dit nog 'n bewys is dat alle swartes
> barbare is en dat hulle beplan om alle wit-
> mense uit te moor, en jy vat hom nie kort
> en vertel vir hom dat sy eie wit groep minder
> as twee dekades gelede nog meer gruwelike
> dinge gedoen het, en dat hy nou ook maar kan
> ophou kekkel oor "die plaasmoorde" nie.
> Tot tyd en wyl mense soos jy nie vir mense
> soos Jonas begin kortvat nie, dan bly daar
> 'n etterende sweer op die liggaam van die
> Afrikaner sit. Jy, my liewe Elaine, is deel
> van die oplossing van die probleem, of anders
> is jy deel van die probleem. Watter een gaan
> dit wees?
>
> Gloudina
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79966 is 'n antwoord op boodskap #79960] Wo, 02 Julie 2003 00:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Elaine wrote:

die plaasmoorde
> gebeur NOU dit het nie 20 jaar terug gebeur nie. Groot verskil tussen HEDE
> en VERLEDE.

Ek kan nie jou redenering volg nie, Elaine.
Hoe is mense in stukke opsny en hulle verbrand
terwyl jy naas hulle braaivleis hou, of mense
uit vensters stoot en sê hulle het selfmoord
gepleeg, of hulle papslaan en dan met hulle
ry van Port Elizabeth na Pretoria terwyl hulle
stadig in die kar sterf, anders as om kookwater
in iemand se keel af te gooi? En hoe op aarde
maak dit saak of dit in die hede of die verlede
gebeur het - is dit nie nog maar 'n godsskryende
skande dat mense dit gedoen het en nou nog doen
nie.
Ek dink, my liewe Elaine, dat jy nie wil
hoor wat twintig jaar gelede gebeur het nie.
Maar die Duitsers het 'n ander idee gehad. Hulle
het die geskiedenis van die Hitler-periode aktief
in skole vir die kinders geleer, sodat Duitsers
nooit weer kon sê "ons het nie geweet nie." Dink
jy jou ouers het geweet wat in hulle land twintig
jaar gelede aangegaan het? Dink jy dis 'n goeie
ding dat jy, as SA jongmens, noual skielik wil
"vergeet" van daardie dinge? Dis 'n gevaarlike
situasie, Elaine. Want as jy nou vir jou sit en
aanmatig om alle "plaasmoorde" as politiek te
sien en voor die deur van die ANC lê, dan sien
ek moeilikheid kom in die toekoms. Dan word daar
'n nuwe Afrikanergeslag in SA oud met dieselfde
vooroordele wat 'n hel van SA gemaak het in die
laaste deel van die twintigste eeu.

Gloudina
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #79970 is 'n antwoord op boodskap #79966] Wo, 02 Julie 2003 02:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm, ek dink ook dis tyd dat die Jode oor die 2de wêreldoorlog kom. Ek kan
nie glo hulle hammer amper 60 jaar na die oorlog nog steeds op die
konsentrasiekampe nie. Elke keer as dit lyk asof 'n Jood beledig word gooi
hy dieselfde strorie - ja maar my ma was in... jy kry die idee.
Ek het nooit gesê vergeet van apartheid nie, maar ek raak regtig gatvol
daarvoor dat mense agter dit wegkruip. 20 jaar gelede het ek skaars breins
gehad, en dis wat ek vandag doen wat saak maak, nie wat iemand anders 20
jaar gelede gedoen het nie.

E

wrote:
>
> Ek kan nie jou redenering volg nie, Elaine.
> Hoe is mense in stukke opsny en hulle verbrand
> terwyl jy naas hulle braaivleis hou, of mense
> uit vensters stoot en sê hulle het selfmoord
> gepleeg, of hulle papslaan en dan met hulle
> ry van Port Elizabeth na Pretoria terwyl hulle
> stadig in die kar sterf, anders as om kookwater
> in iemand se keel af te gooi? En hoe op aarde
> maak dit saak of dit in die hede of die verlede
> gebeur het - is dit nie nog maar 'n godsskryende
> skande dat mense dit gedoen het en nou nog doen
> nie.
> Ek dink, my liewe Elaine, dat jy nie wil
> hoor wat twintig jaar gelede gebeur het nie.
> Maar die Duitsers het 'n ander idee gehad. Hulle
> het die geskiedenis van die Hitler-periode aktief
> in skole vir die kinders geleer, sodat Duitsers
> nooit weer kon sê "ons het nie geweet nie." Dink
> jy jou ouers het geweet wat in hulle land twintig
> jaar gelede aangegaan het? Dink jy dis 'n goeie
> ding dat jy, as SA jongmens, noual skielik wil
> "vergeet" van daardie dinge? Dis 'n gevaarlike
> situasie, Elaine. Want as jy nou vir jou sit en
> aanmatig om alle "plaasmoorde" as politiek te
> sien en voor die deur van die ANC lê, dan sien
> ek moeilikheid kom in die toekoms. Dan word daar
> 'n nuwe Afrikanergeslag in SA oud met dieselfde
> vooroordele wat 'n hel van SA gemaak het in die
> laaste deel van die twintigste eeu.
>
> Gloudina
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #80068 is 'n antwoord op boodskap #79958] Vr, 04 Julie 2003 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Steeds, soos altyd, sit die antie op die kantlyn en skrou, maar sy het
voeling met die werklikheid verloor.
skryf in boodskap news:3F01F001.8090906@rogers.com...
>
> Annette wrote:
>
>> Gloudina is in goeie gesleskap. Mbeki huldig dieselfde siening as sy
>
>
> En watter siening huldig Mbeki en ek,
> my liewe Annette. Spel dit uit. Sê
> presies wat jy bedoel. Moenie so sit
> en die gifpyltjies afskiet en hoop
> dat niemand sal opmerk dat jy iemand
> beskuldig sonder om te sê waarvoor
> hy beskuldig word. Kom nou. Sê vir my
> presies waar ek en Mbeki "saamstem oor
> die plaasmoorde".
> En, vir hoekom praat jy nie verder
> oor die jagse Afrikaneroffisier in
> Kinshasa nie.
>
> Gloudina
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #80069 is 'n antwoord op boodskap #79935] Vr, 04 Julie 2003 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sandvlooi  is tans af-lyn  Sandvlooi
Boodskappe: 484
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
So anti, jy reken twee verkeerdes maak een reg? Sal ons aanneem die wiel
gaan draai? Hier sit ons met 'n geslag jong swart manne wat agv van die
politiek nie skool gegaan het of opleiding het nie en nie kan werk kry nie.
Die sogenaamde 'verlore geslag'. Uh, dis nou natuurlik waarvoor jy en
Mbeki en die res van die vryheidsbewegings nie verantwoordelikheid voor wil
aanvaar nie! Hulle haat die wit mense en daarom vind hierdie versriklike
haataanvalle op die plase plaas. Wat gaan oor 50 jaar gebeur. Gan die
kinders van die wit boere nou weer die swartmense haat oor hulle ouers wat
op die plase uitgemoor is en nou begin om die swart mense uit te moor. Kry
'n grip ou tante. Jy praat soos gewoonlik nie baie sense nie!
skryf in boodskap news:3F0179CE.3040804@rogers.com...
>
> Elaine wrote:
>
> Gloudina, ek wonder of jy weet, dat mense soos jy,
>> met julle alewige gehammer op die ou regering en apartheid en
>> apartheidsmoorde, net rassehaat aanwakker?
>
>
> En vertel my nou asseblief, my liewe Elaine,
> hoekom Jonas en sy soort maar kan voortgaan
> om te praat oor elke moord op 'n plaas
> asof dit nog 'n bewys is dat alle swartes
> barbare is en dat hulle beplan om alle wit-
> mense uit te moor, en jy vat hom nie kort
> en vertel vir hom dat sy eie wit groep minder
> as twee dekades gelede nog meer gruwelike
> dinge gedoen het, en dat hy nou ook maar kan
> ophou kekkel oor "die plaasmoorde" nie.
> Tot tyd en wyl mense soos jy nie vir mense
> soos Jonas begin kortvat nie, dan bly daar
> 'n etterende sweer op die liggaam van die
> Afrikaner sit. Jy, my liewe Elaine, is deel
> van die oplossing van die probleem, of anders
> is jy deel van die probleem. Watter een gaan
> dit wees?
>
> Gloudina
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #80148 is 'n antwoord op boodskap #79892] So, 06 Julie 2003 15:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kaptein_Skande  is tans af-lyn  Kaptein_Skande
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 2003
Karma: 0
Junior Lid
Ek is steeds 'n rassis.

skryf in boodskap news:3F002B96.9000807@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>
>> Maar waarom dink jy het die Bouwer-gesinnetjie hier weggehardloop?
>> (Ook maar goed - want met so 'n verstarde uitgangspunt sou hulle nou baie
>> moeilik aangepas het.)
>
>> "Annette"
>>> Miskien moet ek 'n videoband van die program kry en vir Gloudina pos.
>>> Watter mens skuil agter rassehaat deur 'n boer diep in die 70's te vermoor
>>> deur kookwater in sy keel af te gooi?
>>> Net ter inligting - die moordenaars is gevang, en hulle was albei swartes.
>
> En hoe, my liewe Annette, is hierdie
> gruwel anders as die baie gruwelikhede
> wat deur wittes gepleeg is teen swartes
> in die afgelope dekades in SA? Gruwels
> soos hierdie word oor die hele wêreld
> gepleeg, deur die Britte en Orangemen
> in Noord-Ierland, deur die Israelis in
> die geokkupeerde lande, deur ekstreme
> Moslems die wêreld oor. Hoekom is dit
> nou skielik voedsel in jou opinie,
> Annette, vir 'n nuwe aanslag op "hoe
> sleg swartes is."
> En sê my, liewe Annette, hoe is
> hierdie gruwels verskillend van die
> gruwels wat nou onlangs deur 'n paar
> Bouwers ( gelukkig tog geen aangetroude
> familie nie) gepleeg is teen hulle
> vrouens - die een in NZ, die ander in
> SA. Hoe is hierdie gruwelikhede anders
> net omdat die mense wat dit gedoen het
> wit is? Is daar 'n ander standaard vir
> wittes wat hulle vroue stadigaan dood-
> maak op 'n meer wetenskaplike metode,
> en hierdie barbaar wat kookwater in
> iemand se keel afgooi. Hoekom is die
> swart ou nou skielik meer skuldig? En
> hoekom betrek jy my daarby. Onthou, ek
> is die een wat teen rassisme veg. Jy,
> my liewe Annette, is die een wat voorgee
> om nie rassisties te wees nie, maar om
> elke draai swartes in die algemeen probeer
> swartsmeer.
>
> Penkop van Swellendam
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #80154 is 'n antwoord op boodskap #79900] So, 06 Julie 2003 16:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rhenier Labuschagne  is tans af-lyn  Rhenier Labuschagne
Boodskappe: 12
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Junior Lid
ROFL. Briljant

"']['|\|']['" skryf in boodskap news:bdq07f$vg0bp$1@ID-134589.news.dfncis.de...
>
> wrote in message
>
>> ...maar om
>> elke draai swartes in die algemeen probeer
>> swartsmeer.
>>
>> Penkop van Swellendam
>>
>
> Hoekom sou mens dít wil doen?
>
> Die groete
>
Re: Carte Blanche se Plaasmoordstorie [boodskap #80408 is 'n antwoord op boodskap #79970] Vr, 11 Julie 2003 06:45 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Stem saam met jou. Dit klink aaklig, maar die Jode kon g'n beter
bemarkingsveldtog geloods het as juis dit wat in die 2 de wêreldoorlog met
hulle gebeur het. Hulle trek steeds voordeel daaruit en die getalle groei
steeds.....

"Elaine" skryf in boodskap news:3f023d39$0$227@hades.is.co.za...
> Hmmm, ek dink ook dis tyd dat die Jode oor die 2de wêreldoorlog kom. Ek kan
> nie glo hulle hammer amper 60 jaar na die oorlog nog steeds op die
> konsentrasiekampe nie. Elke keer as dit lyk asof 'n Jood beledig word gooi
> hy dieselfde strorie - ja maar my ma was in... jy kry die idee.
> Ek het nooit gesê vergeet van apartheid nie, maar ek raak regtig gatvol
> daarvoor dat mense agter dit wegkruip. 20 jaar gelede het ek skaars breins
> gehad, en dis wat ek vandag doen wat saak maak, nie wat iemand anders 20
> jaar gelede gedoen het nie.
>
> E
>
> wrote:
>>
>> Ek kan nie jou redenering volg nie, Elaine.
>> Hoe is mense in stukke opsny en hulle verbrand
>> terwyl jy naas hulle braaivleis hou, of mense
>> uit vensters stoot en sê hulle het selfmoord
>> gepleeg, of hulle papslaan en dan met hulle
>> ry van Port Elizabeth na Pretoria terwyl hulle
>> stadig in die kar sterf, anders as om kookwater
>> in iemand se keel af te gooi? En hoe op aarde
>> maak dit saak of dit in die hede of die verlede
>> gebeur het - is dit nie nog maar 'n godsskryende
>> skande dat mense dit gedoen het en nou nog doen
>> nie.
>> Ek dink, my liewe Elaine, dat jy nie wil
>> hoor wat twintig jaar gelede gebeur het nie.
>> Maar die Duitsers het 'n ander idee gehad. Hulle
>> het die geskiedenis van die Hitler-periode aktief
>> in skole vir die kinders geleer, sodat Duitsers
>> nooit weer kon sê "ons het nie geweet nie." Dink
>> jy jou ouers het geweet wat in hulle land twintig
>> jaar gelede aangegaan het? Dink jy dis 'n goeie
>> ding dat jy, as SA jongmens, noual skielik wil
>> "vergeet" van daardie dinge? Dis 'n gevaarlike
>> situasie, Elaine. Want as jy nou vir jou sit en
>> aanmatig om alle "plaasmoorde" as politiek te
>> sien en voor die deur van die ANC lê, dan sien
>> ek moeilikheid kom in die toekoms. Dan word daar
>> 'n nuwe Afrikanergeslag in SA oud met dieselfde
>> vooroordele wat 'n hel van SA gemaak het in die
>> laaste deel van die twintigste eeu.
>>
>> Gloudina
>>
>
Vorige onderwerp: Re: Zwarte Nazi waant zich leider van Afrika
Volgende onderwerp: Moet ons bewe?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 19:57:22 MGT 2024