Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KUNSKAFEE (154)
KUNSKAFEE (154) [boodskap #79752] Vr, 27 Junie 2003 06:26
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
KUNSKAFEE (154)
Sondag 29 Junie 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 30 Junie om 15:00
Dinsdag 1 Julie om 10:00

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

Ankeraanbieder: Susan Booyens
Boekerubriek: Hettie Scholtz
Veldaanbieders: Dawn Matthews, Pieter Koen en Melt Sieberhagen.

* Gereelde Kunskafeekykers is teen hierdie tyd al bewus van die Bell-Roberts
Kunsgalery in die Kaap wat gereeld 'n verskyning in die Wes-Kaapse
kunskringloop maak. Hierdie week vind ons meer oor dié toonaangewende galery
uit.

* Ons gee 'n voorsmakie van 'n paar produksies en uitstallings wat hierdie
jaar by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad te sien is. Daar word onder
meer gefokus op die kunstenaar Jo-Anne Bloch, Greig Coetzee se verhoogstuk
"Green Mamba" en die Afrikaase kabaret-diva Amanda Strydom.

* Dawn Matthews het na die Anglo Gold Koor gaan luister. Dié koor het in die
tagtigerjare as 'n sangroep vir 'n enkele geleentheid ontstaan, maar het
intussen tot 'n volwaardige koor wat al in verskeie wêrelddele opgetree het,
gegroei.

* In haar boekerubriek kyk Hettie Scholtz hierdie week na die genetiese
manipulasie van voedsel en die invloed wat dit op ons gesondheid het. Sy
gesels oor Ruth Ozeki se roman "All Over Creation" wat hierdie verskynsel in
die kollig plaas. Sy kyk ook na haar boek "My Year of Meat" en "River Café
Cookbook Easy" van Rose Gray en Ruth Rogers.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t) / 011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
Vorige onderwerp: Elaine wat bedoel jy met kleurlinge
Volgende onderwerp: Jakaranda's
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:54:03 MGT 2024