Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SUID AFRIKANERS WAT BESWAARD IS OOR DIE TOEKOMS...... lees hier!
SUID AFRIKANERS WAT BESWAARD IS OOR DIE TOEKOMS...... lees hier! [boodskap #7973] Wo, 08 Januarie 1997 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
O God van Jakob, deur u hand
word steeds u volk gevoed;
U het weleer op see en land
ons vadere behoed.

Ons dank en smeekgebede gaan
tot u genadetroon;
wil ons en ook ons kroos voortaan
u guns en trou betoon!

Berei vir ons die lewenspad-
wil deur u gees ons lei;
en as ons val, o Vader, vat
ons hand en staan ons by!

Bewaar ons, Heer, in alle nood;
hou oor ons heil die wag.
Wil kleding skenk, gee daagliks brood-
ons deel vir elke dag.

Beskikker van ons deel en lot
in voor- en teespoed,
U is ons Vader en ons God-
net U is waarlik goed!
U het liefde openbaar
in Jesus onse Heer;
Hy is ons Raadsman, wonderbaar,
deur wie U ons regeer.

-----------------

Dit is natuurlik Gesang 34.
SING UIT VOLLE BORS!!

Vriendelike Groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Vorige onderwerp: "My vrou se naam" - DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Uncle Boetie Barradin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 14:06:40 MGT 2024