Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SKYT-SKYT DIE BULT YT.....................
SKYT-SKYT DIE BULT YT..................... [boodskap #7947] Ma, 06 Januarie 1997 00:00 na volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:
: Ek lees hier en daar van mense wat kla oor die nuusgroep en
: ander se opinies en so-aan.
: As julle bv. dink iemand soos Gloudina se keuse van gedigte
: is te negatief, tik vir ons 'n halleluja-lied in.

Dit het my laat teruggryp na my "Groot Verseboek", Boerneef, uit Krokos:
"Die Dorsmasjien staan en dreun langs Boplaas se mied
voeriegerwe voeriegerwe
laat hom kerwe laat hom kerwe
miedman voerman sakman kafman
braaktyd ploegtyd oestyd dorstyd
man-en-tyd-en-man-en-tyd-en-man-en-tyd
..."

en uit Mallemole:
"Hierie bierie bokmakierie
sit op hierielieriekierie
bierebok en kierielok
gee hierso my kieriestok
bieriekierie bokmakierie
dit is my olienhoutkierie
...
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is almal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die konong
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring
..."

Hierdie man se gedigte is soos musiek, jy moet dit HOOR om te waardeer.
Seker ook nie Polities Korrek om van die ouer Afrikaanse digters te hou nie
maar julle moet maar sterk wees!

Dries
SKYT-SKYT DIE BULT YT..................... [boodskap #7948 is 'n antwoord op boodskap #7947] Ma, 06 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Kritiek en kritiese ontleding is uiters nodig.
Veral nou, met die nuwe RSA, oor die verlede en die hede en die toekoms.
'n Mens kan eers iets waardeer as jy dit krities van alle kante
bekou en ontleed het, en jy bewus is van al die foute.
Soms moet ons negatief wees. En ons kan maar op mekaar se tone trap!

As jy iemand waarlik liefhet, neem jy ook kennis
van al sy negatiewe eienskappe en foute.
Die beste kritici is dikwels die beste kenners,
die grootste kritici van wyn is ook die beste kenners van wyn ens.

Voor jy iets jou eie maak, 'n nuwe kultuur,
'n nuwe politieke bedeling, taal, beroep of wat ookal,
moet mens dit krities ontleed, ondersoek, na alle kante toe,
met 'n oop gemoed. Dan weet jy wat jy het.
So het ek my volk en my taal lief met al sy foute,
maar ek is nie blind vir sy foute nie.
Om die waarheid te seg: ek wil sy foute uithaal en opblaas en
ondersoek en bespreek en ontleed.
Ek wil tot diep in sy hart indring. Apartheid was ons grootste fout.
Baie was onbewus daarvan omdat hul verneuk is,
of hulle hulself laat verneuk het,
maar ons gaan nog lank uit DIE galbeker moet drink.
Baie mense kritiseer, soos ek, omdat ons belangstel en genoeg omgee,
anders sou ons ons in die eerste plek nie daaroor verwerdig nie.

Ek probeer nie een van daai vreemdelinge wees
wat sommer soos 'n seemeeu uit die lug blerts op die Afrikaner nie.
Aan sulke kritiek steur ek my nie baie nie, want wat weet hulle?
Ek probeer netjies op my takkie sit (al is dit hier in Australie),
en ek skyt sekuur, hoop ek, in die kol. Ek wil jou oog tref!
(sonder om persoonlik te wees natuurlik).
Is dit dan nie ook so dat kritiek van ons eie mense soveel meer
gewig dra nie ? En steur ons ons nie meer daaraan nie ?

Ek lees hier en daar van mense wat kla oor die nuusgroep en
ander se opinies en so-aan.
As julle bv. dink iemand soos Gloudina se keuse van gedigte
is te negatief, tik vir ons 'n halleluja-lied in.
Maar ek dink ons het kritiese kommentaar nodig. Gun elke voel sy mik.
Laat elke haan op sy mishoop kraai.
My persoonlike leuse is: Skyt-skyt die bult yt...

Van kleinhuisie tot kleinhuisie, vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: SKYT-SKYT DIE BULT YT..................... [boodskap #7966 is 'n antwoord op boodskap #7948] Wo, 08 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stoffel Fourie  is tans af-lyn  Stoffel Fourie
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , gal...@ibm.net wrote:
> Kritiek en kritiese ontleding is uiters nodig.
> Veral nou, met die nuwe RSA, oor die verlede en die hede en die toekoms.
> 'n Mens kan eers iets waardeer as jy dit krities van alle kante
> bekou en ontleed het, en jy bewus is van al die foute.
> Soms moet ons negatief wees. En ons kan maar op mekaar se tone trap!
>
Kritiek is nodig, maar die enigste kritiek wat ek hier lees is kretiek teenoor
die afrikaner en apartheid; So wat ek probeer se dit is nie geballanseerd nie.
Waarom word daar so weing:-indien enige:- kritiek teenoor die huidige
regering en strukture op hierdie nuusgroep uitgespreek? Ek dink dit is 'n
goeie vraag. Wat van die persoonlikheid wat die SAUK vernietig het in twee
jaar wat nou president in die Vrystaat geword het? Het hulle haar ook net
twee jaar gegee om die Vrystaat bankrot te maak en dan skuif hulle haar aan.?
Toe sy verkies is vir die SAUK het hulle openbare verhore gehou want die
persoon wat haar pos moes beklee moet dan onafhanklik wees. Hoekom is sy dan
nou 'n ANC president:- of verstaan ek onafhanklikheid en geen politieke
verbintenis verkeerd?

Apartheid was ons grootste fout.

Dit mag so wees, maar die kern in die sin is by die "was". So ver ek weet
beteken "was" dit is in die verlede:- so vergeet daarvan. Kriminaliteit,
terrorisme en "neclaces" (dit was slegs) was en is nog steeds hulle grootse
fout, maar niemand hamer op daardie aambeelde nie.
>
> Ek probeer nie een van daai vreemdelinge wees
> wat sommer soos 'n seemeeu uit die lug blerts op die Afrikaner nie.
> Aan sulke kritiek steur ek my nie baie nie, want wat weet hulle?
> Ek probeer netjies op my takkie sit (al is dit hier in Australie),
> en ek skyt sekuur, hoop ek, in die kol. Ek wil jou oog tref!
> (sonder om persoonlik te wees natuurlik).
> Is dit dan nie ook so dat kritiek van ons eie mense soveel meer
> gewig dra nie ? En steur ons ons nie meer daaraan nie ?
>
Ons, hier in Suid Afrika, moet dalk meer op ander takke sit en begin rondskyt
en verkeie vrot kolle raakskyt sodat ons meer raakgesien kan word en daar meer
aan ons gesteur word.

Groete

Stoffel
Re: SKYT-SKYT DIE BULT YT..................... [boodskap #8007 is 'n antwoord op boodskap #7948] Sa, 11 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , sto...@rox.geoscience.org.za writes:

> Waarom word daar so weing:-indien enige:- kritiek teenoor die huidige
> regering en strukture op hierdie nuusgroep uitgespreek?

As daar nou een ding is waarmee die nuwe regering nou werklik kritiek verdien
is dit hul algehele slapgat houding teenoor misdaad. Dit raak almal in 'n
geweldige mate, om nie eers van die ekonomie, toerisme ens. te praat nie.
Die regering moet hul gat in rat kry wat dit betref.

> Ons, hier in Suid Afrika, moet dalk meer op ander takke sit en begin rondskyt
> en verkeie vrot kolle raakskyt sodat ons meer raakgesien kan word en daar meer
> aan ons gesteur word.

Ek sal jou nog help hiermee ook. Ek het nog nooit van ander nasies gehou wat skynheilig
vinger wys nie. Hul foute maak egter nie ons foute reg nie.

Terloops, apartheid mag nou verlede tyd wees, maar die gevolge daarvan het nog steeds
tot 'n groot mate 'n effek op die ekonomie, misdaad ens.

Vriendelike groete
Re: SKYT-SKYT DIE BULT YT..................... [boodskap #8020 is 'n antwoord op boodskap #7948] So, 12 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Jan 1997 16:03:12 GMT, gal...@ibm.net wrote:
<<>In <5b0dk9$4...@hermes.is.co.za>, sto...@rox.geoscience.org.za writes:
>> Waarom word daar so weing:-indien enige:- kritiek teenoor die huidige
>> regering en strukture op hierdie nuusgroep uitgespreek?>>>

Daar is waarskynlik twee interressante dinamieke wat hierop inwerk.
Die eerste een is die ANC se aandrang om 'n staat van menseregte te
skep.
Dit lei moontlik van tyd tot tyd daartoe dat kriminele wat baie
swakker verdien, te sag behandel word.
Die hele ding is waarskynlik 'n baie moeiliker kwessie as wat baie
mense dink.
Misdaad MOET verminder en dis seker waar dat harde misdadigers
opgewetter moet word.
Maar ek reken 'n staat van menseregte is 'n langtermyn ding wat die
land so nodig soos water in die Karoo het.
Waar lê die balans?

Die tweede ding is eenvoudige ding van ekonomie. Ek dink die regering
se eerste prioriteit is om inflasie te beheer en staatsbesteding so
veel as moontlik in te kort.
Dit lei natuurlik daartoe dat 'n polisiemag wat deur die jare 80 al
aanhoudend afgeskeep is, nou steeds afgeskeep word. En dit tel nou.
Weereens, waar lê die balans?
Vorige onderwerp: Joburg Review - bydraes gevra.
Volgende onderwerp: Re: Afrikaanse Kortgolfradio: Ek kry 'n seintjie !!!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 20:45:19 MGT 2024