Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Reën in die voorwinter " deur G.A. WATERMEYER
" Reën in die voorwinter " deur G.A. WATERMEYER [boodskap #79497] Sa, 21 Junie 2003 01:34
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

G.A. Watermeyer
Reën in die voorwinter

Vier mure teen die Suidewind -
my swartoogvrou, my blondhaarkind.

Kareehoutstompe in die vuur,
ketel en kaggel brons geskuur.

My bont koei lê op koringstrooi,
my swart haan roep die dagbreek rooi.

Soet deur die lang nag sing die reën;
moflammers sal ek vroeg-Mei speen.

Die wendam stoot sy uitloop oor -
blink breek my ploeg die middelvoor ...
Vorige onderwerp: " Rietfontein " deur I.D. du PLESSIS
Volgende onderwerp: Gedig van Ronnie Belcher
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 05:08:01 MGT 2024