Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » KUNSKAFEE (153)
KUNSKAFEE (153) [boodskap #79451] Vr, 20 Junie 2003 07:07 na volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
KUNSKAFEE (153)
Sondag 22 Junie 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 23 Junie om 15:00
Dinsdag 24 Junie om 10:00

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

Ankeraanbieder: Susan Booyens
Boekerubriek: Hettie Scholtz
Veldaanbieders: Dawn Matthews, Pieter Koen en Melt Sieberhagen.

* Hierdie week maak Kunskafee 'n draai by die High Street Galery in die
eksklusiewe Melrose Arch in Johannesburg. Dié galery het 'n jaar gelede
begin handel dryf en sowat 5 kunstenaars stal permanent daar uit. Die
permanente uitstalling word ook gereeld met werke van ander beeldhouers,
skilders en keramiekkunstenaars aangevul.

* Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Clifford Charles is hierdie jaar genooi om
by die Biennale in Venesië uit te stal. Hy probeer met sy werk om weg te
beweeg van die post-apartheid sentimente wat vir baie kunstenaars 'n gewilde
tema geword het. Melt Sieberhagen het in Troyeville met hom gaan kennis
maak.

* In die Wes-Kaap gesels Susan Booyens met die immergroen Sarah Theron oor
haar nuwe vertoning "Suiwer Sarah" by die High Street Teater. Sy ontmoet ook
die fotograaf Chris Ledochowski, wat ook hierdie jaar in Venesië uitstal.

* Hettie Scholtz se weeklikse boekerubriek word hierdie week aan die lewens
van 'n paar bekende musici gewy. Sy kyk na die interessante verband tussen
hulle skeppende vermoëns en die kreatiwiteit van skrywers.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t) / 011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
Re: KUNSKAFEE (153) [boodskap #79455 is 'n antwoord op boodskap #79451] Vr, 20 Junie 2003 10:57 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit klink vir my besonders vervelig. Maar ek hou van Casper. Ek kyk die
een wat hulle op Mnet uitsaai, ek ken nie die Kyknet tye nie. O, en ek hou
van Liriekeraai. Ek vrek oor Pedro :-)))

E

"TJ" skryf in boodskap news:3ef2bbc5$0$227@hades.is.co.za...
> KUNSKAFEE (153)
> Sondag 22 Junie 2003
> kykNet 19:30
> Herhalings:
> Maandag 23 Junie om 15:00
> Dinsdag 24 Junie om 10:00
>
> KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
> dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
> stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
> musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
> straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
> fotografie tot spotprentkuns.
>
> KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
> en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
> argitektuur, 'n galery en so meer.
>
> Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
> besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
> weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
> verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
> Wes-Kaap en Gauteng.
>
> Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
> is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
> tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
> besoek.
>
> Ankeraanbieder: Susan Booyens
> Boekerubriek: Hettie Scholtz
> Veldaanbieders: Dawn Matthews, Pieter Koen en Melt Sieberhagen.
>
> * Hierdie week maak Kunskafee 'n draai by die High Street Galery in die
> eksklusiewe Melrose Arch in Johannesburg. Dié galery het 'n jaar gelede
> begin handel dryf en sowat 5 kunstenaars stal permanent daar uit. Die
> permanente uitstalling word ook gereeld met werke van ander beeldhouers,
> skilders en keramiekkunstenaars aangevul.
>
> * Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Clifford Charles is hierdie jaar genooi om
> by die Biennale in Venesië uit te stal. Hy probeer met sy werk om weg te
> beweeg van die post-apartheid sentimente wat vir baie kunstenaars 'n gewilde
> tema geword het. Melt Sieberhagen het in Troyeville met hom gaan kennis
> maak.
>
> * In die Wes-Kaap gesels Susan Booyens met die immergroen Sarah Theron oor
> haar nuwe vertoning "Suiwer Sarah" by die High Street Teater. Sy ontmoet ook
> die fotograaf Chris Ledochowski, wat ook hierdie jaar in Venesië uitstal.
>
> * Hettie Scholtz se weeklikse boekerubriek word hierdie week aan die lewens
> van 'n paar bekende musici gewy. Sy kyk na die interessante verband tussen
> hulle skeppende vermoëns en die kreatiwiteit van skrywers.
>
>
> Ria Engelbrecht
> Pieter Cilliers Produksies
> 011 789 6780 (t) / 011 789 6647 (f)
> www.pcp.co.za
>
> ------------------------------------------------------------ ---
>
> Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.
>
> Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA
>
> The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
> Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
>
Vorige onderwerp: Re: FREE INTERNET ACCESS
Volgende onderwerp: Re: Aan Lorinda en Speedy
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 07 03:43:25 MGT 2024