| vat, pak en neem [boodskap #79023] |
Ma., 09 Junie 2003 10:23  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Wanneer gebruik ek, neem, vat of pak.
Kan iemand vir my vertel????????/
Gr.Rico.
|
|
|
|
| Re: vat, pak en neem [boodskap #79026 is 'n antwoord op boodskap #79023] |
Ma., 09 Junie 2003 10:53   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Jy vat 'n pak ( slae).
Jy neem 'n pak ( kaarte)
:))
Annette
"Rico" skryf in boodskap news:3ee46031$0$49103$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> Wanneer gebruik ek, neem, vat of pak.
>
> Kan iemand vir my vertel????????/
>
> Gr.Rico.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: vat, pak en neem [boodskap #79030 is 'n antwoord op boodskap #79028] |
Ma., 09 Junie 2003 11:42   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Natuurlik kan jy iets pak - soos 'n tas pak, of goed op 'n rak pak - paar jy
neem/vat dan nie die pak nie, net die goed op die rak of die tas.
Annette
|
|
|
|
|
|
| Re: vat, pak en neem [boodskap #79032 is 'n antwoord op boodskap #79028] |
Ma., 09 Junie 2003 12:39   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Liggieoomblik.
Praat jy van iets aanpak Rico?
Soos aanvat?
Annette
"Rico" skryf in boodskap news:3ee46f12$0$49111$e4fe514c@news.xs4all.nl...
> dus jy kan nooit iets pak nie?????????????
>
> Rico
> "Annette" wrote in message
> news:bc1oq4$elffm$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Jy vat 'n pak ( slae).
>> Jy neem 'n pak ( kaarte)
>> :))
>> Annette
>>
>>
>> "Rico" wrote in message
>> news:3ee46031$0$49103$e4fe514c@news.xs4all.nl...
>>> Wanneer gebruik ek, neem, vat of pak.
>>>
>>> Kan iemand vir my vertel????????/
>>>
>>> Gr.Rico.
>>>
>>
>
|
|
|
|
| Re: vat, pak en neem [boodskap #79040 is 'n antwoord op boodskap #79028] |
Ma., 09 Junie 2003 13:48   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Rico wrote:
> dus jy kan nooit iets pak nie?????????????
Rico, jy praat eintlik van die woord
"aanpak" wat beteken om iets met mening
te begin. Maar dit kan ook verkort word
na "pak." Dus:
Ek pak die taak aan.
Ek het die taak aangepak.
Ook: ek pak vir jou (ek begin om daadwerklik
'n proses te begin van vir jou op jou plek
sal sit, of sal bewys dat ek bedoel wat ek
sê, of soiets.)
Oor die ander kwessie: Wanneer "vat" en
wanneer "neem." "Neem" is die meer hoog-
drawende woord, "vat" die meer platvloerse.
"Ek neem die stukkie koek", liewer as
"ek vat die stukkie koek."
Dis natuurlik nou wanneer "vat" in Engels
"take" beteken. Want "vat" kan ook "touch"
beteken, soos jy seker weet.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: vat, pak en neem [boodskap #79057 is 'n antwoord op boodskap #79028] |
Ma., 09 Junie 2003 18:04  |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: Oktober 2002
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 9 Jun 2003 13:27:19 +0200, "Rico" wrote:
> dus jy kan nooit iets pak nie?????????????
>
> Rico
Wanneer Elaine en Annette nou eenmaal genoeg
van Gloudina gehad het, Rico, gaan hulle haar pak.
Dit is soos Annette wat haar aan haar hare beet het
terwyl Elaine haar skop.
DD
|
|
|
|