Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » vat, pak en neem
vat, pak en neem [boodskap #79023] |
Mon, 09 June 2003 10:23  |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wanneer gebruik ek, neem, vat of pak.
Kan iemand vir my vertel????????/
Gr.Rico.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: vat, pak en neem [boodskap #79040 is 'n antwoord op boodskap #79028] |
Mon, 09 June 2003 13:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Rico wrote:
> dus jy kan nooit iets pak nie?????????????
Rico, jy praat eintlik van die woord
"aanpak" wat beteken om iets met mening
te begin. Maar dit kan ook verkort word
na "pak." Dus:
Ek pak die taak aan.
Ek het die taak aangepak.
Ook: ek pak vir jou (ek begin om daadwerklik
'n proses te begin van vir jou op jou plek
sal sit, of sal bewys dat ek bedoel wat ek
sê, of soiets.)
Oor die ander kwessie: Wanneer "vat" en
wanneer "neem." "Neem" is die meer hoog-
drawende woord, "vat" die meer platvloerse.
"Ek neem die stukkie koek", liewer as
"ek vat die stukkie koek."
Dis natuurlik nou wanneer "vat" in Engels
"take" beteken. Want "vat" kan ook "touch"
beteken, soos jy seker weet.
Gloudina
|
|
|
|
Re: vat, pak en neem [boodskap #79057 is 'n antwoord op boodskap #79028] |
Mon, 09 June 2003 18:04  |
DiDi[1]
Boodskappe: 345 Geregistreer: October 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 9 Jun 2003 13:27:19 +0200, "Rico" wrote:
> dus jy kan nooit iets pak nie?????????????
>
> Rico
Wanneer Elaine en Annette nou eenmaal genoeg
van Gloudina gehad het, Rico, gaan hulle haar pak.
Dit is soos Annette wat haar aan haar hare beet het
terwyl Elaine haar skop.
DD
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:49:13 UTC 2025
|