Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SieTiek
SieTiek [boodskap #79024] Ma, 09 Junie 2003 10:26 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nou CTICC - ons nuwe Internasionale konferensiesentrum.
Die amptelike opening is eers die einde van die maand, maar verlede week is
die skryfbehoefteuitstalling daar gehou, en hierdie week gaan die Decorex
uitstalling daar gehou word.
Dit van my kliënt wat een van die uitstallers daar was verlede week:
1) Parkering is onder die gebou - teen R15, ongeag hoe lank jy daar parkeer.
2) Die gebou is hiper modern, maar mens voel asof dit 'n koue gebou is, die
'n vriendelike gebou nie.
3) Die toilette word aangedui in Engels en Arabies.
4) In die dames toilet lyk dit of mens per ongeluk in die manstoilet is.
5) Koffie ( in 'n styrofoam beker) kos R9, en tee ( ook in 'n styrofoam
beker) kos R11.
6) Daar is 4 uitstalsale wat almal saam as een vertonlokaal kan dien, of
daar kan vier afsonderlike uitstallings terselfdertyd plaasvind.
7) Moenie in die restaurant daar gaan eet nie - bitter klein porsies teen
hoogs inflasionistiese pryse ( pre SA Stats en Irak-inval)

Annette
Re: SieTiek [boodskap #79027 is 'n antwoord op boodskap #79024] Ma, 09 Junie 2003 11:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships Mcduck  is tans af-lyn  Threeships Mcduck
Boodskappe: 244
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 9 Jun 2003 12:26:25 +0200, "Annette"
served the following to the group:

> Dis nou CTICC - ons nuwe Internasionale konferensiesentrum.
> Die amptelike opening is eers die einde van die maand, maar verlede week is
> die skryfbehoefteuitstalling daar gehou, en hierdie week gaan die Decorex
> uitstalling daar gehou word.
> Dit van my kliënt wat een van die uitstallers daar was verlede week:
> 1) Parkering is onder die gebou - teen R15, ongeag hoe lank jy daar parkeer.

dis baie billik in vergelyking met wat jy in jhb sou betaal. r30 en
op.

> 2) Die gebou is hiper modern, maar mens voel asof dit 'n koue gebou is, die
> 'n vriendelike gebou nie.
> 3) Die toilette word aangedui in Engels en Arabies.

cool, duidelik verwag hulle nie baie locals nie ne.

> 4) In die dames toilet lyk dit of mens per ongeluk in die manstoilet is.

hoekom? is daar `n urinal? stink dit? is al die toilet papier klaar?
is daar `n groot plas pee op die grond?

> 5) Koffie ( in 'n styrofoam beker) kos R9, en tee ( ook in 'n styrofoam
> beker) kos R11.

genoeg om jou na drank toe te dryf

> 6) Daar is 4 uitstalsale wat almal saam as een vertonlokaal kan dien, of
> daar kan vier afsonderlike uitstallings terselfdertyd plaasvind.
> 7) Moenie in die restaurant daar gaan eet nie - bitter klein porsies teen
> hoogs inflasionistiese pryse ( pre SA Stats en Irak-inval)
>

inflasionistiese .... oulike woord inflasionistiese
dis my woord vir die dag.

> Annette
>
>
>
>

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Re: SieTiek [boodskap #79029 is 'n antwoord op boodskap #79027] Ma, 09 Junie 2003 11:40 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
"
>
> dis baie billik in vergelyking met wat jy in jhb sou betaal. r30 en
> op.

Wel, ons is nie gewoond daaraan om sommer goedsmoeds R15 te betaal vir
staanplek as jy miskien nie eers 'n halfuur daar gaan wees nie.

>
>> 2) Die gebou is hiper modern, maar mens voel asof dit 'n koue gebou is, die
>> 'n vriendelike gebou nie.
>> 3) Die toilette word aangedui in Engels en Arabies.
>
> cool, duidelik verwag hulle nie baie locals nie ne.
Die ou klomp hier is ongelukkig daaroor, veral omdat Arabies nie een van ons
offisiële tale is nie.

>
>> 4) In die dames toilet lyk dit of mens per ongeluk in die manstoilet is.
>
> hoekom? is daar `n urinal? stink dit? is al die toilet papier klaar?
> is daar `n groot plas pee op die grond?

Nee man - dis glo so grend - dat die wasbak net een lang slootjie is -
bietjie hoog vir stofpoepetjies, maar nietemin:))
>
>> 5) Koffie ( in 'n styrofoam beker) kos R9, en tee ( ook in 'n styrofoam
>> beker) kos R11.
>
> genoeg om jou na drank toe te dryf
Ja - vir daardie prys verwag mens die koffie/tee ten minste in 'n
porseleinkoppie, en 'n stuk sjokoladekoek by.

>
>> 6) Daar is 4 uitstalsale wat almal saam as een vertonlokaal kan dien, of
>> daar kan vier afsonderlike uitstallings terselfdertyd plaasvind.
>> 7) Moenie in die restaurant daar gaan eet nie - bitter klein porsies teen
>> hoogs inflasionistiese pryse ( pre SA Stats en Irak-inval)
>>
>
Vorige onderwerp: Register vir Verkragters?
Volgende onderwerp: Helikopterongeluk.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 04 17:47:21 MGT 2024