Tuis » Ernstig » Onderwys & opvoeding » Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise
Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79011] |
Mon, 09 June 2003 08:14  |
Marius Roets
Boodskappe: 4 Geregistreer: June 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aandoen, het my my eie
studentedae laat onthou.
Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
kant gehad : Lyfstraf.
In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
wat ek nog ooit gesien het.
Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
En wat is jul eie ondervindinge ?
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79017 is 'n antwoord op boodskap #79011] |
Mon, 09 June 2003 09:13   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ons het 'n blougat/ouman stelsel in die "army" gehad. Dit het goed gewerk
totdat ek my ouman gemoer het. Daarom het ek nie 'n blougat gehad om my
skiewwie werk te doen toe ek 'n "ouman" geword het nie - dit het my nie
gepla nie.
Vakleerlingskap is 'n integrale deel van die westerse samelewing. Ek
ondersteun dit volmondig. Daar is ongelukkig ouens wat hulle aan vergrype
skuldig maak - maar m.i. daar is voldoende teenwigte om die balans te
herstel.
Op varsity was die meeste van die tweedejaars ouens wat nog nie
weermagopleiding gedoen het nie - ek het hulle soos 'n stopstraat
geignoreer. (Bygesê, ek was nie op koshuis gewees nie...)
Ek ondersteun die manne van Majuba wat boomrokers wou uitroei.
"Marius Roets" skryf in boodskap news:a888a380.0306090014.687dea44@posting.google.com...
> Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
> stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
> 'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aansteslel in die doen, het my my eie
> studentedae laat onthou.
> Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
> pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
> 'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
> insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
> akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
> hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
> kant gehad : Lyfstraf.
> In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
> straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
> 'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
> meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
> onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
> gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
> Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
> die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
> eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
> Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
> geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
> eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
> naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
> seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
> moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
> wat ek nog ooit gesien het.
> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?
|
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79020 is 'n antwoord op boodskap #79011] |
Mon, 09 June 2003 09:39   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
By die dameskoshuise is alle "luxuries" weggeneem, selfs haardroërs en die
eerste 3 maande slaap jy op die vloer met jou kop onder 'n stoel. Jy mag
nie huis toe gaan of bel nie. Van die seniors het baie duur goed soos
parker penne gevat en gehou. Die ma's en pa's was nooit gelukkig nie.
Eerstejaar in 'n koshuis bou karakter, maar ek voel hulle moet darem
matigheid voor oë hou. Lyfstraf of enigiets wat jou menslikheid aantas is,
myns insiens, verbode. "Ontgroening" is een ding, maar ek stem nie saam met
geweld nie.
Ek was nooit in 'n koshuis nie, maar ek ken baie mense wat was. Dames het
'n makliker tyd gehad as mans.
"Marius Roets" skryf in boodskap news:a888a380.0306090014.687dea44@posting.google.com...
> Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
> stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
> 'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aandoen, het my my eie
> studentedae laat onthou.
> Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
> pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
> 'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
> insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
> akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
> hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
> kant gehad : Lyfstraf.
> In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
> straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
> 'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
> meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
> onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
> gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
> Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
> die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
> eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
> Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
> geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
> eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
> naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
> seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
> moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
> wat ek nog ooit gesien het.
> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?
|
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79025 is 'n antwoord op boodskap #79020] |
Mon, 09 June 2003 10:43   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ek het dit heeltemal teen lyfstraf of vernedering van mense om ander mense
te laat goed en groot voel. Dis maar net 'n verdere uitbreiding van 'n
boelie-kultuur, wat skielik "wettig" is net omdat dit in 'n varsitykoshuis
gebeur.
Ek was in Huis Koos op Kovsies ( sien, ek is nie skaam om dit te sê nie) en
die ergste wat aan die eerstejaars gedoen is ( die ontgroeners mag nie aan
hulle geraak het, of nader as twee voet van hulle gestaan het nie) is dat
hulle beveel is om vir een dag vanaf die middag 1nm tot die volgende oggend
om 7:30 hulle bra's agterstevoorom te moes dra. Dit was vir sommige
kinders die ergste ding wat met hulle kon gebeur, en dit is nie weer
toegepas nie. Nie een van die klaers is verwerp nie, en hulle het almal
goeie koshuislede geword.
Selfs die eerstejaar wat geweier het om jellie te eet is vergewe, en sy het
sonder enige verdere straf 'n baie nuttige koshuislid geword.
Eintlik het dinge in ons koshuis bietjie andersom gewerk - in my eerstejaar
was dit ook die eerste jaar van die koshuis se bestaan. Gevolglik was 80%
van die inwoners eerstejaars, en daar is 'n "tradisie" begin waar
eerstejaars in een week, sonder straf, die seniors kan terugkry.
Die gees in die koshuis was altyd gemoedelik, en niemand was baas of klaas
nie.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:3ee455c6$0$230@hades.is.co.za...
> By die dameskoshuise is alle "luxuries" weggeneem, selfs haardroërs en die
> eerste 3 maande slaap jy op die vloer met jou kop onder 'n stoel. Jy mag
> nie huis toe gaan of bel nie. Van die seniors het baie duur goed soos
> parker penne gevat en gehou. Die ma's en pa's was nooit gelukkig nie.
> Eerstejaar in 'n koshuis bou karakter, maar ek voel hulle moet darem
> matigheid voor oë hou. Lyfstraf of enigiets wat jou menslikheid aantas is,
> myns insiens, verbode. "Ontgroening" is een ding, maar ek stem nie saam met
> geweld nie.
> Ek was nooit in 'n koshuis nie, maar ek ken baie mense wat was. Dames het
> 'n makliker tyd gehad as mans.
>
> "Marius Roets" wrote in message
> news:a888a380.0306090014.687dea44@posting.google.com...
>> Die hele storie oor die aktiwiteite in die Majuba manskoshuis, en
>> stories oor die gemaskerde MIA (Majuba Interne Alliansie) wat studente
>> 'straf' wat die koshuis se eer en naam skade aandoen, het my my eie
>> studentedae laat onthou.
>> Ek gaan nie sê watter uni of koshuis dit was nie, maar ons het 'n
>> pa-seun stelsel gehad waar elke eerstejaar aan 'n senior student
>> 'toevertrou' is. "Pa's" moes toesien dat hul "seuns" goed aanpas en
>> insakekel by die koshuis. Hy moes ook goed tred hou van sy seun se
>> akademiese vordering. Enige probleme kon dan vertroulik met die seun
>> hanteer word. Die stelsel het baie geod gewerk, maar het ook 'n donker
>> kant gehad : Lyfstraf.
>> In gevalle waar 'seuns' sleg oor die lyn getrap het, kon 'n pa sy seun
>> straf deur lyfstraf toe te dien. Gewoonlik was dit so 6 of 7 houe met
>> 'n plak ('n hout plank met handvatsel). Elke pa het een gehad, en die
>> meeste van die gevalle is die lyftraf in goeie gees uitgedien. Ek
>> onthou telke male wat ons 'seuns' die hale met mekaar vergelyk het, en
>> gestry het oor wie se pa nou eintlik die hardtse slaan.
>> Die reël was altyd dat 'n tweede senior moes teenwoordig wees tydens
>> die lyfstraf, maar dis baie selde gehoorsaam. Ek weet van verskeie
>> eerstejaars wat dan sommer deur die tweede senior ook bygedam is.
>> Die rede waarom die Majuba insident my hieraan laat dink het, was 'n
>> geval waar 3 eerstejaars dronk geword het in die dorp, en hul
>> eskapades in die studentekoearntjie beland het, met die koshuis se
>> naam daarby. Hulle is later daardie week deur omtrent 10 gemaskerde
>> seniors uit hul kamers gehaal, en voor die hele koshuis gestraf. Hulle
>> moes kaal uittrek, buk en het die allerverskrikliskte pak slae gekry
>> wat ek nog ooit gesien het.
>> Die verskil tussen toe en nou is dat hulle dit soos manne gevat het,
>> an goed saamgewerk het vir die res van hul kosuis-loopbane.
>> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
>> En wat is jul eie ondervindinge ?
>
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79034 is 'n antwoord op boodskap #79011] |
Mon, 09 June 2003 13:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Marius Roets wrote:
> Wat is julle daar buite se idee oor sulke 'straf'-reëls in koshuise ?
> En wat is jul eie ondervindinge ?
Ek kan onthou dat Valerie van Tubbergh, groot
vet ou Valerie van Tubbergh, sotkaptein in Huis
de Villiers op Stellenbosch, vir my in 'n bad
koue water laat sit het om my sag te maak omdat
ek my so hard hou, want ek het uit 'n sotte-groep
tydelik verdwyn om 'n brief van die huis by my
suster op te tel. Toe hulle vir my vra waarom ek
dit gedoen het, begin ek huil. En toe skrik hulle
en los vir my uit.
"Doop" is in Stellenbosch streng ingeperk nadat
'n jong man in die agterbak van 'n kar gesit is en
dit toegemaak is. Toe hulle dit later oopmaak, was
die jong man dood. Daar was 'n baie intense onder-
soek na sottedoop in Stellenbosch daarna, onder
andere met Anton Rupert as lid. En daarna was alle
doop offisiëel onwettig, as ek reg onthou. Dis nou
baie lank gelede.
Gloudina
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79036 is 'n antwoord op boodskap #79020] |
Mon, 09 June 2003 13:11   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
"Ontgroening" is een ding
Hier in die VSA was daar onlangs 'n groot saak
oor 'n ontgroenings-situasie wat heeltemal
handuitgeruk het. Die ontgroeners het hulle
prooie met vere gemeng met ekskrement onder
andere bewerk. Mens het die insident oor en oor
op televisie gesien. 'n Hele klomp van die
ouens is nie net uit die universiteit gegooi
nie, maar het kriminele vervolging verduur.
Die ekskuus was dat daar drank gebruik is.
Ek moet sê dat ek tot vandag toe nog
dankbaar is vir die senior wat vir elke sot in
Huis de Villiers aangedui het. Ek het 'n
besondere vriendelike en intelligente een
gehad, wat my baie goeie raad gegee het. En
uiteindelik vir my geleer het om weer "ek"
te sê, nadat ons vir tien dae onsself alleen
as "dit" kon aandui. Dis verbasend oor in hoe
'n kort tyd mens gebreinwas kan word.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79059 is 'n antwoord op boodskap #79034] |
Mon, 09 June 2003 18:35   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Heel onlangs is daar weer outjie dood by Stellenbosch. As ek die storie reg
onthou was die outjie op malaria pille, en het 'n klomp oumanne die
eerstjaartjie eers 'n oordosis van die malaria medikasie ingegee, en toe is
al die eerstejaars van daai huis af hoofstraat toe vir 'n "kaalmars". Die
eerstejaars is gedril, en die outjie wat die oordosis malaria pille ingekry
het, se hart het gestaan. Blykmaar was die mengsel van die pille en die
harde oefening te veel vir die seun se hart. Ek weet nie wat het van daai
storie geword nie.
E
wrote:
>
>
> Ek kan onthou dat Valerie van Tubbergh, groot
> vet ou Valerie van Tubbergh, sotkaptein in Huis
> de Villiers op Stellenbosch, vir my in 'n bad
> koue water laat sit het om my sag te maak omdat
> ek my so hard hou, want ek het uit 'n sotte-groep
> tydelik verdwyn om 'n brief van die huis by my
> suster op te tel. Toe hulle vir my vra waarom ek
> dit gedoen het, begin ek huil. En toe skrik hulle
> en los vir my uit.
> "Doop" is in Stellenbosch streng ingeperk nadat
> 'n jong man in die agterbak van 'n kar gesit is en
> dit toegemaak is. Toe hulle dit later oopmaak, was
> die jong man dood. Daar was 'n baie intense onder-
> soek na sottedoop in Stellenbosch daarna, onder
> andere met Anton Rupert as lid. En daarna was alle
> doop offisieel onwettig, as ek reg onthou. Dis nou
> baie lank gelede.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dissipline en lyfstraf op universiteitskoshuise [boodskap #79242 is 'n antwoord op boodskap #79226] |
Sat, 14 June 2003 15:36  |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hmm, maar as jy dit nie met die vuiste kan doen nie, dan kry jy 'n ander
manier om dit te doen, vrouens wat vuisslaan is tog so lelik.
E
"Ferdi Greyling" wrote:
> Miskien is
>> dit manier waarop mans groot gemaak word?
>
> Aan die ander kant sien ek bitter min mans moan and kla soos vrouens
> doen.
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 22:53:07 UTC 2025
|