" aanraaklied " deur TOM GOUWS [boodskap #78894] |
Fri, 06 June 2003 21:19 |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Tom Gouws
aanraaklied
in die lente van my drie-en-dertigste jaar
keer ek versigtig terug na die leë grot.
ongewoond aan die donker soek my oë
na die slapende Seun van God.
vir die liggaam wat gebreek in bloed gestol
op kliptafels lê, bring ek bewoë 'n salf van spesery.
Hom wil ek saggies met trane en met woorde was
en toevou in die weefsels van my sagste sy.
binne aarsel die intieme reuk van dit wat bederf;
Ãn my groei swart stilte amper onuithoudbaar.
dán hoor ek Hy sê my naam, soos vir een wat sterf.
in die grot staan ek verblind voor Hom, nat en naak.
in die lente van my drie-en-dertigste jaar
voel ek hoe Hy versigtig aan my raak.
|
|
|