Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit was amper!
Dit was amper! [boodskap #78809] Wo, 04 Junie 2003 13:56 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My man bel my nou net op my selfoon en sê ek moet gou hek toe kom. Daar
gekom staan hy met die lelikste gedroggie in sy arms, lyk soos 'n klein
scottish terrier. Skoon mooi van lelikgeit. Anyhoo, my man het amper oor
die dingetjie gery en wou sommer net daar en dan die woefie vir hom vat. Ek
het amper saam gestem, maar gedink hoe ek sou voel as my hond uitkom en
iemand vat hom sommer vir hulle. Ek stel toe voor ons moet in die straat
afstap en haar huis gaan soek. Tweede huis van ons af hardloop sy in, klim
deur 'n gat in die hek en sy's tuis. Ons klop aan die deur om vir die mense
te sê hulle moet hulle hond in die erf hou, maar daar's niemand tuis nie.
So twee weke terug het hierdie gedroggie ook uitgekom, en baie dapper
besluit sy vat 'n doberman aan. Gelukkig was dit 'n vriendelike Doberman,
want sy's so klein daai doberman sal haar vir 'n tampon gebruik, die
doberman het haar net aangekyk asof sy mal is. Nou wonder ek wat my te doen
staan as die arme dingetjie weer uitkom. Sy hardloop nie in die pad nie, en
bly op die sypaadjie, maar wat gebeur as 'n minder vriendelike hond uitkom?
Of iemand ry oor haar wanneer hulle, hul kar by hulle huis uittrek (sy ken
nie van "driveways" nie). Ek sal haar sommer vir my vat! Ek raak baie
kwaad vir mense wat nie na hulle honde kyk nie.

Elaine
Re: Dit was amper! [boodskap #78815 is 'n antwoord op boodskap #78809] Wo, 04 Junie 2003 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
'n Bloukol op 'n watsenaam.
Re: Dit was amper! [boodskap #78821 is 'n antwoord op boodskap #78809] Wo, 04 Junie 2003 19:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sit 'n nota op hul deur/in 'n posbus dat jy die hondjie gaan hou vir jouself
as dit weer buite rondloop.
Hoe gaan dit met kees en kollie?

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

"Elaine" skryf in boodskap news:3eddfa87$0$230@hades.is.co.za...
> My man bel my nou net op my selfoon en sê ek moet gou hek toe kom. Daar
> gekom staan hy met die lelikste gedroggie in sy arms, lyk soos 'n klein
> scottish terrier. Skoon mooi van lelikgeit. Anyhoo, my man het amper oor
> die dingetjie gery en wou sommer net daar en dan die woefie vir hom vat. Ek
> het amper saam gestem, maar gedink hoe ek sou voel as my hond uitkom en
> iemand vat hom sommer vir hulle. Ek stel toe voor ons moet in die straat
> afstap en haar huis gaan soek. Tweede huis van ons af hardloop sy in, klim
> deur 'n gat in die hek en sy's tuis. Ons klop aan die deur om vir die mense
> te sê hulle moet hulle hond in die erf hou, maar daar's niemand tuis nie.
> So twee weke terug het hierdie gedroggie ook uitgekom, en baie dapper
> besluit sy vat 'n doberman aan. Gelukkig was dit 'n vriendelike Doberman,
> want sy's so klein daai doberman sal haar vir 'n tampon gebruik, die
> doberman het haar net aangekyk asof sy mal is. Nou wonder ek wat my te doen
> staan as die arme dingetjie weer uitkom. Sy hardloop nie in die pad nie, en
> bly op die sypaadjie, maar wat gebeur as 'n minder vriendelike hond uitkom?
> Of iemand ry oor haar wanneer hulle, hul kar by hulle huis uittrek (sy ken
> nie van "driveways" nie). Ek sal haar sommer vir my vat! Ek raak baie
> kwaad vir mense wat nie na hulle honde kyk nie.
>
> Elaine
>
Re: Dit was amper! [boodskap #78826 is 'n antwoord op boodskap #78821] Wo, 04 Junie 2003 22:49 Na vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dit gaan goed, die kollie maak my mal - vreet elke dag iets op waarvoor ek
jammer is of 'n nuwe paar skoene wat ek buite in flarde moet gaan optel. Sy
word nou groot, en die twee het my suksesvol van die bed af. Hulle kry koud
in hierdie gat, en ma moet maar in die spaarkamer gaan slaap, anders word sy
met 'n hond op haar gesig wakker :-))

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:bblh76$aq5pf$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sit 'n nota op hul deur/in 'n posbus dat jy die hondjie gaan hou vir jouself
> as dit weer buite rondloop.
> Hoe gaan dit met kees en kollie?
>
> Annette
Vorige onderwerp: Re: Psssssssst
Volgende onderwerp: Zuma Gaan Vertel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 06:38:40 MGT 2024