Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Abraham Fischer
Abraham Fischer [boodskap #78771] |
Wed, 04 June 2003 02:42  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
45,
sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.
Koot
Sy pa was iets belangrik in die politiek van die ou Vrystaatse
Republiek. Die oudste manskoshuis op die kampus van die Vrystaatse
Universiteit heet Huis Abraham Fischer, of sommer net Vishuis.
Drom
|
|
|
Re: Abraham Fischer [boodskap #78773 is 'n antwoord op boodskap #78771] |
Wed, 04 June 2003 03:30   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
> Ek onthou ook maar bitter min van Bram Fischer se geskiedenis (ouer as
> 45,
> sien...). Ek verbeel my sy pa was 'n stigterslid van die Broederbond.
>
> Koot
Bram Fischer se oupa was 'n eerste minister
van die Vrystaat, sy pa hoofregter in die
Vrystaat. Bram Fischer was 'n Rhodes
Scholar en later 'n briljante advokaat,
voorsitter van die Johannesburgse balie.
Hy het verklaar dat sy geveg teen die
apartheidsregime se immorele beleid en
dade geinspireer was deur die veg van die
Boere teen Engelse oorheersing, dat sy
stryd 'n voortsetting was van daardie stryd
om vryheid teen oorheersing.Bram Fischer
is een van die Afrikaner se grootste seuns.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Abraham Fischer [boodskap #78803 is 'n antwoord op boodskap #78777] |
Wed, 04 June 2003 12:58   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Bram Fischer was 'n kommunis. Hy het die Sovjet-kommunisme aangehang.
> Indien jy glo dat apartheid 'n sonde was, weet jy niks van die kommunisme af
> nie.
> Ook, daardie lede van SAKP was normaalweg ook lede van die Russe se KGB, en
> het namens hulle wêreldwyd inligting ingesamel.
Verkoop maar dié negosiegoed.
Dis so oud en uitgerafel, dié
ou gesegdetjies van julle, dat
ek verbaas is dat jy nog daarmee
rondsmous.
Bram Fischer, wat 'n briljante
loopbaan kon gehad het as hy wou
heul met die apartheidsvarke, het
gesterf vir sy oortuiginge. Mens
sterf nie vir politiek nie. Mens
sterf vir jou oortuigings.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Abraham Fischer [boodskap #78812 is 'n antwoord op boodskap #78805] |
Wed, 04 June 2003 16:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Annette wrote:
> Hoe het hy nou weer gesterf? Ek kan nie onthou dat dit voor 'n vuurpeleton
> was nie.
Hy het aan kanker gesterf, maar was as
"so gevaarlik" beskou dat hulle hom in
die tronk in Pretoria gehou het, waar
hy seker nie veel behandeling vir die
kanker ontvang het nie, en eers in die
laaste paar dae van sy lewe uitgelaat
is om in die huis van sy broer te sterf.
Bram Fischer se behandeling aan die
hande van die apartheidsvarke is seker
die grootste klad teen daardie soort
Afrikaner wat, soos jy nou, julle so
gewetenloos hou teenoor wat reg en
geregtigheid was en nog is, dat julle
vir julle gedurig op die skouers sit en
klop oor hoe "skoon julle hande" is.
Dis omdat daar mense soos Bram
Fischer en Beyers Naude is en 'n hele klomp
ander mense dat ek nog trots is om myself
'n Afrikaner te noem. As ek sou dink almal
is soos jy, dan sou ek al lankal moed
opgegee het.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Abraham Fischer [boodskap #78854 is 'n antwoord op boodskap #78771] |
Thu, 05 June 2003 15:15   |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 5 Jun 2003 16:15:41 +0100, "Lorinda"
wrote:
> Jonas, ek is nie besig om jou te probeer oortuig dat kommunisme 'n goeie
> ding is nie. Ek verdedig ook nie die ou Sowjet-Unie nie. Die wêreld het
> kapitalisme gekies, en ons sal sien waar die pad ons neem. Al wat ek sê is
> dat dit 'n baie handige "tool" was in allerhande omstandighede en op
> verskillende plekke. Ook gaan dit nog vrotsleg in baie oud kommunistiese
> lande jare later - hulle sal nie vir altyd kommunisme daarvoor kan blameer
> nie,
Die lewensverwagting vir Russiese mans het in die afgelope dekade
dramaties gedaal. Dit gaan nie baie goed met hulle samelewing onder
kapitalisme nie. Het ook nie onder kommunisme so goed gegaan nie.
Dit laat natuurlik die vraag: Was die probleem nie by die Russe nie,
eerder as by kommunisme?
een of ander tyd sal ons moet vra of kapitalisme in die weste dalk
nie
> so goed sou gewerk het sonder die hulp van hulle geskiedenis nie (kolonies,
> slawerny, ens.ens.). Net om 'n kapitalistiese sisteem aan te hang is dalk
> nie goed genoeg nie... Ek het vrede met die hele saak - ons gesels net. Dis
> net dat "kommunisme" dalk nie vir my die bowetoon het wat dit vir jou het
> nie.
Die stomme Jonas sit seker nog vas by John Voster se definisie van
kommunisme wat was: enigiemand wat die bestaande staat (van daai tyd)
se aard wou verander.
Dis hoekom hy Robert Sobukwe vir so lank in eensame aanhouding op
Robben Eiland kon hou as synde 'n "kommunis" hoewel Sobukwe baie, baie
ver van Marx, Engels en Lenin was.
|
|
|
|
Re: Abraham Fischer [boodskap #78857 is 'n antwoord op boodskap #78852] |
Thu, 05 June 2003 16:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Wat ek moet byvoeg is dat geen persoon wat kommunisme aangehang het die reg
> het om aparttheid te kritiseer nie. En as jy kommunisme aangehang het om
> teen apartheid te baklei, dan het jy die pot volledig misgesit ...
> Ek was ook al in daardie lande - en ek verkies die sieninge van die Hongare.
> Hulle was die enigste wat bereid was om teen die Sovjet Unie in opstand te
> kom.
Jy vergeet natuurlik, vir jou eie voordeel,
dat die apartheidsregime en die russiese
imperialisme-onder-die-dekmantel-van-marxisme
besonder baie op mekaar gelyk het. Staats-
kontrole tot in die ekstreem ( mense gesorteer
volgens die manier waarop hulle hare gelyk
het), en spioene orals. Die SA maatskappy in
ongeveer die laaste deel van die twintigste
eeu was so na aan 'n Sowjet-sisteem as wat
kon kom. Dus, laat ek nou die ou muntjie
omdraai: niemand wat niks boos kan sien in
die apartheidsregime het die reg om die periode
van "russiese kommunisme" te kritiseer nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Abraham Fischer [boodskap #78875 is 'n antwoord op boodskap #78857] |
Fri, 06 June 2003 10:01  |
NoS...[2]
Boodskappe: 234 Geregistreer: September 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 05 Jun 2003 16:55:41 GMT, "@rogers.com" wrote:
Dus, laat ek nou die ou muntjie
> omdraai: niemand wat niks boos kan sien in
> die apartheidsregime het die reg om die periode
> van "russiese kommunisme" te kritiseer nie.
In fact die aprtheid-stelsel was tot groot mate n sosialistiese
stelsel!
En baie mense, wat nou so dom raas, het heerlik aan die
(sosialistiese) trog van apartheid gevreet!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 16:36:20 UTC 2025
|