Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die mense raak al vieser en ander goed.
Die mense raak al vieser en ander goed. [boodskap #78668] Ma, 02 Junie 2003 07:56 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Eers is dit die plastieksakkiestorie, waar mense glad nie kan sien dat daar
'n verlaging in voedselpryse was nie.
Nou mag die mense ook glo nie meer die aankope in die trollie motor toe neem
om dit daar in die kattebak te sit nie.

Nou weer die storie oor die opgeblase inflasiesyfers. Mens wonder tot watter
stappe Stopford oorgegaan het om hulle te dwing om die aanpassing na die
regte syfer te maak, aangesien hy glo al die verkeerde berekeningswyse meer
as 'n jaar gelede aan Stats SA uitgewys het. Gister in Rapport is Maria
Ramos glo ook daar wat sê sy het hulle vertel hulle is verkeerd - hoekom
sou Trevor nie al 'n jaar gelede na haar geluister het nie?

Dan het ons ook nou die oliestorie, waar 'n ooreenkoms met SA aangegaan is,
maar 'n konsortium het die winste geskaak - en tot ons uiterste verbasing is
die lede van die konsortium familie van ANC hooggeplaastes.

Freda Adams gaan vandag weer in die hof vertel oor Marais en Morkel se
vergrype. Blykbaar is die twee politieke vyande wat met hul mannewales
hulself en mekaar uit hul lekker joppies baklei het, nou dik pelle wat styf
teen mekaar daar in die hof sit as mede-aangeklaagdes.
Ek weet ook nie hoekom sy gedurig met 'n donkerbril op loop nie.
Ek weet ook nie hoekom sy, as oud-skoolhoof, nie as minister van onderwys in
die provinsiale raad aangestel is nie.- alhoewel Helen Zille 'n uitstekende
taak verrig het.
Daar is mos die grappie van Idi Amin wat in London by 'n grend hotel
ingeboek het, en die toonbankklerk komplimenteer hom toe op sy mooi
sonbrille - totdat Idi vir hom uitwys dit is nie sonbrille nie, maar sy
neusgate;))

Rapport basuin tog so graag uit dat hulle die grootste Afrikaanse
Sondagkoerant ter wêreld is - wat hulle is - maar waar is die Rapport
fietsrytoer deesdae? Ek lees ook dat Vilani deur Sunday Times stil-stil
geborg is.

In die boek oor die Tour de France wat ek lees, het ek uitgevind dat die
Tour ook begin is deur 'n koerant om sirkulasiesyfers op te stoot, en dat
die voorloper se geel trui die kleur is van die blaaie van die koerant.
Verder moet dorpe waar die Tour oornag glo tot 5 miljoen frank betaal vir
die voorreg.

Annette
Re: Die mense raak al vieser en ander goed. [boodskap #78669 is 'n antwoord op boodskap #78668] Ma, 02 Junie 2003 08:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:bbevt7$8lfm8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> In die boek oor die Tour de France wat ek lees, het ek uitgevind dat die
> Tour ook begin is deur 'n koerant om sirkulasiesyfers op te stoot, en dat
> die voorloper se geel trui die kleur is van die blaaie van die koerant.
> Verder moet dorpe waar die Tour oornag glo tot 5 miljoen frank betaal vir
> die voorreg.\

Franken bestaan niet meer Euro zal je bedoelen ;-))

grt emmy
Re: Die mense raak al vieser en ander goed. [boodskap #78673 is 'n antwoord op boodskap #78669] Ma, 02 Junie 2003 10:10 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die boek is geskryf toe dit nog frank was :))
Annette

"emmy" skryf in boodskap news:3edb0d01$0$76764$1b62eedf@news.wanadoo.nl...
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:bbevt7$8lfm8$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> In die boek oor die Tour de France wat ek lees, het ek uitgevind dat die
>> Tour ook begin is deur 'n koerant om sirkulasiesyfers op te stoot, en dat
>> die voorloper se geel trui die kleur is van die blaaie van die koerant.
>> Verder moet dorpe waar die Tour oornag glo tot 5 miljoen frank betaal vir
>> die voorreg.\
>
> Franken bestaan niet meer Euro zal je bedoelen ;-))
>
> grt emmy
>
Vorige onderwerp: Slegs
Volgende onderwerp: Zimburgers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:21:39 MGT 2024