Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Australie se kersboom........
Australie se kersboom........ [boodskap #7864] Ma, 23 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hier is 'n absoluut pragtige wilde boom wat in Wes Australie groei,
die hele jaar is hy baie vaal, en dan met kerstyd ontpop hy en
is hy oortrek met die wonderlikste, helderkleurige oranjegeel blomme.
Geen wonder die mense noem dit 'n "Christmas tree" nie.

Ek lees hy is blykbaar semi-parasities, sy wortelstelsel teer op die
wortelstelsels van ander bome. Mens kry hom ook nie in die woonbuurte
nie, net in die veld, so ek vermoed hy pas te moeilik aan in tuine.
Tog te jammer dat hulle vir nuwe woonbuurte alles skoonmaak met
bulldozers voor hul begin bou. My hande jeuk vir my eie tuin.
Ek gaan net veldblomme plant, goed wat aard en nie heeldag natgespuit
moet word nie. Hier is 'n magdom van pragtige plante wat oor die
duine groei. Ek kan nie verstaan hoekom mense al die gemors plant
wat totaal onvanpas is nie, en dan sukkel op hul beste lyk die plante
asof hul brandsiek het. Kan nie wag vir my eie tuin nie.
Ek het my ma se groen vingers ge-erf. Ek is 'n groen smulpaap.

Vriendelike groete.
Re: Australie se kersboom........ [boodskap #7888 is 'n antwoord op boodskap #7864] Vr, 27 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Hier is 'n absoluut pragtige wilde boom wat in Wes Australie groei,
> die hele jaar is hy baie vaal, en dan met kerstyd ontpop hy en
> is hy oortrek met die wonderlikste, helderkleurige oranjegeel blomme.
> Geen wonder die mense noem dit 'n "Christmas tree" nie.

Galjoen 'n Aboriginal Aussie vertel my die ander dag dat die
"Kersboom" 'n "heilige" boom vir hulle is omdat hulle glo dat die
geeste van afgestorwenes onder die bome rus op pad na die "ander"
wêreld. Hulle is glo so gesteld daarop dat hulle self nooit in die
skadu van die boom vertoef nie.
Hy het my ook vertel hoekom die Aussie -Aboriginals nooit die blankes
aangeval het toe hulle voet aan wal gesit het in Oz nie. Dit het te
doen met hul geloof dat die "ander" wêreld oor die see was en dat die
see hul afgestorwenes so verander het dat toe hulle terugkom land toe
is hulle verwelkom sonder agterdog.
Paradys Groete,
Paul
Vorige onderwerp: Kersnaggebed deur C. LOUIS LEIPOLDT
Volgende onderwerp: Re: My kat het sy lewe opgeoffer...........
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 08:22:46 MGT 2024