Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gekheid 2
Gekheid 2 [boodskap #78574] Vr, 30 Mei 2003 17:00 na volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sien, Lorinda, ek sal nou 'n allemintige
reus moet wees, en jy op stelte, om my
voor die "gesig" van Big Ben af te neem.
As ek op die grond êrens voor Big Ben
staan, sal jy net die grys klip van die
heel onderste deel van die gebou op jou
kamera kry, as jy my gesig afneem.

Weet jy, dis dalk die manier waarop ek dit verduidelik. Jy sien, jy
wys eers die persoon se gesig. Dan draai jy die "kamera" weg van die
gesig, en wys dan Big Ben. Weet jy hoegenaamd hoe die video foon werk?

Nou
enige Londoner, selfs een wat in Battersea
bly, sal dit weet. Wáár in Battersea bly
jy. In die dae toe ek London nog goed
geken het, was Battersea nou eintlik nie
die beste adres nie.

Tant Hessie van St. Johns Wood.

Jy sal verbaas wees. Behalwe vir plekke hier en daar in oos-Battersea
is dit deesdae 'n baie goeie adres, veral langs Battersea Park. Jy sal
my vergewe as ek nie my huis adres op die internet gee nie. Ek sal dit
wel vir jou met e-pos stuur.

Ek sien jy het besluit om nie jou verwysing na die tye van my
boodskappe te verduidelik nie. Daar is net een uur verskil tussen
Engeland en Suid-Afrika, want ons is op somer tyd.

Lorinda
Re: Gekheid 2 [boodskap #78576 is 'n antwoord op boodskap #78574] Vr, 30 Mei 2003 17:06 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lorinda wrote:

> Ek sien jy het besluit om nie jou verwysing na die tye van my
> boodskappe te verduidelik nie. Daar is net een uur verskil tussen
> Engeland en Suid-Afrika, want ons is op somer tyd.

Wat het dit met die prys van eiers
te doen. Dis die verskil tussen die
tyd in London en Eastern Daylight
Savings Time in Noord-Amerika wat
saakmaak.

Tant Hessie
Vorige onderwerp: Rugbynuus
Volgende onderwerp: Re: 'Nuon stelt bonus afhankelijk van aantal allochtonen'
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:08:05 MGT 2024