Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Verduidelik bietjie..
Verduidelik bietjie.. [boodskap #7845] Wo, 18 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
> Jy se^ dis nie meer "voor in die wapad brand
> 'n lig" nie, maar "agter ons is 'n vuur aan die
> brand." Hierdie bewering, veral as dit kom
> van 'n Afrikaner wat na Australie" uitgewyk het,
> gee my koue rillings.
> Vireers moet ek dit aan jou stel: vir die eerste
> keer sedert die witman in suidelike Afrika kom
> baasspeel het, brand daar nou voor in die wapad
> 'n lig vir die bevolking van Suid-Afrika wat nie
> jou noue waarde-oordele en heelwaarskynlik vel-
> kleur deel nie. Voor in die wapad brand daar ook
> 'n lig vir al daardie Afrikaners wat gebid het dat
> die beker by hulle moet verbygaan.
> Jy het toe na Australie" uitgewyk. Nou, as 'n
> mens na die gesigte in die regeringsbanke en in
> die Olimpiese Spele kyk, dan lyk dit vir my die
> bevolking van Australie" is nog melkwit. Maar
> WORD WAKKER. Dit gaan nie meer lank duur
> nie, dan gaan Australie" oorstroom word met die
> (meer intelligente) immigrante uit die res van die
> Ooste. Julle wette het, tot 'n paar dekades, mense
> wat nie wit is nie, uit die land gehou. Toe, gedu-
> rende die apartheidsjare, het julle so langtand dinge
> 'n bietjie meer geliberaliseer en sommige Asiate
> ingelaat. Nou wil julle weer die deure sluit. Maar
> die geskiedenis en die toekoms is teen julle wittes
> daar in Australie". Aan die einde van die 21ste eeu
> sal dit 'n Oosterse land wees, jou eerste minister sal
> van Asiatiese oorsprong wees. Miskien sal daar selfs
> gediskrimineer word teen jou wit nasate, weens hul
> on-Oosterse agtergrond. So, se^ ek, WORD
> WAKKER. Leer Sjinees. Leer Sjinese kanji.
>
> Gloudina Bouwer
>

Gloudina, jy raak nou lekker moeilik nę... Sę jy 'n bietjie vir ons waar die
oplossing lę.
Hoe het julle weggaan uit SA die "cause" gehelp - of het julle maar net
julleself gehelp? Hoe help jy as jy daar hoog-en-droog in die buiteland sit,
of kritiseer jy maar net 'n bietjie?

Wat stel jy voor moet ons wit SAs doen in terme van ons situasie? Dit lyk asof
die enigste intekenaars wie se opinies vir jou aanvaarbaar is, is:Ferdiekoos
en Xfiles. Nou wil ek namens die res van ons "verkeerdes" vra: hoe dink jy
moet ons nou maak? Ons weet ons moet nie kla oor "reverse discrimination" en
regstellende aksie nie, want ons verdien dit mos, maar as jy nou so bevoorreg
kon wees om ook jou deel te kon bydra, wat sou jy gedoen het?

Jy klink so begeesterd met die idee dat die witman gestraf moet word en dat
die swartman tot sy reg moet kom ten koste van die witman, dat ek nie kan help
om te wonder of jy jouself nie hier moes bevind het om te help nie. Jy weet,
enige een kan praat, maar om werklik 'n verskil te maak, moet mens seker iets
DOEN of hoe?

Beide Klaasvakie en ek het noual werklik moeite gedoen om te verduidelik hoe
ons die saak sien, ons geskiedenis vertel ens. - al wat julle groepie doen is
om te kritiseer. Waarom verduidelik julle nie vir ons WAAROM ons nie die reg
het om te voel soos ons voel nie. Al wat julle doen is om te sę is dat ons
verkeerd is en moet skuldig voel. Miskien verstaan ons beter as ons weet wat
JULLE motiveer om te dink soos julle dink. Galjoen het reeds anderdag
verduidelik van sy tyd in die Army ens. en ek verstaan hoe hy voel.

As dit te pynlik is om daaroor te praat, probeer dit in elk geval, miskien
voel jy beter daarna.

Dalk moet hierdie debat minder op die persoon en meer op die opinie toegespits
wees, want as ons die feit respekteer, dat elkeen die reg op sy eie opinie het
en dat dit juis die fondasie van vredevolle samelewing is, kry ons dalk op
hierdie groep iets reg waarmee die res van die land nog sukkel.

Ek plaas graag vir jou ook 'n versie.

Groete

Dave
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7851 is 'n antwoord op boodskap #7845] Vr, 20 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article <NEWTNews.850961737.7143.augustyn@icon.co.za>, augu...@icon.co.za says...
>

Dave, dankie vir die gedig wat jy geplaas het. Wanneer
'n mens so dinge kan aanvaar, hoe kan jy verkeerd gaan?
Ek haal weer die vierde strofe aan:

Ek het gesag gevra, sodat ek die respek van mense kon afdwing.
Ek het swakheid ontvang,sodat ek kon voel hoe nodig ek God het.

Is dit nie ook iets wat die Afrikaner in Suid-Afrika vandag moet
se^ nie. Hoe gaan daardie ander lied:
"Soos ons vadere vertrou het,
leer ons ook vertrou, o Heer."

Jy haal my brief aan 'n eks-afrikaner in Australie" aan,
en se^ ek word moeilik. Ja, ek word BAIE moeilik as
mense buite SA sit en kraai oor hoe slim hulle nou was
dat hulle betyds "die vuur sien brand" het. En in sommige
gevalle is hulle te blind om te sien dat hulle van die pan
in die vuur gespring het. Die mense wat so praat, is gewoon-
lik mense wat lekker in die laer in SA gebly het, en eers in
die laaste paar jaar SA verlaat het. Ek vind dit ook baie
eienaardig dat Klaasvakie kla dat sy nie "haar kultuur" en Dingaansdag
kan vier nie. Om Vaders naam, hoekom sit
sy in die VSA? En op die sestiende Desember was dit
"Versoeningsdag" in SA (as ek die naam reg onthou.) Wat
wil jy beter he^? Buitendien lyk dit vir my of die mense
wat die Afrikaanse taal en kultuur nie genoeg respekteer
en opbou nie, die einste stoere boere is wat "Standpunte"
laat ophou bestaan het. Waarom is daar nou NET EEN letter-
kundige tydskrif in Afrikaans? Waarom gebruik die Boere
wat genoeg geld het om in die buiteland rond te rits nie van
daardie geld en versterk die koerante en Afrikaanse uitgewers
in SA, en gee geld aan jong Afrikaanse digters en skrywers
om vir 'n beperkte periode voltyds te kan dig of skryf nie?
Terloops, ek merk Mandela respekteer Afrikaans genoeg
om dit nou en dan te praat. En Matthews Phosa handhaaf
sy taal deur 'n digbundel daarin uit te gee. Die Afrikaanse
kultuur en letterkunde is "alive and well." Maar ek is bevrees
Klaasvakie sal nie dink die mense wat dit in stand hou, is "haar"
mense nie. Wat jou gevoel oor hierdie dinge is, weet ek nie. En
ek sal nooit vir jou wil probeer vertel wat die oplossings vir die
probleme van SA is nie. Ek is 'n Kanadees, al vir baie lank. En
jy is 'n Suid-Afrikaner in SA, en ek respekteer jou daarvoor en
weet dat dinge uiteindelik beter sal moet word, as die warrelwinde
veroorsaak deur die apartheidsjare gaan le^.
Ek het alreeds genoeg van my persoonlike geskiedenis op
hierdie nuusgroep vertel, dat ek nie eintlik dink dat ek dit moet
herhaal nie. Natuurlik het ons weggaan uit SA, omtrent drie de-
kades gelede, nie die "cause" gehelp nie. Natuurlik het ons ophou
Afrikaans praat in 1976, gedurende die Soweto opstande, nie-
mand gehelp behalwe onsself nie. Maar, kan ek jou verseker,
'n Afrikaner in die buiteland gedurende daardie donker jare
het ook 'n las gedra. En 'n woede. My man, Afrikanerseun
wat hy was, dink ek het somtyds gewens dat die Kubane SA
moet binneval en die hele klomp daar in die Uniegeboue na hul
peetjie stuur. Vir een en 'n half dekades het hy geweier om
Afrikaans te praat. Nou gebruik hy dit weer af en toe.
Met ander mense, natuurlik. Ons is nou Engels-sprekend.
Ons tweede taal is Frans. Ek wens ek kan se^ dat ek een van die
First Nations tale as 'n derde taal ken, maar ek is nog nie sover
nie.

Gloudina Bouwer
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7856 is 'n antwoord op boodskap #7845] So, 22 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Koos,

Apartheid was en is nie reg nie. Menseregte IS verkrag. Dit WAS ook verkeerd.
Dit is reg om te leer wat verkeerd gegaan het.

Wat ek sę is dat mens nie 'n verkeerde ding met 'n verkeerde ding regstel nie.
Dit is nou soos om nou "reverse discrimination" toe te pas of om blankes af te
trek en swartes bň hulle op te hef nie. Een stel reëls moet geld vir almal.
Dubbel standaarde was die kern van die sondes in die apartheid jare - dit was
toe verkeerd en dit is nou steeds verkeerd.

Daar het jy dit nou in 'n neutedop.

Groete
Dave
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7857 is 'n antwoord op boodskap #7845] So, 22 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dave Augustyn wrote:

>> Jy sê dis nie meer "voor in die wapad brand
>> 'n lig" nie, maar "agter ons is 'n vuur aan die
>> brand." Hierdie bewering, veral as dit kom
>> van 'n Afrikaner wat na Australië uitgewyk het,
>> gee my koue rillings. . Maar
>> die geskiedenis en die toekoms is teen julle wittes
>> daar in Australië. Aan die einde van die 21ste eeu
>> sal dit 'n Oosterse land wees, jou eerste minister sal
>> van Asiatiese oorsprong wees. Miskien sal daar selfs
>> gediskrimineer word teen jou wit nasate, weens hul
>> on-Oosterse agtergrond. So, sê ek, WORD
>> WAKKER. Leer Sjinees. Leer Sjinese kanji.
>>
>> Gloudina Bouwer

Ai Gloudina het jy alweer jou: "ek is onskuldig" fllower child
skoentjies van pure oningeligtheid aan getrek?? Of verwar jy kanada
met Australië. Bly liewer by die meestal simpele "dagga gedagte"
stukkies prosa as om jou onkunde so te openbaar. Hou jou bitter
aanmerkings maar vir die Kanadese en die Kanadese Aborigene as om jou
onskuld oor jou wegloop uit SA te probeer bewys deur dit op ander te
probeer reflekteer. Dit is argumente wat weens hul swak navorsing en
min kennis nooit deur jou behoort te geuiter word nie. 'n Vrou van jou
vintage hoort mos beter te weet?
Weereens Groete uit die Paradys... Perth Wes-Australië.
Paul.
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7858 is 'n antwoord op boodskap #7845] So, 22 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
>>>
> Ai Gloudina het jy alweer jou: "ek is onskuldig" fllower child
> skoentjies van pure oningeligtheid aan getrek?? Of verwar jy kanada
> met Australië. Bly liewer by die meestal simpele "dagga gedagte"
> stukkies prosa as om jou onkunde so te openbaar. Hou jou bitter
> aanmerkings maar vir die Kanadese en die Kanadese Aborigene as om jou
> onskuld oor jou wegloop uit SA te probeer bewys deur dit op ander te
> probeer reflekteer. Dit is argumente wat weens hul swak navorsing en
> min kennis nooit deur jou behoort te geuiter word nie. 'n Vrou van jou
> vintage hoort mos beter te weet?
> Weereens Groete uit die Paradys... Perth Wes-Australië.
> Paul.
>

Paul van der Merwe,
Ek het vir jou al vantevore gesê: As jou Paradys
in Wes-Australiëe is, dan is jou hart nie meer in Suid-
Afrika nie. Dis jou verlies. In my oë is jy een van daar-
die mense wat hulle in die Boere-oorlog "joiners" genoem
het. Ook genoem ófive shilling traitorsê of National Scouts.
Nie te verwar met "hensopper" nie. Die hensoppers het
net gehensop. Die joiners het vir die Engelse geveg teen vyf
sjielings op 'n dag, 'n mini-Boer weermag wat teen hul eie
mense geveg het. (Dis interessant om te weet: aan die einde
van die Boere-oorlog het Generaals Botha, De la Rey en De
Wet toegestem om 'n lys van name van hierdie "National
Scouts" te vernietig. Is dit waarvandaan die verraaier-bloed
in ons midde vandaan kom?)
Ek moet toegee dat daar hoekies van Noord-Amerika
is wat ek ook as na aan die Paradys beskou. (Ook hoekies
in Europa.) Maar as iemand my vra waar die paradys is, sal
ek seker moet antwoord: op 'n eiland in die Oranje, op 'n
helling van Tafelberg, op 'n strand in Natal, op Mont-aux-
Sources, op 'n trein op pad na Betlehem in die Vrystaat.

Gloudina Bouwer
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7859 is 'n antwoord op boodskap #7845] So, 22 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina:
Ek is 'n Kanadees, al vir baie lank. En
> jy is 'n Suid-Afrikaner in SA, en ek respekteer jou daarvoor en
> weet dat dinge uiteindelik beter sal moet word, as die warrelwinde
> veroorsaak deur die apartheidsjare gaan le^.

Ek hoop so ou Gloudina, ek hoop regtig so.

Groete
Dave
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7863 is 'n antwoord op boodskap #7845] Ma, 23 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Marius P Jooste  is tans af-lyn  Marius P Jooste
Boodskappe: 9
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Van Der Merwe Fam. wrote:
>
> Dave Augustyn wrote:
>
>>> Jy sê dis nie meer "voor in die wapad brand
>>> 'n lig" nie, maar "agter ons is 'n vuur aan die
>>> brand." Hierdie bewering, veral as dit kom
>>> van 'n Afrikaner wat na Australië uitgewyk het,
>>> gee my koue rillings. . Maar
>>> die geskiedenis en die toekoms is teen julle wittes
>>> daar in Australië. Aan die einde van die 21ste eeu
>>> sal dit 'n Oosterse land wees, jou eerste minister sal
>>> van Asiatiese oorsprong wees. Miskien sal daar selfs
>>> gediskrimineer word teen jou wit nasate, weens hul
>>> on-Oosterse agtergrond. So, sê ek, WORD
>>> WAKKER. Leer Sjinees. Leer Sjinese kanji.
>>>
>>> Gloudina Bouwer

> Ai Gloudina het jy alweer jou: "ek is onskuldig" fllower child
> skoentjies van pure oningeligtheid aan getrek?? Of verwar jy kanada
> met Australiê. Bly liewer by die meestal simpele "dagga gedagte"
> stukkies prosa as om jou onkunde so te openbaar. Hou jou bitter
> aanmerkings maar vir die Kanadese en die Kanadese Aborigene as om jou
> onskuld oor jou wegloop uit SA te probeer bewys deur dit op ander te
> probeer reflekteer. Dit is argumente wat weens hul swak navorsing en
> min kennis nooit deur jou behoort te geuiter word nie. 'n Vrou van jou
> vintage hoort mos beter te weet?
> Weereens Groete uit die Paradys... Perth Wes-Australië.
> Paul.

Lyk my Paul van die Paradys is nie net nog steeds 'n rassis nie, sy
opmerkinge teenoor Gloudina laat my vermoed hy is 'n manlike
chauvinistiese varkie ook. Dit klink my hy is maar naief oor die
toestand in die Paradys. Party ouens moet maar tien tel voordat hy tik
sou ek voorstel.
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7867 is 'n antwoord op boodskap #7845] Di, 24 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Aussies  is tans af-lyn  Aussies
Boodskappe: 40
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Lyk my Paul van die Paradys is nie net nog steeds 'n rassis nie, sy
> opmerkinge teenoor Gloudina laat my vermoed hy is 'n manlike
> chauvinistiese varkie ook. Dit klink my hy is maar naief oor die
> toestand in die Paradys. Party ouens moet maar tien tel voordat hy tik
> sou ek voorstel.

Naief ? Miskien maar met rede aangesien daar nou 80000 aansoeke in die
Oz Ambasade in Pretoria ingedien is vir migrasie na die Paradys.

Nee wat mens hoef nie te tel nie! Jy woon in die vrede van die Paradys
en jy besef hoe jy deur die Politici in SA ge-"brainwash" is met
hulle snert. Dan besef jy dat dit maak nie saak aan watter kant van
die "Apartheids-draad" jy sit of gesit het nie, hulle het met jou
getoor. Nou kry jy vir "Goldilocks" wat nog nooit eers voet in ons
land (Australië) gesit het nie en sy beweer sy het al die kennis in
pag. WHAT A JOKE!
Kanada is 'n ander storie . Die kere wat ek in Toronto kom bly ek by
die "Harbour Castle" en sien en praat ek met baie Kanadese en tog sal
ek slegs kan sê dat ek bewus is van hulle probleme maar sal geensins
die stellinge van Gloudina oor Oz met gesag kan impliseer oor Kanada
nie. As jy die kennis het van 'n persoon wat daar bly praat gerus maar
as jy wysneus wil wees oor iets wat jy geen kennis van het nie hou jou
onkunde vir jouself.
Groete uit die Paradys
Paul van der Merwe
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7880 is 'n antwoord op boodskap #7845] Vr, 27 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 22 Dec 96 08:03:32 PDT, Dave Augustyn wrote:
<<>Apartheid was en is nie reg nie. Menseregte IS verkrag. Dit WAS ook
verkeerd.

> Dit is reg om te leer wat verkeerd gegaan het.
>
> Wat ek sê is dat mens nie 'n verkeerde ding met 'n verkeerde ding regstel nie.
> Dit is nou soos om nou "reverse discrimination" toe te pas of om blankes af te
> trek en swartes bó hulle op te hef nie. Een stel reëls moet geld vir almal.
> Dubbel standaarde was die kern van die sondes in die apartheid jare - dit was
> toe verkeerd en dit is nou steeds verkeerd.
>
> Daar het jy dit nou in 'n neutedop.>>

Dis wat ek wou se.
En dan weer byvoeg: Regstellende aksie - so gebrekkig soos dit is - is
al instrument wat daar is om die baie ernstige verwringing van
apartheid reg te stel.
En dit moet reggestel word.
Net reggestel word. Niks meer nie. Met ander woorde as die balanse in
plek is vir groei tot 'n aanvaarbare regverdige samelewing, moet dit
eindig.
Want die balanse kan nie oornag reggemaak word nie. Maar fondamente
kan gele word.
Daar is eggo's daarvan uit ons eie verlede: Die armblanke kry 'n werk
op die spoorweë omdat hy Afrikaans is. Hy is natuurlik arm ook omdat
hy Afrikaans is. Die Engelse het teen hom gediskrimineer.
Sy kinders gaan skool toe. Hy kan hulle skool toe stuur omdat hy werk
het. Hulle kry matriek en gaan werk. Die meeste in die staatsdiens.
Hulle kinders gaan varsity toe en raak professionele mense en
sakemanne en so meer. 'n Baie baie simplistiese klein model, maar dit
illustreer my punt.
Die regstellende aksie het die armblanke oupa in die ekonomiese stroom
geplaas.
Dit was goed.
Die professionele kleinkind wat die broederbond gebruik om
staatskontrakte te kry omdat hy wit is al is het hy nie die beste
tender nie, dis verkeerd en destruktief. Affirmative action gone
wrong.

Dit is dus 'n instrument om verwringing reg te stel. Ek ek voer aan
dat daar baie werklike verwringings is wat gevaarlike krake in die
samelewing gaan veroorsaak as dit nie aangespreek word nie.
('n Staatsdiens gerun deur wittes vir wittes se voordeel - hoe kan dit
anders in die soort struktuur? - in 'n land oorheers deur 'n arm swart
meerderheid wat al hoe kwater raak vir die swart politieke elite wat
al hoe meer defensief begin raak oor hul posisie en later vasgroei aan
die toutjies wat die wit staatsdiens trek - dis 'n nagmerrie
scenarion.)

Dus 'n instrument om vewringing reg te stel. Nie 'n beleid om mense
ten koste van ander te verryk omdat hulle swart is nie.
Dit is 'n baie gebrekkige instrument, maar die enigste een wat daar
is.
Die ideale oplossing in teorie is om 'n land te he wat ryk genoeg is
om die wat poste het te behou en die wat in die stroom moet kom ook te
akkomodeer.
Dit sal ook 'n politieke baie gewilde oplossing wees.
Tot die ekonomie begin buckle en breek daaronder.
Werklikheid bepaal dat daar net 'n sekere aantal poste is.
Afrikaners sal die vrye mark waaroor daar so lank al gepreek word,
moet probeer onder die knie kry.
En ons sal - na my mening - die regstelling van verwronghede van die
verlede moet steun omdat ons beginsel van regverdigheid dit van ons
vereis.
En ons sal moet begin waarsku wanneer en waar die instrument sy goeie
doel verloor en 'n instrument van onregverdigheid begin word - ook
omdat ons beginsel van regverdigheid dit vereis.
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7881 is 'n antwoord op boodskap #7845] Vr, 27 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , tan...@iinet.net.au says...
>
>> Lyk my Paul van die Paradys is nie net nog steeds 'n rassis nie, sy
>> opmerkinge teenoor Gloudina laat my vermoed hy is 'n manlike
>> chauvinistiese varkie ook. Dit klink my hy is maar naief oor die
>> toestand in die Paradys. Party ouens moet maar tien tel voordat hy tik

> Die kere wat ek in Toronto kom bly ek by
> die "Harbour Castle" en sien en praat ek met baie Kanadese en tog sal
> ek slegs kan sê dat ek bewus is van hulle probleme maar sal geensins
> die stellinge van Gloudina oor Oz met gesag kan impliseer oor Kanada
> nie. As jy die kennis het van 'n persoon wat daar bly praat gerus maar
> as jy wysneus wil wees oor iets wat jy geen kennis van het nie hou jou
> onkunde vir jouself.
> Groete uit die Paradys
> Paul van der Merwe


Paul van der Merwe,
Waarvandaan die kennis dat ek nog nooit in
Australië was nie? En Kanada is vol Australiese eks-
patriate. Kanse is, ek weet meer van Australië as jy.
Hoekom? Omdat ek met oop oë deur die lewe gaan,
en ook met oop ore.
Ek is bly jy was al in Toronto. Dan sal jy seker
weet van die dele van Toronto wat nou totaal Sjinees
is. Daar is die deel in die "downtown" Sjinese buurt,
waar daar meestal Sjinese bly wat al lank in Kanada is.
Alle skrif op die geboue is in Sjinees, selfs die tekens
op die banke ook.
Dan verder noord, noord van Highway 401,
is daar hele woonbuurtes opgekoop deur onlangse geld
van Hong Kong, waar Engels eenvoudig net nie meer
'n element is nie. Tweede generasie Kanadees-Sjinese
kla dat hulle daar nie tuis voel nie. Selfs die kelners
in die restourante kan nie Engels praat nie.
Dis nou Toronto. Vancouver is natuurlik nog
verder gevorder op die pad van veroorsterliking. Jy kan
maar sê dis 'n uitpos van Hong Kong. En dis julle voor-
land. As julle nog nie sover gevorder is nie, is dit as ge-
volg van diskriminerende wette in julle land in die
verlede. En wat 'n verlies om Oosterlinge uit te hou. Hul
intelligensie is so 'n bate. (Vanjaar se "Man of the Year"
van Time Magazine is 'n man oorspronklik van Taiwan.)
En ek praat nie net van die verre ooste nie. Mense van die
Indiese subkontinent vervul dieselfde verrykende funksie.
Hul is ook polities baie aktief. So maak julle deure oop!
Verwelkom die oosterse vloed! Laat die kaukasiese bloed
verswelg raak in die meer superieure oosterse bloed! Dis
in julle toekoms. Moenie dit beveg nie. Leer Sjinees!
Leer Sjinese kanji! (Dan kan jy met enige persoon, wat
ookal sy dialek, in Sjina kommunikeer.)

Gloudina Bouwer
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7882 is 'n antwoord op boodskap #7845] Vr, 27 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Dec 1996 19:07:19 GMT, iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:
> <<. (Dis interessant om te weet: aan die einde
> >van die Boere-oorlog het Generaals Botha, De la Rey en De
> >Wet toegestem om 'n lys van name van hierdie "National
> >Scouts" te vernietig.>>>>

Ek wil nie betrokke raak by die argument nie - net die side-opmerking:
De Wet se eie broer het aan Engelse kant geveg aan die einde van die
oorlog.
Re: Verduidelik bietjie.. [boodskap #7903 is 'n antwoord op boodskap #7845] Ma, 30 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek stem saam fondamente moet gele^ word, maar kan 'n toekoms gebou word op
sulke swak fondamente.

JHV
Vorige onderwerp: NUWEJAARSDANS deur Donald Riekert
Volgende onderwerp: kwads oppie web
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 12:52:05 MGT 2024