Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Paddas " deur D.J. OPPERMAN
" Paddas " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #78386] Wo, 28 Mei 2003 02:12 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

D.J. Opperman
Paddas

As die waters uit die hemel sak
oor blaar, sambreel en dak,
begin diep deur die reën ontroer
in alle plasse
en moerasse
ons, die tortels van die modder, koer.

Ons voel opnuut Sy gees
soos in die begin uitsweef,
en uit die eerste modders opgewek,
hervat ons klein, onwys,
terwyl ons skel of prys
die onvoltooide groot gesprek.

Die eerste helderhede wyk
en alles word bedek met slyk.
Tussen die biesies van die stede uit
deur die lang nagwaak
terwyl die ander slaap,
ryg ons die stringe liggies van die kuit.

Ons mik nog na 'n mot
dan hoor ons die bevel van God:
"Spring uit elke sloot en kreupelbos
in kombuis, in room,
in elke bed, in elke droom
tot Farao My gevange volk verlos."

Ons wat uit die slym
berg en ster berym,
roep oor die borreling van die moeras
deur die eeue in ons sange,
toesang en teensange
op Hom die groot hosannas.
Re: " Paddas " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #78393 is 'n antwoord op boodskap #78386] Wo, 28 Mei 2003 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Fênsie rympatroon. En, durf ek dit sê, ook hier en daar ligweg getuienis van
die soort rymdwang wat my eie lewe so swaar maak...

skryf in boodskap news:3ED41B58.1050105@rogers.com...
> D.J. Opperman
> Paddas
>
> As die waters uit die hemel sak
> oor blaar, sambreel en dak,
> begin diep deur die reën ontroer
> in alle plasse
> en moerasse
> ons, die tortels van die modder, koer.
>
> Ons voel opnuut Sy gees
> soos in die begin uitsweef,
> en uit die eerste modders opgewek,
> hervat ons klein, onwys,
> terwyl ons skel of prys
> die onvoltooide groot gesprek.
>
> Die eerste helderhede wyk
> en alles word bedek met slyk.
> Tussen die biesies van die stede uit
> deur die lang nagwaak
> terwyl die ander slaap,
> ryg ons die stringe liggies van die kuit.
>
> Ons mik nog na 'n mot
> dan hoor ons die bevel van God:
> "Spring uit elke sloot en kreupelbos
> in kombuis, in room,
> in elke bed, in elke droom
> tot Farao My gevange volk verlos."
>
> Ons wat uit die slym
> berg en ster berym,
> roep oor die borreling van die moeras
> deur die eeue in ons sange,
> toesang en teensange
> op Hom die groot hosannas.
>
Re: " Paddas " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #78408 is 'n antwoord op boodskap #78393] Wo, 28 Mei 2003 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot wrote:

> Fênsie rympatroon. En, durf ek dit sê, ook hier en daar ligweg getuienis van
> die soort rymdwang wat my eie lewe so swaar maak...

>> D.J. Opperman
>> Paddas

Ek sou nie in hierdie gedig enige DWANG in die
rym kan vind nie, Koot. In 99% van Opperman se
gedigte is rym 'n voorvereiste. Hy rym omtrent
altyd. Maar om binne dié vooropgestelde doel
'n gedig te skryf soos "Paddas," dit is vir my
'n teken van 'n gróót digter, en ek beskou
Opperman dan ook eintlik as een van die handjievol
digters in Afrikaans wat werklik goeie digters is.
"Paddas" is ook vir my die toppunt van sy
gedigte wat besin oor die waarde en waardigheid
van die digkuns. Eers dig hy oor "die sondes
van die lied," glo hy "die kuns is boos." Maar
uiteindelik sien hy die digters as paddas wat uit
die slyk die berg en ster berym, en so vir Hom die
groot hosannas sing.

Gloudina

>> As die waters uit die hemel sak
>> oor blaar, sambreel en dak,
>> begin diep deur die reën ontroer
>> in alle plasse
>> en moerasse
>> ons, die tortels van die modder, koer.

>> Ons voel opnuut Sy gees
>> soos in die begin uitsweef,
>> en uit die eerste modders opgewek,
>> hervat ons klein, onwys,
>> terwyl ons skel of prys
>> die onvoltooide groot gesprek.

>> Die eerste helderhede wyk
>> en alles word bedek met slyk.
>> Tussen die biesies van die stede uit
>> deur die lang nagwaak
>> terwyl die ander slaap,
>> ryg ons die stringe liggies van die kuit.

>> Ons mik nog na 'n mot
>> dan hoor ons die bevel van God:
>> "Spring uit elke sloot en kreupelbos
>> in kombuis, in room,
>> in elke bed, in elke droom
>> tot Farao My gevange volk verlos."

>> Ons wat uit die slym
>> berg en ster berym,
>> roep oor die borreling van die moeras
>> deur die eeue in ons sange,
>> toesang en teensange
>> op Hom die groot hosannas.
>
Re: " Paddas " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #78413 is 'n antwoord op boodskap #78408] Wo, 28 Mei 2003 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

>>> As die waters uit die hemel sak
>>> oor blaar, sambreel en dak,
>>> begin diep deur die reën ontroer
>>> in alle plasse
>>> en moerasse
>>> ons, die tortels van die modder, koer.
>
>>> Ons voel opnuut Sy gees
>>> soos in die begin uitsweef,
>>> en uit die eerste modders opgewek,
>>> hervat ons klein, onwys,
>>> terwyl ons skel of prys
>>> die onvoltooide groot gesprek.

Ek wil hier praat oor paddas. As iemand
wat op 'n besproeingskema grootgeword het,
en dan nog een wat op 'n groot eiland was,
waar die rivier self naby ons huis was,
is my kinderherinnerings vol van die stemme
van paddas. Ons het in die somer "buite
geslaap," en my spesifieke bed was net 'n
tree of twee van 'n klein voortjie wat dan
ook elke nou en dan gebruik is vir "waterlei."
Nou, as daardie voortjie nog nat van die water
was, dan het daar nou 'n hele koor van paddas
daar gesit en kwaak. Ek kan sweer daar was tien
verskillende "stemme," en vir my was daar 'n
duidelike poging om in harmonie te sing. Nou
wonder ek, is daar mense wat klankopnames gemaak
het van hierdie paddakore en dit geanaliseer het
vir patrone? Ek weet hulle het dit gedoen met
die gesing van walvisse, en het uitgevind dat
daar 'n definitiewe patroon is en 'n definitiewe
klankwoordeskat. Hier in Kanada is daar analises
van wat die "loons" se klankpatrone beteken. Is
daar 'n soortgelyke studie vir paddas?

Gloudina
Re: " Paddas " deur D.J. OPPERMAN [boodskap #78474 is 'n antwoord op boodskap #78408] Do, 29 Mei 2003 06:52 Na vorige boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Geen dispuut oor sy grootsheid nie. Ek wonder net of hy heeltemal vrede
gevoel het oordie sin "Ons mik nog na 'n mot/dan hoor ons die bevel van
God". Van die banale na die diepsinnige, ja, maar die woord- en doenkeuse
klink te veel na die soort stuff wat soms in my eie kopkrappery gebeur. Ek
weet ek matig my aan, maar nou ja...

skryf in boodskap news:3ED4B8CF.3040505@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Fênsie rympatroon. En, durf ek dit sê, ook hier en daar ligweg getuienis van
>> die soort rymdwang wat my eie lewe so swaar maak...
>
>>> D.J. Opperman
>>> Paddas
>
>
> Ek sou nie in hierdie gedig enige DWANG in die
> rym kan vind nie, Koot. In 99% van Opperman se
> gedigte is rym 'n voorvereiste. Hy rym omtrent
> altyd. Maar om binne dié vooropgestelde doel
> 'n gedig te skryf soos "Paddas," dit is vir my
> 'n teken van 'n gróót digter, en ek beskou
> Opperman dan ook eintlik as een van die handjievol
> digters in Afrikaans wat werklik goeie digters is.
> "Paddas" is ook vir my die toppunt van sy
> gedigte wat besin oor die waarde en waardigheid
> van die digkuns. Eers dig hy oor "die sondes
> van die lied," glo hy "die kuns is boos." Maar
> uiteindelik sien hy die digters as paddas wat uit
> die slyk die berg en ster berym, en so vir Hom die
> groot hosannas sing.
>
> Gloudina
>
>
>
>>> As die waters uit die hemel sak
>>> oor blaar, sambreel en dak,
>>> begin diep deur die reën ontroer
>>> in alle plasse
>>> en moerasse
>>> ons, die tortels van die modder, koer.
>
>>> Ons voel opnuut Sy gees
>>> soos in die begin uitsweef,
>>> en uit die eerste modders opgewek,
>>> hervat ons klein, onwys,
>>> terwyl ons skel of prys
>>> die onvoltooide groot gesprek.
>
>>> Die eerste helderhede wyk
>>> en alles word bedek met slyk.
>>> Tussen die biesies van die stede uit
>>> deur die lang nagwaak
>>> terwyl die ander slaap,
>>> ryg ons die stringe liggies van die kuit.
>
>>> Ons mik nog na 'n mot
>>> dan hoor ons die bevel van God:
>>> "Spring uit elke sloot en kreupelbos
>>> in kombuis, in room,
>>> in elke bed, in elke droom
>>> tot Farao My gevange volk verlos."
>
>>> Ons wat uit die slym
>>> berg en ster berym,
>>> roep oor die borreling van die moeras
>>> deur die eeue in ons sange,
>>> toesang en teensange
>>> op Hom die groot hosannas.
>>
>
Vorige onderwerp: " Ballade van die grysland " deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Blom van die Baaierd " deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 02:28:31 MGT 2024