Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hollander sterf in Namib
Re: Walvisbaai [boodskap #78359 is 'n antwoord op boodskap #78140] Di, 27 Mei 2003 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Iets wat ek altyd sal onthou...

Die klein Cessna 182, (roepsein ZS ETS), bank skerp oor die Atlantiese
oseaan. Duin Sewe dryf voor die neus verby en die vlieenier trek die stokke
tot teen sy maag. Die stol-alarm gil. Ek kyk by die opening uit waar daar
veronderstel is om 'n deur te wees. Die rollers breek onder ons en
Venetapunt flits verby... dan Duin Sewe. Ons is op 8,500 voet en die
vlieenier draai die vliegtuig weer op sy vlerk, hierdie keer na bakboord.
Wanneer die neus na die rooi en wit geverfde watertoring wys, trek hy die
stokke weer teen sy maag. Ek tik hom op sy linker skouer... hy draai links.
So 'n plat draai. Tik op die regter skouer... hy draai regs. Wys vir hom
reguit... reguit... reguit. Die stol-alarm raak deel van die agtergrond...
tyd staan stil.

Ek skreeu: 'Stand by!!'. Die loods se iets oor die radio... soos 'Rooikop
control, this is Echo Tango Sierra, run in from east to west at 8,500. Watch
out for falling people'.

'Throttle back!!'. Ons is gewigloos. Die soet stank van Jet A1 vul die
kajuit. Ons klim uit onder die vlerk. Eers Eddie, dan Simon. Ek volg. Hans
is in die deur. Ek kyk rond... 'Ready? Seeeetttttt... Go'. Skop weg van die
vliegtuig... die vlieenier het hom alreeds onderstebo, op sy neus, op pad
aarde toe. Ons volg. Ons vier versnel teen 9.8 m per sekonde per sekonde. 'n
Leeftyd word saamgepers in die volgende 35 sekondes. Op 3,500 voet breek
ons, 'track' weg van mekaar af, waai af en gaan vir die loodsvalskerm.
Valskermmateriaal klap in die stilte. Ons is onder doek, en alles is weer
stil.

Hoop julle geniet dit soveel om hierdie te lees, soos wat ek dit geniet het
om dit te herleef.

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78365 is 'n antwoord op boodskap #78359] Di, 27 Mei 2003 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Iets wat ek altyd sal onthou...

> Hoop julle geniet dit soveel om hierdie te lees, soos wat ek dit geniet het
> om dit te herleef.

Dankie.
Ek kan nog altyd nie glo hoe iemand die
moed kan hê om uit 'n vliegtuig te spring
nie. Veral nie na een van my kinders vertel
het hoe hulle sy voete moes losskop nadat
hy versteen het toe hy moes spring nie.
Weet jy waar Golden Square is? William Blake
en sy vrou Katherine het 'n ruk daar gewoon.

Gloudina
Re: Walvisbaai [boodskap #78366 is 'n antwoord op boodskap #78359] Di, 27 Mei 2003 20:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 May 2003 19:17:33 +0000 (UTC), "Q" wrote:

> Iets wat ek altyd sal onthou...
>
> Die klein Cessna 182, (roepsein ZS ETS), bank skerp oor die Atlantiese
> oseaan. Duin Sewe dryf voor die neus verby en die vlieenier trek die stokke
> tot teen sy maag.

Duin sewe is nie so naby die see as wat jy dit beskryf nie Q
Hemel dit is kilometers weg van die see en jy beskryf die
vlug asof Duin Sewe op die strand lê!

> Die stol-alarm gil. Ek kyk by die opening uit waar daar
> veronderstel is om 'n deur te wees. Die rollers breek onder ons en
> Venetapunt flits verby... dan Duin Sewe. Ons is op 8,500 voet en die
> vlieenier draai die vliegtuig weer op sy vlerk, hierdie keer na bakboord.
> Wanneer die neus na die rooi en wit geverfde watertoring wys, trek hy die
> stokke weer teen sy maag. Ek tik hom op sy linker skouer... hy draai links.
> So 'n plat draai. Tik op die regter skouer... hy draai regs. Wys vir hom
> reguit... reguit... reguit. Die stol-alarm raak deel van die agtergrond...
> tyd staan stil.
>
> Ek skreeu: 'Stand by!!'. Die loods se iets oor die radio... soos 'Rooikop
> control, this is Echo Tango Sierra, run in from east to west at 8,500. Watch
> out for falling people'.
>
> 'Throttle back!!'. Ons is gewigloos. Die soet stank van Jet A1 vul die
> kajuit. Ons klim uit onder die vlerk. Eers Eddie, dan Simon. Ek volg. Hans
> is in die deur.

Hierdie storie van jou geniet jy meer as ek, Q, want die duik en styg
gepaardgaande met 'n geswenk na die kante (teen 'n tempo waar die
vliegtuig op sy vlerk gedraai word!) het jou verbeelding op loop gehad
teen 'n tempo waar jy op 'n trip was. Dit word verder bewys deur die
feit dat julle ten minste vyf in 'n 180 pk viersitplek ligte vliegtuig
was.
> Eers Eddie, dan Simon. Ek volg. Hans >is in die deur.
En daars nog 'n mal vlieënier ook:-)))

Ek het vier passasiers in 'n 180 pk RSA (Italiaanse Cesna wat
in SA aanmekaar gesit word) vanaf Carletonville na Wonderboom gevlieg.
Die take off is 'n langer roll as standaard. Die landing is 'n langer
roll as standaard. Jy vlieg nie so 'n vliegtuig enigsins naby
staakspoed nie want behalwe dat dit oorlaai is, het die middelste
persoon agter nie eens 'n veiligheidsgordel aan nie.
En jy taxi na agter die hangers eer die passasiers uitklim want jy
laat nie vyf mense uit 'n viersitplek vliegtuig klim waar grondbeheer
jou kan sien nie.
(Ek neem in ag dat Carletonville 5000 vt bo seëspieël is en Pretoria
6000 vt, maar dit verander niks nie omdat ons op 8000 vt gevlieg het
en jy praat van 8500 vt. Wat daardie vliegtuig in nog dunner lug
plaas!)
> Eers Eddie, dan Simon. Ek volg. Hans >is in die deur.
Voorts beskryf jy die klein vliegtuig asof julle in 'n ry staan
om by die deur uit te kom terwyl Hans reeds in die deur staan.
'n Vliegtuig met slegs vier sitplekke. Of was dit 'n Dak (Dakota)?

> Ek kyk rond... 'Ready? Seeeetttttt... Go'. Skop weg van die
> vliegtuig... die vlieenier het hom alreeds onderstebo, op sy neus, op pad
> aarde toe.
Onderstebo! Die vlieënier doen aerobatics met 'n oorlaaide vliegtuig
terwyl sy passasiers nie vasgemaak is nie en regop staan!
Mensig, as jy daardie tipe toertjies doen met 'n oorlaaide vrag
en die vlieënier trek die stang in sy maag, loop hy gevaar
om die vlerke af te breek in G force!

> hy draai links. So 'n plat draai.
Hoe doen jy 'n plat draai met 'n vliegtuig?

> Skop weg van die
> vliegtuig... die vlieenier het hom alreeds onderstebo, op sy neus, op pad
> aarde toe.

'n Vlieënier wat dit doen wat jy hier beskryf staan gevaar om die
valskermspringers met die vlerke raak te slaan. Want toe jy wegskop
was die vliegtuig alreeds onderstebo! Afgesien daarvan hoef niemand
uit daardie vliegtuig te spring nie, hulle sal uitval. Want met 'n
oopdeur en geen veiligheidsgordels nie, sal hulle nie kan binnebly
nie.

Jy's 'n bullshitter, Q

Speedy Conzales
Vlieënier met 'n reeks vliegtuie
op my lisensie vanaf 2 motorige Grumann American's
Cesna's, Rsa, my eie Piper Cherokee tot twee motorige
Pipers.
Re: Walvisbaai [boodskap #78375 is 'n antwoord op boodskap #78366] Di, 27 Mei 2003 21:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Conzales" skryf
>
> Duin sewe is nie so naby die see as wat jy dit beskryf nie Q
> Hemel dit is kilometers weg van die see en jy beskryf die
> vlug asof Duin Sewe op die strand lê!
>
>
> Hierdie storie van jou geniet jy meer as ek, Q, want die duik en styg
> gepaardgaande met 'n geswenk na die kante (teen 'n tempo waar die
> vliegtuig op sy vlerk gedraai word!) het jou verbeelding op loop gehad
> teen 'n tempo waar jy op 'n trip was. Dit word verder bewys deur die
> feit dat julle ten minste vyf in 'n 180 pk viersitplek ligte vliegtuig
> was.

> En daar's nog 'n mal vlieënier ook:-)))
>
> Ek het vier passasiers in 'n 180 pk RSA (Italiaanse Cesna wat
> in SA aanmekaar gesit word) vanaf Carletonville na Wonderboom gevlieg.
> Die take off is 'n langer roll as standaard. Die landing is 'n langer
> roll as standaard. Jy vlieg nie so 'n vliegtuig enigsins naby
> staakspoed nie want behalwe dat dit oorlaai is, het die middelste
> persoon agter nie eens 'n veiligheidsgordel aan nie.
> En jy taxi na agter die hangers eer die passasiers uitklim want jy
> laat nie vyf mense uit 'n viersitplek vliegtuig klim waar grondbeheer
> jou kan sien nie.
> (Ek neem in ag dat Carletonville 5000 vt bo seespieël is en Pretoria
> 6000 vt, maar dit verander niks nie omdat ons op 8000 vt gevlieg het
> en jy praat van 8500 vt. Wat daardie vliegtuig in nog dunner lug
> plaas!)
> Onderstebo! Die vlieënier doen aerobatics met 'n oorlaaide vliegtuig
> terwyl sy passasiers nie vasgemaak is nie en regop staan!
> Mensig, as jy daardie tipe toertjies doen met 'n oorlaaide vrag
> en die vlieënier trek die stang in sy maag, loop hy gevaar
> om die vlerke af te breek in G force!
>
> Jy's 'n bullshitter, Q
>
>
>
> Speedy Conzales
> Vlieënier met 'n reeks vliegtuie
> op my lisensie vanaf 2 motorige Grumann American's
> Cesna's, Rsa, my eie Piper Cherokee tot twee motorige
> Pipers.

Man ou Speedy... hierdie gaan ek geniet.

Was jy al ooit by Walvisbaai? Ooit van Walvis na Swakop gery? 'n Teerpad so
tussen 'n reuse sandduin en die see? Daai sandduin... hulle roep hom Duin
Sewe hoor. Weet jy hoekom Duin Sewe? Hy lyk soos 'n sewe as jy hom van bo af
bekyk. Lang been noord-suid langs die see af en dan die kort been binneland
na Rooikop toe. Gaan kyk maar as jy nie glo nie... klim in een van daai
vliegtuie van jou. Of vra vir Suidwester om te gaan kyk as jy nie die moeite
wil doen nie.

Ook duidelik dat jy, met al jou vliegondervinding, nog nooit 'n 'jumpship'
geloods het nie. Jy sien, ons neem 'n Cessna 182 en dan haal ons alles uit
hom uit behalwe die loods se sitplek. Alles. Dan pas ons die loods en ses
springers in hom in - gewoonlik 2 studente en 4 gevorderde springers. Ons
staan op ons kniee met opstyg (dis nou om die gewig vorentoe te hou), maak
ons weg na 3,500, sit die studente uit, en dan is daar 'n bietjie meer plek
vir die gevorderde springers. Sitplekgordels? Wat se ding is dit? Jy het nie
eens 'n sitplek nie. Jy wat so van Carltonville na Wonderboom toe vlieg...
beide hierdie plekke het springskole. Gaan kyk so 'n bietjie na hoe sommige
van die 'jumpships' lyk.

Wanneer 'n 'jumpship' vlieënier (en glo my... hulle is almal waansinnig) van
sy vrag ontslae is, het hy net een doel. En dit is om so vinnig moontlik op
die grond te kom. Hoekom dink jy spring ons in die eerste plek? Ons is te
blerrie bang om in die vliegtuig te wees wanneer dit land. En wanneer ek kop
onderstebo (in die eerste paar sekondes van 'n formasiesprong) grond toe
val, lyk alles 'cock-eyed'.

Laat my toe om aan jou te verduidelik hoe 'n vier-man span 'n Cessna 182
verlaat. Eerste uit is die 'floater' (in my beskrywing is dit Eddie
Techmann, die springklub eienaar). Hy eindig op met sy regter voet in die
naaf van die wiel, en hy hou met sy regterhand aan die vlerkstut (strut) vas
en kyk na die deur. Volgende uit die deur is die 'base man' (Simon Darch
van Rossing myn in my berskrywing). Hy plaas sy regtervoet op 'n metaalplaat
wat lanks die wiel (aan die binnekant) vasgebout is (spesifiek vir hierdie
doel). Hy hou met beide hande aan die strut vas en kyk vorentoe. Eddie
Techmann sal op hierdie stadium sy linkerhand inbring en die gryphandvatsel
(puff) op die regter arm van Simon se springpak gryp. Ek is volgende uit.
Simon laat los met sy linkerhand sodat ek kan inskuif. Ek het my linkervoet
bo-op die wiel (die vlieënier wend die handrem aan wanneer ek 'Stand-by'
beveel), linkerhand agter my op die stut, regerhand op die gryphandvatsel op
die linker arm van Simon se springpak. Ek kyk na die stert. O, ja... my
posisie word die 'pin' genoem. Hans Burckhardt is die 'launcher' (wonder
hoekom). Linkerhand op my regter gryphandvatsel. Regterhand langs my
regterhand (op Simon se linker skouer) en hy hurk in die deur.

Miskien is jy reg... miskien is al hierdie net 'n konstruk van my
verbeelding. Miskien bestaan daar nie eers so 'n sport nie. Aan die ander
kant, miskien weet jy niks van skydiving af nie, en nog minder van
Walvisbaai? As jy dink dat dit wat ek hier beskryf onmoontlik is, sal jy in
jou broek skyt as jy sien wat ons met Porters, Casa's en Otters regkry.

So wen jou nek in, doen jou blerrie navorsing en moenie vir 'n sekonde glo
dat iets onmoontlik is net omdat jy dit nog nooit gesien het nie

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78377 is 'n antwoord op boodskap #78375] Di, 27 Mei 2003 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 May 2003 21:27:34 +0000 (UTC), "Q" wrote:

> Man ou Speedy... hierdie gaan ek geniet.
>
> Was jy al ooit by Walvisbaai? Ooit van Walvis na Swakop gery? 'n Teerpad so
> tussen 'n reuse sandduin en die see? Daai sandduin... hulle roep hom Duin
> Sewe hoor. Weet jy hoekom Duin Sewe? Hy lyk soos 'n sewe as jy hom van bo af
> bekyk. Lang been noord-suid langs die see af en dan die kort been binneland
> na Rooikop toe. Gaan kyk maar as jy nie glo nie... klim in een van daai
> vliegtuie van jou. Of vra vir Suidwester om te gaan kyk as jy nie die moeite
> wil doen nie.
>
Sewe maande daar gewoon, Q:-) Elke weeksdag verby Duin Sewe gery na
Rooikop waar ek die grootste deel van die dag gespandeer het. En dit
is nie 'n teerpad nie, maar 'n soutpad. Swart soos teer. Natuurlik kan
dit wees dat die soutpad nou vervang is met 'n teerpad, want dit was
in die vorige millenium wat ek daar was:-)

> Ook duidelik dat jy, met al jou vliegondervinding, nog nooit 'n 'jumpship'
> geloods het nie. Jy sien, ons neem 'n Cessna 182 en dan haal ons alles uit
> hom uit behalwe die loods se sitplek. Alles. Dan pas ons die loods en ses
> springers in hom in - gewoonlik 2 studente en 4 gevorderde springers.

Nou het jy al sewe passasiers in 'n 180 pk! Met springtoerusting!
Daar's nie 'n kans dat ek daai een sal glo nie, Q, want die
uitgehaalde sitplekke is nie eens gelykstaande aan die gewig van
een relatief groot mens (of selfs gemiddelde mens nie).
Wanneer jy 'n vliegtuig maksimum laai, neem jy selfs die gewig
van die brandstof iin ag.

> Wanneer 'n 'jumpship' vlieenier (en glo my... hulle is almal waansinnig) van
> sy vrag ontslae is, het hy net een doel. En dit is om so vinnig moontlik op
> die grond te kom. Hoekom dink jy spring ons in die eerste plek? Ons is te
> blerrie bang om in die vliegtuig te wees wanneer dit land.

Land met 'n oorlaaide vliegtuig is steeds veiliger as opstyg. Want dit
is afdraand in verhouding met opdraand. Dit sal net 'n 'power landing'
moet wees en nie insweef nie. Dit sal 'n vinnige landing moet wees
want logies gesproke is die staakspoed in 'n oorlaaide vliegtuig hoër.

> Laat my toe om aan jou te verduidelik hoe 'n vier-man span 'n Cessna 182
> verlaat. Eerste uit is die 'floater' (in my beskrywing is dit Eddie
> Techmann, die springklub eienaar). Hy eindig op met sy regter voet in die
> naaf van die wiel, en hy hou met sy regterhand aan die vlerkstut (strut) vas
> en kyk na die deur. Volgende uit die deur is die 'base man' (Simon Darch
> van Rossing myn in my berskrywing). Hy plaas sy regtervoet op 'n metaalplaat
> wat lanks die wiel (aan die binnekant) vasgebout is (spesifiek vir hierdie
> doel). Hy hou met beide hande aan die strut vas en kyk vorentoe. Eddie
> Techmann sal op hierdie stadium sy linkerhand inbring en die gryphandvatsel
> (puff) op die regter arm van Simon se springpak gryp. Ek is volgende uit.
> Simon laat los met sy linkerhand sodat ek kan inskuif. Ek het my linkervoet
> bo-op die wiel (die vlieenier wend die handrem aan wanneer ek 'Stand-by'
> beveel), linkerhand agter my op die stut, regerhand op die gryphandvatsel op
> die linker arm van Simon se springpak. Ek kyk na die stert. O, ja... my
> posisie word die 'pin' genoem. Hans Burckhardt is die 'launcher' (wonder
> hoekom). Linkerhand op my regter gryphandvatsel. Regterhand langs my
> regterhand (op Simon se linker skouer) en hy hurk in die deur.

Ek aanvaar dat almal klein mense is. Ek weet waarvan ek praat Q. Ek
het twee Grummans afgeskryf in toertjies. Én in albei gevalle was die
uitslag na Departement Burgerlugvaart se ondersoek 'No Pilot Error'
(Dit is net so terloops genoem.)

> miskien weet jy niks van skydiving af nie, en nog minder van
> Walvisbaai?
Skydiving? Toegegee, ek weet niks daarvan af nie maar ek weet
om nie met oorlading in 'n vliegtuig te speel nie.
Walvisbaai? Sewe maande daar gewoon waarvan ek elke weeksdag op
Rooikop en byna elke naweek op Swakopmundt was.
Duin Sewe? Na ses weke in Windhoek het Duin Sewe soos 'n
Duin Nege gelyk. Ses weke weg van Duin Sewe het vir my gewys
hoe daardie duin aanhoudend van vorm verander.
Jou storie ivm die naam is die eerste keer wat ek dit hoor. Ek is
onder die indruk dat Duin Sewe die hoogste sandduin (in die land?)
en die sewende hoogste bewegende sandduin is.
>
> Q
>

Speedy
Re: Walvisbaai [boodskap #78394 is 'n antwoord op boodskap #78377] Wo, 28 Mei 2003 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Conzales" skryf

> Sewe maande daar gewoon, Q:-) Elke weeksdag verby Duin Sewe gery na
> Rooikop waar ek die grootste deel van die dag gespandeer het. En dit
> is nie 'n teerpad nie, maar 'n soutpad. Swart soos teer. Natuurlik kan
> dit wees dat die soutpad nou vervang is met 'n teerpad, want dit was
> in die vorige millenium wat ek daar was:-)

Mooi so... ek se dan vir jou, lang been na Swakop, kort been na Rooikop. Nie
die hoogtste duin in denige land nie. Dit was eers, maar erosie het sy tol
geneem en die duine by Sossusvlei is nou nie alleen hoer nie, maar blykbaar
die hoogste ter wereld.

> Nou het jy al sewe passasiers in 'n 180 pk! Met springtoerusting!
> Daar's nie 'n kans dat ek daai een sal glo nie, Q, want die
> uitgehaalde sitplekke is nie eens gelykstaande aan die gewig van
> een relatief groot mens (of selfs gemiddelde mens nie).
> Wanneer jy 'n vliegtuig maksimum laai, neem jy selfs die gewig
> van die brandstof iin ag.

> Ek aanvaar dat almal klein mense is. Ek weet waarvan ek praat Q. Ek
> het twee Grummans afgeskryf in toertjies. 'n in albei gevalle was die
> uitslag na Departement Burgerlugvaart se ondersoek 'No Pilot Error'
> (Dit is net so terloops genoem.)

Ek twyfel nie vir een oomblik dat jy alles weet van Grumman toertjies nie.
Maar ek stel dit vir jou dat wanneer dit by aanwending van ligte vliegtuie
kom, (net soos met Duin Sewe), jy net van die kort beentjie weet. Toemaar,
ek beoog om dit vinnig te verander. My volgende bydrae sal in beide gevalle
die langbeen bewys. Vraag is? Gaan jy groot genoeg wees om te erken dat jy
verkeerd was en om verskoning vra?

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78417 is 'n antwoord op boodskap #78375] Wo, 28 Mei 2003 16:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Q"
---knip--
Dan pas ons die loods en ses
: springers in hom in - gewoonlik 2 studente en 4
gevorderde springers. Ons
: staan op ons kniee met opstyg (dis nou om die
gewig vorentoe te hou), maak
: ons weg na 3,500, sit die studente uit, en dan
is daar 'n bietjie meer plek
: vir die gevorderde springers.
---knip---
nou verstaan ek hoe daai plane'tjie in Grahamstad
so klomp springers tussen 4 - 6 ouens in die lug
gekry het. Meeste Saterdae was ek daar saam met my
16 jarige seun wat so graag wou gaan spring het.
Ek weet nie watse soort plane dit was nie, maar al
wat ek weet hy het aan die eenkant 2 vensters
gehad en aan die ander kant een venster en 'n gat,
seker waar daar 'n deur moes wees, of meskien was
die deur altyd oop.
Re: Walvisbaai [boodskap #78422 is 'n antwoord op boodskap #78377] Wo, 28 Mei 2003 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Raait Speedy, hiers ek weer... Laat jou opleiding begin...

In my oorspronklike pos vertel ek hoe ek en drie makkers uit 'n C182 spring.
Jy se toe: "Q, jy is 'n bullshitter".

Die volgende webwerf se onderwerp is die AFF (accelarated freefall)
opleiding van 'n student (nee, dis nie ek nie).

http://dssc3031.ece.cmu.edu/~tsasaki/lincolnagogo/travel/tex as/txskydvj.html

Let op dat die vliegtuig 'n C182 is. Daar is selfs 'n foto van een. Let op
dat drie vryvallers die vliegtuig verlaat. Nou kan ek jou hoor mompel dat
dit presies bewys wat jy al die tyd se. Goed, kom ons dink 'n bietjie oor
dit wat ons sien. Drie springers... en dan seker iemand wat die vliegtuig
vlieg? So ons het vier. En tensy 'n voeltjie die foto geneem het? Ja, dis
reg... 'n fotograaf. Dit maak dit vyf. Maar ek dag jy se dan dis 'n
probleem? Om die waarheid te se, jy is so oortuig van jou eie ervaring, dat
jy my 'n 'bullshitter' noem. Wie het die foto geneem Speedy? Die vlieenier?
Is hy ook in die formasie? En die vliegtuig?

O ja, let op hoe die springers onder die vlerk pas voor die sprong. Bekend
na my beskrywing?

Nog 'n ding... aangesien jy 'n probleem het met die konsep van vliegtuie
sonder deure. 'n Logiese probleemp. Ons sien vanuit die webwerf dat
valskermspringers uit C182's spring. Hoe maak jy 'n Cessna se deur oop op
10,000 voet, Speedy? Hoe hou jy hom oop? En wie maak hom toe wanneer slegs
die vlieenier in die vliegtuig agterbly? Die vlieenier? Of gebruik ons
osmose om buite te kom?

Aan nou na Google.com toe. Tik die volgende as jou kriteria in: Cessna 182
skydive exit... en enter. Woeps, 'n hele lys van DZ's reg oor die wereld wat
beweer dat hulle 4 + 1 loods kan lig. Gaan met die lys af. Ja, daar is selfs
'n handjievol DZ's wat openlik sal stel dat hulle 5 (+ 1 loods) met 'n C182
sal lig.

So ses en 'n loods? Nie as 'n reel nie, maar dit vind wel plaas onder die
regte omstandighede. Veilig? Wie gee om of dit veilig is? Ons vlieg nie van
Swakop na Windhoek toe nie. Ons vlieg van die grond na 3,500 voet toe, laai
twee af, en dan aan na 8,500 voet toe. Ek het 'n valskerm op my rug en het
absoluut geen belang daarin om met hierdie vliegtuig te land nie. Ek het in
1989 amper 100 keer in dieselfde vliegtuig opgestyg, maar nie een keer in
hom geland nie.

In my oorspronklike pos dui ek aan dat die vlieenier nie al sy varkies op
kraal het nie. Dis in almal se beste belang om 8,500 voet so vinnig moontlik
te bereik. Nadat die span die vliegtuig verlaat, is dit in die klub se beste
belang om die vliegtuig so vinnig moontlik op die dek te kry sodat die
volgende vrag gelig kan word. Maar ek stem saam dat 'n C182 nie enige
akrobatiese vermoe het nie. Sal jy saamstem dat dieselfde geld vir ander
ligte vliegtuie met 'n soortgelyke vlerkkonfigurasie? Kyk dan gou hierna.

http://www.gear-store.com/product.php4?Category=Skydiving&am p;product=20

Indrukwekkend, is dit nie? Wat se tipe vliegtuig is daai in die agtergrond?
Is dit nie 'n Porter nie? Wat maak die Porter, Speedy? Maar dis dan 'n
blygemaakte taxi. Ons kan net sowel vlerke op 'n Hi-Ace sit. Het jy geweet
dat Porters dit kan doen? Wed jou jy het nooit eens geweet dat daar
vlieeniers bestaan wat hierdie tipe ding met 'n Porter wil doen nie. Lyk nie
of hierdie ouens te veel respek vir die konvensionele wysheid rakende die
aanwending van vliegtuie het nie, ne. En glo my, hulle almal probeer dinge
soos die (dit is 'n uitsondering wanneer hulle behoorlik vlieg). En hoewel
'n C182 'jumpship' vlieenier nie sal regkry wat die vlieenier in die foto
regkry nie, is dit nie omdat hulle nie probeer nie. Hulle sal daai vliegtuig
so vinnig moontlik op die dek te kry... lank voordat ek land. Ek het in 1989
amper 100 keer in dieselfde vliegtuig opgestyg, maar nie een van daai kere
hom eers sien land nie.

O ja, wat dink jy? Sal 'n vlieenier wat so vlieg hom bekommer of hy een
persoon te veel op die manifes het?

Skree maar as jy meer skakels wil he van ligte vliegtuie en waansinnige
jumpship vlieeniers

Nou aan na die vraag... waar is Duin 7. Ek neem aan dat jy jou tyd daar in
die weermag gespandeer het. En dat jy in die menasie op Walvisbaai dorp
gebly het (eerder as in die basis) en elke dag deur moes ry na Rooikop.

Ek ook... ek was in Walvisbaai vir twee jaar nadat ek vir Kolonel Hendrik
Jeremia Schultz van die Infanterieskool moerig genoeg gemaak het. Ek het
selfs met 'n Walvisbaaier getrou (dank Vader, dit het net vir twee jaar
gehou). En elke dag op die S-O-U-T-P-A-D na Rooikop, ry ek by Duin Sewe
verby. Jy weet mos, die groot duin met die palmbome en die braaiplek en die
toeriste wat hul name gat maak. Reg, aangesien ons tot hier saamstem, kom
ons stop ons voertuig hier en orienteer onsself. As ons hier uitklim en na
die duin kyk, dan kyk ons in 'n noordelike rigting. Maar wat le agter Duin
Sewe? So, kom ons klim tot bo.

Wil jy nou meer... nog meer duin - dieselfde een. En hy le in 'n L-vorm voor
ons. Ons is daar op die hoek van die L - die hoogste gedeelte (wonder wat
sal gebeur as ons die L moet omdraai?). Aangesien die sig vir 'n verandering
goed is, kom ons neem 'n verkyker en kyk nou noordwes. Daar is die oseaan.
Langs die oseaan? 'n Dun stukkie kus. Dan 'n T-E-E-R-P-A-D... van Walvis na
Swakop. Dan die duin... dieselfde een as die een waarop ons staan al die pad
noord. Dan die spoorlyn. Ook noord. Lyk of almal Swakop toe gaan.

Maar terwyl ons bo op die duin is, (ons stem mos saam dat sy naam Duin Sewe
is), kom ons loop noord al met hom langs op sy kruin. Waar dink jy gaan ons
opeindig wanneer die duin ophou? Net buitekant Swakop. Is dit dieselfde
duin? Ja, dit is.

Wat staan op die 1:50 000 skaal topografiese kaart wat die Groot Krokodil so
goedgunstiglik vir my gegee het? Jy weet mos, om my te help bepaal waar ek
is. En om te wys wat agter die volgende bult (duin) is, sodat ek dinge kan
doen soos veiligheidshoeke uitwerk wanneer ons met Olifant tenks en Ratels
en G5 artillerie lewendige aanvalle in die woestyn doen? Ja, volgens die
kaart is dit Duin Sewe.

En kom, ek wag vir jou om vir my te se dat ek bullshit en dat daar nooit
Olifant tenks en G5'we op Rooikop was nie. Ek verwys na die implementasie
van Resolusie 435 van die VVO Veiligheidsraad. Daar was van Maart 1989 'n
gemeganiseerde veggroep op Rooikop ontplooi - sommige het hom 4 SAI Bn
genoem, ander (wat die eenheid beter geken het), het hom 62 Meg genoem. Die
eenheid is later (Desember 1989) deur 61 Meg ('n sustereenheid en ook 'n
gemeganiseerde veggroep) afgelos.

Nou wat nou? Is die eens 'grootste' duin in die wereld net daai knoppetjie
in die suide waarby jy elke dag verby gery het? Of strek hy ook noord vir
bykans die lengte van die enklawe, soos 'n rugraat?

Nog 'n gedagte... ek was (soos reeds gese) vir twee jaar op Walvisbaai -
1988 tot 1989. Tydens daardie typerk was ek as die 2de in bevel (2IB) en
later as die bevelvoerder van Bravo Kompanie, 2SAI Bn Gp op Rooikop
aangewend. Met die ontbinding van 2SAI Bn Gp, was ek as die 2IB van Alpha
Kompanie (vegspan 1) 62 Meg op Rooikop aangewend. Ek weet waar Duin Sewe is.
Die duin het my lewe vir twee jaar gedomineer. Ek weet ook dat ek nie die
enigste ou is wat ooit op Walvis was nie. So hoekom sal ek oor die plasing
van die blerrie duin wil lieg? Huh? Probeer dit uitwerk... of is daar dalk
meer tot Duin Sewe as wat jy tot nou toe van bewus was?

Miskien voel jy besonders sterk oor die onderwerp en wil jy aandring dat
Duin Sewe slegs daai stukkie in die suide is... met die palmbome en die
braaiplek en die toeriste wat hul name gat maak. Dis nie 'n probleem nie...
maar ons sal moet besluit wat ons met die res van die duin gaan maak. Na als
gaan die oorgrote gedeelte van die duin nou naamloos wees. Ons sal die stuk
'n ander naam moet gee, anders sal ek my aanvanklike storie moet wysig na
iets soos: "die duin wat al die pad van Swakop suid strek en dan dit word
waarna Speedy as Duin Sewe verwys - daai een met die palmbome en die
braaiplek en die toeriste wat hul name gat maak, snel onder ons verby."

En hei, hoekom stop ons daar? Kom ons klim sommer onder 'n paar ander
natuurverskynsels se name ook in. Oranjerivier, ens. Ek is oop vir
voorstelle.

Om af te sluit, hier is ons twee... beide het 'n geruime tyd in een van die
mees onherbergsame plekke in die wereld gespandeer, dalk nog in dieselfde
tydperk. Beide van ons het mica in die oosweer ge-eet, oe op skrefies getrek
teen die waas, vir majoor Wanliss van die siekeboeg oorleef, gevloek oor die
skade wat die sout op die paaie aan ons voertuie gerig het. Beide van ons
het 'n passie vir lugsport (al is myne heelwat meer radikaal as joune). Maar
is ons vriende? Nee wat, jy glo ek is 'n bullshitter, ek glo jy dink nie
voor jy skryf nie... en dalk dink jy nooit nie. Nogal snaaks ne?

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78425 is 'n antwoord op boodskap #78417] Wo, 28 Mei 2003 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf
> ---knip---
> nou verstaan ek hoe daai plane'tjie in Grahamstad
> so klomp springers tussen 4 - 6 ouens in die lug
> gekry het. Meeste Saterdae was ek daar saam met my
> 16 jarige seun wat so graag wou gaan spring het.
> Ek weet nie watse soort plane dit was nie, maar al
> wat ek weet hy het aan die eenkant 2 vensters
> gehad en aan die ander kant een venster en 'n gat,
> seker waar daar 'n deur moes wees, of meskien was
> die deur altyd oop.
> ---knip---
Kyk na my pos hierbo... die eerste skakel. Is dit so 'n vliegtuig?

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78426 is 'n antwoord op boodskap #78365] Wo, 28 Mei 2003 18:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf
>
> Dankie.
> Ek kan nog altyd nie glo hoe iemand die
> moed kan hê om uit 'n vliegtuig te spring
> nie. Veral nie na een van my kinders vertel
> het hoe hulle sy voete moes losskop nadat
> hy versteen het toe hy moes spring nie.
> Weet jy waar Golden Square is? William Blake
> en sy vrou Katherine het 'n ruk daar gewoon.
>
> Gloudina
>
Jammer Gloudina, ietsie anders het my aandag vir 'n oomblikkie nodig gehad.

Kan nie se dat ek die Golden Square ken nie. Meeste van die plekke in Swakop
het Duitse name (of het gehad toe ek daar weg was). Maar dan weer, dis 'n
hele paar jaar gelede... en ek is elke naweek net vir een ding deur Swakop
toe. 'n Klein vliegveld net buite Swakop, op pad na Windhoek toe.

Ek kan simpatiseer met die versteen slag. My eerste valskermsprong was die
mees vreesaanjaende ondervinding wat ek tot op daai stadium beleef het...
dit is tot my eerste vryval sprong. Toe verstaan ek vrees mooi. Maar toe byt
die gogga my. En die vrees vir val raak eerder 'n vrees dat ek gaan
droogmaak in die lug en dat my pelle my lewe hel sal maak totdat die
volgende ou droogmaak.

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78437 is 'n antwoord op boodskap #78417] Wo, 28 Mei 2003 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf
> ---knip--
> nou verstaan ek hoe daai plane'tjie in Grahamstad
> so klomp springers tussen 4 - 6 ouens in die lug
> gekry het. Meeste Saterdae was ek daar saam met my
> 16 jarige seun wat so graag wou gaan spring het.
> Ek weet nie watse soort plane dit was nie, maar al
> wat ek weet hy het aan die eenkant 2 vensters
> gehad en aan die ander kant een venster en 'n gat,
> seker waar daar 'n deur moes wees, of meskien was
> die deur altyd oop.
> ---knip

Volgens hulle webwerf is dit 'n Cessna 182. Maar hulle erken slegs vier
springers per hop. Dalk is die webwerf oud en dit is 'n groter Cessna?

Sien http://www.oocities.org/epsky/home4.htm

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78441 is 'n antwoord op boodskap #78422] Wo, 28 Mei 2003 20:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

Maar
> is ons vriende? Nee wat, jy glo ek is 'n bullshitter, ek glo jy dink nie
> voor jy skryf nie... en dalk dink jy nooit nie.

Ek kan jou verseker dat du plessis nóóit
dink voordat hy skryf nie.

Tant Hessie van Duin Ses
Re: Walvisbaai [boodskap #78442 is 'n antwoord op boodskap #78426] Wo, 28 Mei 2003 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Kan nie se dat ek die Golden Square ken nie.

Golden Square is in London.

Gloudina
Re: Walvisbaai [boodskap #78444 is 'n antwoord op boodskap #78422] Wo, 28 Mei 2003 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

> Ek ook... ek was in Walvisbaai vir twee jaar nadat ek vir Kolonel Hendrik
> Jeremia Schultz van die Infanterieskool moerig genoeg gemaak het.

Wat het jy gedoen om hom "moerig"
te maak?

Gloudina
Re: Walvisbaai [boodskap #78445 is 'n antwoord op boodskap #78422] Wo, 28 Mei 2003 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:

sodat ek dinge kan
> doen soos veiligheidshoeke uitwerk wanneer ons met Olifant tenks en Ratels
> en G5 artillerie lewendige aanvalle in die woestyn doen? Ja, volgens die
> kaart is dit Duin Sewe.
>
> En kom, ek wag vir jou om vir my te se dat ek bullshit en dat daar nooit
> Olifant tenks en G5'we op Rooikop was nie. Ek verwys na die implementasie
> van Resolusie 435 van die VVO Veiligheidsraad. Daar was van Maart 1989 'n
> gemeganiseerde veggroep op Rooikop ontplooi

Ek kan nie volg nie. Wat het die implemintasie
van 'n Resolusie van die VVO se Veiligheidsraad
te doen met SA veggroepe in Namibië?

Gloudina
Re: Walvisbaai [boodskap #78447 is 'n antwoord op boodskap #78442] Wo, 28 Mei 2003 20:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf
>
> Golden Square is in London.
>
> Gloudina
>
Oeps, daar maak ek nou 'n lekker gek van myself. Maar ek kan ook nie se dat
ek die een in London ken nie. Ek bly op die buitewyke van Maidenhead op pad
na Cookham (in Berkshire) en ek werk in High Wycombe, St Alban en Enfield.
Ek kry deesdae baie selde die geleentheid om London toe te gaan. Dan
gewoonlik Oxfordstraat toe. Maar dis baie ongereeld... een drie-jarige
dogtertjie en een twee-maande oue seuntjie neig maar om die lewe te reguleer
en om in London toe te ry met Mayor Ken se transportinisiatiewe, is pure
waansin.

Maar dan weer, dis net 'n verskoning. Ek is al 6 jaar hier en ek het
Buckingham paleis nog net een keer gesien... so vanuit die agtersitplek van
'n 'black cab' - op pad na nog 'n verdomde vergadering. Ek is 'n luigat
Gloudina, dis nou maar wors. Ek gaan darem elke Saterdag in Winsor toe. Ek
moet nou nog net my agterent in rat kry en 'n toer van die kasteel bywoon.

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78449 is 'n antwoord op boodskap #78444] Wo, 28 Mei 2003 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ED51FB4.2030909@rogers.com...
>
> Q wrote:
>
>
>> Ek ook... ek was in Walvisbaai vir twee jaar nadat ek vir Kolonel Hendrik
>> Jeremia Schultz van die Infanterieskool moerig genoeg gemaak het.
>
>
> Wat het jy gedoen om hom "moerig"
> te maak?
>
> Gloudina
>

Dit het nie veel geverg nie Gloudina. Ek was een van sy offisiere gewees vir
die tydperk 1986 en 1987. Al wat ek tog asseblief wou he, was 'n verplasing
na my ou eenheid toe - 4 SAI Bn in Middelburg. En miskien het ek een of twee
maal te veel daarvoor gevra. Dan was daar maar die dag tot dag insidentjies.
En woerts warts, ek kry my verplasing... in die teenoorgestelde rigting.
Maar dit was maar Kol Schultz se styl.

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78450 is 'n antwoord op boodskap #78422] Wo, 28 Mei 2003 21:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 28 May 2003 17:48:22 +0000 (UTC), "Q" wrote:

>>> Vraag is?
>>> Gaan jy groot genoeg wees om te erken dat jy
>>>> verkeerd was en om verskoning vra?

Antwoord is:
As ek verkeerd sou wees, sou ek dit met 'n glimlag doen.
Ek het nie rede om dit te doen nie want...
ek is reg.

>
> http://dssc3031.ece.cmu.edu/~tsasaki/lincolnagogo/travel/tex as/txskydvj.html
>
> Let op dat die vliegtuig 'n C182 is. Daar is selfs 'n foto van een. Let op
> dat drie vryvallers die vliegtuig verlaat. Nou kan ek jou hoor mompel dat
> dit presies bewys wat jy al die tyd se. Goed, kom ons dink 'n bietjie oor
> dit wat ons sien. Drie springers... en dan seker iemand wat die vliegtuig
> vlieg? So ons het vier. En tensy 'n voeltjie die foto geneem het? Ja, dis
> reg... 'n fotograaf. Dit maak dit vyf. Maar ek dag jy se dan dis 'n
> probleem? Om die waarheid te se, jy is so oortuig van jou eie ervaring, dat
> jy my 'n 'bullshitter' noem. Wie het die foto geneem Speedy? Die vlieenier?
> Is hy ook in die formasie? En die vliegtuig?
>

Vyf? En ek sê dat dit 'n probleem is? Nà ek gesê het dat ek self (meer
as een keer) vyf mense in 'n 180 pk gehad het?
Jy dink nie Q, jy skryf net. Gaan kyk weer waar ek gesê het dat ek met
vier passasiers na Wonderboom gevlieg het. Wat ek nie genoem het nie
is dat ek al vier passasiers opgeneem het in 'n 'low winger' ook. Dit
is steeds absoluut buite standaard en 'n oortreding van die
lugvaartwet.
Betreffende die low winger (Cherokee 180), is die take off roll langer
as met 'n high winger maar die landing is soos 'n droom. High winger
se prop veroorsaak ekstra lift onder die vlerke terwyl 'n low winger
se prop hoër as die vlerke is. Dit is die rede vir 'n langer
aanloopbaan. In teenstelling daarmee land 'n low winger, omdat sy
vlerke so naby die grond is, asof op 'n binneveer matras. Of asof op
spons. Juis daarom, is die landing met vyf mense aan boord sagter en
meer beheerbaar met 'n laevlerk vliegtuig.

Kom ons kyk verder na die stuk wat jy hierbo skryf. Lekker sarkasties
tel jy 'n fotograaf by (tensy 'n voëltjie die foto's geneem het:-(((.

En dit raak jy kwyt na 'Adventures Skydiving' hulle advertensie
sò bewoord:
"Our plane is a beautiful and reliable Cesna 182 with a camera
attached to the wing to take photos of your skydiving adventure."

Die springers het ek getel, weer getel, en toe my sakrekenaar gebruik
en steeds is daar net drie. Wat dit vier maak saam met die vliënier.
(Selfs vyf is moontlik, soos reeds genoem.)

>
> Nog 'n ding... aangesien jy 'n probleem het met die konsep van vliegtuie
> sonder deure. 'n Logiese probleemp. Ons sien vanuit die webwerf dat
> valskermspringers uit C182's spring. Hoe maak jy 'n Cessna se deur oop op
> 10,000 voet, Speedy? Hoe hou jy hom oop? En wie maak hom toe wanneer slegs
> die vlieenier in die vliegtuig agterbly? Die vlieenier? Of gebruik ons
> osmose om buite te kom?

Kom ons lees weer my derde sin: "Jy dink nie, jy skryf net."
Verwys my na enige van my skrywes waar ek 'n probleem gehad het met
'n oop deur...!
In die middel sewentigs het ek 'n kersvader by 'n kersboom op
Oos Driefontein Myn reg bo die gedoe laat uitspring. Ietwat teen my
sin omdat ék die deur moes terug sit en tweedens was dit 'n laevlerk
vliegtuig wat aan myself behoort het, (Piper Cherokee 140 converted to
160) en wanneer 'n valskermspringer uit 'n laevlerk vliegtuig spring,
moet hy eers op die vlerk trap en daarvandaan spring, wat somtyds
krapmerke deur die staalgespes aan die vliegtuig se verfwerk
veroorsaak.

Waarom het jy hierdie deel geskryf? Ek kwoteer jou:
> aangesien jy 'n probleem het met die konsep van vliegtuie
> sonder deure.
Verwysing asseblief.

> Of gebruik ons osmose om buite te kom?
Jou sarkastiese voëltjie stellings en deuroophouery
sowel as bg. is afbrekend vir jou skrywe wat, selfs
al stem ek zero met jou saam, op ander plekke in
'n heel leesbare trant geskryf is.

> Aan nou na Google.com toe. Tik die volgende as jou kriteria in: Cessna 182
> skydive exit... en enter. Woeps, 'n hele lys van DZ's reg oor die wereld wat
> beweer dat hulle 4 + 1 loods kan lig.

Maar van die begin af stem ek dan saam met die feit dat vyf mense
in 'n viersitplek vliegtuig kan vlieg. Waarom noem jy dit?

> Gaan met die lys af. Ja, daar is selfs
> 'n handjievol DZ's wat openlik sal stel dat hulle 5 (+ 1 loods) met 'n C182
> sal lig.
>
Tòg debateerbaar. As dit klein mensies is en die vlieënier sorg dat
daar net genoeg brandstof vir die opstyg en landing (plus bietjie
reserwe) en die aanloopbaan is op seevlak, is dit soos reeds gesê,
debateerbaar.

> So ses en 'n loods? Nie as 'n reel nie, maar dit vind wel plaas onder die
> regte omstandighede.
Die boer het vir sy plaasjong van atoomsplitsing vertel. En vir watter
redes dit gedoen word. En die outa het dit aanvaar. Toe wys hy vir hom
'n toe blik jam. En sê vir Klaas dat daar konfyt in is. Binne in
daardie geseëlde blik!
"Jam...! Binne in daardie toe blik!!! Nou glo ek ook nie meer van die
atoomsplitsing nie!"

>
> . Maar ek stem saam dat 'n C182 nie enige
> akrobatiese vermoe het nie. Sal jy saamstem dat dieselfde geld vir ander
> ligte vliegtuie met 'n soortgelyke vlerkkonfigurasie?
Dìt, Q, is wat eintlik hierdie hele argument laat ontstaan het. Gaan
kyk 'n bietjie wat het die vlieënier in jou eerste brief alles
aangevang. Terwyl julle negative G's trek, en jou wange langs jou oë
verbytrek, trek hy die stang in sy pens. En daardie oomblik trek jou
gesig soos die van gesigte op sommige skilderye, met jou wange af na
langs jou ken. En toe jy uitspring, (ek lees nie weer nie maar praat
uit herinnering) en jouself van die vliegtuig wegskop, draai die
vlieënier, met geen respek vir die lewens van sy kliënte nie, op sy
vlerk! Op sy vlerk! Presies 90 grade! Besef jy hoeveel G's jy trek as
jy 'n 60 grade draai maak EN HOOGTE HOU? Jou vlieënier het sommer
die neus grondwaarts gedruk (dit maak nogal sin na sò 'n draai:-)))
en daarvandaan klink dit of hy onderstebo op finals is!

Q, ek het hope, soos in hope, barrelrolls gedoen met ligte vliegtuie.
Een keer selfs met 'n Tripacer (Die Tripacer het ek gehad terwyl ek
die Cherokee gehad het) wat met fabric oorgetrek is! Barrelroll met
'n fabric kite dus:-)

'n Cherokee doen 'n lekker barrelroll. Grumman doen ook 'n lekker
barrelroll (ek het twee van hulle afgeskryf) en ek skryf dit
gedeeltelik toe aan die kort vlerkspan. Die trainer het 'n skamele
22' wingspan met nie veel meer in die Traveller nie. MAAR, steeds van
die mooiste vliegtuie wat ek ooit gevlieg het. Maklik sou ek sê, dié
mooiste. (Ek weet natuurlik nie of jy Grumman ken nie) hulle het geen
deure nie maar 'n sliding canopy waar ingeklim word. En, die canopy
kan oopgeskuif word in die lug (!) (dan waai jy vir al die girls by
wie jy verbyvlieg:-).

>
> http://www.gear-store.com/product.php4?Category=Skydiving&am p;product=20
>
Wat ek op dié skakel raaksien is "This custom fit tightly secures your
camera to the side of the helmet while totally enclosing it. " so weer
'n geval waar die fotograaf een van die valskermspringers is, en 'n
voëltjie nie nodig is om opgelei te word as fotograaf nie:-(
Jy het gesien dat die kamera selfs teen die vliegtuig gemonteer kan
word.

>
> Nou aan na die vraag... waar is Duin 7. Ek neem aan dat jy jou tyd daar in
> die weermag gespandeer het. En dat jy in die menasie op Walvisbaai dorp
> gebly het (eerder as in die basis) en elke dag deur moes ry na Rooikop.
>
Hier doen jy baie moeite om die oorsprong van die naam te beskryf. En
die vorm van Duin Sewe. Onthou net dat Duin Sewe 'n bewegende
duin is en dus van vorm verander. Dìt is nie die kruks van wat ek hier
wil noem nie. Ek wil net hê dat jy my skrywe weer gaan lees, en dan
raaksien dat ek, betreffende die naam, gesê het dat 'ek onder die
indruk gebring is' dat die naam afgelei is van sy groottestatus.

Speedy
Re: Walvisbaai [boodskap #78453 is 'n antwoord op boodskap #78445] Wo, 28 Mei 2003 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
vra
>
>
> Ek kan nie volg nie. Wat het die implemintasie
> van 'n Resolusie van die VVO se Veiligheidsraad
> te doen met SA veggroepe in Namibië?
>
> Gloudina
>

Goeie vraag... een van die punte waaroor daar 'n ooreenkoms bereik moes word
met die Suid Afrikaners voor die implementasie van Resolusie 435, was die
magspeile wat die SAW binne Suidwes kon handhaaf. Die SAW was oortuig dat
SWAPO, (met die hulp van FAPLA en die Kubane) die gesag in Namibie met
geweld wou oorneem en het daarom aangedring om ten minste een veggroep (61
Meg) in Namibie agter te hou. Die eenheid was by Omhutiya ontplooi en was
een van die gedugste en bes gewapende veggroepe van die hele oorlog. Hulle
was tot hul basis beperk.

Maar toe 'kroek' die SAW so 'n bietjie, en hulle plaas 'n tweede veggroep
(62 Meg, of 4 SAI Bn - ewe gedug en goed toegerus), by Rooikop. Want Rooikop
is Suid Afrikaanse grondgebied. En toe, net om seker te maak dat die
magspeile teen spoed weerlig verhoog kan word, ken hulle 'n derde veggroep
(63 Meg of 8 SAI Bn) toe aan Upington. Nou was die 6de Brigade in posisie.
En glo my, hierdie brigade het geweet hoe om in 'n oogwenk op te duik waar
hulle die minste verwag was. En hulle het geweet hoe om oorlog te maak.

Nogtans was die SAW nie tevrede nie. Hulle ken toe 44 Valskerm Brigade ook
aan die taakmag toe. Hulle het nou wel in Pretoria gesit, maar dis 'n
kort(erige) vlug met 'n paar C130's weg. En siedaar... hoewel dit vir alle
praktiese doeleindes lyk of die SAW slegs 1,500 man in Namibie het, het
hulle in werklikheid 3,000 man (tot die tande toe gewapen) en 'n aansienlike
verdere vermoe binne reikafstand om die situasie binne Namibie te beinvloed.

So die Suid Afrikaners was gelukkig met hul magspeile, en stem toe in om die
implementasie van die resolusie voort te laat gaan.

Daar het jy dit. 'n Voorvereiste vir die implementasie van Resolusie 435 ten
einde die Suid Afrikaanse belange in die gebied te beskerm.

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78455 is 'n antwoord op boodskap #78442] Wo, 28 Mei 2003 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ED51CC0.2070908@rogers.com...
>
> Q wrote:
>
>
>> Kan nie se dat ek die Golden Square ken nie.
>
>
> Golden Square is in London.
>
> Gloudina

Dis tussen Oxford Street en Piccadilly Circus. Wat wou jy daarvan weet?

Lorina
Re: Walvisbaai [boodskap #78462 is 'n antwoord op boodskap #78455] Do, 29 Mei 2003 01:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Raj wrote:

> Dis tussen Oxford Street en Piccadilly Circus. Wat wou jy daarvan weet?
>
> Lorina

So min mense in London weet waar dit
is. Vir my is dit belangrik, want
William Blake het vir 'n ruk daar
gewoon.

Gloudina
Re: Walvisbaai [boodskap #78463 is 'n antwoord op boodskap #78447] Do, 29 Mei 2003 01:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Q wrote:


> Maar dan weer, dis net 'n verskoning. Ek is al 6 jaar hier en ek het
> Buckingham paleis nog net een keer gesien.

Nee-wat, jy is maar net tipies van iemand
wat nie 'n toeris is nie. Net soos ek eers
die binnekant van die Kasteel in Kaapstad
gesien het net voor ek die eerste keer Europa
toe is. Ek het besluit dat ek nie kastele in
Europa kan besoek as ek nie eens ons eie
kasteel gesien het nie.
Maar daar is darem mooi dele van London
wat jy eendag móét sien, as jy dit nog nie
gesien het nie. Soos Hampstead Heath. Moet
net nie doen wat ons gedoen het, toe ons
eenkeer in London was en ek dit vir my man
wou wys nie. Teen hierdie tyd het ons twee
kinders gehad, en het by vriende 'n bietjie
ouerige stootkarretjie geleen om ons tien-
maande oud kind rond te stoot op Hampstead
Heath. Dit is nie aan te beveel nie.

Gloudina
Re: Walvisbaai [boodskap #78467 is 'n antwoord op boodskap #78441] Do, 29 Mei 2003 05:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Ek kan jou verseker dat du plessis nóóit
> dink voordat hy skryf nie.
>
> Tant Hessie van Duin Ses
>
>
>

bouwer se venynigheid is te wyte aan die feit
dat ek nie erkenning gegee het aan hààr bydrae
tot die vliegkuns nie. En, toegegee, sy is baie
beskeie daaroor.
Dit is onbekend in die groep (maar welbekend
in Kanada) dat gloudina 'n toetsvlieënier was.
'n Feit wat slegs beskore is vir die mense wat
haar cv gesien het om dit te weet ('n voorreg(?)
wat ek gehad het voor sy dit van internet
afgehaal het.
Sy het vir 'n besemfabriek in Ottawa gewerk.

Davie Conzales
Re: Walvisbaai [boodskap #78483 is 'n antwoord op boodskap #78450] Do, 29 Mei 2003 09:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wie wen nou die bekgeveg??
Ek weet niks (0) van vlieg/vleigtuie/spring. (Ek was 'n paar keer by
Walvis...)

"Speedy Conzales" skryf in boodskap news:po2adv0h4s0270ggeim18t1ku8pi9fukaq@4ax.com...
> On Wed, 28 May 2003 17:48:22 +0000 (UTC), "Q"
> wrote:
>
>
>>>> Vraag is?
>>>> Gaan jy groot genoeg wees om te erken dat jy
>>>> >verkeerd was en om verskoning vra?
>
> Antwoord is:
> As ek verkeerd sou wees, sou ek dit met 'n glimlag doen.
> Ek het nie rede om dit te doen nie want...
> ek is reg.
>
>
>
>>
>
> http://dssc3031.ece.cmu.edu/~tsasaki/lincolnagogo/travel/tex as/txskydvj.htm
l
>>
>> Let op dat die vliegtuig 'n C182 is. Daar is selfs 'n foto van een. Let op
>> dat drie vryvallers die vliegtuig verlaat. Nou kan ek jou hoor mompel dat
>> dit presies bewys wat jy al die tyd se. Goed, kom ons dink 'n bietjie oor
>> dit wat ons sien. Drie springers... en dan seker iemand wat die vliegtuig
>> vlieg? So ons het vier. En tensy 'n voeltjie die foto geneem het? Ja, dis
>> reg... 'n fotograaf. Dit maak dit vyf. Maar ek dag jy se dan dis 'n
>> probleem? Om die waarheid te se, jy is so oortuig van jou eie ervaring, dat
>> jy my 'n 'bullshitter' noem. Wie het die foto geneem Speedy? Die vlieenier?
>> Is hy ook in die formasie? En die vliegtuig?
>>
>
> Vyf? En ek sê dat dit 'n probleem is? Ná ek gesê het dat ek self (meer
> as een keer) vyf mense in 'n 180 pk gehad het?
> Jy dink nie Q, jy skryf net. Gaan kyk weer waar ek gesê het dat ek met
> vier passasiers na Wonderboom gevlieg het. Wat ek nie genoem het nie
> is dat ek al vier passasiers opgeneem het in 'n 'low winger' ook. Dit
> is steeds absoluut buite standaard en 'n oortreding van die
> lugvaartwet.
> Betreffende die low winger (Cherokee 180), is die take off roll langer
> as met 'n high winger maar die landing is soos 'n droom. High winger
> se prop veroorsaak ekstra lift onder die vlerke terwyl 'n low winger
> se prop hoër as die vlerke is. Dit is die rede vir 'n langer
> aanloopbaan. In teenstelling daarmee land 'n low winger, omdat sy
> vlerke so naby die grond is, asof op 'n binneveer matras. Of asof op
> spons. Juis daarom, is die landing met vyf mense aan boord sagter en
> meer beheerbaar met 'n laevlerk vliegtuig.
>
>
> Kom ons kyk verder na die stuk wat jy hierbo skryf. Lekker sarkasties
> tel jy 'n fotograaf by (tensy 'n voëltjie die foto's geneem het:-(((.
>
> En dit raak jy kwyt na 'Adventures Skydiving' hulle advertensie
> sê bewoord:
> "Our plane is a beautiful and reliable Cesna 182 with a camera
> attached to the wing to take photos of your skydiving adventure."
>
> Die springers het ek getel, weer getel, en toe my sakrekenaar gebruik
> en steeds is daar net drie. Wat dit vier maak saam met die vlieënier.
> (Selfs vyf is moontlik, soos reeds genoem.)
>
>
>>
>> Nog 'n ding... aangesien jy 'n probleem het met die konsep van vliegtuie
>> sonder deure. 'n Logiese probleemp. Ons sien vanuit die webwerf dat
>> valskermspringers uit C182's spring. Hoe maak jy 'n Cessna se deur oop op
>> 10,000 voet, Speedy? Hoe hou jy hom oop? En wie maak hom toe wanneer slegs
>> die vlieënier in die vliegtuig agterbly? Die vlieënier? Of gebruik ons
>> osmose om buite te kom?
>
> Kom ons lees weer my derde sin: "Jy dink nie, jy skryf net."
> Verwys my na enige van my skrywes waar ek 'n probleem gehad het met
> 'n oop deur...!
> In die middel sewentigs het ek 'n kersvader by 'n kersboom op
> Oos Driefontein Myn reg bo die gedoe laat uitspring. Ietwat teen my
> sin omdat ék die deur moes terug sit en tweedens was dit 'n laevlerk
> vliegtuig wat aan myself behoort het, (Piper Cherokee 140 converted to
> 160) en wanneer 'n valskermspringer uit 'n laevlerk vliegtuig spring,
> moet hy eers op die vlerk trap en daarvandaan spring, wat somtyds
> krapmerke deur die staalgespes aan die vliegtuig se verfwerk
> veroorsaak.
>
> Waarom het jy hierdie deel geskryf? Ek kwoteer jou:
>> aangesien jy 'n probleem het met die konsep van vliegtuie
>> sonder deure.
> Verwysing asseblief.
>
>> Of gebruik ons osmose om buite te kom?
> Jou sarkastiese voëltjie stellings en deuroophouery
> sowel as bg. is afbrekend vir jou skrywe wat, selfs
> al stem ek zero met jou saam, op ander plekke in
> 'n heel leesbare trant geskryf is.
>
>
>> Aan nou na Google.com toe. Tik die volgende as jou kriteria in: Cessna 182
>> skydive exit... en enter. Woeps, 'n hele lys van DZ's reg oor die wereld wat
>> beweer dat hulle 4 + 1 loods kan lig.
>
> Maar van die begin af stem ek dan saam met die feit dat vyf mense
> in 'n viersitplek vliegtuig kan vlieg. Waarom noem jy dit?
>
>> Gaan met die lys af. Ja, daar is selfs
>> 'n handjievol DZ's wat openlik sal stel dat hulle 5 (+ 1 loods) met 'n C182
>> sal lig.
>>
> Tóg debateerbaar. As dit klein mensies is en die vlieënier sorg dat
> daar net genoeg brandstof vir die opstyg en landing (plus bietjie
> reserwe) en die aanloopbaan is op seevlak, is dit soos reeds gesê,
> debateerbaar.
>
>> So ses en 'n loods? Nie as 'n reel nie, maar dit vind wel plaas onder die
>> regte omstandighede.
> Die boer het vir sy plaasjong van atoomsplitsing vertel. En vir watter
> redes dit gedoen word. En die outa het dit aanvaar. Toe wys hy vir hom
> 'n toe blik jam. En sê vir Klaas dat daar konfyt in is. Binne in
> daardie geseëlde blik!
> "Jam...! Binne in daardie toe blik!!! Nou glo ek ook nie meer van die
> atoomsplitsing nie!"
>
>>
>> . Maar ek stem saam dat 'n C182 nie enige
>> akrobatiese vermoe het nie. Sal jy saamstem dat dieselfde geld vir ander
>> ligte vliegtuie met 'n soortgelyke vlerkkonfigurasie?
> Dít, Q, is wat eintlik hierdie hele argument laat ontstaan het. Gaan
> kyk 'n bietjie wat het die vlieënier in jou eerste brief alles
> aangevang. Terwyl julle negative G's trek, en jou wange langs jou oë
> verbytrek, trek hy die stang in sy pens. En daardie oomblik trek jou
> gesig soos die van gesigte op sommige skilderye, met jou wange af na
> langs jou ken. En toe jy uitspring, (ek lees nie weer nie maar praat
> uit herinnering) en jouself van die vliegtuig wegskop, draai die
> vlieënier, met geen respek vir die lewens van sy kliënte nie, op sy
> vlerk! Op sy vlerk! Presies 90 grade! Besef jy hoeveel G's jy trek as
> jy 'n 60 grade draai maak EN HOOGTE HOU? Jou vlieënier het sommer
> die neus grondwaarts gedruk (dit maak nogal sin na sê 'n draai:-)))
> en daarvandaan klink dit of hy onderstebo op finals is!
>
> Q, ek het hope, soos in hope, barrelrolls gedoen met ligte vliegtuie.
> Een keer selfs met 'n Tripacer (Die Tripacer het ek gehad terwyl ek
> die Cherokee gehad het) wat met fabric oorgetrek is! Barrelroll met
> 'n fabric kite dus:-)
>
> 'n Cherokee doen 'n lekker barrelroll. Grumman doen ook 'n lekker
> barrelroll (ek het twee van hulle afgeskryf) en ek skryf dit
> gedeeltelik toe aan die kort vlerkspan. Die trainer het 'n skamele
> 22' wingspan met nie veel meer in die Traveller nie. MAAR, steeds van
> die mooiste vliegtuie wat ek ooit gevlieg het. Maklik sou ek sê, dié
> mooiste. (Ek weet natuurlik nie of jy Grumman ken nie) hulle het geen
> deure nie maar 'n sliding canopy waar ingeklim word. En, die canopy
> kan oopgeskuif word in die lug (!) (dan waai jy vir al die girls by
> wie jy verbyvlieg:-).
>
>
>>
>> http://www.gear-store.com/product.php4?Category=Skydiving&am p;am p;product=20
>>
> Wat ek op dié skakel raaksien is "This custom fit tightly secures your
> camera to the side of the helmet while totally enclosing it. " so weer
> 'n geval waar die fotograaf een van die valskermspringers is, en 'n
> voëltjie nie nodig is om opgelei te word as fotograaf nie:-(
> Jy het gesien dat die kamera selfs teen die vliegtuig gemonteer kan
> word.
>
>
>>
>> Nou aan na die vraag... waar is Duin 7. Ek neem aan dat jy jou tyd daar in
>> die weermag gespandeer het. En dat jy in die menasie op Walvisbaai dorp
>> gebly het (eerder as in die basis) en elke dag deur moes ry na Rooikop.
>>
> Hier doen jy baie moeite om die oorsprong van die naam te beskryf. En
> die vorm van Duin Sewe. Onthou net dat Duin Sewe 'n bewegende
> duin is en dus van vorm verander. Dít is nie die kruks van wat ek hier
> wil noem nie. Ek wil net hê dat jy my skrywe weer gaan lees, en dan
> raaksien dat ek, betreffende die naam, gesê het dat 'ek onder die
> indruk gebring is' dat die naam afgelei is van sy groottestatus.
>
> Speedy
Re: Walvisbaai [boodskap #78485 is 'n antwoord op boodskap #78422] Do, 29 Mei 2003 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Q"
--knip---
: Nog 'n ding... aangesien jy 'n probleem het met
die konsep van vliegtuie
: sonder deure. 'n Logiese probleem. Ons sien
vanuit die webwerf dat
: valskermspringers uit C182's spring. Hoe maak jy
'n Cessna se deur oop op
: 10,000 voet, Speedy? Hoe hou jy hom oop? En wie
maak hom toe wanneer slegs
: die vlieenier in die vliegtuig agterbly? Die
vlieenier? Of gebruik ons
: osmose om buite te kom?
---knip---
---
aah! so die blerrie deur was afgehaal, wou mos sê
ek was nie blind nie. Nou dat ek so terugdink,
partykeer het die ouens het op die wiel se pilaar
afgeklim en van die wiel af gespring. Jong en dan
het daardie valskerms darem hard geklap wanneer
hulle
oopmaak, binne die huis kon ek hulle hoor op
daardie stil Saterdag oggende. Een Saterdag was
die Grocott Mail se joernalis daar om 'n onderhoud
met 'n 70 jarige tannie te hê en haar af te neem.
Sy sou haar eerste sprong dié dag doen. Ek het ook
my
kamera geneem, en het fotos geneem. Ek het haar
adres gekry en die fotos vir haar gaan gee. Sy't
meer 'guts' as ek, ek sou nie eers gaan vlieg het
nie. Dit was haar eerste en laaste sprong, sy wou
dit doen voordat sy eendag sterf. Sy en die
instrukteur het saam gespring tot haar valskerm
oop was toe het hy van haar pad gegee, hy't 'n
radio by hom gehad, ek meen hy't haar gesê hoe sy
die valskerm moes stuur. Ek spekuleer
maar net. Maar Q jy sal seker weet.
Jy weet seker dat die vliegveld langs die
'army' kamp is. Daar is hakies draad heinings en
dan die groot geboue se dakke was met sinkboudjie
kramme vas gemaak, dit het so 'n duim of twee bo
die dak uitsteek, het soos ystervark penne na bo
gewys.
Die luggie wat partykeer vinnig opgekom het, het
al van die nuwelinge soontoe gedryf en moes met
lang lere van die dak afgehaal word. Ons het nie
lank genoeg in Grahamstad gebly nie, so my seun
het nooit aangesluit of geleer hoe om die
valskerms te vou
nie, daar was geld betrokke by die opvou van
valskerms en kon hy dan 'n geldjie verdien om te
kan opgaan en spring, na opleiding natuurlik.
Ns. Nou breek hy sy sleutelbene, ribbes, verstuit
hy enkels, skene voel soos 'n sinkplaat pad. Dit
is 'n baie meer gevaarliker sport as valskerm
spring ...... Fietsry en alles wat met 'n fiets
gedoen kan word!
Re: Walvisbaai [boodskap #78489 is 'n antwoord op boodskap #78467] Do, 29 Mei 2003 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Speedy Conzales wrote:

> Sy het vir 'n besemfabriek in Ottawa gewerk.

du plessis, jy het darem ook af en
toe jou nut.

Tant Hessie, meester-vlieënier, veral
in Oktober
Re: Walvisbaai [boodskap #78499 is 'n antwoord op boodskap #78462] Do, 29 Mei 2003 15:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Raj wrote:
>
>
>> Dis tussen Oxford Street en Piccadilly Circus. Wat wou jy daarvan weet?
>>
>> Lorinda
>
>
> So min mense in London weet waar dit
> is. Vir my is dit belangrik, want
> William Blake het vir 'n ruk daar
> gewoon.
>
> Gloudina

Maar Blake het tog tydens sy lang leeftyd op heelwat plekke in Londen
gebly. Sy mees produktiewe jare was in Lambeth. Waarom sonder jy
Golden Square uit?

Lorinda
Re: Walvisbaai [boodskap #78501 is 'n antwoord op boodskap #78499] Do, 29 Mei 2003 16:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lorinda wrote:

> Maar Blake het tog tydens sy lang leeftyd op heelwat plekke in Londen
> gebly. Sy mees produktiewe jare was in Lambeth. Waarom sonder jy
> Golden Square uit?

Omdat min selfs Londoners weet waar
Golden Square is.
Wat bedoel jy met "sy mees produktiewe
jare"?
Vertel vir my waar Lambeth is en hoe
dit nou vir jou lyk.

Hessie Poirot
Re: Walvisbaai [boodskap #78504 is 'n antwoord op boodskap #78501] Do, 29 Mei 2003 17:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ED639D0.6090803@rogers.com...
>
> Lorinda wrote:
>
>
>> Maar Blake het tog tydens sy lang leeftyd op heelwat plekke in Londen
>> gebly. Sy mees produktiewe jare was in Lambeth. Waarom sonder jy
>> Golden Square uit?
>
> Omdat min selfs Londoners weet waar
> Golden Square is.
> Wat bedoel jy met "sy mees produktiewe
> jare"?
> Vertel vir my waar Lambeth is en hoe
> dit nou vir jou lyk.
>
> Hessie Poirot

Die jare van "Songs of Exerience" onder meer. Lambeth is suid van die
Thames. Dit was tot redelik onlangs 'n arm en goedkoop gedeelte van Londen.
Dit het in die laaste 10 jaar baie verander, huis pryse is hoog en dit word
deesdae gesien as baie "trendy", veral Brixton en omgewing. Waar Blake gebly
het is in Vauxhall, wat al vir 'n langer tyd as die res van Lambeth
peperduur is (dis naturlik ook redelik sentraal). Ek bly nie ver daarvandaan
nie, in Battersea (Wandsworth) waar Blake en sy vrou se huwelik plaasgevind
het in St Mary's. Sy vrou se mense was van Battersea, en ek dink sy ma ook,
maar ek is nie seker daarvan nie.

Lorinda
Re: Walvisbaai [boodskap #78505 is 'n antwoord op boodskap #78422] Do, 29 Mei 2003 18:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Speedy

Een of ander rede besluit my nuusverskaffer om nie jou laaste antwoord te
plaas nie. Maar ek glo dat jy hierdie een kry

Goed, kom ons laat die sarkasme uit die gesprek. Ek neig om dit as 'n
belediging te beskou wanneer iemand my 'n bullshitter noem en die sarkasme
was 'n direkte gevolg daarvan. Maar jy is reg... dit het nie 'n plek hier
nie. So kom ons konsentreer eerder op die aspekte wat aanleiding gegee het
op jou antwoord op my oorsponklike pos.

Duin 7: Ons weet hy is groot. Ons weet hy beweeg. Ek stel dit dat die duin
net buitekant Swakop begin, al die pad met die kus suid strek en dan oos van
Walvis teen 'n soutpad eindig. Die soutpad is die een Rooikop toe. Eintlik
strek hy vir 'n entjie nog aan die ander kant van die pad, (baie laer
natuurlik), maar die padskrapers hou die pad en die spoorlyn oop na die
Oosweer. Is my beskrywing akkuraat?

Die aantal springers in 'n C182: Ek stel dat daar vier uit die vliegtuig
spring. Ek wys 'n skakel waar daar duidelik drie springers en 'n fotograaf
in die lug is op dieselfde tydstip. Jy wys daarop dat hulle 'n
vlerk-gemonteerde kamera het. Ja, ten minste twee van die fotos is deur so
'n kamera geneem, anders sou die fotograaf aan die voorkant van die vlerk
moes wees. En dit sal nie werk nie. Maar dan is daar ook fotos wat vanuit
die deur geneem is en ander wat tydens die vryval geneem is. Ek is seker dat
jy sal saamstem dat dit nie meer 'n vlerk gemonteerde kamera kan wees nie.
Ek verwys na twee fotos waar die formasie in volle vryval en reg voor die
kamera is. So daar moet 'n fotograaf wees (dink jou in of daai drie persone
so sou glimlag met 'n C182 wat reg op hulle afpyl :-)). Ek beskryf 3 ouens
onder die vlerk en een in die deur. Is my beskrywing realisties?

Waansinnige vlieeniers: Ek stel dat die vlieeniers wat die sport bedien, nie
veel respek het vir konvensionele aanwending van vliegtuie het nie. Ek toon
wat so 'n vlieenier met 'n Porter doen as 'n voorbeeld. Ek stem saam dat die
C182 nie 'n akrobatiese vliegtuig is nie. Ek lewer nie uitspraak of sulke
'truuks' onveilig\onverantwoordelik\onnosel\onvolwasse\onwenslik is nie. Ek
stel dat dit my nie pla nie - want ek is nie daar om in een stuk in die
vliegtuig te land nie. Ek was nie 'n standaard passasier nie, maar daar om
te skydive. En tussen ons twee... as daai vlieenier 'n probleem moes optel
met die vliegtuig? Hel, elke man vir homself - solank ons bokant 1,000 vt
sou wees (my noodvalskerm kon lekker vinnig ontplooi) en ek 'n skoon exit by
daai deur kon uitkry.

Bestaan daar 'n gevaar dat hy my met die vlerk (of 'n gedeelte van die
vliegtuig) kon klap? Daar was onlangs so 'n insident in die VSA, maar dit
was die eerste wat ek daarvan hoor. Voor ek van daardie insident gehoor het,
sou ek doodeenvoudig gese het: 'Geen kans nie'. In my (beperkte)
ondervinding was daar niks wat hy met sy vliegtuig kon doen wat my in gevaar
sou stel wanneer ek eers ge-exit het nie. Ek weet van ouens wat doelbewus na
die stert toe spring op exit... waarom weet geen siel nie. Nog nooit van een
gehoor wat die stert kon raak of eers naby aan dit kon kom nie. Teen 9.8 m
per sekonde per sekonde op pad grond toe, (aanvanklik onderstebo) - en 35
sekondes om 'n reeks aksies en formasie veranderinge uit te voer, sien ek
nie eens weer die vliegtuig nie. En wanneer ek land, was hy gewoonlik vol
gelaai met die volgende lading en reeds op die punt van die aanloopstrook.

Maar ek dwaal af. Terug by die Porter. Die Porter was in gelykvlug toe eers
die fotograaf en toe die formasie die vliegtuig verlaat het. Ek kan nie vir
jou se wat die Porter se snelheid sou wees nie, maar ek aanvaar dat dit
tiene kilometers per uur sou wees, eerder as tiene meters per uur. Die span
val teen 9.8 m per sekonde per sekonde. Sou jy saamstem dat daardie
vlieenier wild aan sy kontroles sou moes ruk, pluk, skop, klap en krap om
die Porter in daardie posisie (en dan so na aan die formasie) te kry? Ek
weet dat hierdie een dalk moeilik gaan wees... maar indien so, is my
beskrywing realisties?

Ok, en nou som ek op. Nou is dit eenvoudig. As jy op die drie vrae hierbo
'ja' geantwoord het (ongeag van jou eie ervaring), of selfs 'ek is nie seker
nie', is ek dan 'n bullshitter? Indien nie, dan kan ons van voor begin.

Indien jy steeds so glo, stel hoekom en ek sal poog om vir jou meer bewyse
te plaas.

Of anders, as die gesprek jou begin verveel... ignoreer my en ek ignoreer
jou.

Oor na jou.

Q
Re: Walvisbaai [boodskap #78507 is 'n antwoord op boodskap #78437] Do, 29 Mei 2003 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Q"
---knip---
: Volgens hulle webwerf is dit 'n Cessna 182. Maar
hulle erken slegs vier
: springers per hop. Dalk is die webwerf oud en
dit is 'n groter Cessna?
:
: Sien http://www.oocities.org/epsky/home4.htm
---
sien nie 'n foto nie, maar sal nie stry nie. ek
moet egter sê dat ek Geraamtestad in Januarie 1991
verlaat het. Sien hulle het nou 'n Bell Copter en
Microlights en dis sewe dae 'n week, ja nee, hulle
het uitgebrei. 4 springers? sien so ja, nie in
1990 nie :-) daar het ten minste 4 gespring, ja,
maar daar het meer as 4 ouens en doedies die
meeste van die tyd in die lug gehang op 'n slag
toe ek daar was.
Meskien het hulle 'n groter plane daai tyd gehad.
---
Re: Walvisbaai [boodskap #78508 is 'n antwoord op boodskap #78504] Do, 29 Mei 2003 19:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Raj wrote:

> Die jare van "Songs of Exerience" onder meer.

Dis natuurlik 'n vraag of die periode
van die Songs of Experience Blake se
mees produktiewe periode was. Maar ek
is geneig om te dink, Lorinda, dat jy
vir my 'n bietjie meer informasie oor
jouself sal moet gee voordat ek ophou
om jou onder verdenking te plaas dat
jy een van die menige gedaantes van
onse du plessis is. Wonder hoe jy my
kan oortuig dat jy NIE du plessis is
nie.

Tant Hessie van Pimlico
Re: Walvisbaai [boodskap #78509 is 'n antwoord op boodskap #78508] Do, 29 Mei 2003 20:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3ED66603.5010404@rogers.com...
>
> Raj wrote:
>
>
>> Die jare van "Songs of Exerience" onder meer.
>
>
> Dis natuurlik 'n vraag of die periode
> van die Songs of Experience Blake se
> mees produktiewe periode was. Maar ek
> is geneig om te dink, Lorinda, dat jy
> vir my 'n bietjie meer informasie oor
> jouself sal moet gee voordat ek ophou
> om jou onder verdenking te plaas dat
> jy een van die menige gedaantes van
> onse du plessis is. Wonder hoe jy my
> kan oortuig dat jy NIE du plessis is
> nie.
>
> Tant Hessie van Pimlico
>

As jy een van daai selfone met video het, kan jy my op 'n voorafgespreekte
tyd bel, dan gaan staan ek voor Big Ben op een been met 'n uitgawe van
vandag se Morning Star sodat jy die datum kan sien:-). Ek weet nie hoekom jy
dink ek is jou du plessis nie, maar ek dink regtig nie ek hoef aan 'n totale
vreemdeling te bewys dat ek is wie ek se ek is nie. Jy het die gesprek oor
Blake begin, ek het jou geantwoord. Dis al. Ignoreer my maar in die toekoms.

Lorinda
Re: Walvisbaai [boodskap #78521 is 'n antwoord op boodskap #78509] Vr, 30 Mei 2003 01:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Raj wrote:

> As jy een van daai selfone met video het, kan jy my op 'n voorafgespreekte
> tyd bel, dan gaan staan ek voor Big Ben op een been met 'n uitgawe van
> vandag se Morning Star sodat jy die datum kan sien:-)

OK. Wanneer sal jy daar wees? Jy hoef nie op
een been te staan nie. Jy hoef nie eens voor
Big Ben te staan nie. Watter nut is dit nou
om voor Big Ben te staan as mens 'n kleinerige
figuur wil afneem?

Tant Hessie van Waterloo-stasie
Re: Walvisbaai [boodskap #78536 is 'n antwoord op boodskap #78521] Vr, 30 Mei 2003 09:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lorinda[2]  is tans af-lyn  Lorinda[2]
Boodskappe: 531
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:...
> Raj wrote:
>
>
>> As jy een van daai selfone met video het, kan jy my op 'n voorafgespreekte
>> tyd bel, dan gaan staan ek voor Big Ben op een been met 'n uitgawe van
>> vandag se Morning Star sodat jy die datum kan sien:-)
>
>
> OK. Wanneer sal jy daar wees? Jy hoef nie op
> een been te staan nie. Jy hoef nie eens voor
> Big Ben te staan nie. Watter nut is dit nou
> om voor Big Ben te staan as mens 'n kleinerige
> figuur wil afneem?
>
> Tant Hessie van Waterloo-stasie

Gee my jou e-pos adres, dan stuur ek my telefoon nommer. Die nut om
voor Big Ben te staan is dat dit 'n landmerk is, dis al:-).

Lorinda
Re: Walvisbaai [boodskap #78547 is 'n antwoord op boodskap #78536] Vr, 30 Mei 2003 13:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Lorinda wrote:

> Gee my jou e-pos adres, dan stuur ek my telefoon nommer. Die nut om
> voor Big Ben te staan is dat dit 'n landmerk is, dis al:-).

Jy weet natuurlik, du plessis, dat die
tyd dat jou pos op die nuusgroep verskyn
hier op ons skerm, wys dat jy in SA sit
en nie in Engeland nie.
Wat het die feit, dat Big Ben 'n "landmerk"
is, te doen met die feit dat jy iemand wil
afneem wat gedwerg sou word deur die hele
struktuur?

Tant Hessie van The Strand
Re: Walvisbaai [boodskap #78582 is 'n antwoord op boodskap #78507] Vr, 30 Mei 2003 18:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy  is tans af-lyn  Speedy
Boodskappe: 224
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 29 May 2003 21:11:48 +0200, "Tobie" wrote:

> Meskien het hulle 'n groter plane daai tyd gehad.
> ---
>
Re: Wallfishbay [boodskap #78636 is 'n antwoord op boodskap #78582] Sa, 31 Mei 2003 19:03 Na vorige boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Conzales"
: Meskien het hulle 'n groter plane daai tyd
gehad.
---
probably
Vorige onderwerp: Silvia Brens in J'burg/ZA, het zoveelste political-correct verziekende exportproduct?
Volgende onderwerp: Toets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 07:52:55 MGT 2024