Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Toere
Re: Toere [boodskap #78235 is 'n antwoord op boodskap #78220] So, 25 Mei 2003 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek preek nie! Ek sê maar net. Ek dink ook my pa is baie slim! Hy het jare
terug, sonder dat hy 'n graad in wildbestuur gehad het, vir SASOL 'n hele
nuwe winter voerprogram uitgewerk vir hulle wildkampe. Die kampe is effe
klein, en die bokke het nie so lekker aangepas hier nie. In die winter wou
hulle nie eet nie, juis omdat die area nie regtig hulle klimaat was nie.
Toe figure my pa op sy eis uit hoe om die bokke in die winter te voer, en
werk toe sommer 'n hele nuwe winter-voerprogram uit.
Ek dink nie almal wat studeer of grade het is morone nie, en ek dink ook nie
dit was Suidwester se idee gewees.

E

wrote:
>
> En wie preek nou vir wie hier. Die mees
> intelligente mens wat ek in my lewe ontmoet
> het, was my eie pa. Hy is in Namakwaland op
> 'n plaas gebore, het nooit na 'n "skool"
> gegaan nie, het sy lees en skryf by reisende
> plaasonderwysers geleer. Hy moes fyn berekenings
> doen as boer, omdat hy die erfwerkers wat sy
> wingerstokke gevleg het, moes betaal volgens
> die aantal stokke wat hulle daardie dag gevleg
> het. Ek vind toe uit dat hy sy eie sisteem
> van optel, vermenigvuldig en deel ontwerp het,
> wat niks te doen gehad het met die manier waarop
> ons skool geleer is nie.
> Maar om nou vir alle mense wat vir grade
> studeer uit te maak as morone, soos Suidwester
> wil doen, is nou ook onkundig en agteraf. Veral
> mense wat alreeds werk en dan vir 'n MBA gaan
> studeer, het hare op hulle tande. Daar is natuurlik
> MBA's en MBA's.
>
> Gloudina
>
Re: Toere [boodskap #78236 is 'n antwoord op boodskap #78232] So, 25 Mei 2003 11:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het baie respek vir ou 'n enigiets meer as 'n BsC of BA kry. Dis harde
werk om te swat, maar ongelukkig is baie van hierdie mense met hulle ritse
kwalifikasies ongelooflik arrogant! Hulle dink mos hulle is beter as die
res van ons. Ek ken een ou wat by Stellenbosch klas gee. As hy bel, dan
moet almal spring! Hy's so stupid met die Internet, dis nie eers snaaks
nie, maar nog steeds behandel hy my soos sy mindere al moet ek hom alewig
verduidelik hoe werk Email. Ek weet nog steeds nie wat sy voornaam is nie,
hy's Prof. So en So, en hy't altyd daai klank in sy stem wat my soos 'n
idioot laat voel. Iets soos "buig voor my grootheid slaaf!" tipe klank.
Gee my piep.
Dan weet ek van 'n (wit) outjie wat van sy BsC tot by sy PHD in
Mikrobiologie nog nie 'n dag se werk in sy lewe gedoen het nie, nou vra ek
jou met trane in my oë watse use is daai ou vir die samelewing? Hy't nog
niks gedoen om iemand anders se lewe te verbeter of te verreik nie. Hy't
nie 'n "cure" vir iets gekry nie, boggerall.
Maar daarby bedoel ek nou niks nie, daar is mense wat Doktorsgrade het wat
iets beteken. By swaertjie se gradeplegtigheid nou die dag was daar 'n
swarte wat vir sy baanbrekerswerk in TB sy doktorsgraad gekry het. Hy't 'n
hele nuwe manier gekry om tering op te spoor en te behandel. Vir HOM haal
ek my hoed af.

Elaine

"Suidwester" wrote in message
news:3ed07ff2.0@news1.mweb.co.za...
> He-he! Mense wat opgetrek oor hulle kwalifikasies is, is net omdat hulle
> voel dat hulle daarsonder niks is nie. 'n Rêrige slim ou het nie nodig om
> met sy MBA, of wat ook al, kaartjie voor hom uit te loop net om aanvaar te
> word nie! Dis egter vir Gloudine met haar gediggie-kwalifikasies baie
> belangrik want dit beteken mos nou nie eintlik veel hierdie tipe van ding
> nie.....behalwe in Sub A en Sub B miskien?
Re: Toere [boodskap #78249 is 'n antwoord op boodskap #78230] So, 25 Mei 2003 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Antie, jy sal nie toegee nie want jy lieg dat jy opslae maak. Hoe kan jy
> gelyktydig op skool in daai omgewing wees en dan ook sommer in Natal ook?

Wel, ek moet toegee dat ek seker
bonatuurlik begaaf moet wees om
my skooljare in die Noordkaap en
meeste van my twintigerjare in
Natal deur te gebring het. Maar ek
voel nie of ek krediet daarvoor kan
neem nie, want duisende en duisende
ander mense doen dieselfde: gaan
skool op een plek en gaan werk op
'n ander plek.

Tant Hessie van De Aar
Re: Toere [boodskap #78251 is 'n antwoord op boodskap #78230] So, 25 Mei 2003 21:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> In elk geval....hoeveel keer was JY al by Augrabies?

Dierbaarheid, Suidwester. Ek is ongeveer
naas Augrabies gebore. Vra jy vir 'n
Pretorianer hoeveel keer hy op Kerkplein
was. Vra jy vir 'n Kaapstadder hoeveel
keer hy al met Adderleystraat afgestap
het. Vra jy vir 'n Matie hoeveel akkers
daar al op sy kop geval het?

Tant Hessie van die Braak
Re: Toere [boodskap #78252 is 'n antwoord op boodskap #78231] So, 25 Mei 2003 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Miskien moet jy bietjie opswot waar diamante voorkom.......dis romanties om
> te glo die diamante spoel in die rivier af.

Sover ek kan onthou, spoel alle
alluviale diamante in riviere af.
Waar dink jy het al die diamante
by Oranjemund vandaan gekom?

Tant Hessie van die Spergebied.
Re: Toere [boodskap #78253 is 'n antwoord op boodskap #78233] So, 25 Mei 2003 21:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Ja antie, en jy het geen humorsin nie. Of het jy dalk vergeet waaroor die
> lewe gaan?
> As jy ooit die voorreg het om by 'n watergat in Etosha te beland en jy
> weet wat jy doen [daaraan twyfel ek sterk, kinders met MBA's et al!] dan
> gaan sit jy vir 'n dag in die hitte en neem waar wat by die watergat
> aangaan. Daar is diere en daar is mense.

Die verskil tussen jou en my, Suidwester,
is dat as ek by 'n watergat in Etosha of
êrens anders beland, ek in die geselskap
is van 'n boyfriend toe ek nog jonk was
en daarna my baie liefdevolle man. Ek het
dus my hande vol met my eie ou dingetjies,
en het geen tyd om droëbek vir ander te
sit en bespied nie. Ek maak jou weer daarop
attent: die prentjie wat jy skilder van
jouself is van iemand wat altyd alleen is
en vol verlange na ander se lewens sit en
kyk. Nou wat jy doen, is jou eie saak. Maar
wat jy op hierdie nuusgroep kwytraak, vorm
mense se kuberopinies van jou.

Tant Hessie van Ariamsvlei
Re: Toere [boodskap #78259 is 'n antwoord op boodskap #78251] Ma, 26 Mei 2003 07:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jinne met al daai teenwoordigheid en jy weet nie wat daar aangaan nie?
Bekommer dit jou nie?
skryf in boodskap news:3ED136DF.7010000@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
>> In elk geval....hoeveel keer was JY al by Augrabies?
>
>
> Dierbaarheid, Suidwester. Ek is ongeveer
> naas Augrabies gebore. Vra jy vir 'n
> Pretorianer hoeveel keer hy op Kerkplein
> was. Vra jy vir 'n Kaapstadder hoeveel
> keer hy al met Adderleystraat afgestap
> het. Vra jy vir 'n Matie hoeveel akkers
> daar al op sy kop geval het?
>
> Tant Hessie van die Braak
>
Re: Toere [boodskap #78260 is 'n antwoord op boodskap #78252] Ma, 26 Mei 2003 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie, gaan bestudeer eers geologie en werk dan uit waarvan die see se
diamante vandaan kom...........
skryf in boodskap news:3ED1373B.6000104@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Miskien moet jy bietjie opswot waar diamante voorkom.......dis romanties om
>> te glo die diamante spoel in die rivier af.
>
>
> Sover ek kan onthou, spoel alle
> alluviale diamante in riviere af.
> Waar dink jy het al die diamante
> by Oranjemund vandaan gekom?
>
> Tant Hessie van die Spergebied.
>
Re: Toere [boodskap #78261 is 'n antwoord op boodskap #78236] Ma, 26 Mei 2003 07:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jep, dis soos hierdie mense wat aangeloop kom na jou toe: "Ek's 'n
Christen", en dan verneuk hy jou! 'n Werklike slim ou het nie 'n 'label'
nodig nie, hy's slim en jy sal dit in jou onderhandelinge met hom gou
agterkom. My ondervinding is ongelukkig dat mense met grade en
kwalifikasies aan die minder 'betekenisvolle' kant, soos die BA's, meer
geneig is om vir hulleself labels te skep. Ek moet nog een wiskundige,
ingenieur of aktuaris ontmoet wat homself probeer slim praat. Maar vertel
jy dit nou vir mense wat in die nie-definitiewe rigtings gestudeer
het.......

"Elaine" skryf in boodskap news:3ed0a6d7$0$227@hades.is.co.za...
> Ek het baie respek vir ou 'n enigiets meer as 'n BsC of BA kry. Dis harde
> werk om te swat, maar ongelukkig is baie van hierdie mense met hulle ritse
> kwalifikasies ongelooflik arrogant! Hulle dink mos hulle is beter as die
> res van ons. Ek ken een ou wat by Stellenbosch klas gee. As hy bel, dan
> moet almal spring! Hy's so stupid met die Internet, dis nie eers snaaks
> nie, maar nog steeds behandel hy my soos sy mindere al moet ek hom alewig
> verduidelik hoe werk Email. Ek weet nog steeds nie wat sy voornaam is nie,
> hy's Prof. So en So, en hy't altyd daai klank in sy stem wat my soos 'n
> idioot laat voel. Iets soos "buig voor my grootheid slaaf!" tipe klank.
> Gee my piep.
> Dan weet ek van 'n (wit) outjie wat van sy BsC tot by sy PHD in
> Mikrobiologie nog nie 'n dag se werk in sy lewe gedoen het nie, nou vra ek
> jou met trane in my oë watse use is daai ou vir die samelewing? Hy't nog
> niks gedoen om iemand anders se lewe te verbeter of te verreik nie. Hy't
> nie 'n "cure" vir iets gekry nie, boggerall.
> Maar daarby bedoel ek nou niks nie, daar is mense wat Doktorsgrade het wat
> iets beteken. By swaertjie se gradeplegtigheid nou die dag was daar 'n
> swarte wat vir sy baanbrekerswerk in TB sy doktorsgraad gekry het. Hy't 'n
> hele nuwe manier gekry om tering op te spoor en te behandel. Vir HOM haal
> ek my hoed af.
>
> Elaine
>
> "Suidwester" wrote in message
> news:3ed07ff2.0@news1.mweb.co.za...
>> He-he! Mense wat opgetrek oor hulle kwalifikasies is, is net omdat hulle
>> voel dat hulle daarsonder niks is nie. 'n Rêrige slim ou het nie nodig om
>> met sy MBA, of wat ook al, kaartjie voor hom uit te loop net om aanvaar te
>> word nie! Dis egter vir Gloudine met haar gediggie-kwalifikasies baie
>> belangrik want dit beteken mos nou nie eintlik veel hierdie tipe van ding
>> nie.....behalwe in Sub A en Sub B miskien?
>
Re: Toere [boodskap #78262 is 'n antwoord op boodskap #78253] Ma, 26 Mei 2003 07:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Antie en jy komnie agter dat ek nou nie eintlik opgeklits is met wat jy van
my dink nie! Ek sal jou amper ook wed dat die naaste wat jy aan 'n
watergat in Etosha was, was in die prent in die boek op jou
koffietafel......en oppas nou wie het van daai foto's geneem! Van
fotografie weet jy duidelik ook niks want anders sou jy geweet het dat
waarneming een van die belangrikste kenmerke van die suksesvolle fotograaf
is. Dan, dink ek met rillings aan die gedagte dat dit jy nou moes wees
wat in daai lorrie in Etosha was!
skryf in boodskap news:3ED1392C.9070401@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Ja antie, en jy het geen humorsin nie. Of het jy dalk vergeet waaroor die
>> lewe gaan?
>> As jy ooit die voorreg het om by 'n watergat in Etosha te beland en jy
>> weet wat jy doen [daaraan twyfel ek sterk, kinders met MBA's et al!] dan
>> gaan sit jy vir 'n dag in die hitte en neem waar wat by die watergat
>> aangaan. Daar is diere en daar is mense.
>
>
> Die verskil tussen jou en my, Suidwester,
> is dat as ek by 'n watergat in Etosha of
> êrens anders beland, ek in die geselskap
> is van 'n boyfriend toe ek nog jonk was
> en daarna my baie liefdevolle man. Ek het
> dus my hande vol met my eie ou dingetjies,
> en het geen tyd om droëbek vir ander te
> sit en bespied nie. Ek maak jou weer daarop
> attent: die prentjie wat jy skilder van
> jouself is van iemand wat altyd alleen is
> en vol verlange na ander se lewens sit en
> kyk. Nou wat jy doen, is jou eie saak. Maar
> wat jy op hierdie nuusgroep kwytraak, vorm
> mense se kuberopinies van jou.
>
> Tant Hessie van Ariamsvlei
>
Re: Toere [boodskap #78277 is 'n antwoord op boodskap #78260] Ma, 26 Mei 2003 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Antie, gaan bestudeer eers geologie en werk dan uit waarvan die see se
> diamante vandaan kom...........

Nee, vertel jý vir my waar die diamante
van Oranjemund vandaan kom. Ek is nog
altyd geleer dat die diamante afgespoel
het met die Oranje, nadat die rivier
duisende en duisende jare gelede deur
die diamantdraende keël van 'n ou
vulkaan in Kimberley se wêreld gespoel
het. Dit verklaar dan ook die diamante
wat hulle in die heuwels van my wêreld
daar in die Noordkaap gekry het. As
hierdie inligting verkeerd is, sal ek
graag daarvan wil hoor.

Tant Hessie van Oranjemund
Re: Toere [boodskap #78278 is 'n antwoord op boodskap #78261] Ma, 26 Mei 2003 12:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Ek moet nog een wiskundige,
> ingenieur of aktuaris ontmoet wat homself probeer slim praat. Maar vertel
> jy dit nou vir mense wat in die nie-definitiewe rigtings gestudeer
> het.......

Nou wonder ek, Suidwester, wat is jou
akademiese agtergrond. Wat het jy op
Universiteit bestudeer en wat doen jy
nou?

Tant Hessie van die Nossob
Re: Toere [boodskap #78279 is 'n antwoord op boodskap #78262] Ma, 26 Mei 2003 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Dan, dink ek met rillings aan die gedagte dat dit jy nou moes wees
> wat in daai lorrie in Etosha was!

Die kanse is veel beter dat ek in daardie
lorrie in Etosha was, besig om my jollies
te kry, want jy klink asof jy altyd alleen
is, besig om ander mense wat beter dinge
het om te doen te sit en afloer.

Tant Hessie van die panne
Re: Toere [boodskap #78338 is 'n antwoord op boodskap #78261] Di, 27 Mei 2003 15:46 Na vorige boodskap
W  is tans af-lyn  W
Boodskappe: 306
Geregistreer: November 2002
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester
Ek moet nog een wiskundige, ingenieur of aktuaris ontmoet wat
homself probeer slim praat. Maar vertel jy dit nou vir mense
wat in die nie-definitiewe rigtings gestudeer het.......

Wouter
Verstaan ek jou reg, reken jy die wiskundiges, ingenieurs en
aktuarisse is die slim ouens?
Vorige onderwerp: My trippie verlede naweek
Volgende onderwerp: Everest - 50 jaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:55:43 MGT 2024