Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Smartvrate...
Re: Smartvrate... [boodskap #7828] Sa, 14 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina:
>
> Dave ou broer (jy met jou mooi Afrikaanse naam),
> elke keer wanneer ek sentimenteel word en terugdink
> aan ‘n Suid-Afrika vol wonderlike Afrikaanse mans,
> dan onthou ek vir jou en wat jy op die nuusgroep se^
> en dan word ek weer realisties. (Terloops, die kappie-
> op die e^ -storie werk nie altyd nie, meneer-weet-
> altyd-beter.) Hoekom volg jy nie die voorbeeld van
> Adriaan Vlok en beken SOOS ‘N MAN dat jy ook
> skuld het en behoefte het aan vergiffenis nie. Of is jy
> ook een van daardie mense wat elke Sondag kerk toe
> gaan, maar wanneer daar van sonde en vergifnis ge-
> praat word, dink jy maar aan die volgende “smart” ant-
> woord wat jy nou weer vir iemand kan gee.
> Ek raak ook so moeg vir al die mense wat kla oor
> hoe witmense hulle werk verloor. Ek kan nie dink dinge
> is te desperaat nie, as ek hoor hoe ‘n familielid deur die
> maatskappy waarvoor sy werk, tussen Johannesburg en
> Durban gevlieg word om hulle boeke in stand te hou.
> (Miskien het sy die regte “skills”?) Of ek hoor hoe Suid-
> Afrikaners Rusland toe toer, of na die Verre Ooste (om
> perels te gaan koop). En as die Afrikaanse vroumense
> hier in Noord-Amerika kom kuier, dan koop hulle nog
> altyd die duur parfume vir hulle dogters in Suid-Afrika,
> nadat hulle nou eers, in die winkel, ‘n oproep gemaak het
> na hulle dogter om uit te vind of hulle die parfuum nou
> moet koop of nie. Afrikaners is, sover ek kan agterkom,
> nie “in dire straits nie.” Hulle swart broers en susters is
> wel, en sal dit nog vir dekades en dekades wees, totdat ‘n
> nuwe generasie van nie-blanke kinders die kans gehad het
> om ‘n goeie opleiding te kry, en dan te wys wat hulle kan
> doen. En glo my, ek het gesien wat hulle kan doen, as hulle
> ‘n halwe kans gegee word.
> Gloudina
>

Gloudina

Ek het nie skuld om te bely teenoor enige ander ras nie.
My sondes het niks met rassehaat te doen nie. Ek het nog altyd goed met
swartmense (en alle ander skakerings) oor die weg gekom.
Ek is in beheer van sowat 1400 mense waarvan byna
almal swart is. Die wat 'n kans wil hę kry dit - wit of swart.
Die wat dit benut word ondersteun tot die einde, wit of swart.
Die wat bakhandjies staan en sę: "gee, gee", kry niks - wit of swart.
Wanneer jy verskillende standaarde het vir verskillende groepe,
doen jy verkeerd. Dit is hierdie einste konsep wat jy (en ek)
veroordeel - die kwessie van dubbelstandaarde. Of is dit hierdie keer
in orde? "Two wrongs don't make a right".
Dit is my opinie.

Terloops, Adriaan Vlok en meeste van die ander wat
hulle sondes op TV bely, doen dit nie omdat hulle hartseer
daaroor is nie, hulle het nie juis 'n keuse nie. Hulle doen dit om hulle eie
basse te red. Ek wens jy kon die sirkus eerstehands beleef.

Groete
Dave

Ns. Kom julle nog somtyds hier draai? Het julle heelwat familie daar?
Dit is seker nie lekker om Kersfees vęr van geliefdes te wees nie.
Wat van julle ander ouens soos Galjoen?
Re: Smartvrate... [boodskap #7829 is 'n antwoord op boodskap #7828] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 14 Dec 96 16:46:05 PDT, augu...@icon.co.za wrote:
<<>Terloops, Adriaan Vlok en meeste van die ander wat
> hulle sondes op TV bely, doen dit nie omdat hulle hartseer
> daaroor is nie, hulle het nie juis 'n keuse nie. Hulle doen dit om hulle eie
> basse te red. Ek wens jy kon die sirkus eerstehands beleef.>>>

Probeer jou invloed gebruik (klink of jy Afrikaanse Invloed kan he) om
'n slag vas te stel wat werklik in daai koppe aangaan.

Miskien word jy (on) aangenaam verras.

Dink jy SA kan rustig voortseil na groter politieke stabiliteit sonder
regstellende aksie?
Nie dink jy SA behoort dit te kan doen nie, dink jy hy KAN geoordeel
aan realiteit?
Re: Smartvrate... [boodskap #7830 is 'n antwoord op boodskap #7828] Sa, 14 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 13 Dec 96 15:29:55 PDT, augu...@icon.co.za wrote:
<<>1) As jy skuld het om te betaal, betaal dit gerus.
>
> 2) Jy wil dalk oorweeg om iets positiefs te doen soos om die helfte van jou
> inkomste aan die familie van "victims" te skenk in plaas van te sit en kerm
> oor hoe sleg die ouens is wat nie nagte wakker lê oor ander se sondes soos jy
> nie.
>
> 3) Om 'n kappie op jou "e" te kry, Druk "alt"+136. So:ê>>>

Ek dink nie jy verstaan wat om jou aan die gebeur is nie.
Apartheid was soos die nazi's in Duitsland.
Al dink jy dalk nie so nie, die meerderheid mense in die wereld dink
so.
En hanteer dit so.
Dit HET gebeur.
Daar word nou gekyk na wat gebeur het. Hoe dit gebeur het.
Met die doel om te leer.
Dis 'n universele leerproses die. Ondersoek wat gebeur het. Isoleer
die sleutel-element. Probeer iets daaruit haal om die in die toekoms
te vermy.
Dit is wat aan die gebeur is.
Dit gebeur daar buite.
Jy kan deelneem of nie.
As jy nie deelneem nie, verklaar jy jouself afsydig teenoor die
leerproses.
As jy deelneem, het jy deel aan die proses.
Wat my betref: Ek kan nie koud staan teenoor 'n proses wat in die naam
van my, my familie en my vriende bedryf is en menseregte oor vyf
dekades verkrag het nie.
En wil weet wat gebeur het.
Ek wil agterkom hoekom mense "niks geweet het" van al die goed wat vir
40 jaar om hulle gebeur het nie.
En as hullle wel geweet het, hoekom het hulle dit maar aanvaar.
Ek reken ook dit het diep betekenis vir my kinders vorentoe.
'n Mens moet probeer leer uit die foute van die verlede anders is 'n
dowwe stam/volk.
Dus: Om in die gesig hiervan te se ek moet "inkomste skenk" is om
jouself te toon as vlak van begrip.
Dit gaan nie om geld nie.
Dit gaan om menseregte.
Om die beskermingt daarvan.
En sulke goed.

Dis soos dit: Iemand se aan die PAC: "Julle moet kyk wat daartoe gelei
het dat julle 'n kerk aangeval het. Dit word wyd beskou as 'n bose
daad. Ondersoek dit en leer daaruit."

Dan kom Dave die PAC-man en se: "Ag, vorm 'n koor en gaan sing vir die
whiteys in die Kaap om hulle te kalmeer. Wat se robbies is dit van
skuld betaal."

Wel Dave, is dit wat jou raad aan hulle sal wees?
Verstaan jy wat aangaan?

N.S. Speel lekker met jou ASCCI tabel. Daar is nog ander "vreemde
karakters" ook om te ontdek.
Re: Smartvrate... [boodskap #7841 is 'n antwoord op boodskap #7828] Di, 17 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
KLAASVAKIE  is tans af-lyn  KLAASVAKIE
Boodskappe: 53
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina

Ek moet net een ding regstel, die witmense wat hulle werk verloor het as
gevolg van die regstellings aksies is nie almal tredsetters wat die
wêreld vol gereis het op ander se onkostes nie, maar daar is van hulle
wat baie hard gewerk het om sukses vir hulself, hulle medewerkers en die
maatskappy waarvoor hulle gewerk het te bereik, net om nou hulle werk te
verloor, baie onregverdig. En meeste van die wat nou hulle werk verloor
het het ook nie geld verduister, sodat hulle nou lekker agteroor kan sit
en hulle vroee" aftrede sonder enige bekommernis kan geniet nie. So
moennie te krities wees nie vir daardie mense is dit 'n ernstige probleem.

JHV
Vorige onderwerp: Vakantietips
Volgende onderwerp: KEN OWEN oor AFRIKAANS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 13:38:04 MGT 2024