Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Vandag se Gedig - sonder naam
Vandag se Gedig - sonder naam [boodskap #78115] Do, 22 Mei 2003 06:09 na volgende boodskap
Rachel Couch  is tans af-lyn  Rachel Couch
Boodskappe: 45
Geregistreer: Junie 2002
Karma: 0
Volle Lid
Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedrivier
is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent
waar oseaan bots teen oseaan,
hier het ons gestaan, onsself uitgedink, opgemaak
per ongeluk 'n volk geraak.

Jan van Riebeeck was 'n Hollander
wat vir 'n week, 'n maand, 'n jaar of drie
kom kool plant het vir 'n kompanjie.

Flaandre, Oos-Vriesland, Duitse soldate,
Hotnots, half-breeds en Maleiers in die strate.
Skepe in die nag, Franse wat vlug,
slawe wat wag, 'n brug, 'n kasteel, 'n grag
en 'n eeu of wat later 'n vierkleurvlag,
'n kappie, 'n katel, 'n breërandhoed,
familiebybel in die vlamme,
'n mauser oor en oor gelaai,
president wat groet,
songeknelde hand wat aarselend waai
uit vreemde lande.

Dit is julle bloed wat ons vandag verskeep,
julle broodknie-kneukels voor 'n computer
in Australië, julle troupersent-silwer & pewter,
julle songesig kreukels wat ons saamsleep
na lande van sneeu, economy class passasier,
soos 'n meeu oor die see vertrek ons hier,
soek ons mekaar daar, in 'n Engelse pub,
honkey tonk bar, S'êfrikan club.

Ons bloed spat uitmekaar
terug na sy eerste bestanddele,
oorsee, oorsee met vreemde aksente
uit ons kinders se kele.
Grootoog-gesiggies om 'n Sondagmaal,
skilpadjies, stampmielies, pampoenkoekies
lê skeef op die tong in 'n vreemde taal,
is net 'n volksvreemde oupa se verhaal.

Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedriver
is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent.
En iewers tussen toe en nou
word ons 'n geskiedenisboekprent
wat nog net 'n paar geslagte sal onthou,
oorvertel aan mekaar:
Sien boetie, Suid-Afrika lê daar - ver oor die see
met sy ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee
met sy ver verlate vlaktes, met die kreun van ossewa
maar die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika
word na vreemde lande weggedra
in elke hartseer hart, elke sel, elke aar
. . . wanaangepas, verward.

Angie Sales.
Re: Vandag se Gedig - sonder naam [boodskap #78156 is 'n antwoord op boodskap #78115] Vr, 23 Mei 2003 03:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Rachel Couché wrote:

> Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedrivier
> is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent

Ek weet nie of in die minderheid is nie, maar
ongelukkig identifiseer ek my nie vreeslik met
daardie mense wat uit die oostelike dele van
die destydse Kaapprovinsie ooswaarts getrek
het nie. Ek identifiseer met die groot trek wat
noordwaarts plaasgevind het in die westelike
binneland van SA in. Vir te lank is ons
geskiedenis geskryf deur mense wat gedink het
dat Bloedrivier 'n integrale deel van die
Afrikaner se psige uitgemaak het. Ek dink
nie my pa en sy pa het so gevoel nie. Ek dink
nie my ma en haar ouers het so gevoel nie.
Om die waarheid te sê, my ma was so teen die
1938 se herdenking van die Groot Trek, dat sy
geweier het om vir my voortrekkerklere en
kappies te laat dra.

Gloudina
Re: Vandag se Gedig - sonder naam [boodskap #78158 is 'n antwoord op boodskap #78156] Vr, 23 Mei 2003 03:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jou ma het hulle seker Voortrekkervarke genoem - en so gaan die "tradisie"
voort ....
skryf in boodskap news:3ECD92A0.9060701@rogers.com...
>
> Rachel Couché wrote:
>
>> Iewers tussen Jan van Riebeeck en Bloedrivier
>> is ons gebore, hier, op die randjie van 'n kontinent
>
> Ek weet nie of in die minderheid is nie, maar
> ongelukkig identifiseer ek my nie vreeslik met
> daardie mense wat uit die oostelike dele van
> die destydse Kaapprovinsie ooswaarts getrek
> het nie. Ek identifiseer met die groot trek wat
> noordwaarts plaasgevind het in die westelike
> binneland van SA in. Vir te lank is ons
> geskiedenis geskryf deur mense wat gedink het
> dat Bloedrivier 'n integrale deel van die
> Afrikaner se psige uitgemaak het. Ek dink
> nie my pa en sy pa het so gevoel nie. Ek dink
> nie my ma en haar ouers het so gevoel nie.
> Om die waarheid te sê, my ma was so teen die
> 1938 se herdenking van die Groot Trek, dat sy
> geweier het om vir my voortrekkerklere en
> kappies te laat dra.
>
> Gloudina
>
Re: Vandag se Gedig - sonder naam [boodskap #78174 is 'n antwoord op boodskap #78158] Vr, 23 Mei 2003 13:14 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Jou ma het hulle seker Voortrekkervarke genoem

- en so gaan die "tradisie" > voort ....

Wel, ek sou geinteresseerd wees in 'n
analise van hoeveel mense emosioneel
'n baie hegte verbintenis voel met die
wel en die wee van die mense wat oos-
waarts getrek het en uiteindelik dan
in Natal en "Transvaal" en die Vrystaat
gaan woon het. Ek dink die storie van
die belangrikheid van die Voortrekkers
is grotendeels geskep in die "geskiedenis"
wat in SA skole geleer is. Ek stel egter
voor dat daar eintlik twee "nasies" is
wat die Afrikaners uitmaak. Hulle van die
weste van die subkontinent en hulle van
die ooste van die subkontinent. En die
mense in die weste, soos waar ek groot-
geword het, dink mense wat "pap en wors"
eet is something else.

Tant Hessie van Springbok
Vorige onderwerp: " Saffraanpeer gee 'n lekker stroop " deur BOERNEEF
Volgende onderwerp: " Ternietprinses " deur WILHELM KNOBEL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 20 12:54:48 MGT 2024