Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Re: Twee Gedigte, Apartheidsjare (...en Mnr. Poephol Weetnie)
Re: Twee Gedigte, Apartheidsjare (...en Mnr. Poephol Weetnie) [boodskap #7755] Vr, 06 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina stuur 2 aangrypende gedigte en skryf:

> ...Ek is seker geinteresseerd daarin
> om 'n antwoord te kry op die verdere vraag: hoe het die
> man in die straat in Suid-Afrika apartheid hanteer. (Ek
> het weggehardloop.)

Toe braak ek gal oor Apartheid (sien my brief)
Koos en Gloudina reageer toe:
(ek wou nou stukkies hier aanhaal oor wat Koos & Gloudina geskryf het,
maar alles is ewe betekenisvol).

Koos ek kan ook onthou oor hoe ek met almal vasgesit het oor Apartheid.
Ek het gedurig met almal baklei en rusie gemaak,
wou almal tot my insigte bekeer ens.
Het baie mense aanstoot gegee (nog steeds).
Het aan organisasies soos Merge en die PFP
behoort ens. (ANC lidmaatskap was toe nog hoogverraad)
Maar wat kon 'n simpatiserende blanke destyds doen ? Bitter min,
en dan het jy klaar 'n legger gehad by die vuiligheidspolisie.
Ek was geen revolusioner nie, geen Steve Biko, Grosskopf nie.
Selfs om diensplig te weier het jou ses jaar in die tronk gekos.
Baie mense vergeet hoe ongelooflik onderdrukkend die samelewing
destyds was. Toe ek vir my soveelste "Township kamp" opgeroep
word, het ek besluit - nou waai ek.
Ek wou nie buiteland toe nie, het eers in Suidwes gaan werksoek,
maar kon nie werk kry nie. (Spyt daaroor. Suidwes is mooi).
(Sien my volgende brief oor binneland to trek...)

Hoe die mense Apartheid hanteer het, het afgehang hoe bewus jy was
van dit buite die Laer dink ek.
Die meeste blankes (nie almal nie), het maar braaivleis gehou en bier gedrink,
en Apartheid het eers saak gemaak toe sport beinvloed word.
Selfs ekonomiese sanksies, kulturele sanksies (met bv Nederland),
'n "brain drain" buiteland toe, kon die blankes min skeel,
maar sport het hom wel geraak. En toe die bediende nie
meer gereeld inkom om skoonmaak nie, (oor "onluste" in die "lokasies")
Toe eers het hulle bewus geraak dat die wereld skeef kyk op wat aangaan.
Maar ek bewonder baie Afrikaners van vandag - oor hul vermoe om aan te pas.
En die braaie destyds was darem nie sleg nie...

Die meeste Suid Afrikaners het simpatie gehad met bv. swartes se
armoede, op 'n persoonlike vlak, maar kon nog nooit (en nog steeds nie)
die logiese gevolgtrekking maak dat dit die NP was wat in 'n groot
mate verantwoordelik was vir al die kak nie. Luister maar net na ou
PW. Botha se ontkenning voor die Waarheidskomissie.

(PW staan vir: Poephol Weetnie - van niks nie, en sal ook niks erken nie)

Vriendelike groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Twee Gedigte, Apartheidsjare (...en Mnr. Poephol Weetnie) [boodskap #7772 is 'n antwoord op boodskap #7755] Ma, 09 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 6 Dec 1996 05:41:07 GMT, gal...@ibm.net wrote:

mate verantwoordelik was vir al die kak nie. Luister maar net na ou[/color]
> PW. Botha se ontkenning voor die Waarheidskomissie.
>
> (PW staan vir: Poephol Weetnie - van niks nie, en sal ook niks erken nie)>>>

Ek kyk nou die dag na Dorling Kindersley se multimedia-pakket oor die
afgelope eeu.
Daar is toe 'n stukkie audio op van PW wat in sy paranoiese ergste
stemtoom (daai een wat so 'n mengsel was van selfbejammering en woede)
die wereld uitdaag om te doen wat hulle wil....

Fokkit. Toe kry ek koue rillings.
Toe kom al daai beklemmenis van daai jare terug.
Die interne engtevrees.
Die binneste waar jy 'n groot deel eenvoudig afdruk ondertoe en in 'n
boonste oopgemaakte deel sit en grappies maak.

Ou PW. Die ou vark.
Vorige onderwerp: 'n Kersfeesgedig deur DONALD RIEKERT
Volgende onderwerp: Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 17:39:38 MGT 2024