Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS
" Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77463] |
Wed, 07 May 2003 19:18  |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Johann Lodewyk Marais
Drie-agtdaereën
Dit reën dag en nag aaneen. Water trek
in grond, klip en bas in. Erdwurms seil flink
oor riffelsand in die pad. Paddas klok.
Geelvis swem teen kuil en stroomversnelling
op. Draai waar 'n wilker ontwortel lê.
Babers roer hul snorre teen 'n ribbok
in Rietspruit versuip, en kook die water.
Peesters van 'n katbos steek uit. Stuk-stuk
spoel 'n versteende boomstam oop en bloot
teen 'n hang. 'n Aardgees pie uit 'n sloot
se wal. Skape kom vrotpoot die berg af.
'n Koei neuk in 'n sloot waar die spaansriet
water trek en hul litte rek. Bondels
wolke maal en pluis soos wol uitmekaar.
'n Duif dryf in 'n geut. 'n Nes rafel
uit 'n tak oor die huis. Dennebolle
val op die sinkdak. Teen boomwortels stuit
die naalde aangerif. Water dring in
dendrolietlae in soos 'n oerritme.
Een nag koer 'n duif helder in 'n boom:
môre sal die son oor alles heen skyn.
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77482 is 'n antwoord op boodskap #77477] |
Thu, 08 May 2003 13:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Dit was bepaald nie in 2003 - in die RSA nie. Dit was seker een van die
> droogste en warmste somers in dekades.
>> Johann Lodewyk Marais
>> Drie-agtdaereën
>> Dit reën dag en nag aaneen.
Ek wonder of hy die reën probeer beskryf
wat geval het die veertig dae en veertig
nagte gedurende die tyd van Noag en die
Ark. Veral omdat die duif aan die einde
aankondig dat die reën gaan ophou.
Maar drie maal ag is tog nie veertig
nie. Is daar so 'n uitdrukking - 'n "agt-
daereën"? Ek ken dit nie. Al wat ek ken
is die woord "landsreën." Dis die soort
reën wat gewoonlik twee of drie dae geduur
het daar in die Noordweste, en wat dink ek
veroorsaak is as die winterreën van die
Boland om een of ander rede daardie jaar
meer noord gedryf het sommige kere. Dit het
dan ook altyd uit die suide gekom. As ons
die jaar so teen die laatwinter 'n mooi
landsreën gehad het, dan het ons geweet dat
ons daardie jaar mooi blommetjies in die
bulte van die Noordkaap sou hê. Nie so mooi
soos in Namakwaland nie, maar asemberowend
nogtans. Dis alleen in sulke jare dat die
driedorings met mening geblom het, en om 'n
driedoring in blom te sien, is iets spesiaals.
Groei daar driedorings in ander dele van die
SA?
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77508 is 'n antwoord op boodskap #77500] |
Fri, 09 May 2003 12:27   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
Ons
> het dit geleer saam met "perskereën" en daai goed.
Wat is "perskereën" nou weer? Ek neem aan
dit is reën wat val wanneer die perskes
begin ryp word, maar waar in die land is
die rypword van die perskes so 'n okkasie
dat dit sy naam aan 'n reën gee? Snaaks
genoeg, ek kan nie eintlik die rypword
van perskes se datum onthou nie, alhoewel
ek daar op die eilande van die Oranje tussen
die beste van die bestes grootgeword het.
(Onthou, dis die tuiste van die Kakamas-
taaipitperske.) Maar ek onthou so goed die
tyd wanneer die appelkose rypgeword het -
die eerste twee weke in November. Ek
onthou dat ek eenvoudig net in die bome
ingevaar het en seker meer as twintig of
dertig appelkose op 'n keer ge-eet het.
Dit was tegelykertyd die seisoen wanneer
mense "appelkoos-siekte" gekry het, wat geglo
is veroorsaak te word deur die eet van groen
appelkose. Die afgelope jaar het mense hier
in Noord-Amerika baie gely aan die Norwalk-
virus, 'n verskriklike vorm van appelkoos-
siekte. Dit was ook so ongeveer in November
dat dit op die hoogtepunt was. Nou wonder ek
of appelkoossiekte en die Norwalk-virus iets
soortgelyks is.
Gloudina
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77509 is 'n antwoord op boodskap #77500] |
Fri, 09 May 2003 12:36   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
> Ek stem saam met jou, ek kry ook swaar met gedigte wat so persoonlik is dat
> buitestaanders g'n kop of stert daarvan kan uitmaak nie. Ek dink daar word
> soms 'n swetterjoel bybetekenisse aan die gedig toegedig (!) en al wat die
> ou wou sê is dalk dat sy kat weg is.
Ek dink dat as 'n gedig niks vir niemand sê
nie, dan is dit nie 'n gedig nie. Maar mens
moet oppas dat jy nie jou eie voorwaardes op
'n kunswerk gaan afforseer nie. Dit wil sê:
"ek sal van jou hou as jy hierdie en daardie
soort gedig is."
Ek dink nie Johan Loderwyk Marais is 'n vreeslike
belangrike digter in Afrikaans nie. Ek dink hy
timmer teveel gedigte aanmekaar sonder dat dit mens
vreeslik roer. Maar in die bostaande gedig het hy
ten minste 'n stuk atmosfeer geskep wat my kan roer-
en wat 'n ondertou het wat mens kan wegvoer na
bedekte bedoelings. Ek dink 'n suksesvolle gedig
laat iets in 'n mens verskuif as jy daarmee in
aanraking kom.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77547 is 'n antwoord op boodskap #77508] |
Sat, 10 May 2003 09:35   |
Koot Pieterse
Boodskappe: 490 Geregistreer: January 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Anton Goosen sing ook van "As die geelperskereën veertien dae...". So, klink
my dis 'n lang storie wat seker in die Boland gebeur - wanner, weet ek nie,
maar klink my dis lenterig. Hier sal ander beter kan help.
skryf in boodskap news:3EBB9EF9.8010907@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
> Ons
>> het dit geleer saam met "perskereën" en daai goed.
>
> Wat is "perskereën" nou weer? Ek neem aan
> dit is reën wat val wanneer die perskes
> begin ryp word, maar waar in die land is
> die rypword van die perskes so 'n okkasie
> dat dit sy naam aan 'n reën gee? Snaaks
> genoeg, ek kan nie eintlik die rypword
> van perskes se datum onthou nie, alhoewel
> ek daar op die eilande van die Oranje tussen
> die beste van die bestes grootgeword het.
> (Onthou, dis die tuiste van die Kakamas-
> taaipitperske.) Maar ek onthou so goed die
> tyd wanneer die appelkose rypgeword het -
> die eerste twee weke in November. Ek
> onthou dat ek eenvoudig net in die bome
> ingevaar het en seker meer as twintig of
> dertig appelkose op 'n keer ge-eet het.
> Dit was tegelykertyd die seisoen wanneer
> mense "appelkoos-siekte" gekry het, wat geglo
> is veroorsaak te word deur die eet van groen
> appelkose. Die afgelope jaar het mense hier
> in Noord-Amerika baie gely aan die Norwalk-
> virus, 'n verskriklike vorm van appelkoos-
> siekte. Dit was ook so ongeveer in November
> dat dit op die hoogtepunt was. Nou wonder ek
> of appelkoossiekte en die Norwalk-virus iets
> soortgelyks is.
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77561 is 'n antwoord op boodskap #77548] |
Sat, 10 May 2003 22:05   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
Ek self hou nie daarvan nie
> en kom dikwels voor hierdie probleem te staan dat 'n gedig so ruig is dat ek
> nie daar kan inkom nie. Breyten doen dit dikwels aan my en selfs soms Van
> Wyk Louw. Dan los ek hulle bloot!
Ja, met mense soos Breyten en NP het jy dan
ook die probleem dat hulle ikoniese status
bereik het en heelwaarskynlik dink dat alles
wat hulle skrywe belangrik is en gepubliseer
moet word. Dan kry jy sommige van die laaste
bundels van byvoorbeeld NP wat darem regtig
gedigte het wat seker almal koudlaat. Ek dink
nie mens moet skroom om te onderskei tussen
groot NP gedigte en snert NP gedigte nie.
Gloudina
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77562 is 'n antwoord op boodskap #77545] |
Sat, 10 May 2003 22:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Koot wrote:
> Ek sal graag. Dis is die nuwe uitgawe - André Brink maak juis 'n saak oor
> die insluiting daarvan uit in die inleiding van die boek. Ek sal dit Maandag
> saambring en vir jou van die voorbeelde tik. Dis nogtans nie heeltemal
> niksseggend nie - die blote vorm fisiese vorm van die plasing van woorde in
> die gedigte sê iets. Kan nie onthou wat nie.
Ek hoop jy doen dit. Ek is geinteresseerd
in die jongeres wat in die Groot Verseboek
opgeneem is.
Gloudina
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77594 is 'n antwoord op boodskap #77547] |
Sun, 11 May 2003 19:12   |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koot
Anton Goosen sing ook van "As die geelperskereën veertien dae...".
So, klink my dis 'n lang storie wat seker in die Boland gebeur -
wanner, weet ek nie, maar klink my dis lenterig. Hier sal ander beter kan
help.
Wouter
Ek dink nie hy sing hier van die Boland nie, meer waarskynlik Wes-Transvaal.
Verskoon die hoofletters, maar dis soos dit staan op
http://www.gipsie.co.za/Lyrics/AntonGoosen/geelperske.htm
Geelperskereën - Anton Goosen
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
DIE OOMPIE KERF DIE PITTE EN HY SIT DIE HELM OP
HY SMEER HOM TOE EN STOOK HOM EN HOU DIE VOORLOOP DOP
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
DIE OOMPIE VAN DIE MAMPOERBELT KRY LEKKER TOT IN SY TOON
DIE BOERE BESTEL SY VARKIES SOMMER SO OOR DIE FOON
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
O DIE VAALHAARNOOI, DIE RIETDAKHUIS, DIE PERSKEBRANDEWYN
DIS VAALBLAAR IN DIE KETEL BY HARTEBEESFONTEIN
DIS BOERE MEDISYNE DIE HY KAN OOK VIR JOU MOOR
DIE ENGELSMAN VAT NET EEN SLUK EN VAL SKOON AGTEROOR
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE, EN DIT REËN BIETJIE BIETJIE
EN DIT REËN IN DIE WES TRANSVAAL
AS DIE GEELPERSKEREËN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77597 is 'n antwoord op boodskap #77594] |
Sun, 11 May 2003 23:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> AS DIE GEELPERSKEREÃN VEERTIEN DAE IN DIE BOORDE VAL
> DAN HOOR JY HOE DIE RAILWAY PERSKES IN DIE KETEL VAL
Wat dink julle bedoel hulle met "railway
perskes"? Is dit die perskes aan die
perskebome wat opslaan langs die trein-
spore, wat daar gaan groei het as gevolg
van die feit dat mense perskepitte by die
treine se vensters uitgegooi het?
Vir iemand wat tussen perskes en appelkose
grootgeword het, weet ek hoe 'n bietjie van
'n probleem so 'n veertien dae se aanhou reën
kan veroorsaak as jou perskes nou net omtrent
reg is in die volgende paar weke. Jy wou
byvoorbeeld van daardie perskes droog, maar
die aanhoudende reën het nou die ding in die
wiele gery. Jy kan hulle nie eintlik almal gaan
pluk en begin konfyt maak nie. So die enigste
uitweg is dus om hulle te gaan optel en hulle te
stook. Dis nie eintlik iets wat in ons boorde
gebeur het nie. Gewoonlik het mens self die beste
appelkose opgetel en ingebring. Ek onthou ook
duidelik hoe klein kleurlingkindertjies kom vra
het of hulle die appelkose en perskes kon kom
optel. Hulle het goed geweet dat my pa vir hulle
die bome sou gaan skud, sodat enige los vrug kon
grond toe val.
Gloudina
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77599 is 'n antwoord op boodskap #77594] |
Sun, 11 May 2003 23:18   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Wouter Plaasvark wrote:
> DIE OOMPIE VAN DIE MAMPOERBELT KRY LEKKER TOT IN SY TOON
> DIE BOERE BESTEL SY VARKIES SOMMER SO OOR DIE FOON
Wat word hier bedoel? Beteken dit dat
die boere weet dat die varke gevoer word
met die gegiste oorskiet van die perskes
nadat die perskebrandewyn (mampoer?)
gemaak is? En dat sulke varkies ekstra
lekker smaak?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: " Drie-agtdaereën " deur JOHANN LODEWYK MARAIS [boodskap #77616 is 'n antwoord op boodskap #77599] |
Mon, 12 May 2003 20:41  |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> DIE OOMPIE VAN DIE MAMPOERBELT KRY LEKKER TOT IN SY TOON
> DIE BOERE BESTEL SY VARKIES SOMMER SO OOR DIE FOON
Gloudina
Wat word hier bedoel? Beteken dit dat
die boere weet dat die varke gevoer word
met die gegiste oorskiet van die perskes
nadat die perskebrandewyn (mampoer?)
gemaak is? En dat sulke varkies ekstra
lekker smaak?
Wouter
Ek reken daardie varkie is een of ander houer vol onwettig gestookte
perskemampoer. Daarom die "sommer so" oor die foon, hulle is duidelik nie
bang vir wetstoepassing nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 12:52:28 UTC 2025
|