Tuis » Ernstig » Troeteldiere » Molle!
Molle! [boodskap #77381] |
Tue, 06 May 2003 18:17  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hallo, Afrikaners,
Hier in Vlaandere is dit nou lente en ek is besig om my tuin klaar te
maak vir groentekweek. Dit gaan goed en ek het al baie plantjies
wat groot word. Maar ik het 'n probleem. Daar is 'n mol besig my ganse
skorsenierbed om te vroetel. Weet dalk iemand van julle wat ek
daarteen kan doen? Ek het vroeër al rook en petrol gebesig om daardie
diere weg te kry maar dit wil nie help nie. Hulle herbegin dan elders
in die tuin. Het die mense in SA ook las van molle? En wat doen julle
dan?
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Molle! [boodskap #77413 is 'n antwoord op boodskap #77409] |
Tue, 06 May 2003 20:44   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
DD wrote:
As ek reg onthou het ons een
> keer (slegs vir 'n baie kort rukkie)
> molle in die grasperk gehad.
Ek kan net van een keer in my lewe
onthou dat ek 'n mol in Suid-Afrika
gesien het. Dit was op 'n maanlignag
in Hilton Road (net buitekant Pieter-
maritzburg) en ek het skielik die
mol in die tuin gesien in die maanlig.
Ek dink nie ek het ooit geweet van
molle nie; iemand moes my vertel wat
dit is. Die grond in SA is miskien te
hard vir molle. Maar ek dink byvoorbeeld
nie ons het hulle in die baie sagte
riviergrond van die Oranje-rivier gehad
nie.
Hier in Kanada is hulle ook, maar
mens sien nie veel van hulle nie; net
die molshope waar hulle gewerk het. Ek
wonder of ons minder hier het omdat daar
'n paar eeue gelede jag op hulle gemaak
is vir "moleskin" wat, dink ek, meestal
gebruik is vir baadjies. Ek moet tog
uitvind of dit onwettig is om hulle hier
dood te maak.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Molle! [boodskap #77427 is 'n antwoord op boodskap #77424] |
Tue, 06 May 2003 22:28   |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 06 May 2003 17:54:13 -0400, Katryn wrote:
> Sterrenkijker wrote:
>
>> Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.
>> Ek besig daar so min moontlik van in my tuin.
>
> Dis uitstekend! Ek probeer meeste van die tyd om so min as moontlik
> chemiese middels te gebruik - my dogter is vreeslik "groen". Sy raas
> gewoonlik vreeslik as sy kom kuier en die gifstowwe en goeters in die
> stoorkamer sien. Maar ai, soms is dit net sooooveeel makliker.
> Terloops, daar is 'n biologiese manier om van "grubs" ontslae te raak.
> Self nog nooit probeer nie, maar 'n vriendin van my glo daaraan. Sy
> gebruik nematodes. Jy sal baie inligting daaroor kry op die Internet.
> En dalk selfs plekke daar in België wat dit verskaf.
> Elkgeval - laat ek ophou babbel.
Ek sou sê: babbel so hard jy wil, Danielle.
Ek het vanaand uit Suid-Afrika al 'n belangrike inligting gekry via
e-pos. Daar is 'n mens wat my geskryf het ek moet klappers in die
molshope plaas en hierdie vuurwerk aansteek. Ek glo rêrig dit gaan
werk omdat molle 'n baie gevoelige gehoorsysteem het. Met ontploffings
in hulle gange maak 'n mens hulle gehoor sodanig stukkend dat hulle
vanself verdwyn. As ek klappers kan vind sal ek dit een van deesdae
uitprobeer. Molle het hulle gehoor nodig om die swakke geluide van
ondergrondse wurms te kan hoor.
Nematodes? Ja, ek het daardie woord al gehoor maar ek weet nie wat dit
beteken nie. Dankie vir die inligtings! Dis waarskynlik ook
interessant om die "grubs" te bestry vir andere redes.
Baie groete!
Norbert (uit Vlaandere)
|
|
|
|
Re: Molle! [boodskap #77438 is 'n antwoord op boodskap #77400] |
Wed, 07 May 2003 10:31   |
Rico
Boodskappe: 823 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Norbert
dis reg van die bottel.
Dit werk baie goed, ek kan vir jou verseker.
Maar dalk is dit net vir Hollandse molle en Heineken botteltjies :-)
Traai Stella Artois botteljies en jou molle sal wegtrek. maar stuur hulle
naar die suide asseblief.
Ek het nie molle nie, maar ek het besluit 3 hoog te gaan woon :-)
Gr.Rico
"Sterrenkijker" skryf in boodskap news:h83gbvsgre6m9v461s6ib8sn08gj4q9gbi@4ax.com...
> On Tue, 06 May 2003 15:23:34 -0400, Katryn
> wrote:
>
>> In sekere state hier in Amerika is dit onwettig om molle dood te maak
>> of in "traps" te vang. Toe moes ons leer om uit te vind wat die molle
>> eet, en dan raak jy ontslae van hulle voedselbron. In ons geval was
>> dit "grubs". Wat mens dan suksesvol kan uitroei met chemiese middels
>> (organofosfate soos bv diazinon) wat beskikbaar en uiters suksesvol
>> is. Die molle sal vinnig wegtrek as daar nie meer kos vir hulle is
>> nie.
>> Dis al raad wat ek vir jou het.
>> (terloops, ek weet nie of julle ook Japanese beetles het nie - maar
>> hierdie "grubs" is die larwe van die pestelike goeters wat alles voor
>> die voet hier opvreet)
>
> Dankie, Danielle, maar ek werk nie graag met skeikundige middels nie.
> Ek besig daar so min moontlik van in my tuin. Ek weet nie of dit
> onwettig is om molle dood te maak hier in Vlaandere. Ek het vroeër al
> molklemme gebesig maar moet weet daar is meestal nie slegs een enkele
> mol nie maar gewoonlik 'n ganse familie. Ek het al verneem ek moet 'n
> bottel in hulle gange steek met die hals bo-toe. Dan maak die wind 'n
> geluid daarin waar die mol nie teen kan nie. Ek weet egter nie of dit
> sou kan help nie.
>
> Groetjies,
>
> Norbert
|
|
|
Re: Molle! [boodskap #77449 is 'n antwoord op boodskap #77438] |
Wed, 07 May 2003 16:36  |
Sterrenkijker
Boodskappe: 654 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 7 May 2003 12:31:34 +0200, "Rico" wrote:
> Norbert
>
> dis reg van die bottel.
> Dit werk baie goed, ek kan vir jou verseker.
>
Rêrig? Dan sal ek dit maar eens gaan probeer!
Dankie!
Norbert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 08:38:42 UTC 2025
|