Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Herfs " deur HANS DU PLESSIS
" Herfs " deur HANS DU PLESSIS [boodskap #77343] Di, 06 Mei 2003 00:32 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hans du Plessis
Herfs

Rooibruin roes die raasblaar
die somer jaag weg op die rasperwind.
'n Slang slaap donker in die droë wind.
Die wêreld is woes; die aarde maer...
Re: " Herfs " deur HANS DU PLESSIS [boodskap #77365 is 'n antwoord op boodskap #77343] Di, 06 Mei 2003 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Baie van pas - die tyd van die jaar hier by ons.
Ek was onlangs in die Ermelo omgewing waar boere net na die Boere-oorlog
baie eikebome geplant het. Daar na die vleilandgebiede, Chrissiesmeer en
Lothair, is daar natuurlik baie bome. Dis 'n pragspel van rooibruin en
roes - maar natuurlik niks wat die Kanadese klop in die verband nie.

skryf in boodskap news:3EB702CF.8070005@rogers.com...
> Hans du Plessis
> Herfs
>
> Rooibruin roes die raasblaar
> die somer jaag weg op die rasperwind.
> 'n Slang slaap donker in die droë wind.
> Die wêreld is woes; die aarde maer...
>
Re: " Herfs " deur HANS DU PLESSIS [boodskap #77370 is 'n antwoord op boodskap #77365] Di, 06 Mei 2003 16:25 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

Dis 'n pragspel van rooibruin en
> roes - maar natuurlik niks wat die Kanadese klop in die verband nie.

Dis natuurlik nie net in Kanada waar mens
die volle glorie van die herfs kan ondervind
nie. Japan het dieselfde soort bome-mengsel as
ons hier. Een van die beste plekke is ook in
New England se noordelike deel, waar dit
taamlik bergagtig is. Ek het die beste herfs-
kleure in my lewe gesien in die White Mountains
van New Hampshire en die Green Mountains van
Vermont een jaar, juis toe ons met 'n besoeker
uit SA, wat spesifiek vir die herfsblare gekom
het, uit New York noordwaarts gery het.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Seekoevlei " deur NP van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " die kierie is nie nodig nie, faan " deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:10:02 MGT 2024