|
|
|
|
| Re: " Herfs " deur HANS DU PLESSIS [boodskap #77370 is 'n antwoord op boodskap #77365] |
Di., 06 Mei 2003 16:25  |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
Dis 'n pragspel van rooibruin en
> roes - maar natuurlik niks wat die Kanadese klop in die verband nie.
Dis natuurlik nie net in Kanada waar mens
die volle glorie van die herfs kan ondervind
nie. Japan het dieselfde soort bome-mengsel as
ons hier. Een van die beste plekke is ook in
New England se noordelike deel, waar dit
taamlik bergagtig is. Ek het die beste herfs-
kleure in my lewe gesien in die White Mountains
van New Hampshire en die Green Mountains van
Vermont een jaar, juis toe ons met 'n besoeker
uit SA, wat spesifiek vir die herfsblare gekom
het, uit New York noordwaarts gery het.
Gloudina
|
|
|
|