Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " salut d' amour " deur FANIE OLIVIER
" salut d' amour " deur FANIE OLIVIER [boodskap #77230] So, 04 Mei 2003 14:44 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Fanie Olivier
salut d'amour

langs die swembad het die palm blom gemaak
en in sy lang geel stringe oopgeval
nat en taai van nektar en van saad.
die vinke wat nesmaak teen die palmpunte
die duiwe in die groot kameelpoot
die mossies uit die geut moes almal padgee
toe die klein bruin bye aanstreep
en om die tros beginne draai
met hulle voetjies vastrap in die waterval.
nou sien die spreeus as hul verbyvlieg
hoe die knoppies swel
en niemand waag dit tussen die korwe
of naby die palm nie
maar kyk tjoepstil verwonderd
na die fyn berekenings in God se spel.
Re: " salut d' amour " deur FANIE OLIVIER [boodskap #77282 is 'n antwoord op boodskap #77230] Ma, 05 Mei 2003 03:12 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek ken van die Fanie Olivier.
Vra hom waarom het hy nie diensplig gedoen het nie. Vra hom of sy
Broederbond-pappie vir hom vrystelling bewerkstellig het?

skryf in boodskap news:3EB527A4.5000105@rogers.com...
> Fanie Olivier
> salut d'amour
>
> langs die swembad het die palm blom gemaak
> en in sy lang geel stringe oopgeval
> nat en taai van nektar en van saad.
> die vinke wat nesmaak teen die palmpunte
> die duiwe in die groot kameelpoot
> die mossies uit die geut moes almal padgee
> toe die klein bruin bye aanstreep
> en om die tros beginne draai
> met hulle voetjies vastrap in die waterval.
> nou sien die spreeus as hul verbyvlieg
> hoe die knoppies swel
> en niemand waag dit tussen die korwe
> of naby die palm nie
> maar kyk tjoepstil verwonderd
> na die fyn berekenings in God se spel.
>
Vorige onderwerp: Gediggies
Volgende onderwerp: " Seekoevlei " deur NP van Wyk LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 02:22:39 MGT 2024