Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is ek verkeerd?
Is ek verkeerd? [boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 08:39  |
Elaine[1]
Boodskappe: 13 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
hom kom haal het nie.
Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
vooraf aan haar te rep?
Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
"geluister" het.
Elaine
|
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77090 is 'n antwoord op boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 10:49   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Baie geluk met manlief se verjaarsdag - al is dit nie jou skuld nie:)))
Kry die hele out lot terug met jou verjaarsdag - bestel koek en als - nooi
hulle uit, en eet dan die koek alleen en drink alleen tee en laat hulle
droëbek sit - miskien kry hulle dan 'n boodskap en vra wat aangaan - dan
verduidelik jy vir hulle wat hulle verkeerd gedoen het met liefie se
verjaarsdag.
Annette
"Elaine" skryf in boodskap news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
> hom kom haal het nie.
> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
> vooraf aan haar te rep?
>
> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
> "geluister" het.
>
> Elaine
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77092 is 'n antwoord op boodskap #77080] |
Sat, 03 May 2003 10:56   |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: August 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
"Elaine" skryf in boodskap news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
> hom kom haal het nie.
> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
> vooraf aan haar te rep?
>
> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
> "geluister" het.
>
> Elaine
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77093 is 'n antwoord op boodskap #77092] |
Sat, 03 May 2003 10:59   |
AJ
Boodskappe: 441 Geregistreer: May 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dis nie 'n mooi manier om iemand terug te kry nie.
"Suidwester" skryf in boodskap news:3eb3a077.0@news1.mweb.co.za...
> Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
> donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
> vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
> "Elaine" wrote in message
> news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
>> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
>> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
>> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
>> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
>> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
>> hom kom haal het nie.
>> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
>> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
>> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
>> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
>> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
>> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
>> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
>> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
>> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
>> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
>> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
>> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
>> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
>> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
>> vooraf aan haar te rep?
>>
>> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
>> "geluister" het.
>>
>> Elaine
>
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77098 is 'n antwoord op boodskap #77093] |
Sat, 03 May 2003 12:20   |
Vusi
Boodskappe: 2211 Geregistreer: February 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Een twee ses, huismoles ...
"AJ" skryf in boodskap news:b907ep$hd1$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Dis nie 'n mooi manier om iemand terug te kry nie.
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eb3a077.0@news1.mweb.co.za...
>> Wat van jy doen net dieselfde aan hom? Ek sal jou wed sy begrip sal dan
>> donners vinnig bykom. Nooi jou beste vriendin [of nog beter 'n vriend!]
>> vanaand om saam met jou te gaan in die plek van jou man?
>> "Elaine" wrote in message
>> news:983487c4.0305030039.1a717c0c@posting.google.com...
>>> Vandag is my man se verjaarsdag. Vanoggend vroeg bel sy ma en sê sy
>>> kom hom oor 45 minute oplaai. Net vir hom... Eers het ek gedink hulle
>>> wil hom dalk uit die huis hê omdat sy pa dalk iets hier wil kom doen
>>> om hom te verras, maar dis nou al meer as twee ure later en skoonpa is
>>> nog nie hier nie. So ek neem aan dis nie die rede gewees hoekom hulle
>>> hom kom haal het nie.
>>> Ek kook op die stadium van die geveg. Ek's kwaad omdat hulle my
>>> alleen by die huis gelos het, ek kan nêrens heen gaan nie, want my man
>>> het die huis se sleutels hier by my gelos, en nie 'n stel saam met hom
>>> gevat nie. Ek voel kwaad, en seergemaak, omdat ek nie in ag geneem is
>>> nie (of skoonpa nou gekom het vandag of nie, hulle moes darem net met
>>> my gereël het). En ek voel veral seergemaak, verneder en kwaad omdat
>>> ek nie genooi is na wat ookal vir hom beplan is nie.
>>> Ek voel effe kleinsielig oor die hele saak, en sit nou en wonder of ek
>>> verkeerd is om te voel soos ek voel? Ek en manlief gaan wel vanaand
>>> uit, maar is dit 'n rede om my heeltemal eenkant toe te skuif? Ja, ek
>>> voel uitgeskuif en besonder onpopulêr op die stadium. En al
>>> verduidelik ek die hele sakie aan manlief sal hy nie verstaan nie, en
>>> dit afmaak as niks nie. Ek wonder of skoonma daarvan sal hou as ek
>>> sommer net vir skoonpa kom haal op sy verjaarsdag, sonder om 'n woord
>>> vooraf aan haar te rep?
>>>
>>> Ag ek wou sommer stoom afblaas, dankie vir die wat gelees en
>>> "geluister" het.
>>>
>>> Elaine
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Is ek verkeerd? [boodskap #77425 is 'n antwoord op boodskap #77376] |
Tue, 06 May 2003 21:54  |
W
Boodskappe: 306 Geregistreer: November 2002
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
SS
Agter elke suksesvolle man staan daar 'n verbaasde skoonma
Wouter
En 'n vrou met niks om aan te trek nie...
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 10:58:32 UTC 2025
|