Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Cassinga en Swapo
Cassinga en Swapo [boodskap #77166] So, 04 Mei 2003 10:02 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vir die wat dit nie weet nie, is môre Cassingadag in Namibië en vier Swapo
die dag as 'n dag waar die 'apartheidsvarke van Gloudina' 'n klomp siviele
mense in die opleidingskamp genaamd Moskou doodgeskiet het........maar hulle
sê natuurlik niks van die feit dat hulle voor die tyd gewaarsku was dat die
kamp geslaan gaan word nie en dat ou genl. Hamaambo en sy offisiere uit die
kamp gevlug het saam met hul ervare soldate en 'n klomp onopgeleide rekrute
en hoere agtergelaat het om soos vlooie vrek geskiet te word nie! Ou
Hambaambo is vergoed vir sy 'heldedaad' deur hoof van die weermag te word na
onafhankliheid en toe hy die lewe verlaat, word hy geplant indie heldeakker
in Windhoek....'n monstrosity van N$90m in 'n land waar die mense skrou vir
werk en kos.
Dit egter net vir agtergrond en net om die antie se bloed aan't
sirkuleer te kry. Ek wil van haar weet [want elke keer wat ek haar
hierdie vraag vra, dan ignoreer sy dit] is of sy dink dit is regverdig wat
die vryheidsgroepe aan hul eie mense gedoen het in die proses om by
onafhanklikheid uit te kom? Kom ons kyk bietjie na van wat Swapo aan sy
eie mense gedoen het:
1975: Swapo vermoor Hoofman Elifas pas verkose leier van die nuwe Owambo
streeksregering.
Twis bestaan onder Swapo lede oor leierskap en mense soos
Andreas Shipanga en sy volgelinge word gevang geneem en in Zambië deur
Kaunda gevange gehou as persoonlike guns vir Sam Nujoma. 'n Verdere 1800
wat hierteen protesteer word ook gevange geneem en later sou die lyke van
honderde gevind word waar hulle deur Swapo in Zambië vermoor is.
1976: PLAN fokus daarop om plaaslike Owamboleiers uit te haal en te
neutraliseer en vermoor o.a. Hoofman Zacharia en sy dogter asook Hoofman
Hausiki Enkaile. Hulle ontvoer ook 'n seun van Hoofman Wilipard Enkale na
Angola.
1977: Swapo fokus om mense te intimiddeer teen die opkomende verkiesing
waarin hulle wil hê die Owambos moet stem teen die regering van die land.
Hier het ook groot vrae oor die leierskap van Nujoma ontstaan in die range
van Swapo self. Hierdie mense is gearresteer en aangehou in Lubango waar
letterlik duisende vermoor is.
1978: Swapo se modus operandi was op hierdie stadium om stil oor die grens
te glip en om die veiligheidsmagte van SA te vermy en dan gekose burgerlikes
onder die owambobevolking te vermoor.
In hierdie jaar, terwyl verteenwoordigers van westerse lande in
Windhoek besig was om te onderhandel vir 'n moontlike oplossing tot die
gemors, vermoor Swapo vir Toivo Shiyagaya, minister van gesondheid en welsyn
in die Owambo tussen regering.
Clemens Kapuuo, stamhoof van die Hereros word deur Swapo vermoor.
April 25, in die VVO aanvaar SA 'n skikkingsvoorstel by die VVO
vir vrede in SWA, maar Swapo weier 'n skietstilstand en gaan onmiddellik oor
tot 'n aanval met 100 man oor die grens, maar hol weg toe daar teruggeskiet
word.
.............en so kan ons aangaan, die dokumentêre bewyse van bogenoemde is
beskikbaar. Ook die fiet dat Sam Nujoma en sy senior lede van Swapo lewens
van luukse bestaan gevoer het in die buiteland op skenkings terwyl hulle
manne op die grond probeer het om 'n inbreuk te maak teen die mees
effektiewe weermag in Afrika en keer op keer op hulle moer gekry het. In
die proses het net een bevolking seer gekry.....hul EIE Owambo's!
So antie, vertel jy my nou of dit vir jou aanvaarbaar is dat 'n groep
politici kan besluit om die wapen op te tel en siviele mense te vermoor in
die proses? Orals word gepraat van die blanke mense wat om verskoning moet
vra vir wat hulle aan swart mense gedoen het in die apartheidsera, maar wat
van die ANC en Swapo se eie vergifnis wat hulle moet soek onder hul eie
mense vir wat hulle aan hulle gedoen het? Of is dit by jou ook maar net 'n
geval van die oorwinnaar is altyd reg?
Re: Cassinga en Swapo [boodskap #77177 is 'n antwoord op boodskap #77166] So, 04 Mei 2003 12:10 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy gee aan Gloudina erkenning wat sy nie verdien nie.
Gedenk bloot aan die feit dat sy en die familie jare terug weggehardloop
het - witnerwe en banggattte. Nou kef hulle bloot daar op 'n afstand...

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eb4e59d.0@news1.mweb.co.za...
> Vir die wat dit nie weet nie, is môre Cassingadag in Namibië en vier Swapo
> die dag as 'n dag waar die 'apartheidsvarke van Gloudina' 'n klomp siviele
> mense in die opleidingskamp genaamd Moskou doodgeskiet het........maar hulle
> sê natuurlik niks van die feit dat hulle voor die tyd gewaarsku was dat die
> kamp geslaan gaan word nie en dat ou genl. Hamaambo en sy offisiere uit die
> kamp gevlug het saam met hul ervare soldate en 'n klomp onopgeleide rekrute
> en hoere agtergelaat het om soos vlooie vrek geskiet te word nie! Ou
> Hambaambo is vergoed vir sy 'heldedaad' deur hoof van die weermag te word na
> onafhankliheid en toe hy die lewe verlaat, word hy geplant indie heldeakker
> in Windhoek....'n monstrosity van N$90m in 'n land waar die mense skrou vir
> werk en kos.
> Dit egter net vir agtergrond en net om die antie se bloed aan't
> sirkuleer te kry. Ek wil van haar weet [want elke keer wat ek haar
> hierdie vraag vra, dan ignoreer sy dit] is of sy dink dit is regverdig wat
> die vryheidsgroepe aan hul eie mense gedoen het in die proses om by
> onafhanklikheid uit te kom? Kom ons kyk bietjie na van wat Swapo aan sy
> eie mense gedoen het:
> 1975: Swapo vermoor Hoofman Elifas pas verkose leier van die nuwe Owambo
> streeksregering.
> Twis bestaan onder Swapo lede oor leierskap en mense soos
> Andreas Shipanga en sy volgelinge word gevang geneem en in Zambië deur
> Kaunda gevange gehou as persoonlike guns vir Sam Nujoma. 'n Verdere 1800
> wat hierteen protesteer word ook gevange geneem en later sou die lyke van
> honderde gevind word waar hulle deur Swapo in Zambië vermoor is.
> 1976: PLAN fokus daarop om plaaslike Owamboleiers uit te haal en te
> neutraliseer en vermoor o.a. Hoofman Zacharia en sy dogter asook Hoofman
> Hausiki Enkaile. Hulle ontvoer ook 'n seun van Hoofman Wilipard Enkale na
> Angola.
> 1977: Swapo fokus om mense te intimiddeer teen die opkomende verkiesing
> waarin hulle wil hê die Owambos moet stem teen die regering van die land.
> Hier het ook groot vrae oor die leierskap van Nujoma ontstaan in die range
> van Swapo self. Hierdie mense is gearresteer en aangehou in Lubango waar
> letterlik duisende vermoor is.
> 1978: Swapo se modus operandi was op hierdie stadium om stil oor die grens
> te glip en om die veiligheidsmagte van SA te vermy en dan gekose burgerlikes
> onder die owambobevolking te vermoor.
> In hierdie jaar, terwyl verteenwoordigers van westerse lande in
> Windhoek besig was om te onderhandel vir 'n moontlike oplossing tot die
> gemors, vermoor Swapo vir Toivo Shiyagaya, minister van gesondheid en welsyn
> in die Owambo tussen regering.
> Clemens Kapuuo, stamhoof van die Hereros word deur Swapo vermoor.
> April 25, in die VVO aanvaar SA 'n skikkingsvoorstel by die VVO
> vir vrede in SWA, maar Swapo weier 'n skietstilstand en gaan onmiddellik oor
> tot 'n aanval met 100 man oor die grens, maar hol weg toe daar teruggeskiet
> word.
> .............en so kan ons aangaan, die dokumentêre bewyse van bogenoemde is
> beskikbaar. Ook die fiet dat Sam Nujoma en sy senior lede van Swapo lewens
> van luukse bestaan gevoer het in die buiteland op skenkings terwyl hulle
> manne op die grond probeer het om 'n inbreuk te maak teen die mees
> effektiewe weermag in Afrika en keer op keer op hulle moer gekry het. In
> die proses het net een bevolking seer gekry.....hul EIE Owambo's!
> So antie, vertel jy my nou of dit vir jou aanvaarbaar is dat 'n groep
> politici kan besluit om die wapen op te tel en siviele mense te vermoor in
> die proses? Orals word gepraat van die blanke mense wat om verskoning moet
> vra vir wat hulle aan swart mense gedoen het in die apartheidsera, maar wat
> van die ANC en Swapo se eie vergifnis wat hulle moet soek onder hul eie
> mense vir wat hulle aan hulle gedoen het? Of is dit by jou ook maar net 'n
> geval van die oorwinnaar is altyd reg?
>
Vorige onderwerp: Ai, ons liewe Manto
Volgende onderwerp: Vakbonde in SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 20:24:55 MGT 2024