Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vakbonde in SA
Vakbonde in SA [boodskap #77154] So, 04 Mei 2003 08:17 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lyk my die vakbonde in SA loop dieselfde paadjie as die politieke partye en
die kerke. Kort-kort is daar 'n nuwe een - miskien sal die een met die
goedkoopste ledebydrae die sterkste een wees, want wat is nou eintlik die
verskil?

1) Cosatu - gestig in 1985. Ledetal 1.7 miljoen - het 112000 lede die
afgelope jaar verloor weens werkverlies van die lede. ( dan praat ons nie
eers van die lede wat dood is agv vigs nie).
Die huidige verandering van die werksopset van permanente indiensneming tot
tydelike indiensneming bemoeilik die organisering van die vakbond volgens
hulle tradisionele manier.
Hulle toekomsvisie is 'n nuwe beleid om lede te werf, voordele vir lede ( so
wat het die lede tot nou toe gehad?) en werksverskaffingsplanne.

2) Fedusa - gestig in 1997 met 'n ledetal van 450 000, en is tans 540 000
( met 'n ledetal van 570 000 in 1999). Die vermindering word toegeskryf aan
die groei van die werklose getal lede. Hulle visie is om hulle toe te spits
op nuwe lede vanuit die vroue- en jeugwerksmag, en op mense wat al afgetree
het.

3) Nactu - gestig in 1986, het tans 350 000 lede. Dit bestaan uit 'n aantal
klein vakbonde wat onder een vaandel saamgevoeg is - die grootste hiervan
die National Union of Farmworkers met 47140 lede. Die ledetal neem af, maar
geen ander presiese syfers is beskikbaar nie. ( Ek neem aan met die
instelling van die nuwe arbeidswet gaan daar aansienlike minder lede wees
wat bydraes sal kan lewer).
Hulle is in die proses om hul strategie en samestelling te heroorweeg.

4)Solidarity - gestig in 1994 as 'n uitvloeisel van die Mynwerkersunie - het
begin met 38 000 lede, en het tans 130 000 lede - waarvan 90% blankes is, en
die res hoofsaaklik kleurlinge in die Wes Kaap. 87% van die lede is is
Afrikaans sprekend.
Die naam is in die eerste plek totaal onvanpas, en aangesien hulle hul beoog
vir die belange vir die wit werker, wonder ek wat die kleurlingledetal daar
soek.

5) Consawu - is verlede maand gestig - 2003 - en hul doel is om die 50% van
die werkers wat nie aan unies behoort nie, te betrek. Hulle beweer hulle het
450 000 lede - onder andere die visbedryf, vir wie hulle tot nou toe nog
niks beteken het in die stryd van die nou skieklike permitlose vissermanne
wat nou nie eers kan visvang vir eie gebruik nie, wat nog as bron van
inkomste. Hulle is bereid om saam met al die ander unies, behalwe
Solidariteit, te werk in sake van gemeenskaplike belang.

Annette
Re: Vakbonde in SA [boodskap #77179 is 'n antwoord op boodskap #77154] So, 04 Mei 2003 12:11 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wat het van die vakbond vir werklose "werkers" geword - hulle behoort die
grootste te wees - alhoewel ledegeld nie betaal kan word nie.

"Annette" skryf in boodskap news:b92kog$eu2oh$3@ID-92016.news.dfncis.de...
> Lyk my die vakbonde in SA loop dieselfde paadjie as die politieke partye en
> die kerke. Kort-kort is daar 'n nuwe een - miskien sal die een met die
> goedkoopste ledebydrae die sterkste een wees, want wat is nou eintlik die
> verskil?
>
> 1) Cosatu - gestig in 1985. Ledetal 1.7 miljoen - het 112000 lede die
> afgelope jaar verloor weens werkverlies van die lede. ( dan praat ons nie
> eers van die lede wat dood is agv vigs nie).
> Die huidige verandering van die werksopset van permanente indiensneming tot
> tydelike indiensneming bemoeilik die organisering van die vakbond volgens
> hulle tradisionele manier.
> Hulle toekomsvisie is 'n nuwe beleid om lede te werf, voordele vir lede ( so
> wat het die lede tot nou toe gehad?) en werksverskaffingsplanne.
>
> 2) Fedusa - gestig in 1997 met 'n ledetal van 450 000, en is tans 540 000
> ( met 'n ledetal van 570 000 in 1999). Die vermindering word toegeskryf aan
> die groei van die werklose getal lede. Hulle visie is om hulle toe te spits
> op nuwe lede vanuit die vroue- en jeugwerksmag, en op mense wat al afgetree
> het.
>
> 3) Nactu - gestig in 1986, het tans 350 000 lede. Dit bestaan uit 'n aantal
> klein vakbonde wat onder een vaandel saamgevoeg is - die grootste hiervan
> die National Union of Farmworkers met 47140 lede. Die ledetal neem af, maar
> geen ander presiese syfers is beskikbaar nie. ( Ek neem aan met die
> instelling van die nuwe arbeidswet gaan daar aansienlike minder lede wees
> wat bydraes sal kan lewer).
> Hulle is in die proses om hul strategie en samestelling te heroorweeg.
>
> 4)Solidarity - gestig in 1994 as 'n uitvloeisel van die Mynwerkersunie - het
> begin met 38 000 lede, en het tans 130 000 lede - waarvan 90% blankes is, en
> die res hoofsaaklik kleurlinge in die Wes Kaap. 87% van die lede is is
> Afrikaans sprekend.
> Die naam is in die eerste plek totaal onvanpas, en aangesien hulle hul beoog
> vir die belange vir die wit werker, wonder ek wat die kleurlingledetal daar
> soek.
>
> 5) Consawu - is verlede maand gestig - 2003 - en hul doel is om die 50% van
> die werkers wat nie aan unies behoort nie, te betrek. Hulle beweer hulle het
> 450 000 lede - onder andere die visbedryf, vir wie hulle tot nou toe nog
> niks beteken het in die stryd van die nou skieklike permitlose vissermanne
> wat nou nie eers kan visvang vir eie gebruik nie, wat nog as bron van
> inkomste. Hulle is bereid om saam met al die ander unies, behalwe
> Solidariteit, te werk in sake van gemeenskaplike belang.
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Cassinga en Swapo
Volgende onderwerp: Ek's trug.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 00:01:54 MGT 2024