Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vrae oor apartheid
Vrae oor apartheid [boodskap #77005 is 'n antwoord op boodskap #77006] Vr, 02 Mei 2003 09:12 na volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Een ding wat ek nie so lekker 'gryp' nie, is die storie dat wat met
apartheid, die term, bedoel word? Sekerlik beteken dit dat die een mens
nie teen die ander mag diskrimineer bloot op die kleur van sy vel nie?
Maar mag 'n mens steeds 'n voorkeur hê tov rasse? Of word dit ook beskou
as diskriminasie as 'n werkgewer wat Owambosprekend is eerder verkies om 'n
Owambosprekende persoon aan te stel omdat dit vir hom gemaklik is om in sy
eie taal te kommunikeer? Mag die individu sy voorkeur vir sy eie ras
uitleef? As hy nie mag nie, wat word dan van dinge soos die reg tot vrye
spraak, byvoorbeeld?
Vrae oor apartheid [boodskap #77006 is 'n antwoord op boodskap #77005] Vr, 02 Mei 2003 09:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Eintlik is dit vreeslik maklik om te verduidelik.
Apartheid is 'n Afrikaanse woord - dus:
Slegs 'n hoofsaaklik blanke, Afrikaans-sprekende regering kan apartheid
instel en toepas, en slegs blanke, Afrikaans-sprekende mense maak hul
daaraan skuldig. Maak nie saak waar en hoe nie, doelbewus of onskuldig, met
voorbedagte rade of vir eie gerief - maak nie saak nie.

Enige ander ras of taal of geloof, waar hulle doelbewus enige ander ras of
taalgroep uitsluit ter uitsluitlike bevoordeling van hul eie word gereken
as diskriminasie - of dit gerieflik is maak nie saak nie.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

"Suidwester" skryf in boodskap news:3eb23691.0@news1.mweb.co.za...
> Een ding wat ek nie so lekker 'gryp' nie, is die storie dat wat met
> apartheid, die term, bedoel word? Sekerlik beteken dit dat die een mens
> nie teen die ander mag diskrimineer bloot op die kleur van sy vel nie?
> Maar mag 'n mens steeds 'n voorkeur hê tov rasse? Of word dit ook beskou
> as diskriminasie as 'n werkgewer wat Owambosprekend is eerder verkies om 'n
> Owambosprekende persoon aan te stel omdat dit vir hom gemaklik is om in sy
> eie taal te kommunikeer? Mag die individu sy voorkeur vir sy eie ras
> uitleef? As hy nie mag nie, wat word dan van dinge soos die reg tot vrye
> spraak, byvoorbeeld?
>
> --
>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77010 is 'n antwoord op boodskap #77005] Vr, 02 Mei 2003 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Het julle gisteraand na die onderhoud wat Sandra Prinslo met Anna Boshoff
gehad het, geluister. Sy (Anna Boshoff) verduidelik die oorsprong van
apartheid baie duidelik. Sy meld ook dit wat meeste mense van Verwoerd
vergeet het nl. dat hy afsonderlike ontwikkeling as beleid ontwikkel het.
Volgens haar is apartheid 'n enegelse ding wat deur die Britte gevestig is
ooral waar hulle as koloniale geheers het.

"Annette" skryf in boodskap news:b8tdrd$d2aab$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Eintlik is dit vreeslik maklik om te verduidelik.
> Apartheid is 'n Afrikaanse woord - dus:
> Slegs 'n hoofsaaklik blanke, Afrikaans-sprekende regering kan apartheid
> instel en toepas, en slegs blanke, Afrikaans-sprekende mense maak hul
> daaraan skuldig. Maak nie saak waar en hoe nie, doelbewus of onskuldig, met
> voorbedagte rade of vir eie gerief - maak nie saak nie.
>
> Enige ander ras of taal of geloof, waar hulle doelbewus enige ander ras of
> taalgroep uitsluit ter uitsluitlike bevoordeling van hul eie word gereken
> as diskriminasie - of dit gerieflik is maak nie saak nie.
>
> Annette
>
>
> --
> Groetnis,
> Annette. ann...@ctnet.co.za
> Happiness is a State of Mind
> "Suidwester" wrote in message
> news:3eb23691.0@news1.mweb.co.za...
>> Een ding wat ek nie so lekker 'gryp' nie, is die storie dat wat met
>> apartheid, die term, bedoel word? Sekerlik beteken dit dat die een mens
>> nie teen die ander mag diskrimineer bloot op die kleur van sy vel nie?
>> Maar mag 'n mens steeds 'n voorkeur hê tov rasse? Of word dit ook beskou
>> as diskriminasie as 'n werkgewer wat Owambosprekend is eerder verkies om 'n
>> Owambosprekende persoon aan te stel omdat dit vir hom gemaklik is om in sy
>> eie taal te kommunikeer? Mag die individu sy voorkeur vir sy eie ras
>> uitleef? As hy nie mag nie, wat word dan van dinge soos die reg tot vrye
>> spraak, byvoorbeeld?
>>
>> --
>>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77014 is 'n antwoord op boodskap #77006] Vr, 02 Mei 2003 13:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

> Een ding wat ek nie so lekker 'gryp' nie, is die storie dat wat met
> apartheid, die term, bedoel word?

Apartheid is die spesifieke woord om te
beskryf wat die regerende party in 1948
deur WETGEWING wou bereik : die skeiding
van die rasse in verskillende groepe. Ek
dink selfs die Nazis het nie sover gegaan
as om, deur wetgewing, die rasse van mekaar
te probeer skei nie.

Gloudina
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77016 is 'n antwoord op boodskap #77014] Vr, 02 Mei 2003 14:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
OK. Ek stem saam dat om rasseskeiding met die wet te doen was verkeerd en
niemand sal dit sekerlik ontken nie. Maar dink jy nie, oor die algemeen,
dat mense van die onderskeie rasse soek sy eie meeste van die tyd nie?
Hier by ons in Namibië vind ons na 13 jaar van onafhanklikheid dat eintlik
nie veel van die groot integrasie gekom het wat die politici so gepropageer
het nie. As 'n man 'n groot huis wil hê, dan moet hy groot geld verdien.
Dis die realiteite van die lewe. So daar is definitiewe [soos altyd maar]
finansiële skeiding tussen groepe, maar dit het niks met ras te doene nie.
Tog vind ons dat mense 'van kleur' met professionele kwalifikasies wat
subsidies verdien of sterk in besigheid staan, as hy 'n huis moet koop, dan
koop die meeste dit in die ou 'gekleurde' gebiede. Hoekom? Ons het daai
vraag aan hulle gevra tydens navorsing vir 'n artikel en een en almal het
gemeen dat hulle wil eerder 'tussen onse mense' bly. Dis waar hulle tuis
voel en dis waar hulle wil wees.
Nog 'n ding. Jy kan na enige sportgeleentheid, of so iets, in ons land
gaan en jy kan rondstaan en kyk. Jy sal sien die mense groepeer hulle
outomaties nader na die toe wat hulle aanstaan. Selfs in ou tradisionele
woongebiede wil die Owambo nie naby die Damara bly nie want hulle reken die
Damara's is luidrugtige mense wat musiek net speel as die volume voloop
gedraai is en hulle buurmanne dankbaar is as die batterye begin gaan! Ook
op die plase, onder die werkers, sien jy hierdie ding. Jy kan nie
sommermeer die verskillende swart werkers van verskeie stamgroepe sommermeer
deurmekaar gooi nie.....dis nou as jy vrede wil hê natuurlik! Selfs onder
die blankes is daar die Boere, die Souties en die Duitsers. Kom daar
baklei sal jy gou sien dat die verskillende groepe verdeel en soort by soort
groepeer.
Met die lang storie kom ek wel by 'n punt uit......dat mense oor die
algemeen natuurlik in groepe verdeel en oor die algemeen heel gelukkig is om
onder sy eie soort te bly. Die groot vraag is nou: As die mense oor die
algemeen tussen hul eie mense wil bly, hoekom dwing die politici hulle in 'n
ander rigting?
skryf in boodskap news:3EB26F7F.4000409@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>> Een ding wat ek nie so lekker 'gryp' nie, is die storie dat wat met
>> apartheid, die term, bedoel word?
>
>
> Apartheid is die spesifieke woord om te
> beskryf wat die regerende party in 1948
> deur WETGEWING wou bereik : die skeiding
> van die rasse in verskillende groepe. Ek
> dink selfs die Nazis het nie sover gegaan
> as om, deur wetgewing, die rasse van mekaar
> te probeer skei nie.
>
> Gloudina
>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77018 is 'n antwoord op boodskap #77016] Vr, 02 Mei 2003 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

As die mense oor die
> algemeen tussen hul eie mense wil bly, hoekom dwing die politici hulle in 'n
> ander rigting?

Word dit in die huidige SA gedoen? Maak die
huidige SA regime wette oor wáár mense moet bly
en met wie hulle moet sosialiseer? Wat is jou
probleem? Die Amerikaners het wel 'n paar
dekades gelede "bussing" gebruik om skole meer balans
tussen die rasse te kry, maar sover ek weet
bestaan dit nie meer nie.

Gloudina
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77031 is 'n antwoord op boodskap #77005] Vr, 02 Mei 2003 17:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 2 May 2003 11:05:54 +0200, "Annette" wrote:

> Apartheid is 'n Afrikaanse woord - dus:

>
> Annette

Bullshit!!!!
Dit is 'n absoluut verinternasionliseerde woord
as daar ooit een is. 'n Woord wat in alle tale bekend is...
en miskien in vele tale waardeer word.
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77033 is 'n antwoord op boodskap #77031] Vr, 02 Mei 2003 18:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Strooi. As daar nie Afrikaans was nie, het die woord apartheid nooit betsaan
nie.
Annette

"DD" skryf in boodskap news:amb5bvs0it6due4l8tfqmm0s6tajdfld2h@4ax.com...
> On Fri, 2 May 2003 11:05:54 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Apartheid is 'n Afrikaanse woord - dus:
>
>>
>> Annette
>
> Bullshit!!!!
> Dit is 'n absoluut verinternasionliseerde woord
> as daar ooit een is. 'n Woord wat in alle tale bekend is...
> en miskien in vele tale waardeer word.
>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77038 is 'n antwoord op boodskap #77033] Vr, 02 Mei 2003 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 2 May 2003 20:06:21 +0200, "Annette" wrote:

> Strooi. As daar nie Afrikaans was nie, het die woord apartheid nooit betsaan
> nie.
> Annette
>
>

Nie strooi nie want ek het nie gesê dat die oorsprong nie Afrikaans is
nie. Ek het gesê dat dit (daarvandaan) 'n internasionale woord geword
het Is dit die tipe rede waarom Danielle bewys het dat jou oggend en
aand praatjies nie ooreenkom nie?

DD
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77053 is 'n antwoord op boodskap #77038] Sa, 03 Mei 2003 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
>
>> Strooi. As daar nie Afrikaans was nie, het die woord apartheid nooit betsaan
>> nie.
>> Annette
>>
>
> Nie strooi nie want ek het nie gesê dat die oorsprong nie Afrikaans is
> nie. Ek het gesê dat dit (daarvandaan) 'n internasionale woord geword
> het Is dit die tipe rede waarom Danielle bewys het dat jou oggend en
> aand praatjies nie ooreenkom nie?
>
> DD

Danielle het niks bewys nie.
In jou vorige skrywe :
"Bullshit!!!!
Dit is 'n absoluut verinternasionliseerde woord
as daar ooit een is. 'n Woord wat in alle tale bekend is...
en miskien in vele tale waardeer word."
was nie 'n woord van (daarvandaan) wat dit 'n internasionale woord geword
het nie.
So, laat ons van voor af begin.
1) Dit is 'n Afrikaanse woord. Reg?
2) Dit sou nie 'n internasionale bekende woord ( verinternasionaliseerde??
watse gedrog is dit???)
geword het as ons dit nie nie in die eerste plek 'n politieke speelbal
gemaak het nie. Reg?
Probeer tog soms logika toe te pas en deur die heethoofdige newels te dring
voordat jy so wild op jou perdjie klim.

Wat is die ou probleempie, mmmmmmm?

Annette
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77057 is 'n antwoord op boodskap #77018] Sa, 03 Mei 2003 05:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti. Vertel ons hoe die Britte "apartheid" bedryf het in hulle kolonies.
Die Afrikaners was minder suksesvol - waarskynlik omdat te onnosel en direk
was.
Die Britte het apartheid 'n meer indirekte en geslepe wyse gedoen - soek jy
voorbeelde hiervan?

skryf in boodskap news:3EB2845B.2040302@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> As die mense oor die
>> algemeen tussen hul eie mense wil bly, hoekom dwing die politici hulle in 'n
>> ander rigting?
>
> Word dit in die huidige SA gedoen? Maak die
> huidige SA regime wette oor wáár mense moet bly
> en met wie hulle moet sosialiseer? Wat is jou
> probleem? Die Amerikaners het wel 'n paar
> dekades gelede "bussing" gebruik om skole meer balans
> tussen die rasse te kry, maar sover ek weet
> bestaan dit nie meer nie.
>
> Gloudina
>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77059 is 'n antwoord op boodskap #77053] Sa, 03 Mei 2003 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 3 May 2003 06:41:50 +0200, "Annette" wrote:

>
>

> ( verinternasionaliseerde??
> watse gedrog is dit???)
'n Taal wat nie groei nie is dooi, soos latyn.

>
> Wat is die ou probleempie, mmmmmmm?
>

Raak vraag gewees.
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77089 is 'n antwoord op boodskap #77018] Sa, 03 Mei 2003 10:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, moet dit nie net omdraai nie. Al wat ek sê, is dat die mens oor die
algemeen 'n kuddedier is en dat elkeen sy eie ding wil doen waar dit vir hom
gemaklik en lekker is. Ek probeer ook nie voorgee dat ek dink mense moet
in sekere gebiede ingeforseer raak net omdat hy aan 'n sekere ras behoort
nie. Wat ek probeer sê is dat dit 'n natuurlike proses is wat omtrent een
en elke mens daagliks beleef. In die apartheidsera is die mense gedwing
in 'n rigting in met die wet en vandag is alles nou oop en vry, wat ook reg
is, maar die vraag wat in die alledaagse samelewing ontstaan, is of hierdie
'free for all' die beste ding is om te doen in Afrika? Werk dit in Afrika?
Politites gesproke is 'n demokratiese bestel wonderlik, maar wat van die man
op die grond in Afrika? Werk dit vir hom? Hier by ons in Namibië is daar
nou veronderstel om geen groepsareas meer te wees nie, maar jy sal nie 'n
Owambo kry buite die parlement wat nie praat van Owamboland nie. Die
Hereros neig almal na die oostekant van die land toe waar Hereroland
is.....en snaaks genoeg is die grootste kommunale grond vir die Owambo's en
die Herero's juis in daardie gebiede. Laat die een nou waag om by die
ander se gebied te gaan probeer indring, en daar's probleme.
Een van die hoofredes vir apartheid [nog lank voor dit so genoem was in
die populêre pers] was afsonderlike ontwikkeling vir elk van die volkere van
Suider-Afrika juis omdat die mense se gewoontes en tradisies ook verskillend
is. Waarom dit so is, weet ek nie, maar die witman oor die algemeen is 'n
groter entrepeneur as die gemiddelde swart man en die swart man se
ontwikkeling het agtergebly by wat oor die algemeen in die land aan die gang
was. Die rede was sekerlik die tradisionele stamgewoontes en natuurlik die
wit man wat gekom het met sy geweer en eenvoudig gesag afgedwing het.
Mens moet baie versigtig wees om nie in vandag se tyd te sit en te skree
dat die wit man het die swart man se grond afgevat nie, want in die jare
waarvan ons praat was daar nie 'n tiende van die mense wat vandag in die
gebied was nie en groot gebiede het ongebruik gelê. Die swart stamme het
hoofsaaklik in gebiede gegroepeer waar daar water beskikbaar was. Dis dan
ook net hier waar die wit man se tegnologie 'n verskil gemaak het in die dat
hulle vir water geboor het en areas waar g'n mens op wou bly nie, begin
ontwikkel het in plase.
In elk geval, die idee van afsonderlinge ontwikkeling het toe ontstaan
om die swart man 'n kans te gee om in 'n area waar hy onder sy eie mense kan
ontwikkel....waar hy nie hoef te kompeteer met die geld en teenwoordigheid
van die witman nie. 'n Plek waar hy goedkoper grond kan bekom en 'n begin
kan maak in boerdery. Dat die verstedeliking van mense gemaak het dat
hierdie idee nie lekker gewerk het nie, is mos geskiedenis. Wat ek eintlik
vir jou probeer sê is dat die begrip 'apartheid' [en nie die vloekwoord
'apartheid' nie] in omtrent elke mens se lewe bestaan op enige plek op die
aarbol want dit is 'n dood natuurlike ding om te doen.
skryf in boodskap news:3EB2845B.2040302@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> As die mense oor die
>> algemeen tussen hul eie mense wil bly, hoekom dwing die politici hulle in 'n
>> ander rigting?
>
> Word dit in die huidige SA gedoen? Maak die
> huidige SA regime wette oor wáár mense moet bly
> en met wie hulle moet sosialiseer? Wat is jou
> probleem? Die Amerikaners het wel 'n paar
> dekades gelede "bussing" gebruik om skole meer balans
> tussen die rasse te kry, maar sover ek weet
> bestaan dit nie meer nie.
>
> Gloudina
>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77100 is 'n antwoord op boodskap #77057] Sa, 03 Mei 2003 12:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Anti. Vertel ons hoe die Britte "apartheid" bedryf het in hulle kolonies.
> Die Afrikaners was minder suksesvol - waarskynlik omdat te onnosel en direk
> was.
> Die Britte het apartheid 'n meer indirekte en geslepe wyse gedoen - soek jy
> voorbeelde hiervan?

Jonas, jy kan praat totdat jy blou in die
gesig is, maar hierdie soort gepraat maak
nie hond haaraf nie. Hierdie truuk van
apartheidsvarke om nou hulle hande in onskuld
te was oor die skande van apartheid en die
Britte daarvoor die skuld te gee, is so deur-
skynend dat niemand daaraan byt nie. Dit is
wel waar dat Britte, soos ander witnerwe uit
Europa, ook maar goed die regmatige bewoners
van die kolonies uitgebuit het, maar in baie
opsigte was hulle nog voor hulle tyd. Die
Britte het alreeds slawerny vroeg in die
19de eeu afgeskaf, terwyl swart Amerikaners tot
1863 moes wag voordat dit gebeur het. En Britse
sendelinge soos die London Missionary Society en
Dr. Philip het vroeg in die neëntiende eeu al
geveg vir die menseregte van die nie-Europese
bewoners van SA.
So hou tog maar op met hierdie deuntjie
van die Britte skuldgee. Jy klink na Pontius
Pilatus en Judas, in een gerol.

Gloudina
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77104 is 'n antwoord op boodskap #77089] Sa, 03 Mei 2003 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Suidwester wrote:

Wat ek eintlik
> vir jou probeer sê is dat die begrip 'apartheid' [en nie die vloekwoord
> 'apartheid' nie] in omtrent elke mens se lewe bestaan op enige plek op die
> aarbol want dit is 'n dood natuurlike ding om te doen.

Wel, ek sien ons stem saam dat apartheid,
soos deur die apartheidsvarke in SA beoefen,
uit die bose is.
Nou is dit nogal interessant om die twee
beleide teenoor groepe te vergelyk in Kanada
en die VSA. In die VSA is daar die idee van
die "melting pot" en word daarop gestaan dat
daar net een offisiële taal behoort te wees,
en dat almal onder dieselfde wette moet leef.
Hier in Kanada word daar 'n beleid van multi-
kulturalisme gevolg. Dit beteken dat alle
kulture - Indies, Pakistanies, Turks ens. ens.
die reg het om geld van die regering te vra
om te spandeer op die ontwikkeling van hulle
eie kultuurgoed. As mense ook kan bewys dat
daar teen hulle gediskrimineer word op grond
van hulle ras, kan hulle hof toe gaan daarmee.
Daar is sommige mense (veral mense uit Indië)
wat sterk voor of teen hierdie beleid is. So
die idee van "multikulturalisme" is nogal 'n
hot potato deesdae in Kanada.

Gloudina
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77144 is 'n antwoord op boodskap #77100] So, 04 Mei 2003 06:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - jou stories hou net nie water nie.
Jou storie begin en eindig in 1948. Wat het '48 vooraf gegaan - en waarom
het jy 'n armblanke-probleem in Suid-Afrika gehad - of weet jy nie daarvan
nie? Of, wil jy nie daarvan weet nie?
Kom ek begin by die einde. Die huidige swart regering in Suid-Afrika maak
presies dieselfde fout wat die Afrikaners in 1948 gemaak het. Hulle sit
bloot die probleem voort.
Ek sien uit na die dag wanneer ek met almal, wit en swart, kan saamwerk aan
'n toekoms waarin diskriminasie nie 'n rol sal speel nie.
Of jy nou daardie diskriminasie apartheid of swartbemagtiging noem, dit is
diskriminasie.

skryf in boodskap news:3EB3BB61.2070408@rogers.com...
>
> Jonas wrote:
>
>> Anti. Vertel ons hoe die Britte "apartheid" bedryf het in hulle kolonies.
>> Die Afrikaners was minder suksesvol - waarskynlik omdat te onnosel en direk
>> was.
>> Die Britte het apartheid 'n meer indirekte en geslepe wyse gedoen - soek jy
>> voorbeelde hiervan?
>
> Jonas, jy kan praat totdat jy blou in die
> gesig is, maar hierdie soort gepraat maak
> nie hond haaraf nie. Hierdie truuk van
> apartheidsvarke om nou hulle hande in onskuld
> te was oor die skande van apartheid en die
> Britte daarvoor die skuld te gee, is so deur-
> skynend dat niemand daaraan byt nie. Dit is
> wel waar dat Britte, soos ander witnerwe uit
> Europa, ook maar goed die regmatige bewoners
> van die kolonies uitgebuit het, maar in baie
> opsigte was hulle nog voor hulle tyd. Die
> Britte het alreeds slawerny vroeg in die
> 19de eeu afgeskaf, terwyl swart Amerikaners tot
> 1863 moes wag voordat dit gebeur het. En Britse
> sendelinge soos die London Missionary Society en
> Dr. Philip het vroeg in die neëntiende eeu al
> geveg vir die menseregte van die nie-Europese
> bewoners van SA.
> So hou tog maar op met hierdie deuntjie
> van die Britte skuldgee. Jy klink na Pontius
> Pilatus en Judas, in een gerol.
>
> Gloudina
>
Re: Vrae oor apartheid [boodskap #77155 is 'n antwoord op boodskap #77104] So, 04 Mei 2003 08:53 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ons stem daaroor saam, maar waar jy dit sien as 'n beleid wat deur met
bose bedoelings uitgedink was om die wit man te bevorder en die swart man te
benadeel, stel ek dit vir jou dat die witmense 'n moerse probleem gehad het
in die dat hulle nie geweet het wat om met die swart massas se stem te maak
nie. Hier sit hulle met 'n land wat vinnig ontwikkel en 'n swart
meerderheid wat al hoe verder agter raak. Gaan hulle oor na een man een
stem, dan gaan die swart massa die beheer kry en wat word dan van die land?
Kyk maar net wat is aan die gang vandag in Suider-Afrika weens wanregering
en almal weet dit is as gevolg van mense wat ekonomies bemagtig gemaak is
deur hulle in poste aan te stel waarvoor hulle nie die ervaring het om die
nodige werk te doen nie. Mens sou nou dink dat so 'n persoon ge-'fire'
sal raak as hy nie sy werk ordentlik kan doen nie, maar dit werk nie so in
die praktyk nie. Omdat hy in 'n magsposisie is raak hy eenvoudig ontslae
van enige klaers en vervang hulle met nog van sy eie soort en nie lank nie,
dan is so 'n departement in chaos.
Ek persoonlik dink [en weet in 'n mate vanwee my werk doerie tyd] dat
die SA regering reeds vir dekades geweet het die aprtheidsregeringstelsel
kan nie oneindig aangaan nie. Daar was twee opsies: 1. Burgeroorlog
en met die grootste en effektiefste weermag in Afrika kkok seep van soveel
swartes as moontlik a la Hitler, of 2. Behou binnelandse veiligheid met die
weermag en begin werk aan oplossings wat 'n vreedsame oorname of deel van
mag 'n realistiese uitweg maak. Dis dan hier waar die afsonderlike
ontwikkeling-idee uitgebroei is.
Antie, een ding moet jy darem die apartheidsvarke toegee. In
vergelyking met die res van Afrika waar omtrent alles met 'n burgeroorlog en
groot skade aan die land se infrastruktuur verrig is, het die
apartheidsvarke [met die mag om anders te doen] beide SWA en die RSA met
omtrent geen geweld oorgegee aan die verkose meerderheidsregerings van Swapo
en die ANC.
skryf in boodskap news:3EB3C6C3.8000403@rogers.com...
>
> Suidwester wrote:
>
>
> Wat ek eintlik
>> vir jou probeer sê is dat die begrip 'apartheid' [en nie die vloekwoord
>> 'apartheid' nie] in omtrent elke mens se lewe bestaan op enige plek op die
>> aarbol want dit is 'n dood natuurlike ding om te doen.
>
> Wel, ek sien ons stem saam dat apartheid,
> soos deur die apartheidsvarke in SA beoefen,
> uit die bose is.
> Nou is dit nogal interessant om die twee
> beleide teenoor groepe te vergelyk in Kanada
> en die VSA. In die VSA is daar die idee van
> die "melting pot" en word daarop gestaan dat
> daar net een offisiële taal behoort te wees,
> en dat almal onder dieselfde wette moet leef.
> Hier in Kanada word daar 'n beleid van multi-
> kulturalisme gevolg. Dit beteken dat alle
> kulture - Indies, Pakistanies, Turks ens. ens.
> die reg het om geld van die regering te vra
> om te spandeer op die ontwikkeling van hulle
> eie kultuurgoed. As mense ook kan bewys dat
> daar teen hulle gediskrimineer word op grond
> van hulle ras, kan hulle hof toe gaan daarmee.
> Daar is sommige mense (veral mense uit Indië)
> wat sterk voor of teen hierdie beleid is. So
> die idee van "multikulturalisme" is nogal 'n
> hot potato deesdae in Kanada.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Jeugtaal
Volgende onderwerp: Clocolan/Ficksburg pad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 12:06:05 MGT 2024