Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n Gedig van DONALD RIEKERT
'n Gedig van DONALD RIEKERT [boodskap #7686] Wo, 20 November 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In die volgende gedig gee Donald Riekert nie net vir ons
‘n insig in die inheemse manier waarop ‘n man met sy geliefde
kan praat in die dorre noord-westelike dele van Suid-Afrika nie.
Dis tegelyk ook ‘n kookkuns-les. Dit lyk vir my dis die Kalahari-
manier om potjie-kos te kook.

HART SE PUNT

Maar as jy vir my doekpot bak
onder deurdag se kameeldoringkool
pak die lewer en die niertjies
in die gemsbok se skof
alles fyngemaak met ui
hart se punt
ingeknoop met die riem
En as ek na heeldag se jag
koel kalbas kom drink
sal jy met jou loshand
hart se punt
oopknoop vir my


Maniere van kosmaak en kos-eet onderskei nie net ver-
skillende lande van mekaar nie, maar ook verskillende
streke binne dieselfde land. Waar ek byvoorbeeld in die
Noordkaap grootgeword het, het ons eenvoudig nie so ‘n
ding soos pap-en-wors geken nie, alhoewel selfs Engelse
oud-Suid Afrikaners (oorspronklik uit Transvaal) nie vir
my wil glo dat ek nie weet hoe om dit te maak nie. Die
metode van mieliepap maak (geleen van die inheemse be-
volking van die oostelike dele van Suid-Afrika) is natuur-
lik goed bekend in Italie” waar dit “polenta” genoem word,
en in die suidelike V.S.A. waar hulle dit “grits” noem.
Ek verlang somtyds om “sult” te eet (‘n mengsel van dele
van die binnekant van die maag van ‘n dier, en dele van die
kop en pootjies, ens. (dink ek), maar ek is te bang om dit wat
“head cheese” hier genoem word te eet, en te proe of dit sult
is. Ek het in alle geval nooit in SA sult ge-eet tensy ek geweet
het wie dit gemaak het nie. Dieselfde met “afval.” Laasgenoem-
de het in my deel van die wereld beteken net die maag van die
dier. Daar is niks lekkerder as om goed voorgebereide afval te
eet nie. Dit laat my nou dink aan die slag in Madrid toe ons
hele familie buite raad (in ‘n on-toeriste deel van die stad) en
baie honger iets bestel vir middagete. Ek het gesien die kelner
het so ‘n snaakse lig in sy o”e gehad toe hy ons bestelling neem.
Toe die borde op die tafel geplaas word, toe dryf daar stukke
wit maag-vleis in die tamatiesous. My familie, selfs my man
wat in SA gebore is, het nie dadelik geweet wat aan hulle voor-
gesit word nie. Hulle het baie langtand ge-eet, maar toe ek vir
hulle na ‘n ruk verduidelik wat dit is, toe was daar konsternasie
en dreigemente dat hulle onmiddellik van die alreeds opge-ete
porsies ontslae moes raak.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Ek geniet die gedigte..
Volgende onderwerp: Oor berke --- Variasies van BAREND J. TOERIEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 14:18:46 MGT 2024