Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Welkom terug Q!
Welkom terug Q! [boodskap #76750] Sa, 26 April 2003 17:33 na volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sien nou eers jy is weer terug hier. Dit was te lekker om jou weer
te lees. Hoop jy gaan die keer langer bly! :-)
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76769 is 'n antwoord op boodskap #76750] Sa, 26 April 2003 21:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf
> Ek sien nou eers jy is weer terug hier. Dit was te lekker om jou weer
> te lees. Hoop jy gaan die keer langer bly! :-)
>
Dankie Katryn,

Was nie weg nie... net niks gehad om te skryf nie. Toe, op 'n dag, voel ek
hierdie 'kreatiwiteit' in my opwel. En die 'kreatiwiteit' is nog steeds
hier. (Ander mag dalk voorstel dat ek die toilet met hierdie 'kreatiwiteit'
behoort te besoek :-))

En sou dit weer sou opdroog, moet jy nie dink dat jy lelike dinge van my kan
sê nie. Ek is steeds hier, maar net in lees-'mode'. Ek kyk vir julle.

Q
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76771 is 'n antwoord op boodskap #76769] Sa, 26 April 2003 23:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Q" wrote:

> Was nie weg nie... net niks gehad om te skryf nie. Toe, op 'n dag, voel ek
> hierdie 'kreatiwiteit' in my opwel. En die 'kreatiwiteit' is nog steeds
> hier. (Ander mag dalk voorstel dat ek die toilet met hierdie 'kreatiwiteit'
> behoort te besoek :-))

Wat ek die beste van jou onthou, was daardie een aand toe jy hier so
lekker met jouself gesit en gesels het. En ook jou biltong ode!!
:-)
Terloops, ek kan met jou "simpatiseer" wat betref Afrikaans praat. Ek
is ook die einigste in my gesin wat Afrikaans is. En wat erg snaaks
raak (vir my altans), is dat ek dink ek kan nog heel goed praat (want
dit is nie moeilik vir my om in Afrikaans te skryf nie. Maar as ek
dan met iemand in Afrikaans wil praat, dan wil die woorde net nie kom
nie, en dan raak ek erg frustreerd met myself. :-(
Vind jy ook dat jou gesproke taal moeiliker is om te onderhou as die
geskrewe?

> En sou dit weer sou opdroog, moet jy nie dink dat jy lelike dinge van my kan
> sê nie. Ek is steeds hier, maar net in lees-'mode'. Ek kyk vir julle.

Hehehehe...maar nog NOOIT nie!! Jy's dan Q van die Continuum!!
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76772 is 'n antwoord op boodskap #76771] Sa, 26 April 2003 23:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf:

> Vind jy ook dat jou gesproke taal moeiliker is om te onderhou as die
> geskrewe?

> Hehehehe...maar nog NOOIT nie!! Jy's dan Q van die Continuum!!
>

Ek twyfel of enige Afrikaner ooit my dogtertjie sal verstaan. Sy is 'n nuwe
taal hier aan te ontwikkel... En dis als omdat ek Afrikaans deesdae so swak
praat. Ons gaan nog lekker giggel in die toekoms, ek sien daai ding.

Wat het ooit van Bobby geword? Sy's mos die een wat my Q gedoop het. Ek merk
al 'n geruime tyd op dat sy nie meer op die lug is nie.

'n Klomp ander ook gesien kom en gaan. Niks gese nie... meestal omdat ek nie
aldag seker was of die nuweling werklik nuut is, of maar net iemand anders
is met 'n gesplete persoonlikheid nie. Ja, ek weet dat daar maniere is om te
bepaal of dit 'Sybil' is... daar's tegnieke wat 'Sybil' kan gebruik om dit
weg te steek ook en ek het nie altyd lus om speurder te speel nie.

Praat later weer

Q
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76776 is 'n antwoord op boodskap #76772] So, 27 April 2003 01:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Q" wrote:

> Ek twyfel of enige Afrikaner ooit my dogtertjie sal verstaan. Sy is 'n nuwe
> taal hier aan te ontwikkel... En dis als omdat ek Afrikaans deesdae so swak
> praat. Ons gaan nog lekker giggel in die toekoms, ek sien daai ding.

Ja, dit is seker onafwendbaar. :-)) Maar ek glo 'n taal is soos
fietsry - mens verleer dit nooit werklik heeltemal nie - raak maar net
soms so ietwat verroes?
Dis wonderlik dat jy jou dogtertjie blootstel aan verskillende kulture
en tale. Daar is nogal interessante studies al gedoen oor early
childhood ontwikkeling en blootstelling aan verskeie tale. Bobby as
'n onderwyseres sal sekerlik meer hieroor weet.
In die ou dae het ons mos geglo dat 'n kind eers goed gevestig moet
word in sy eie huistaal voor jy hom/haar blootstel aan ander tale,
maar dit is darem nou al keer op keer verkeerd bewys.

> Wat het ooit van Bobby geword? Sy's mos die een wat my Q gedoop het. Ek merk
> al 'n geruime tyd op dat sy nie meer op die lug is nie.

Sy kom nog so aaaaaf en toe kuier. Ek dink sy is "MOEG" (sien ek
onthou nog!) soos die meeste van ons maar raak van tyd tot tyd. :-)
Ja, sy was nog altyd baie goed om mense name te gee - en altyd heel
spot on en oorspronklik ook nog.

> 'n Klomp ander ook gesien kom en gaan. Niks gese nie... meestal omdat ek nie
> aldag seker was of die nuweling werklik nuut is, of maar net iemand anders
> is met 'n gesplete persoonlikheid nie. Ja, ek weet dat daar maniere is om te
> bepaal of dit 'Sybil' is... daar's tegnieke wat 'Sybil' kan gebruik om dit
> weg te steek ook en ek het nie altyd lus om speurder te speel nie.

Ja wel, dit is mos nou maar die ding van Usenet. Ek dink die voordeel
is dat mens maar kan ignoreer of gesels met wie jy wil. Die Sybils
pla my dus nie eintlik nie. En as mense nie hulleself wil
identifiseer nie, dan is dit ook hulle voorreg en reg. O terloops, ek
is Danielle. :-))
En jy hoef rerig nie verplig te voel om op my gebabbel te antwoord
nie. Ek is maar net verveeld vanaand - so lus vir babbel. :-)
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76777 is 'n antwoord op boodskap #76776] So, 27 April 2003 01:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" se toe

> O terloops, ek
> is Danielle. :-))
> En jy hoef rerig nie verplig te voel om op my gebabbel te antwoord
> nie. Ek is maar net verveeld vanaand - so lus vir babbel. :-)

Ek onthou darem Danielle... (aka Streepmuis, ens, ens :-))

Nee, ek voel nie verplig nie. Ek is 'aan diens' vanaand, (pajama-drills so
op my ou dag), so ek het ook eintlik niks beter om te doen, behalfe om elke
nou en dan melk in my 4 weke-oue seuntjie se keelgat af te gooi nie.
Terloops, dis nou 02:08 in die oggend, en ek dink dis tyd dat my vrou my
aflos.

Q
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76778 is 'n antwoord op boodskap #76777] So, 27 April 2003 01:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Katryn  is tans af-lyn  Katryn
Boodskappe: 962
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Q" wrote:

> Ek onthou darem Danielle... (aka Streepmuis, ens, ens :-))

Ons mag dalk kla oor ons taalgebruik, maar dit lyk my met ons
onthoudings is gelukkig nog niks fout nie? :-))

> Nee, ek voel nie verplig nie. Ek is 'aan diens' vanaand, (pajama-drills so
> op my ou dag), so ek het ook eintlik niks beter om te doen, behalfe om elke
> nou en dan melk in my 4 weke-oue seuntjie se keelgat af te gooi nie.
> Terloops, dis nou 02:08 in die oggend, en ek dink dis tyd dat my vrou my
> aflos.

STERKTE!! My jongste is darem al 18, so dis alles net vae herinnerings
vir my. :-)
Geniet jou kindertjies - hulle word tog so gou groot/volwasse.
Ek gaan nou 'n fliek kyk. Dis nou eers 9:31 - nog die vorige dag hier
by my. :-)
Lekker slaap Q. Klink vir my asof jy slaap dringend nodig het. :-)
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76799 is 'n antwoord op boodskap #76777] So, 27 April 2003 07:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
"Q"
---
ek het nie geweet pa'ens oorsee het ook melk nie,
watter ras is jy dan? ;-)
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76804 is 'n antwoord op boodskap #76799] So, 27 April 2003 10:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Tobie" skryf
> "Q"
> ---
> ek het nie geweet pa'ens oorsee het ook melk nie,
> watter ras is jy dan? ;-)
>
>
Van die 'Cow & Gate' ras. Heel handig en Boontjies blyk nie te veel om te
gee nie. Die klein vraat sal sy babakombers ook opeet as hy kan.

Q
Re: Welkom terug Q! [boodskap #76848 is 'n antwoord op boodskap #76804] Ma, 28 April 2003 14:19 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Geluk met jou seun Q - wat is sy naam - Knersus?:)))
Annette

"Q" skryf in boodskap news:b8gbto$g1h$1@sparta.btinternet.com...
>
> "Tobie" skryf
>> "Q"
>> ---
>> ek het nie geweet pa'ens oorsee het ook melk nie,
>> watter ras is jy dan? ;-)
>>
>>
> Van die 'Cow & Gate' ras. Heel handig en Boontjies blyk nie te veel om te
> gee nie. Die klein vraat sal sy babakombers ook opeet as hy kan.
>
> Q
>
Vorige onderwerp: Kanada se verhewe SARS
Volgende onderwerp: Nuwe uitspanplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 06:52:44 MGT 2024