| 'n Held [boodskap #7569] |
Sa., 02 November 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Berig uit Beeld.
Deur Adri Kotze
HAROLD SEFOLA. Politieke aktivis, sakeman, gesinsman.
Min ander besonderhede oor hom is bekend. Hy is nie op Robbeneiland
aangehou nie, was nie in politieke ballingskap nie en het nie skares
toegespreek nie.
Hy het op 16 Julie 1987 spoorloos verdwyn - en net sy vrou, ses
kinders en naaste vriende en familielede het gewonder wat van hom
geword het.
Maar begin vanjaar het die selferkende Vlakplaas-moordenaar, Joe
Mamasela, begin praat oor die gruweldade wat hy en sy kollegas gepleeg
het.
Stuk vir stuk het Sefola se familie die stukkies van die legkaart
begin kry na bewerings oor sy marteldood.
En vandeesweek het die 56-jarige mev. Lizzie Sefola uiteindelik gehoor
hoe haar man se moordenaars eers 'n mes in sy neus opgedruk het en hom
herhaaldelik met 'n elektriese stroom van 'n kragopwekker geskok het -
die soort waarmee water vir beeste gepomp is - om inligting uit hom te
kry.
Oud-veiligheidspolisiemanne het hom saam met twee ander aktiviste op
'n verlate stuk grond noord van Pienaarsrivier, naby Pretoria,
doodgeskok.
Daarna is hul lyke met die arms en bene sorgvuldig oorgevou sodat niks
sal oorbly na die ontploffing nie, op 'n pad in Bophuthatswana op 'n
kragtige landmyn gesit en aan flarde geblaas.
Maar mev. Sefola het ook saam met die res van Suid-Afrika in die
getuienis voor die Waarheids- en Versoeningskommissie se
amnestiekomitee gehoor hoe haar man deur sy heldhaftige optrede respek
by sy moordenaars afgedwing het.
"Ek weet nou dat Harold 'n held is. Ek het agt jaar lank alleen gerou.
Nou weet almal hoe dapper hy was," vertel sy skaam. Sy is nie gewoond
aan al die aandag nie en glimlag tussen al die trane deur.
Ao. Paul van Vuuren, oud-veiligheidspolisieman, het in sy
amnestie-aansoek getuig dat hy, kapt. Jacques Hechter (wat ook om
amnestie aansoek doen) en Mamasela vir mnr. Sefola ontvoer het nadat
hulle mnre. Andrew Makupe en Jackson Maake met die kragopwekker geskok
het en hulle toe mnr. Sefola se naam bekend gemaak het.
Hulle was glo lede van 'n ANC-sel.
AO. Van Vuuren het erken dat dit baie moeilik was om mnr. Sefola te
ondervra. "Hy het geglo dit wat hy doen, is reg," het hy getuig.
Mamasela moes die mes in sy neus opdruk en hulle moes hom skok om te
praat.
Maar Sefola het gesê hulle kan hom maar doodmaak.
Hy het gevra of hy iets kan se. Ao Van Vuuren het hom toestemming
gegee en mnr. Sefola het gevra of hy Nkosi Sikelel iAfrika kan sing.
"Hy het ook gesê dat die ANC eendag sal regeer. Hy het gesê dat
apartheid nie kan bly voortbestaan nie en dat demokrasie die Boere se
ondergang sal wees.
"Hy het genoem dat die Veiligheidspolisie en Umkhonto weSizwe
speelballe van die politici is," het ao. Van Vuuren emosieloos gesê.
Mnre. Maake en Makupe is voor mnr. Sefola doodgeskok terwyl hy Nkosi
Sikelel iAfrika gesing het.
Kort daarna was dit mnr. Sefola se beurt.
"Ek het baie respek vir mnr. Sefola gehad vir sy optrede in die proses
waardeur ons hom doodgemaak het," het ao. Van Vuuren gesê.
Mev. Sefola meen dat haar man uiteindelik net "uiting gegee het aan
dit waaraan hy so vas geglo het".
Soos sy hom geken het "sou hy te trots gewees het om in te gee".
"Harold was nooit in sy lewe bang nie. Hy was 'n weeskind en moes hard
baklei vir alles wat hy gekry het. Hy het altyd sy beginsels
verdedig."
Mev. Sefola se haar man het bitter selde paniekerig geraak. Toe hy sy
werk weens personeelvermindering verloor het, het hy 'n winkel in
Witbank oopgemaak.
"Hy was lief vir my en die kinders. Harold was 'n rustige mens wat
graag saam met sy vriende gekuier het."
Hy was dol op reis en sy groot droom was om op 'n vliegtuig iewers
heen te vlieg.
"Die drome is nooit verwesenlik nie. Hy het die winkel net vier maande
lank gehad en ons moes dit na sy verdwyning opgee. Maar ek dink hy sal
bly wees dat sy moordenaars nou gebieg het. En dat sy politieke visie
waar geword het."
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: 'n Held [boodskap #7702 is 'n antwoord op boodskap #7569] |
Do., 21 November 1996 00:00  |
Koos[1]
Boodskappe: 745 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
On 18 Nov 1996 20:54:32 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter) wrote:
: fe...@is.co.za (Koos) wrote:[/color]
>
> : Well done for posting this superb article Koos. It is encouraging that
> : it was printed in the Beeld in Afrikaans and that a bit of
> : introspection seems to be taking place.
>
> Lig ons ouens op netnews bietjie verder in. Wie's 'n held en wat het Koos
> geskryf, en waar het hy dit geskryf, of het ek dit dalk hier gemis?
>
> Driesie>>>
Hiers die artikel weer.