| Britse Boerewors en Biltong [boodskap #7566] |
Sa., 02 November 1996 00:00  |
Leon Retief
Boodskappe: 28 Geregistreer: Januarie 1996
|
Junior Lid |
|
|
Britse wors proe na seep. Enigste metode vir goeie wors, is om jou
eie hier in die vreemde te maak. Die het ek ék gedoen voorlat ek
skrik gevat het vir die mal koei siekte (amper so gevaarlik as PMS in
jou vrou).
Nou se dae maak ek net my eie biltong hier in Engeland. Maak hom in
die somer, Devon winter is te nat. Sal later as die mal koeie uit
gestig uit kom weer wors maak.
Nou moet ek vir jul sê die Roe (deer) hierso maak 'n lekker wilds
biltong soos ek nog nie in die Republiek geproe het nie.
Almiskie dalk is dit die lank geheelonthou van SA biltong wat my smaak
affekteer maar nogtans hy proe vorentoe!
Groetnis
Braam Celliers
|
|
|
|
|
|
|
|