Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vragie vir Gloudina
Vragie vir Gloudina [boodskap #76582] Wo, 23 April 2003 19:53 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Iemand op 'n ander kol vra of ons ouer mense weet van 'n grys poeier wat aan
die brand gesteek is en inge-asem moes word as iemand se bors toetrek van 'n
allergie.
Ek is natuurlik nog te jonk om van dit te weet - maar miskien weet jy?

Annette
Re: Vragie vir Gloudina [boodskap #76585 is 'n antwoord op boodskap #76582] Wo, 23 April 2003 21:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Annette wrote:

> Iemand op 'n ander kol vra of ons ouer mense weet van 'n grys poeier wat aan
> die brand gesteek is en inge-asem moes word as iemand se bors toetrek van 'n
> allergie.
> Ek is natuurlik nog te jonk om van dit te weet - maar miskien weet jy?

Nee, ek ken nie so 'n soort poeier
nie. Miskien is ek nie die regte
kandidaat om sulke vrae te beantwoord
nie. Vir meer as die helfte van my
bestaan, het ek nie in SA gewoon nie.

Gloudina
Re: Vragie vir Gloudina [boodskap #76603 is 'n antwoord op boodskap #76582] Do, 24 April 2003 12:17 Na vorige boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ek weet hiervan - het dit self soms gebruik as kind. Dit was die blare
van 'n struik - ek dink my ouma het dit 'n olieboom genoem - wat gedroog is,
dan fyngemaak en op 'n hopie aan die brand gesteek is. Jy moes die rook dan
inasem en dit het gehelp vir toe bors. Ek het 'n vermoede dis met iets
gemeng (dalk salpeter?) om dit makliker te laat brand. My ouma en haar
jongste dogter - my tante - het albei van tyd tot tyd asma gekry, en dit was
een van die behandelings vir asma. 'n Ander was die sogenaamde
mosterdplesiter. Dis 'n pap van meelblom en mosterd wat in 'n lapsak gesit
word en dan warm-warm op die bors geplaas word. Die kombinasie van hitte en
die mosterd dampe het 'n toe bors sommer gou verlig.

Kwarantyn

"Annette" skryf in boodskap news:b86r7g$6lols$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Iemand op 'n ander kol vra of ons ouer mense weet van 'n grys poeier wat aan
> die brand gesteek is en inge-asem moes word as iemand se bors toetrek van 'n
> allergie.
> Ek is natuurlik nog te jonk om van dit te weet - maar miskien weet jy?
>
> Annette
>
Vorige onderwerp: Rugbynuus
Volgende onderwerp: " Lofdig " deur THOMAS DEACON
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 05:06:38 MGT 2024