Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » " Slotsinne " deur PETRA MULLER
" Slotsinne " deur PETRA MULLER [boodskap #76588] Wo, 23 April 2003 22:16
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Petra Müller
Slotsinne

Susan se oë groei in haar oogkasse -
waterpoele op 'n grondpad.
(April in die Kaap. Ons onthou: indonkering
van winter. Berge word blouer. Eerste reën val dae lank,
doodstil, sonder ophou) Ons word ingeweek, stukkender
en vol trawal. ('n Stutwal teen die Leeuberg breek.)
Asem verminder. Die ongeneeslike oggend loop aan,
word middag, word nag. Wakker is slegter as slaap
- vir die asem - ons wag dat sy inglip.
Drome ook reeds skoongeveeg. Niks in hakies
meer nie: sy word ligter, ons word swaarder.
Geen tekens om te lees. Staan helder geskryf,
oor haar, die pynskoon finis van die lyf.
Vorige onderwerp: Hy's weer terug, Norbert!
Volgende onderwerp: Rugbynuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 16 00:06:33 MGT 2024