Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Restaurante, Sjampanje, goeie maniere ens ...
Restaurante, Sjampanje, goeie maniere ens ... [boodskap #7640] Di, 12 November 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ons almal is eintlik smulpape. Maar as jy die dag kan bekostig om
te gaan uit-eet, wat is vir jou belangrik ?

1) smaaklike kos en 'n goeie wyn ?
2) waarde vir geld ?
3) goeie, persoonlike diens ?
4) lekker atmosfeer, musiek, kerslig... ?

My lys van irriterende dinge is:

1) Rou vleis: Sjefs hou daarvan om rou steak te bedien, want hul
vind dit te moeilik om "well done" nie taai te bedien nie. Ek is
nie 'n barbaar nie: Ek vervies my vir 'n stuk vleis wat bloei en
wat 'n vearts nog kan deurhaal. Jy kan dalk siektes/wurms kry.

2) Mense wat rook voor of tydens maaltye. Dit bederf die
reuk van kos en veral die neus van wyn. Rook liewer 'n sigaar of
'n bietjie dagga of pyp as almal KLAAR is.

3) Poepholle met selfone. As 'n idioot weer sy selfoon in 'n
restaurant uithaal, sê dan kliphard, met misnoe, aan jou maat:
"Hy is seker 'n loodgieter", en wys na die poephol. (Ek het niks
teen loodgieters nie, maar 'n juppie HAAT dit as hy dink jy dink
hy is een).

4) Om te wag: As ek moet wag vir goeie kos, moet ek solank my wyn
kan drink of 'n broodjie eet. Wyn is 'n aptytwekker, ek wil nie
wag tot die hoofmaal voor ek dit kry (om my kos af te spoel?)
soos in Australie nie.

5) Pretensie: Restaurante wat jou behandel asof die kat jou
aangedra het omdat jy nie 'n baadjie en das het nie,
of omdat jy jou kinders saamvat. Moenie dit duld nie!:
maak 'n ophef sodat almal na jou kyk en loop dan.
Sulke restaurateurs haat 'n ophef. Gee hul wat hul verdien.

GOEIE WENK:
===========
Bestel Sjampanje. Hoekom nie ? Sjampanje is niks duurder as wyn
nie, en SA maak goeie sjampanje. Mense het hierdie onnosel idee
dat jy net sjampanje drink as jy iets het om te vier. Dis twak.
Bestel 'n bottel en maak almal in die restaurant gruwelik
jaloers: hulle dink dis jou verjaarsdag, huweliksherdenking of
verhoging.

Die beste restaurante in die wereld:
===================================
Belgie. Gaan eet haaspot,kabbeljou daar. Hulle is net met een
ding sleg: Jy moet op die tafel staan en jou broek aftrek om die
kelner se aandag te trek.

Fooitjies (TIPS):
=================
Goeie diens is jou reg. MOENIE 'n tip gee tensy die kelner jou
SPESIALE diens gee nie. Gee dan 10%. Bedank die sjef, hy werk in
die warm kombuis en wil graag hoor as iets goed is.

Vir spys en drank sê ons u dank.....
Smaaklike ete!

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Re: Restaurante, Sjampanje, goeie maniere ens ... [boodskap #7656 is 'n antwoord op boodskap #7640] Do, 14 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Dave Augustyn  is tans af-lyn  Dave Augustyn
Boodskappe: 14
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
In Article, writes:
>>
> My lys van irriterende dinge is:
>
> 1) Rou vleis: Sjefs hou daarvan om rou steak te bedien, want hul
> vind dit te moeilik om "well done" nie taai te bedien nie. Ek is
> nie 'n barbaar nie: Ek vervies my vir 'n stuk vleis wat bloei en
> wat 'n vearts nog kan deurhaal. Jy kan dalk siektes/wurms kry.

Ek het anderdag 'n oulike uitdrukking gehoor oor een van daardie kerels wat
glo hy MOET "rare" vleis bestel anders dink almal is hy "common".Nadat hy
moeite gedoen het om die kelner te verduidelik hoe rou die vleis nou eintlik
moet wees en toe dit arriveer, sien hy self toe nie kans daarvoor nie (hulle
het dit darem bietjie oordoen - die vleis was skaars warm) en stuur dit terug
vir nog bietjie vlam. Die sjef het self kom verneem wat die ou se definisie
van "rare" dan nou eintlik behels. Die sjef se argument was dat dit
"continental rare" is!!!! (dit was 'n country restaurant). Na 'n bietjie
geredekawel raak die een gas ongeduldig en se vir die sjef: "Why don't you
just take it and cook it some more. This thing looks like an open wound".

Groete
Dave
Vorige onderwerp: WORS*********
Volgende onderwerp: ROOMYS RESEP
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 03:37:45 MGT 2024