Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » Re: televisie kijken in Nederland
Re: televisie kijken in Nederland [boodskap #7591] Do, 07 November 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Maurice....@dce.nl (Maurice ter Bogt) writes:

> Veel kan er geschreven worden over cultuur
> maar dit is niet nodig, het staat wel duur
> ter afwisseling pak ik nu de gids
> cultuur in platheid, dat is wat ik mis
>

Ek kyk nou al vir 2 maande nie TV nie.
Die TV hier in Australie is net advertensies en gemors.
Ek het die bliksemse ding in 'n doos gepak.
En ons mis dit nie eers nie.
Dis nou al die 2de keer dat ons dit doen.
Dis wonderlik. Nou het ons meer tyd vir mekaar en ons
luister radio. Radio is wonderlik, jy kan werk en in die
huis rondloop ens terwyl jy luister. Jy hoef nie net
slapgat te sit nie.
Na 'n paar maande haal ons die TV miskien
weer uit.

Daar word gesê dat as jy jy TV kyk jou brein
minder aktief is as wanneer jy slaap.
As jy slaap, droom jy, terwyl as jy kassie kyk - sit jy soos
'n idioot net en die een ding na die ander gaan verby.
Navorsers sê dat jou brein die mees aktiefste is as jy
lees, want dan span jy jou verbeelding in.
Kry 'n boek of 'n tydskrif !

SIT DIT AF, SIT DIT AF, SIT DIT AF !!!!!!!!!

Moenie aan die stuk gemors verslaaf raak nie.
Amerikaanse kinders kyk 20 uur per week.
Dis omtrent 3 uur per dag !!

Vriendelike groete
Re: televisie kijken in Nederland [boodskap #7592 is 'n antwoord op boodskap #7591] Do, 07 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom so baie Amerikaanse dinge. Waar is die dinge van
Frankryk en van Duitsland?

Gloudina
Re: televisie kijken in Nederland [boodskap #7601 is 'n antwoord op boodskap #7591] Vr, 08 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
940...  is tans af-lyn  940...
Boodskappe: 9
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
In artikel , sê galjoen@ibm.net...
>
> Ek kyk nou al vir 2 maande nie TV nie.
> Die TV hier in Australie is net advertensies en gemors.
> Ek het die bliksemse ding in 'n doos gepak.
> En ons mis dit nie eers nie.
> Dis nou al die 2de keer dat ons dit doen.
> Dis wonderlik. Nou het ons meer tyd vir mekaar en ons
> luister radio. Radio is wonderlik, jy kan werk en in die
> huis rondloop ens terwyl jy luister. Jy hoef nie net
> slapgat te sit nie.

Ek is in die koshuis op Stellenbosch. Die enigeste kere wat ons tv kyk
is wanneer daar sport op is.
Ons het mos beter dinge om te doen (swot :-) )

Ek is op die oomblik besig om weer die radio te ontdek - ek bedoel nou
die Afrikaanse diens nl. RSG. Die nuus is vars, die opinies wyd
uiteenlopend en dit laat mens dink. Verder kan mens rondloop en ander
dinge doen terwyl mens radio luister.

Skakel die tv af - of pak dit sommer weg - en luister weer radio. Jy
hoef nie eens 'n lisensie daarvoor uit te neem nie.

Murray
--
-------------------
Murray L. Steenkamp
Eendrag k111, Stellenbosch, 7600, South Africa
Tel. +27-21-8873773
940...@firga.sun.ac.za
http://beldin.cs.sun.ac.za/~mlsteen
Re: televisie kijken in Nederland [boodskap #7626 is 'n antwoord op boodskap #7591] Ma, 11 November 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais[2]  is tans af-lyn  Etienne Marais[2]
Boodskappe: 23
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
izak bouwer (iz...@igs.net) wrote:
: Hoekom so baie Amerikaanse dinge. Waar is die dinge van
: Frankryk en van Duitsland?

Daar lyk dit darem nog nie so erg as op 'SABC' nie, ek is
al so moeg vir die een-na-die-ander komedie wat op die
volgende 3 beginsels gebasseer is.

1) SARKASME, die essensie van Amerikaanse humor (wat ook maar net
die eerste keer snaaks is)

(BV Twee persone voer 'n gesprek, A vertel B
dat hy/sy 'n verstandelike ongesteltheid het,
B sit sy 'kamma ernstige' gesig op en se
in 'n net-net-nie spottende stem 'ek kon
nooit geraai het nie'.

2) AMATEUR IRONIE

A se vir B, wie op aarde sal SO 'n radio koop, op die selfde
tydstip kom C in die kamer in gewals met 'n nuwe radio....
Iemand in die studio druk 'n almal-lag-nou knoppie en die
skare gaan mal.

3) ANTI-FAMILIE

Skoonouers is ALTYD boos, gesonde huwelike is nie bestaande,
kinders is 'n pyn-in-die-..., oumas en oupas is
betekenisloos tot die samelewing en word vinnig siniel.

----

Daar het jy dit, drie beginsels om 'n Amerikaanse produksie
te skep.

(VB Roxanne, Simpsons, Fresh Prince of Belair, The five MS's
Beaucanons (wat ookal), Married with Children / Happily ever
after, Cybil, Dinosaurs, Frasier, Mad About You, Seinfeld
en die lys hou nie op nie... regtig, kyk maar ENIGE aand
van die week en jy kry dieselfde voorspelbare 'humor')
Re: televisie kijken in Nederland [boodskap #7636 is 'n antwoord op boodskap #7591] Di, 12 November 1996 00:00 Na vorige boodskap
Mr Gerhard Venter  is tans af-lyn  Mr Gerhard Venter
Boodskappe: 2
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Junior Lid
gal...@ibm.net wrote:
>
> Maurice....@dce.nl (Maurice ter Bogt) writes:
>
>> Veel kan er geschreven worden over cultuur
>> maar dit is niet nodig, het staat wel duur
>> ter afwisseling pak ik nu de gids
>> cultuur in platheid, dat is wat ik mis
>>
>
> Ek kyk nou al vir 2 maande nie TV nie.
> Die TV hier in Australie is net advertensies en gemors.
> Ek het die bliksemse ding in 'n doos gepak.
> En ons mis dit nie eers nie.
> Dis nou al die 2de keer dat ons dit doen.
> Dis wonderlik. Nou het ons meer tyd vir mekaar en ons
> luister radio. Radio is wonderlik, jy kan werk en in die
> huis rondloop ens terwyl jy luister. Jy hoef nie net
> slapgat te sit nie.
> Na 'n paar maande haal ons die TV miskien
> weer uit.
>
> Daar word gesê dat as jy jy TV kyk jou brein
> minder aktief is as wanneer jy slaap.
> As jy slaap, droom jy, terwyl as jy kassie kyk - sit jy soos
> 'n idioot net en die een ding na die ander gaan verby.
> Navorsers sê dat jou brein die mees aktiefste is as jy
> lees, want dan span jy jou verbeelding in.
> Kry 'n boek of 'n tydskrif !
>
> SIT DIT AF, SIT DIT AF, SIT DIT AF !!!!!!!!!
>
> Moenie aan die stuk gemors verslaaf raak nie.
> Amerikaanse kinders kyk 20 uur per week.
> Dis omtrent 3 uur per dag !!
>
> Vriendelike groete

Kyk iemand nog na die nuwe SA se tv?
Re: televisie kijken in Nederland [boodskap #7637 is 'n antwoord op boodskap #7591] Di, 12 November 1996 00:00 Na vorige boodskap

Vorige onderwerp: FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!
Volgende onderwerp: Re: televisie kijken in SA
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:05:26 MGT 2024