Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Linkse Kanadees...
'n Linkse Kanadees... [boodskap #76015] |
Mon, 14 April 2003 07:34  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
...wen toe die US Masters gholftoernooi. Die eerste Kanadees wat ooit
een van die "majors" gewen het en die eerste linkshandige in 40 jaar.
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76039 is 'n antwoord op boodskap #76036] |
Mon, 14 April 2003 10:41   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> O sjit, moet tog nie vir Gloudina vertel nie! Ons sal die einde nooit hoor
> nie....
> "Drom"
>> ...wen toe die US Masters gholftoernooi. Die eerste Kanadees wat ooit
>> een van die "majors" gewen het en die eerste linkshandige in 40 jaar.
Ja, nou sal die Amerikaners definitief
vir ons kom inval.
Gloudina
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76063 is 'n antwoord op boodskap #76054] |
Mon, 14 April 2003 17:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Jonas wrote:
> Waarom wil die VSA sy bywoners inval?
Kanada is geografies groter as die
VSA se lower mainland. En die mees
populêre program op Amerikaanse TV,
die kultstatus SATURDAY NIGHT LIVE,
word geproduseer deur 'n Kanadees.
As jy 'n kandidaat is vir president
in die VSA is dit absoluut imperatief
dat jy op SNL gesien word. Enige film-
ster sal voel hy het nie gearriveer
as hy nie gevra word om "host" op
SNL te speel nie. Kanada is omtrent
die enigste lid van die G7 wie se
ekonomie bloei. Dit verbaas selfs ons
eie ekonome. Nou vra ek vir jou met
trane in my oë. Wie is wie se bywoner?
Don't get me started.
Penkop van Ogdensburg
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76088 is 'n antwoord op boodskap #76080] |
Tue, 15 April 2003 11:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> Die mier is jou Kanada.. is hulle
> ook net op die map omdat die VSA dit toelaat..
Sien, Suidwester, dis jou soort wat so
sonder enige ruggraat is dat hy geheel
en al dink dat die Amerikaners die koning
op die mishoop is en dat alles wat
"Amerikaans" is nou goed moet wees omdat
dit Amerikaans is. Ondertussen weet jy
eintlik baie min van wat in die liggaam
van die Amerikaanse "body politic" aangaan.
En wat die verhouding tussen die VSA en
Kanada werklik is. Weet jy dat daar 'n
"softwood lumber" oorlog amper gedurig is
tussen die VSA en Kanada, en dat Kanada nog
omtrent elke skermutseling in die North
American Free Trade zone se howe wen.
Die Amerikaners kan nie sonder ons hout
klaarkom nie. Die Amerikaners kan nie sonder
ons olie klaarkom nie. Die Amerikaners sug
na die elektrisiteit wat ons in ons groot
en wye noorde se damme vervaardig.
Die Amerikaners het ons in 1812 laas
aangeval, en toe het hulle verloor.
Gloudina
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76113 is 'n antwoord op boodskap #76107] |
Tue, 15 April 2003 18:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
'n Yankee
> net moet poep om die hele spul na die volgende land te laat hol!
So jy dink die Amerikaners regeer die
wêreld? So hulle is jou helde? Ek dink
jy moet bietjie met Elaine gaan praat.
Tant Hessie van die Algonquins
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76115 is 'n antwoord op boodskap #76107] |
Tue, 15 April 2003 18:16   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
Aanvaar maar nou eenmaal dat julle
> afhanklik is van die Yankees en dat jy op aandag moet staan as een van hulle
> verbykom.....wat van gat lek?
Kanada lek niemand nie. Ons veg nie in
Irak nie. (Wel is die enigste Rooi Kruis
werker wat daar dood is, 'n Kanadees.)
En ons voel heeltemal gemaklik oor die
feit dat ons aan die kant van omtrent
die grootste deel van die wereld se
bevolking kom, wanneer ons weier om in
Irak oorlog te maak: Sjina, Frankryk,
Duitsland, Rusland en so aan en so aan.
Dis aan hulle wat ons ons hout en graan
en olie gaan verkoop. Ons weet watter
kant ons brood gebotter is.
Tant Hessie van die Nossob
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76116 is 'n antwoord op boodskap #76111] |
Tue, 15 April 2003 18:19   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Klaar gelag, Kanada sal sleg tweede kom in 'n oorlog
> teen Amerika. Stry, ek dare jou :-))
Wel, ou Elaine, die laaste keer wat hulle
Kanada ingeval het, was in 1812. En toe het
hulle verloor. I rest my case.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76184 is 'n antwoord op boodskap #76156] |
Wed, 16 April 2003 13:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
N7470 wrote:
> Om Robin Williams se aanmerking oor Kanada aan te haal: "Canada is like
> a loft apartment over a really great party".
Nou dink bietjie wat hy daarmee bedoel
het.
En ek wonder hoekom hy so gereeld na Montreal
kom om op te tree in die grootste byeenkoms
van komediante in die wêreld. Is dit miskien
omdat die beste neurologiese instituut in die
wêreld in Montreal is, waar die eerste brein-
operasie gedoen is deur Walter Penfield.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76188 is 'n antwoord op boodskap #76161] |
Wed, 16 April 2003 13:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
Hoekom vermy jy so die onderwerp van die
> robbe wat julle Kanadese so vermoor?
Hoekom vermy jy die onderwerp van hoe
julle die springbokke daar in jou
wêreld vermoor om biltong te maak?
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76190 is 'n antwoord op boodskap #76171] |
Wed, 16 April 2003 13:25   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Stone wrote:
> "There are currently over 2,000 Canadian armed forces in Afghanistan,
> the Arab-Persian Gulf, and elsewhere in the Middle East, supposedly
> restricted to participating in the "war against terrorism." These
> forces include three navy frigates and military officers participating
> in the British assault against the city of Basra. Ottawa's military
> personnel have helped to plan and execute Washington's war strategy.
> They are involved in aiding the work in the systems that guide the jet
> fighters and bombs that are used to slaughter the Iraqi people."
Die Kanadese wat veg in Afghanistan
is natuurlik daar met die toestemming
van die VVO. ( Die enigste vier wat
daar dood is so ver, is gebom deur
Amerikaners.) Kanada help ook op ander
maniere in Afghanistan, veral met
opleiding van administreerders. Dis
interessant om uit te vind dat een van
ons seuns, wat in die staatsdiens is,
vir ses weke na Afghanistan kan gaan
as hy bereid is om dit te doen en aan-
soek daarvoor doen.
Die skepe in die Persiese Golf is
daar deels as gevolg van die aksie in
Afghanistan. Die Kanadese soldate verbonde
aan die Amerikaanse en Britse magte is
daar as gevolg van 'n langstaande kontrak.
Maar daar was baie mense hier in Kanada
wat geagiteer het vir hulle terugroeping.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76191 is 'n antwoord op boodskap #76190] |
Wed, 16 April 2003 13:32   |
Stone
Boodskappe: 85 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3E9D5A0E.9080304@rogers.com...
>
> Stone wrote:
>
>
>> "There are currently over 2,000 Canadian armed forces in Afghanistan,
>> the Arab-Persian Gulf, and elsewhere in the Middle East, supposedly
>> restricted to participating in the "war against terrorism." These
>> forces include three navy frigates and military officers participating
>> in the British assault against the city of Basra. Ottawa's military
>> personnel have helped to plan and execute Washington's war strategy.
>> They are involved in aiding the work in the systems that guide the jet
>> fighters and bombs that are used to slaughter the Iraqi people."
>
> Die Kanadese wat veg in Afghanistan
> is natuurlik daar met die toestemming
> van die VVO. ( Die enigste vier wat
> daar dood is so ver, is gebom deur
> Amerikaners.) Kanada help ook op ander
> maniere in Afghanistan, veral met
> opleiding van administreerders. Dis
> interessant om uit te vind dat een van
> ons seuns, wat in die staatsdiens is,
> vir ses weke na Afghanistan kan gaan
> as hy bereid is om dit te doen en aan-
> soek daarvoor doen.
> Die skepe in die Persiese Golf is
> daar deels as gevolg van die aksie in
> Afghanistan. Die Kanadese soldate verbonde
> aan die Amerikaanse en Britse magte is
> daar as gevolg van 'n langstaande kontrak.
> Maar daar was baie mense hier in Kanada
> wat geagiteer het vir hulle terugroeping.
>
Die volgende aangehaal van http://www.themilitant.com/2003/6713/671352.html
getiteld "Canadian government backs assault on Iraq, while 'talking peace'"
""Ironically, the Canadians indirectly provide more support for us in Iraq
than most of the 46 countries that are fully supporting us," U.S. ambassador
to Canada Paul Cellucci stated in a recent speech....."
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76194 is 'n antwoord op boodskap #76191] |
Wed, 16 April 2003 14:44   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Stone wrote:
> ""Ironically, the Canadians indirectly provide more support for us in Iraq
> than most of the 46 countries that are fully supporting us," U.S. ambassador
> to Canada Paul Cellucci stated in a recent speech....."
So daar het jy dit. Waar iets belangriks
gedoen moet word, is daar altyd Kanadese.
Maar Paul Cellucci moet vir hom oppas. Hy
het die afgelope paar weke vir ons gereeld
vertel hoe ongelukkig George Bush en die
Amerikaners is dat ons nie in die vergadering
van "the willing" is nie. So who cares.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76198 is 'n antwoord op boodskap #76192] |
Wed, 16 April 2003 16:21   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
> So maklik gaan jy nie daarmee wegkom nie, ou antie. Die springbokke in ons
> land wat in die reservate is, word nie geskiet nie en ook nie geoes nie.
> Dis die boere wat besef het 'n springbok gee een moerse goeie belegging vir
> hulle geld.
Jy lieg dat jy blou word in die gesig.
Selfs in die Kruger Wildtuin "cull" hulle,
sover ek kan onthou, selfs olifante.
En nou maak jy 'n verskil tussen spring-
bokke in reservate en springbokke wat op
plase aangeteel word. Die een mag jy nie
skiet nie, die een mag jy maar skiet. Dit
klink vir my bietjie soos argumente wat
die Nazis gebruik het.
Tant Hessie van Ariamsvlei
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76200 is 'n antwoord op boodskap #76192] |
Wed, 16 April 2003 16:24   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
Die ys verkleur rooi........ En vir wat?
> Sy pels. Sy vleis op daardie ouderdom is snotterig so selfs julle sal dit
> nie eet nie.
Dis natuurlik presies dieselfde ding wat
in Namibië gebeur met karakoel-lammetjies.
Vir jou informasie: ek is teen die doodmaak
van enige lewendige dier.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76254 is 'n antwoord op boodskap #76232] |
Thu, 17 April 2003 12:34   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Suidwester wrote:
As jy so teen die doodmaak van diere is,
> hoekom betoog jy nie teen die slag van robbe in jou aangenome land nie? Of
> is jy net alles 'keyboard' gooi en niks doen nie?
En hoekom neem jy aan dat ek dit
nie doen nie? Jy sien, jou tirades
is altyd gebaseer op stupid aannames.
In alle geval, hierdie getjank van jou
oor robbe-doodmaak-is-verkeerd en
springbokke-skiet-vir-die-plesier is
nie verkeerd nie, is kaf. Waar robbe-
doodmaak-vir-kos sin maak, is daar waar
dit vir eeue deur die Inuit en ander
kusbewoners gedoen is, en waar hulle in
die howe veg vir die reg om hulle
tradisionele regte voort te sit.
Tant Hessie van die Doodskus
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76255 is 'n antwoord op boodskap #76238] |
Thu, 17 April 2003 12:42   |
|
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com
Elaine wrote:
> Is jy 'n vegetariër Antie? Hier in SA dink ons nog mense wat nie vleis eet
> nie is weird.
Jy lieg dat jy blou is in die gesig.
Daar is net soveel vegetariërs in
Suid-Afrika as in Kanada. Heelwaar-
skynlik meer, omdat julle bevolking
groter is as ons s'n.En nee, ek is
nie 'n vegetariër nie, maar eet meestal
vegetaries in die huis omdat my man
vegetaries is.
Gloudina
|
|
|
Re: 'n Linkse Kanadees... [boodskap #76256 is 'n antwoord op boodskap #76254] |
Thu, 17 April 2003 12:48   |
Elaine
Boodskappe: 2948 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Min mense in SA skiet 'n bok net vir plesier. Gewoonlik word elke deeltjie
van daai bok heel nuttig gebruik. Vleis word geëet en die pels word
gebruik. Ek self is nie mal oor wild nie, die vleis proe vir my "snaaks",
maar koedoe droëwors is my dood, mits dit reggemaak is, anders is dit ook
nie baie lekker nie.
Anders as die yanks wat kom "jag" net vir trofeë...
E
wrote:
> En hoekom neem jy aan dat ek dit
> nie doen nie? Jy sien, jou tirades
> is altyd gebaseer op stupid aannames.
> In alle geval, hierdie getjank van jou
> oor robbe-doodmaak-is-verkeerd en
> springbokke-skiet-vir-die-plesier is
> nie verkeerd nie, is kaf. Waar robbe-
> doodmaak-vir-kos sin maak, is daar waar
> dit vir eeue deur die Inuit en ander
> kusbewoners gedoen is, en waar hulle in
> die howe veg vir die reg om hulle
> tradisionele regte voort te sit.
>
> Tant Hessie van die Doodskus
>
|
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 13:02:27 UTC 2025
|