Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Hallo
Hallo [boodskap #75941] So, 13 April 2003 12:39 na volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Watter teleurstellende agteruitgang sedert
ek bietjie verlof geneem het!
Die helfde van briewe gaan oor bevestiging
daarvan dat Yankees nie ordentelik kan lees
en skryf nie met 'n groot deel van die res
deur morons uit ander groepe hierheen
gekruispos is. Kan ek julle dan nie vertrou
om hierdie nuusgroep se gehalte op (gewese)
standaard te hou in my afwesigheid nie?

Tussen hakkies, Gloudina, jou man het presies
net so min maniere soos jy.

DD
Re: Hallo [boodskap #75945 is 'n antwoord op boodskap #75941] So, 13 April 2003 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

> Die helfde van briewe
> Tussen hakkies, Gloudina, jou man het presies
> net so min maniere soos jy.

Wat het my man nou met die prys
van eiers te doen?
du plessis, ek is bly jy is terug.
Laat ons nou weer met die spellings-
lesse begin. Dis "helfte" ( ten spyte
van hoe Elaine dit spel.) En ek dink
jy moet sê "tussen hakies." Dit kom
van die woord "haak" af, en moet 'n
lang -a- hê. Ek dink "hakkies" beteken
iemand met klein hakke.

Tant Hessie van Aggenys.
Re: Hallo [boodskap #75947 is 'n antwoord op boodskap #75941] So, 13 April 2003 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hlo DD - welkom terug.
Ten minste weet jy hoe om maniere te spel ...

"Dave" skryf in boodskap news:akli9v8vs5k9poa51kkflg2dcckbjojpgt@4ax.com...
>
>
> Watter teleurstellende agteruitgang sedert
> ek bietjie verlof geneem het!
> Die helfde van briewe gaan oor bevestiging
> daarvan dat Yankees nie ordentelik kan lees
> en skryf nie met 'n groot deel van die res
> deur morons uit ander groepe hierheen
> gekruispos is. Kan ek julle dan nie vertrou
> om hierdie nuusgroep se gehalte op (gewese)
> standaard te hou in my afwesigheid nie?
>
> Tussen hakkies, Gloudina, jou man het presies
> net so min maniere soos jy.
>
>
> DD
>
Re: Hallo [boodskap #75949 is 'n antwoord op boodskap #75945] So, 13 April 2003 13:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Apr 2003 13:11:19 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> Dave wrote:
>
>
>> Die helfde van briewe
>> Tussen hakkies, Gloudina, jou man het presies
>> net so min maniere soos jy.
>
>
> Wat het my man nou met die prys
> van eiers te doen?
> du plessis, ek is bly jy is terug.
> Laat ons nou weer met die spellings-
> lesse begin. Dis "helfte" ( ten spyte
> van hoe Elaine dit spel.) En ek dink
> jy moet sê "tussen hakies." Dit kom
> van die woord "haak" af, en moet 'n
> lang -a- hê. Ek dink "hakkies" beteken
> iemand met klein hakke.
>
> Tant Hessie van Aggenys.
>
Tannie, ek het daardie stelling ingehak. Ingehak
deur hakkies om dit te hak. Finis!
En dankie dat jy my welkom terug heet:-)

> Wat het my man nou met die prys
> van eiers te doen?

Ek weet, ja ek weet mens kry nie normaalweg half agt vm
op 'n Sondag sakeoproepe nie, maar ek het eerstens nie
geweet dat Oom Izak jou oproepe sensor nie, en tweedens
was ek nie lus om vir hom te sê wie ek is nie. Hy sal buitendien
steeds nie geweet het nie, want ons ken mekaar nie.
Tussen hakkies, sê vir hom dat hy 'n boere-engels praat met
'n Transvaalse aksent. Jimmel, dit klink of jy in Jo'ies woon!

DD
Re: Hallo [boodskap #75951 is 'n antwoord op boodskap #75947] So, 13 April 2003 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Apr 2003 15:18:56 +0200, "Jonas" wrote:

> Hlo DD - welkom terug.
> Ten minste weet jy hoe om maniere te spel ...
> "Dave" wrote in message
> news:akli9v8vs5k9poa51kkflg2dcckbjojpgt@4ax.com...

'lo Jonas, lekker om terug te wees:-)))

DD
Re: Hallo [boodskap #75955 is 'n antwoord op boodskap #75949] So, 13 April 2003 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Jy gaan nie reageer op my vraag
waarom jou man jou oproepe
sensor nie, Tannie?
klink nie of hy enige
vertroue in jou het nie.

DD
Re: Hallo [boodskap #75957 is 'n antwoord op boodskap #75949] So, 13 April 2003 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

>> Wat het my man nou met die prys
>> van eiers te doen?
>
> Ek weet, ja ek weet mens kry nie normaalweg half agt vm
> op 'n Sondag sakeoproepe nie, maar ek het eerstens nie
> geweet dat Oom Izak jou oproepe sensor nie, en tweedens
> was ek nie lus om vir hom te sê wie ek is nie. Hy sal buitendien
> steeds nie geweet het nie, want ons ken mekaar nie.
> Tussen hakkies, sê vir hom dat hy 'n boere-engels praat met
> 'n Transvaalse aksent. Jimmel, dit klink of jy in Jo'ies woon!

Ha,ha,ha. En so 'n oproep gaan jou
seker 'n hele klomp geld kos. Nou
weet jy sommer dat ek soos goud opge-
pas word. Maar my man het regtig gedink
dis iemand wat oor die foon iets aan ons
wou verkoop. Hy het gesê dit klink na
'n Indiese stem.
Terloops, du plessis, ek dink nie dis
'n goeie idee om mens se kuberwêreld en
regtige wêreld te meng nie.

Tant Hessie van Koekenaap
Re: Hallo [boodskap #75958 is 'n antwoord op boodskap #75955] So, 13 April 2003 14:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Dave wrote:

>
> Jy gaan nie reageer op my vraag
> waarom jou man jou oproepe
> sensor nie, Tannie?
> klink nie of hy enige
> vertroue in jou het nie.

Ek dink enige gesonde man met rooi
bloed in sy are pas sy mees waardevolle
besitting ('n goeie vrou)soos 'n arend
op. Maar as jy jou ordentlik identifiseer
het, dink ek hy sou tog vir my geroep het
om die telefoon op te tel. Ek herhaal
weer: dis nie 'n goeie idee om jou kuber-
wêreld en jou private wêreld te meng nie.

Tant Hessie van Springbok
Re: Hallo [boodskap #75960 is 'n antwoord op boodskap #75957] So, 13 April 2003 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 13 Apr 2003 14:34:21 GMT, "@rogers.com" wrote:

> 'n Indiese stem.
> Terloops, du plessis, ek dink nie dis
> 'n goeie idee om mens se kuberwêreld en
> regtige wêreld te meng nie.
>
> Tant Hessie van Koekenaap
>

Heel interessante idee gewees, bouwer.
Ek het twee oproepe na London gemaak
en skielik gedink aan iemand (was dit Lou?)
wat gevra het of jy ook al 'n ander aksent aangeleer
het en binnesmonds praat. Dit was iets wat opgekom
het terwyl ek met 'n vriendin in London gesels het, en toe
besluit ek om uit te vind of dit so is.
Die idee het posgevat na ek opgemerk het dat die vriendin,
na vier jaar in London, steeds die (Vrystaatse) plaas engels soos
oom izak praat.

du plessis
Re: Hallo [boodskap #76025 is 'n antwoord op boodskap #75945] Ma, 14 April 2003 08:58 Na vorige boodskap
daniel[3]  is tans af-lyn  daniel[3]
Boodskappe: 38
Geregistreer: Februarie 2000
Karma: 0
Volle Lid
antie, ek vra weer... breipenne of naald-en-gare?

Daniel
>
> Dave wrote:
>
>
>> Die helfde van briewe
>> Tussen hakkies, Gloudina, jou man het presies
>> net so min maniere soos jy.
>
>
> Wat het my man nou met die prys
> van eiers te doen?
> du plessis, ek is bly jy is terug.
> Laat ons nou weer met die spellings-
> lesse begin. Dis "helfte" ( ten spyte
> van hoe Elaine dit spel.) En ek dink
> jy moet sê "tussen hakies." Dit kom
> van die woord "haak" af, en moet 'n
> lang -a- hê. Ek dink "hakkies" beteken
> iemand met klein hakke.
>
> Tant Hessie van Aggenys.
>
Vorige onderwerp: Manto en Zuma se dwarsklap.
Volgende onderwerp: Sirkus dae
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:25:53 MGT 2024