Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Aandblomme by Postmasburg " deur S.J. PRETORIUS
" Aandblomme by Postmasburg " deur S.J. PRETORIUS [boodskap #76006] Ma, 14 April 2003 00:44
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

S.J. Pretorius
Aandblomme by Postmasburg

Teen die aand het ons uitgegaan
diep in die jonasrante om die dorp
tussen die swart haak-en-steek,
in 'n gebied
so hard soos die onmenslikheid van die wêreld se verdriet,
so onherbergsaam soos die geluk wat die hart steeds ontloop,
so arm soos ons menslike tekort (die grond van ons tragedie),
so dor soos die dors van ons hopelose hoop,
so wyd soos die onpeilbaarheid van ons pyn,
so troosteloos soos die vooruitsig op ons aller dood,
so raaiselagtig soos al die vrae waarin ons denke verdwaal,
so afwysend soos die groot bestek van dinge waar ons harte
vergeefs na liefde en vervulling smag,
so vervalle soos die brokkelige ruïnes van die verlede,
gebroke klipgesigte, haasbekke, spoke van drome,
so onseker soos die toekomsgrond
wat fel verbeeldingskimme kweek
wat in die werklikheid verbleek ...

Uit hiérdie land het ons hul sag en héél gehaal
en in die holte van ons hande
gehou en teen ons bors gedruk
en ín ons huise in gedra, om te straal
en te geur, 'n onbegryplike, ongelooflike geluk.
Vorige onderwerp: " Nou was sy liggaam " deur N.P. van Wyk LOUW
Volgende onderwerp: " Om boer te wees " deur W.E.G. LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 18:41:35 MGT 2024